Jongste aktiwiteit:

Eugene Terre’Blanche
vir

Eugene Terre’Blanche

Rooigrond tronk

Drie uur smidags, ‘n bietjie voor afhoktyd
staan ons in twee rye, en word soos skape getel
daarna agter traliehek en staaldeur toegesluit
en droom ek alleen tot die môre in my sel

Soos soggens, die middag ook pap
maar dan styf met ‘n lepel vaal geel sop
dit met hom tot ons môre weer in rye uitstap
met leë maag en vol weemoed krop

Dit is melktyd op die plaas
netnou huppel die kalwers vry oor die veld
maar hier, die skor gemor van bandiete en blikborde wat raas
as hulle sing van slappap en flou poeiermelk

Halt, nie ‘n tree verder gaan
die drade, elektries gelaai
laat jou stom stilstaan
en jy moet omdraai

Omdraai, na wat –
‘n sel met diefweer vensters
‘n Potplant, jou duurste skat
en jou hart op die vuil vloer, flenters!!

Hulle het aan die rowe gekrap
wat tyd probeer heel
maar agter seldeure, toegeklap
kan wat gebreek het, nooit weer heel

Dwaalster
Tussen volmaakte sterre
Hang ‘n goudkleur maan
En ek grawe na herinneringe diep gebore
Na die dwaalster se ontstaan

In watter vreemde nag
Het die skitter ster uit sy baan
Met groter glimkrag
Sy eie koers gegaan

Dwarsoor die melkweg se wit
Het hy gillend en glimmend gegly
In sy afdraande rit
By planete en sterre verby

Op die rand van die afgrond
Het Hy gestaan
Met hande deur spykers verwond
En Hy gryp my, want ek wou saam

Hy Hou Wag
Hy kan nie weet
Toe die sleutel se tong
In die slot se gleuf steek
God wag in die sel vir hom

Weerloos teen die hande
Wat donker, dom na hom tas
Sny die sel se slot die bande
Met dit wat eens hý was

In die grysgerookte hok
Waar die stank van mense sweet
En groen tabak rou skok
Het hy ook nie van God geweet

Eers later die nag
Het hy geweet
God hou wag
Oor hom en die stomme leed

Snags in die stinkende donker gang
Weerlig die bitter weet deur my hart
Laat staan die verlang

DIE OFFERLAM

By Bloedrivier het Hy aan lanterns gehang
soos by Golgota vasgenael
Hy was in die lampe, die heelnag lang
en selfs die vlam wat lig
In wrede Britse konsentrasiekamp
het Hy die moedertrane afgedroog
en was Hy in die donker dodetent weer die lamp
teen die tentpaal hoog
By Majuba was die son Sy lig
wat oor die slagveld hang
en kon die Boer sekuur die mouser rig
teen die skuinste van die berg se hang
By Golgota, Bloedrivier en Amajuba
het HY vir ons gehang.
Laat nou, o ontrou volk, Sy kruis dra
hoër, hoër as Majuba!

’n HONDERD JAAR VAN VREDE

Luister as die winde ween,
die Meimaand winterwind.
En hoor die klaend klank van tak gekreun
soos die hartseer huil van vrou en kind.
Dit is die geeste van vrou en kampkind
wat in tienduisende moes sterf.
Hul ween nou in die nanagwind
oor honger Boere wat koud rondswerf.
Wat ruik soos rook en roet,
Wat knars soos vuur en veldbrand?
Dit is die Boer se huis en goed
wat die Britte in wrede waansin brand.
Wat kletter soos hael,
Wat blits en knal soos swaar weer?
Dit is die vuur van bom en maksim uit die kraal
waar Groot Brittanje die Boervolk onteer.
Hoe ongelyk
en genadeloos
die bitter stryd.
Dit laat ons volk kinderloos!
Maar sterwend kreun ’n Boervrou:
Veg voort in Godsnaam!
Ons sal in die kamp uithou.
Eendag is ons in die hemel saam.
Nou is dit vrede in die Vrystaat,
vrede in Transvaal
Maar vrede sonder vryheid is verraad.
Ons moet dan met kinderlyk en bloed betaal.
’n Honderd jaar van vrede
en ’n halfwas vryheid,
maak slawe van die hede
en regeer Gam in verwaande ydelheid.
O God van Bloedrivier,
God van Amajubaberg,
sien ons smaad in hierdie uur
en leer ons wat vryheid verg.

LIED VAN DIE WIT REVOLUSIE

Ons bors en ons bloed
ons siel en ons hart
ag ons nie te goed
as verraad en vyand tart
dan gee ons aan struik en gras
trane en suiwer bloed
wat die lower donker was.
Die bitter aalwyn maak ons soet
met sterf en stryd van hierdie ras
totdat donker Afrika
‘n Blank beskawing dra.

BY ROOIGROND

By Rooigrond
deur die jakkalsdraad,
tuit die wind sy mond
as hy lispellend deur tralies praat.

Hy blaas deur die sifdraadoё
‘n hartseer melodie
met stofwolkies en droё
blare wat teen my venster vlie.

En in sirkels oor Rooigrond
in stofbesmeerde dofstêr nag,
vlieg kiewiete klaend rond
in hul skrik vir die lompvoet wag.

DIE BESEM

Ek ruik jou grondreuk asem
en gebreekte kruisement,
wilde als en kopifa balsem,
in my alleenmens tent.

Môre as jy gaan lê en die son skyn blink
op oopgewaaide bottelskerf
en stukkies sink
op die ou boerewerf

En sonstraaltjies speel in die stilte
met kwartels wat skugter skadu soek,
dan kyk ek na die skoongewaaide bulte
en ek weet jy is die besem in die windfabriek se hoek.

EK HET ‘N OOM

Ek het ‘n oom met ‘n oulike baardjie
en hy ry op ‘n pikswart perd.
Maar sy perd is nooit bedaard nie
en speel met sy kop en lang stert.

My oom het ‘n hoed wat nooit afwaai,
al jaag die wind stof uit die pad.
Sy hoed klou steeds rateltaai
as hy die hingsperd die klippe laat spat.

My oom se oё het die hemel se kleur
en sy hare soos spierwitte sneeu.
En word my hartjie sommer seer,
dan verlang ek na die ou wit baard leeu.

As die storms nie my oom se hoed afwaai,
sal hy mos nooit dat ek ooit val.
Al sou die aarde ook skeef vir my draai,
my oom hou my vas ek weet hy sal.

GALOP KOMMANDANT

Galop kommandant,
galop brigadier.
Galop oor die rant,
galop my troue dier.

Die vlaktes word wyd,
die langpad is oor.
Die ruwe wêreld wyd,
vroutjie wag voor.

By die wilgers wag water,
geilgroen gras in die vlei.
Hoog jou hoewe ou mater,
vroutjie wag vir my.

Galop kammeraad,
gly oor die lang soet gras.
Jaag my beste maat,
ek hou haar blomme vas.

Nie een mag verlep,
nie een mag verkleur.
By die spruit sal ons water skep,
galop kommandeer.

HIER HUIL MY HART

Hier huil my hart
met die herfswind saam
en wrange weemoed smart
lê in kringe om die goudkleur maan.

Deur tralies van my sel
wring ek ‘n halwe arm deur
en ontsnap dit vir ‘n wyle uit die hel
om met leё hand terug te keer.

‘n Handvol manestraal
blink met vroegaand dou,
wou ek van buite haal
as lig in my donker voёlkou.

Maar die maan bly buite
en teken voetpaadjies
tussen polgras, klip en kluite
waar veldvolk speel in die wydte.

Eendag word ons soos Kain vry,
maar vlug voor geliefdes uit.
Want ons het sy merk gekry
en word dan buite toegesluit.

KAMMERAAD

O kammeraad, my ryperdmaat,
hoe kort maak jy die tyd tog hier.
Die ballingskap en grofgryn smaad
sal ek sonder jou nooit kan verduur.

In jou saal is ek weer boer,
verhewe bo vreemdeling en sipier.
Voel ek weer hoe warm my bloed roer,
o kammeraad, o wonder dier.

Oor vlaktes en diepkuil vleie,
dreun donderend jou juigende hoefslag.
En die wydtes word weer my eie
met elk klop van my hart se drafslag.

Agter ons, die somber mure,
die doring en lemsny draad.
Net ek en jy in die middagson-ure,
waar vry die wind in die rooigras praat.

Vir jare al knelter jy die ballingskap
wat rede weemoed word.
En breek die bitter gevangnisskap
se knellende salpeter geswete buikgord.

O kammeraad, my troue maat,
sal jy ooit tog kan verstaan
dat ek jou hier moet laat
en alleen huistoe gaan.

Rooigrond
7Julie 2003

KLIPPIE IN MY HAND

Klippie in my hand,
jy lyk uit jou plek, net soos ek.
Jy hoort teen die witrand
en nie met my in die koue plek.

In die warm son het jy gelê
en wit jouself uitgestraal,
asof jy wou sê
ek wag dat jy my kom haal.

Want in jou hand
skitter en blink ek
soos ‘n geslypte diamant,
selfs agter die traliehek.

Klippie, jy weet mos
jy is ‘n stukkie van my plaas.
Ek kon jou nie daar los
toe hul met my hierheen haas.

Eendag as my hare wit is,
sneeuwit soos jy
en jy nog ‘n klip is,
maar my lewe amper verby

Gaan ons terug na die plaas,
na die witrante
waar fisante en korane raas
en die veld wyd lê na alle kante.

Rooigrondtronk
16.6.2000

*Martie het ‘n wit klippie van die plaas saamgebring en tydens ‘n besoek in my hand gedruk.

LIRIEK

Ek verlang na die walle
van die ou vaalrivier.
My hart roep telkemale
na jou ou groot rivier.

Ek hoor die geelvink sing
in die laatmiddag uur,
‘n lied wat weemoed bring
in die skemerson vuur.

Vloei voort vaalwaters vloei
op jou ver verre pad.
As die nag donker gloei,
weg van die verligte stad.

Trek tog geen grense
vir my wegloop hart.
Ek het geen ander wense
en is ver genoeg van die stad.

Hoёveldse winde ween
hulle hartseer verhaal,
van ‘n swerwer alleen
teen die wal van die vaal.

MOOIE MEVROU VILJONI

Mooie mevrou Viljoni,
span in jou trekosse.
Sien jy nie die son op kom nie,
dit brand soos vuur in die bosse.

Jou waens is gelaai
met suiker, kaneel en sout.
Die sweepklap met hanekraai,
die môre raak alreeds oud.

Vergeet jou huis in Rome.
Aan die berg se anderkant,
wag jou grootste drome
in ‘n nuwe vaderland.

Jou waens, winkels op wiele,
jou lap en kruideniersware.
Vir die trekkersiele,
jou sanna gelaai vir gevare.

Mooie mevrou Viljoni,
span in jou osse.
Sien jy nie die son op kom nie,
dit brand in die bosse.

Mooie mevrou Viljoni,
die groottrek het begin.
Moet nou nie laat kom nie,
Afrika word oorwin

PANT VAN ONREG

Die ou huis se murasie
staan nog teen die bruinrand,
maar daar is geen baas nie,
onkruid verstik die land.

Patryse skrop tot teen die stoep,
in my ma se ou blomtuin
waar snags die naguil roep
in somber maneskyn.

Die kraalhekke lê oop
en rooigras groei hoog en woes
waar beeste nooit meer loop
in kampe met drade verroes.

O weswind neem my saam
op jou stofwolk wieke,
tot waar die ou huis staan
by taaibos en spaansriete.

Op die ashoop wil ek soek
na die dover se skerwe,
ons ou stoof in die hoek
na geslagte se swerwe.

Ek self moet agterbly,
as pant van die onreg.
Maar my gees is nog vry,
weswind neem my tog hier weg.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed