Jongste aktiwiteit:

Jan Blohm
vir

Jan Blohm

Jan Blohm (verhoognaam van George Harry Kymdell)

Breyten se brief

As ek vlug in die wind
Word ek die donker se kind
En belydenis die bind my
Met jou tangerine roos tintlint
Word wakker word wakker
Met die newspapergrappe
Vat my ver weg van jou
In Jazz cafe se Omo

So wals my my lief
Laat my in angels believe
Ek het gesê jy is die son
In Breyten se brief
Want hy maak ons huil
Maar jy maak my sien

Sunnyside se poems
Dryf my sweet sherry toe
Het jy ‘n clue my baby blue?
My Rosey so true
En daar’s dors in die tyd
Sing die Kaap se wind suid
Kom lê in my arms
Ek het als weggesmyt

Maar wals my my lief
Laat my in angels believe
Ek het gesê jy is die son
In Breyten se brief
Want hy maak ons huil
Maar jy maak my sien

En ek skryf jou gedig
Jakaranda in die reën
En die volmaan’s eers blind kind
Sy’s happy jy’s nou clean
Laat my klim om die glimlig
Heel aand wag
Hierdie visions van jou
My Venus se blouvrou

So vlug-vlug my kind
In die blou lug my kind
So vlug-vlug my kind
In die blou lug my kind

Groen trui

En die son brand purper my gedagtes
As die son of die reen vir jou kom haal
Jy se iewers is daar liefde
Iewers waar die tyd vir jou kom haal

koor

Bly vanaand by my
Ek weet jy het seer gekry
Sit jou lyfie in my groen trui
Bly vanaand by my x3

Wie is die girl daar onder jou oe
Wat in Christmas kan glo
Happy hours by die kroeë

Vra my laaitie het jy n light
Jy vou n droom soos n kite
En ek scheme tonight, tonight might be my lucky night!

koor

ja dit maak my siek dit maak dit maak my blind
Ek is jammer ek het jou ingesluk
Is daar iemand wat vir my bid

Maak my hartjie weer rein
Gee my Rembrandt van Rijn
Maak my blind vir hulle seine

koor

Bedreiging van die Siekes Breyten Breytenbach

(vir B. Breytenbach)

Dames en Here, vergun my om u voor te stel aan Breyten Breytenbach,
die maer man met die groen trui; hy is vroom
en stut en hamer sy lang werpige kop om vir u
‘n gedig te fabriseer soos byvoorbeeld:

ek is bang om my oë toe te maak
ek wil nie die donker leef en sien wat aangaan nie
die hospitale van Parys is stampvol bleek mense
wat voor die vensters staan en dreigend beduie
soos die engele in die oond
dit reën die strate afgeslag en glyerig ……..

7 jaar

Sewe jaar is hier verby en hier le die nuwe gety
Sal ek my sondes bely
aan jou
Sewe jaar en die wereld is koud
Sewe bring “n nuwe oud
Proe my liggaam steeds na sout
Sewe jaar bring “n nuwe mens
Sewe jaar baar “n nuwe wens
Wat flikker om jou grens
En hoor jy? En hoor jy?
My siel wil avond maal hier voel
Wat sal jy se van my nuwe gevoel
Wat het jy met bely bedoel

Opgedra Aan Dinsdag

En ek voel hierdie swart koffie kom krap aan my dop
b***erflies en vulkane wat jy in my pyp in stop
maar roep gister want ek sweer ek was oraait
daars ‘n song van Valiant Swart opgerol in my jeans se gatsak
en die robots bly change
soos die kind in my
soos die vrou in jou
wat jy so styf aan vas hou
maar eks heel oraait my dear
tragedie is tralies
en erens in Sidewalk Cafe val ek weer vir jou
oor my whiskey glas
en oor my emosies
hier kan ek jou nie los nie
jy hoort in ‘n bookshop by die see my dear
en oor en oor dreun dit
en dat all together
ek sweer ek bly forever
jou closet poet
shhh
die nag ontwaak
soos ‘n kind so naak
tel jy die wolke
diep binne my my ?
en ek hoop jy is oraait my dear
want al hierdie koue
het my so onbetrokke
by jou heilige ontwaak
slaap wel slaap nou
slaap wel slaap nou
slaap wel slaap nou
slaap wel slaap nou

Ja Ma

Ek kon nog dink ek wou nog een blink roos
Kaalvoet vir jou pluk met my lyf
So in die wind
Maar dan het een tink tinkie verklik
En die son was verlep anyway
Long before I was gone
En ja ma die klokke lui nog hier by my
Daar is many lêplek, ‘n koppie koffie en Norah Jones
But somewhere along each line
Roep die bote binne my
But somewhere along each line
Roep die bote binne my

Maar is ‘n vaalhaarnooi in ‘n jaar te mooi
Katriena Katryn ja daar’s liefde
En al die pyn
Dis altyd jou gees teen jou vlees
En jou vlees moet bly leef
Maar jou hart is ‘n orgaan van vuur
En ja ma die klokke lui nog hier by my
Daars many lêplek, ‘n koppie koffie en Norah Jones
But somewhere along each line
Roep die bote binne my
But somewhere along each line
Roep die bote binne my

Rundown boy the years are on fire
Said the girl with the boy magnet shirt
And the Jesus chain
She was swirling to Nat King Cole
I swear there’s a hole in my soul
And she said:”Well honey, I don’t care.”
But somewhere along each line
Roep die bote binne my
But somewhere along each line
Roep die bote binne my

Ruby

ruby sit nader trek dig die gordyne
gooi my verlossing met jou sakkie
medisynde
gooi jou asem oor die kers
en trek toe die komberse
die nag het oud geword
en hier, hier kom die son
ja hier, hier kom die son
ons het gebid vir reen tussen
vier en nege ek en jy en
n wereld buite die deur
en saggies is jou asem
frangipani en blare
jy is my ondergrond
en hier, hier kom die son
en hier, hier kom die son
le, le my neer
o baby le, le my neer
so bo my en deur my
die rook trek in kringe
hoor jy die stem en hoor jy
die gesanki
ek wil jou liede en ek
wil jou

9Mm Blues

Luister hier teen my bors
Hou my hande vas, Steve
Vat my na die wyfie met die lyfie
Waar ek wil loop vry

Luister draak maak dit saak
Of ek vat if net raak
Want daai niggie ontstig my
En ek wil net vry

En Johnny het die blues
Johnny het die blues
Johnny het daai freestyle, kop vat nie grond nie
9 mill blues

Ry drakie, ry
Want die boere wil ons vang
Real lights out en die flights out
Ma – ma – ma moan

Please move over
Want Johnny is op die tyd over
Hy ry tyd tot die byle en snye
————- lui

En Johnny het die blues
Johnny het die blues
Johnny het daai freestyle, kop vat nie grond nie
9 mill blues

Ry perdjie ry
Want die boere wil ons vang
Ry my na die whiskey en haar kiss cam
Waar ek will loop vry

Vat my hand na die teerdeur se kant
Want jys die wyfie met die lyfie
Waar ek will loop vry

En Johnny het die blues
Johnny het die blues
Johnny het daai freestyle, kop vat nie grond nie
9 mill blues

Help hom, se oooohhhhh

Boere Cinderella

Koel is deur die kerk
ek mis jou vreeslik erg
ek bly n boere cinderella baby
skrif staan teen die muur
dis net skyns voor 12 uur
ek bly n boere cinderella baby
daars n plek waar ons virewig saam kan wees
en in n droom wereld saam kan leef
waar feetjies wel bestaan
en jy my hart sal steel
en jy my prince charming sal wees
ek het my hart verloor
jyt dit gevind en vir my terug gebring
fluit fluit die storie is uit
en ons is verweig gelukkig saam
koel is deur die kerk
ek mis jou vreeslik erg
ek bly n boere cinderella baby
skrif staan teen die muur
dis net skyns voor 12 uur
ek bly n boere cinderella baby
ohhhh ohhhh oh oh
ek bly n boere cinderella baby
ohhhh ohhhh oh oh
ek bly n boere cinderella baby
ons het saam gedans
reg deur die aand
toe 12 uur kom moes ek jou verlaat
ek kon my trane nie keer
my droom verwoes
my hart so seer
ek het my hart verloor
jyt dit gevind en vir my terug gebring
fluit fluit die storie is uit
ons is virewig gelukkig saam
koel is deur die kerk
ek mis jou vreeslik erg
ek bly n boere cinderella baby
skrif is teen die muur
dis net skyns voor 12uur
ek bly n boere cinderella baby
ohhhhh ohhhhh oh oh
ek bly n boere cinderella baby
ohhhhh ohhhhh oh oh
ek bly n boere cinderella baby
ek het my hart verloor
jyt dit gevind en vir my terug gebring
fluit fluit die storie is uit
ons is virewig gelukkig saam
koel is deur die kerk
ek mis jou vreeslik erg
ek bly n boere cinderella baby
skryf is teen die muur
dis net skyns voor 12 uur
ek bly n boere cinderella baby
ohhhh ohhhh oh oh
ek bly n boere cinderella baby
ohhhh ohhhh oh oh
ek bly n boere cinderella baby

Brand Die Vure

Hey bokkie trek aan jou Sondag special dis net ek en jy en ‘n
Suitcase vol winter om mee weg te gaan, as jy weg wil gaan.
Maar jou lyf het my gelos om buite te staan met Piet se ritmes en
‘n tenk vol petrol en nowhere om heen te gaan.
Jy sal se brand, brand die vure hoog my lief, sing vir my uit Breyten se Brief.
Jy is so lucky, jy bly ‘n kind en dis ek wat vlug, vlug in die wind.

En jy dra die mooiste klere

In Wens

Kon ek opdrag gee,
Laat die rose bloei,
Trane in ‘n glas,
Sou ek jou voete was,
Kon ek met jou dans,
Soos blare in die wind,
Sou ek tyd vasbind,
Heilig in ‘n mens,
En al werk ek die nag trein,
Kan ek in drome glo,
As jy wag vir my,
Sal ek jou kom kry,
Kan ek jou donker skeur,
Laat dit lig op jou reen,
Jy hopeloos besef,
Jy sien jou in my,
Het ek dit reg gekry,
Om die man te vermy,
Om diep in jou lag,
Vlenters waansin aan,
En al werk ek die nag trein,
Kan ek in drome glo,
As jy wag vir my,
Sal ek jou kom kry,
Vir jou my mou rond dra,
As die ster in Betlehem,
Nog eenkeer vir my,
Na grond paaie ly,
Wil jou geheime hoor,
En in ‘n boksie weg toor,
En ‘n vuur vir jou maak,
Ek sweer sterre het vlerke,
En al werk ek die nag trein,
Kan ek in drome glo,
As jy wag vir my,
Sal ek jou kom kry,
En al werk ek die nag trein,
Kan ek drome glo,
As jy wag vir my,
Sal ek jou kom kry,

O my engel

Jy sê jy sien die skemer met my kop mors

Wel bekkie ek hoor die geraas en ja dit les my dors.

En soek jy nog na Jesus in Babilon?

Wel bekkie hy is goed vermom

En o my engel, my cabie is fine vir love in the rain

En o my engel, jy kan anytime my jersey leen.

Met jou roesbruin summer cotton dress
Jou lipstick en highlights en all the beautiful rest
Raam die son vir jou teen die kantgordyn
En jy sê lalie, o lalie, ek verstaan jou pyn.

Ek weet ons is verlore maar beautiful so
As jy dans met die donder op highway 62
Kom son, kom maan daar is sonde om te verbloem.
En dis nog net 30 k’s Beaufort Wes om

Rosie

Rosie jou wonde
Het in my drome loop lê
Tussen vier wit mure Het ek en jy gebid vir reën

Maar jy sê ek kan nie verstaan nie
Ek kannie want ek was nie daar nie
Rosie jou wonde
Het in my drome loop lê

Rosie o Rosie Rosie Rosie van my

Daar was duiwels en stof nou
En al my gisters in splinters
Wit lyne op die highway
En die bottel ken my naam

Maar jy sê ek kan nie verstaan nie
Ek kannie want ek was nie daar nie
Rosie jou wonde
Het in my drome loop lê

Rosie o Rosie Rosie Rosie van my

Harmonica Solo

Trek my in spoeg my uit
Laat ons die reën loop ruik nou
Jy is ‘n profesie in ‘n kopdoek
As ek moet vlug van my lyf, sweet Rosie

Maar jy sê ek kan nie verstaan nie
Ek kannie want ek was nie daar nie
Rosie jou wonde
Het in my drome loop lê

Rosie o Rosie Rosie Rosie van my

Se My Weer

Jy nooi my in jou temple
Ons sorg vir kerse vir die nag
Vir jou lyf veel gebroke
In n lovely little trance
Het van koffie en n paar sigarette
En die tyd van my die hemel
Grytjies en n heilige wals

Se my weer
Oh, se my weer
Se my weer
Why’s jou hartjie so seer

Jy het stories oor Rome en Vienna
En ek sweer jou lyf is daai katedraal
Ons ————————– saggies
En ek wil al jou deure oopmaak

Jy is jig en veel van donker
Jy is jig en veel van wys
En ek sweer jy hou in my drome
In jou donker snags

Se my weer
Oh, se my weer,
Se my weer.
Why’s jou hartjie so seer.

Ons almal is maar lost causes
In ‘n one way Babilon
Queen Latifah op die ander lyn
Terwyl jy biddend my gees terug veg.

Jy is jig en veel van donker
Jy is jig en veel van wys
En ek sweer jys in my donker drome snags

Se my weer
Oh, se my weer,
Se my weer
Why’s jou hartjie so seeer

Slaap Onder Vuur

Nie deur haar briewe of haar lyf nie, nie deur die glashuis op die bult nie.
Sy slaap nou onder vuur die koste te duur sy slaap nou onder vuur
en die man in die spieël is hees.
Die mond is n geheim wat pyn nie kan voel nie

Vicky

Hey, Vicky waar is jy nou?
Charlie wil aan jou vasklou
Hy dans in die donner, met n gypsy sonder skoene
Hey, Vicky waar is jy nou

En Vicky dan is jy alleen
Het die sterre jou lag gesteel?
Terwyl onderdonse troebadoe, met ‘n smile vir jou loer.

‘N mens lewe net eenkeer
Terwyl jy stroomop dans
Met die wille kuns in jou soen
En dis waar jy le, waar jy le, waar jy le
Waar jy le

Ek vat jou aan jou arms
En ek trek jou nader
Sonder jou hier by my
Is dit koue water

Wys my die einde van hierdie harte
Sonder jou hier by my,
Is dit koue water

En Vicky, die dae trek swaar,
Elke herfsboom omgewings gebaar
Dwaal jy in die roos braai
En die straatveer le vlamrym

En Vicky dit raak alleen,
Ek het jou boksie met harte gesteel
Ek loop onder straatligte
—- harlekyne en deel

‘N mens lewe net eenkeer
Terwyl jy stroomop dans
Met die wille kuns in jou soen
En dis waar jy le, waar jy le, waar jy le
Waar jy le

Ek vat jou aan jou arms
En ek trek jou nader.
Sonder jou hier by my,
Is dit koue water

Wys my die einde van hierdie harte
Sonder jou hier by my,
Is dit koue water

Ek vat jou aan jou arms
En ek trek jou nader.
Sonder jou hier by my,
Is dit koue water

Wys my die einde van hierdie harte
Sonder jou hier by my,
Is dit koue water




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed