Jongste aktiwiteit:

Lidi de Waal
vir
0 views

Lidi de Waal

Kunstenaars

hulle sien die uitsonderlike raak
hulle harte bly recognize die fynste detail
in hul omgewing en in dinge
en in mense rondom hulle
hulle stel hulself wawydoop vir ervarings
dis onmoontlik vir hulle om toekoekerig te moet lewe
met ń toe hand en ń toe hart
en dit wat juis hieruit voortspruit
en wat hulle van hulle wêreld maak
en vir die wêreld wys
dit noem die mense kuns
(donker kuns helder kuns
mooi kuns lelike kuns
afstootlike kuns briljante kuns
embracebare kuns skokkende kuns
….hulle eie persoonlike onverdunde waarheid)
hulle wys hul opofferings
hul seer en vreugde
please man
handle daai met care

**

die vrou maak soggens haar deur oop
en gooi ń handvol woorde uit
party bly lê net daar in die agterjaart
tot die gras dit toegroei
seker oor dit meer klipwoorde is
as veerwoorde
swaarwoorde
ander waai op die wind
soos vere
tot in ander mense se huise
en hier en daar tot in iemand te hart
maar die vrou weeg eers versigtig
al haar veerwoorde
want al weeg vere amper niks
weet sy
hoeveel swaarder woorde as vere kan wees
en hoe bitter min woorde kan sê
en hoe bitter baie
en hoe woorde wapens kan wees
of salf

**
Vettie en Krisjan
is soos Dawid en Jonathan
maar as Simson kom
sal hulle liewer onder die bed wegkruip
tot Simson weer by die hek uit is
in die pad af.
Dan sal hulle weer uitkom
want Vettie en Krisjan is slim.

**

ek hoor 2h ń kiewiet die nag in roep
probeer uitfigure wat hy sê
hoor 3h ń kar by die huis verby
waar sou hy heen
hoor 4h die honde hard asemhaal
hoor die wind sug
en stemme wat in my kop veg
dommel 4h30 eindelik weg
hoor jou stem wat fluister
wat troos hier neffens my
op die leë plek hier langsaan my
hoor jou asem
jou hart se klop
sluimerdrome wat asseblieftog
nie nou moet stop
dan roep die hond my 6h ongenadig op
met honde ore wat klap
hou jou hart op om saam met myne te klop

**

jare gelede was hierdie son
ñ emmer se boom
langs die N1 naby leeu gamka
was hierdie skuiling teen die son
n plaatjie waarop kos moes gaarkom
was ek n kaalvoetdogter in die karoo
was jy n seun van namakwaland
nou maak dit alles en ons twee
saam saam sin in kuns-
dit maak sin om kuns te maak
dit is n kuns om sin te maak

**

Die oggend in September
toe die nuwe gras so groen was
en die wolke so grou
het ek vir die eerste keer
die walvisse gehoor

**
Dis tyd dat jy jou grendels afhaal
dis tyd dat jy jou luike oopgooi
en jou deure oopmaak
sodat die sonlig en seelug kan inkom
Dis Nou tyd dat jy ophou glo elke storm gaan jou huis omwaai

**
jys die pers engel
wat soms ongenooid oor die voorhek spring
en by my toe voordeur in
om stil stil
ń bossie lavender
en ń adamsvy
op my greinhouttafel
te los vir my

**
vir my was jy vir ń wyle meer as
die paar ure wanneer die storm gaan stilraak
wanneer die tyd gaan stilstaan
wanneer niks in die hele wêreld meer saakmaak
vir my was jy meer as
wit huise in die son teen die stil see
en strandfontein in augustus
en waters waar daar rus is
vir my was jy meer as
lui dikgevrete katte wat op vensterbanke in die son lê en slaap
as happy honde wat uitgelate op wit strande hardloop
as vol wynglase voor kaggelvure
meer as
ń kleinkind wat vir my ouma sê
die vryvoel van loop in die karoo
die helder klank van my eie lag
die soutsmaak van trane
vir my was jy meer as
gemoedsrus
en my gewete
en my eie sanity

**
toe jy dood is
het die windpomp ophou water gooi
die korhaan het doodstil bly sit
sonder om kwerpend op te vlieg as ek verbyloop
en die skape het gehuil
en iemand het die prop uitgetrek
sodat die blousel van die hemel uitloop
tot daar net vaal oorbly
dit was september
die begin van winter vir my
die wilgers in die dam het nie groen lote uitgestoot nie
en die kolganse het nie in die sipres
kom broei nie
ek kon nie saam met alles sit en verhopeloos nie
want ek moes die lammers melk gee
en die skape troos
en ek het soos mens in die karoo maak
die bitter swaar tyd uitgewag
sodat die swaar minder bitter
en die bitter minder swaar kon raak
en na al die maande
gaan lê ek nog soms onder ń kriedoringbos
sodat my onvermoê
kan wegsypel in die karoogrond
sodat sy kriedoringblare hul lydsaamheid
oor my kan reën

**
ouma het gesê
meeste mense kry dit nooit reg nie
vir ander kan dit amper ń leeftyd vat
hoe gouer jy dit leer doen
hoe beter
ek vra wat ouma
en ouma sê
om vir jou jou eie vlerke te dink
waarmee jy kan uitvlieg wegvlieg
hoogvlieg heen en weer vlieg
ver vlieg
terugvlieg
nes jy wil vlieg
wanneer jy wil vlieg
waarheen jy wil vlieg
want sê ouma
in hierdie fucked up ou wêreld my kind
you gonna need to know
how to fly

toe die klokke oraloor op hierdie rusdag
begin om moeë mense
ongenaakbaar uit die bed te boelie
toe sê ek vir die hond en katte
kom ons gaan kerk toe
ons loop tot in die duine
ons sit net stil in die helder sonlig
later vra die hond gaan jy nie vir ons preek nie
ek sê nee dit wat ek wil preek
dit weet ons klaar
al wat ons moet voel is die son op ons rûe
al wat ons moet hoor is die stilte en die see
al wat ons moet sien is hoe mooi die duine is
al wat ons moet wees is loveable
al wat ons moet weet
is dat ons mekaar oneindig lief moet hê
dis genoeg
amen

jy onhou nog vir huppelkind
ken die paaie van kambrokind
al die stories van rivierplaas
jy hoor nog die woorde
in jou kop raas – fiela komoetie
vandag moet jy seil soos n slang
brolloks maak jou nog bittergalbang

**

kom maak kuns saam met ons
kom maak lag en trane en dieper verstaan
kom maak kleure en reënboë
innemendheid inreik en uitreik
kom luister na jou eie en ander se stories
kom maak jou eie poetry en prente
kom wys vir ons hoe mooi jy is en hoe mooi jy kan maak
kom gee en neem
kom net

**
ek staan op die hoogste punt
kyk af op die dorpie waarvan ek die naam nie ken nie
die aandwind dra die klank van lag na my toe aan
van saamwees en blywees
dit raak skemer rondom my
dit ruik na reën
ek moet iewers skuilplek gaan soek
maar die ryk kleure
van roesbruin teëldakke wit mure
blougrys wolke
en die see daar ver onder
laat my nog bly
in sulke goddelike oomblike moet ń mens ń witness hê
iemand wat saam met jou weet
dis ek die
dis ek wat hier staan
wat ek voel is real
ek voel vergeefs na jou hand
en vat my verf en kwaste raak

ń storie met ware feite en fiktiewe karakters
of is dit andersom
nou weet ek nie meer nie
anyway
vir baie jare
het jy ń pikswart kraai gehad wat op jou kop sit
ander mense kan hom nie sien
hulle kom net soms agter
daar’s iets seriously besig on jou uit te freak
net jy’t geweet van daai kraai
hoe swaar hy kon raak
hoe hy sy skerp kloue in jou hare en jou kopvel
en soms baie dieper as dit kon inwriemel
hoe sy stront oor jou gesig afdrup
en soos ń berg op jou skouers gaan lê
hoe hy sy vlerke swart oor jou gemoed vou
soms het jou kraai vir lank weggevlieg
dan het hy ń bietjie me time gaan soek
want selfs jou kraai kon dit nie sonder berading
vir te lank met jou uithou nie
maar lately is jy en die kraai op mood stabilizers
nou sit hy nie meer heeltyd op jou kop nie
net soms op jou skouer
maar meestal op die vensterbank
actually is julle boesempelle
(solank nie een van julle opslip met die pille nie
want dan sien jy net hare en vere waai)

mag ons waters nooit so troebel gestress
in yskoue dollegejaagde tye raak
dat jy nie kan voel en weet
die terloopse aanraking teen ń skouer
beteken ek is jammer nie
mag ons nooit so
my-ou-gevoelentjies-het-jy-nou-gekneus raak
dat jy sal sê fokof
ek wil jou nooit weer sien nie
mag ons altyd weet ware vriendskap is kosbaarder as als
en as klein jakkalsies
die shine daarvan afgelek het
dan moet ons bly weet
die shine sal altyd weer bly terugkom

die maan is nie van kaas gemaak nie
want kaas is geel
die maan is nie van room gemaak nie
want room is cream
die maan is van iets helderwits gemaak
iets lig en kosbaar
die maan is van maan gemaak

**
die vrou sit op die stoeptrappies
met haar elmboë op haar knieë
met ń savannha in haar hand
met die hond by haar voete
en sy dink
dis nou presies hier waar ek wil wees
(en sy weet dis die ding van gelukkig wees
om presies te wil wees waar jy is)
na al die maande het ek my eie kop
en my eie hart terug
nou kan jy nie meer prentjies van ons
teen my binne-ooglede maak
as ek my oë toemaak nie
(net soms)
nou kan jy my nie meer jou naam laat skryf
in die sand nie
nou het ek die mag wat ek jou oor my
gevoeltes en gedagtes gegee het
weer vir myself teruggevat
en dit bring vrede en tevrede
en die vrou dink
nottefok sit ek sommer my vrede en tevrede
weer maklik in iemand anders se hande neer

kom stap saam met my teen die wind op met sandbaai se seepaadjie langs
met ń dik baadjie en ń serp en ń mus op
al sê mense jy’s insane om op so ń namiddag buite rond te loop
kom sit langs my op onrus se strand
sodat jy saam met my kan sien
hoe woes die branders emeraldberge maak
en hoe die witskuim lug in skiet
gansbaai se kant toe
hoe die water en die wind hier voor jou augrabies maak
kom voel die seesproei hier teen jou gesig
proe die sout op my lippe
en kom verstaan saam met my
hoekom mens so ń wilde woeste middag in jou onthou sal bêre

**
toe ek kleintyd snags bang wakkerword
het ń engel my opgetel
en styf teen haar mammalyf vasgedruk
actually het sy
throughout my jong lewe naby gebly
toe die volksie van die pad af gly
rol en rol
en ek lewendig daar uitklim
toe sit die engel op die teerpad se rand
en sê
jy kan bly wees ek was op nightshift
op hierdie godverlate pad
tussen laingsburg en leeugamka
en cheers
op die luisterengele wat tot ounag
bygesit het vir bitter ontboesemings
en lately die art engel
(godblesshisgeneroussoul)
wat my die sleutel gegee het
om my povertytrap oop te sluit
so cheers to the freaking angels
lift your glasses high
and drink to that
drink to that

dalk sal ek my kop stamp
my moses teekom
of net dalk
is dit die ultimate liefde
die rare gawe van
onvoorwaardelikheid
ek en jy
die gawe van verstaan
van huis
van huistoekom

as jy saam wil gaan
na die party op die maan
kan jy mos nie met jou voete
plat op die aarde bly staan
nee trek jou maanklere aan
as jy saam wil gaan
en strooi stardust in jou hare

eendag toe ek val
het hy my opgetel
ek het sy naam gevra
toe sé hy
my naam is deernis

ek sê vir die varkievrou
hu uh nope nee no
as ‘n mens ‘n pienk varkie wil dra
moet jy nie ‘n ligblou rok met pers dots aanhê nie
dit lyk te veel na oranje blanje blou
toe gaan koop ons vir haar by nella se winkel
‘n splinternuwe tweedehandse rok
ene wat die queen nog gedra het destyds
toe sy op witsand kom oesters eet het
(die party en die oesters was so lekker
dat die queen glad sonder haar rok daar weg is)
en toe die varkievrou die rok aanhet
sê ek soooo ja nou lyk jy nes ‘n queen
en jou varkie lyk nes babes

**
die een mop sê vir die ander mop
ek is nou moeggemop
opgemop
in der dagen satgemop
ek voel soos ń mopop
en haar mopgabba sê
toemaar moenie jou moppe so uit die pram gooi nie
en moet net nooit vir jouself ń gat in jou mop
laat praat nie
of liewers ń mop in jou gat laat praat nie
solank ons net moppe bymekaarsit
want twee moppe is altyd beter as een

**
ek sê vir die varkie kom bly by my
hier sal geen wolf jou huisie omblaas nie
toe vertel die varkie my iets wat ek eintlik lank lank lankal weet
dat dit nie eintlik die wolf daar buite is
wat ‘n mens se huisie omblaas nie
maar dat dit die klein jakkalsies daar binne is
wat jou mure laat intuimel
toe sê ek toemaar varkielief
by the hair of my chinny chin chin
hier by my is nie groot wolwe of klein jakkalsies
wat varkies vreet nie
hier by my varkielief
is net vrede

**
gelukkig
het ek gelukkig ń vol lewe
(al kan als more dalk skielik en ongevraagd heeltemal anders wees)
doen ek goed waarvoor ek lief is
het ek rustigheid
en honde en katte en vriende
en kinders en myself
van wie ek hou
en gemoedsrus en passie
en ń kar en ń blyplek
en ń son wat by my venster inskyn
en genoeg sinvolheid om my dag sinvol te maak
en woorde en kuns wat my hart en kop volmaak
sodat ek nie ten gronde gaan nie
van verlang na jou nie
sodat ek nie dae lank redeloos loop en ronddwaal nie
van smagting na jou nie
sodat ek nie halfpad gehalveer voel nie
verlate en verlore voel nie
moedersiel onkapabel voel nie
in my moer in verdwaal
sonder jou voel nie

die vrou sit en kyk in die spieël
(sy’t haar swart rok aan
wat die engel nog vir haar gegee het
hy’t gesê vir elke fokop in jou lewe
is daar ń swart blokkie op die rok
toe scheme die vrou dan moet daar
baiebaieswartblokkies op wees
maar luckily sê die engel kan mens nie
swart blokkies op ń swart rok sien nie
en luckily bly swart blokkies
nie forever ń treinsmash nie)
die vrou sien op haar gesig sy’s 57
sy sien effens waansin
effens weersin
effens begrip
totale aanvaarding in haar oë
sy wonder nie meer oor so baie dinge nie
sy kyk nie meer so baie terug nie
of vorentoe of binnetoe
of for that matter boontoe nie
sy sien verby haarself
al die bright blokkies van haar lewe
en sy weet iewers
tussen al die swart blokkies
en al die bright blokkies
het sy die goue middeweg gekry

partykeer sien ek die engel
op die onwaarskynlikste plekke
gisteraand met loadshedding
toe ek in die bad lê
en die winter woes amok maak buite
toe kom sit die engel op die toilet
ons praat oor alles en oor niks
op ń saterdagoggend sien ek hom staan
in die ry by spar se till
hy knik beleef en laat my voor hom indruk
nou die ander dag
loop hy al seelangs met ń groot wit hond
en ek gaan trap al in sy voetspore saam
of ek sien deur my venster iewers rook trek
dan sien ek hom wydsbeen sit
op my buurman se dak
met sy stukkende sneakers en sy zol
en onwetend en sonder verweer
raak ek al liewer vir die engel

**

ek sien van hoog in die hemel af
3h in die nag
my wit huisie
alleen in die donker
ek sien ek le daar op my bed
n amper ou vrou
mure rondom my
diefwering
2 katte by my voete
my bene le reguit
arms om my skouers
die donker vou om my
En ek wens met my hele hart
vir die vrou op die bed se part
dit wil lig word

**

vir die eerste keer in weke loop ek teen die lang strand af
blombos se kant toe
ek wil vir stompe kyk om beelde van te maak
twee blinkswart honde kom loop baie ver saam met my en lyla
met die terugkom sien ek dat die twee mans wat oesters afgehaal het oppak
die een loop groot sak op die rug ‘n paar tree voor my uit
ek kyk om om die honde te roep
en toe ek weer terugkyk sien ek die man lê op die sand voor my
ek skree vir sy vriend
CPR
bel vir hulp
‘n halfuur later kom die NSRI se bakkie
ek wens ek kon meer doen
ek wens ek het meer geweet minder gebewe
ek wens ek kon sy pols voel klop en klop
het nie gesien hoe sy mond blou word nie
gevoel hoe sy hande al kouer word nie
die swart honde het aangeloop en verdwyn teen die strand
die man is onder my hande dood
sy naam was koos

**
elke keer voor ek trek
(ja okay actually is dit hopeloos te veel)
maar anyway
elke keer voor ek trek
dan tackle ek die kas met die baie laaitjies
die ou winkelvertoonkas wat nog uit
fashion focus op upington kom
ek gooi als weg wat oorbodig is
die rooi blik met ma se ou rok in
wat soos pouvere en skoenlappervlerke lyk
die bêre ek weer
en die stukkie hout rugleuning van pa’hulle
se bal en klou die hou ek
oor ek die bank nie meer kon saampickle nie
ek tackle die kas met die baie laaitjies
en ek kom agter die meeste van dit wat ek
ń jaar en ń half gelede gehou het
oor ek gedink het ek gaan dit weer wil hê
dit lê al die maande lank ongesoek ongebruik vergeet van
nog net so onoopgemaak
binne in dieselfde blerrie laai
al laaie wat ek baie oopgemaak het
was die toolboxlaai
en die katkoskoevertjielsaai
en die laai met die karsleutels penne en pille
die res van die ander 24 laaitjies maak jy gefrustreerd oop en toe tot jy amper in die laaste laai dit kry waarna jy soek
so nou begin jy met nuwe insig weggooi
minder maak
tot jou laaitjies weer leër raak
en jy dink dalk sal hulle nou forever so leegerig bly
want waar gaan jy weer genoeg kry om hulle sinvol vol te maak
en dan trek jy dit een vir een oop
hier’s die dvd’s I am Sam Serafine en Maudi
…come hell or high water dié hou ek
hier lê die bevel wat gesê het ek’s nou geskei
en die een wat gesê het ek’s nou bankkrot
dié fokken gooi ek weg
hier lê al die mooiste gansvere wat ek op die sandbank opgetel het
die hou ek want dis oneindig kosbaar
hier lê al die bankstate van al die tye toe ek
diep diep in die kak oortrokke was
dié gooi ek weg want dis luckily ou ou nuus
hier lê al die foto’s van toe my kinders nog
baba’s was en ek nog so vol hoop was
hier sit al die kinders op ons plaas
gehurk rondom ń bergskilpad
kosbaar beyond words vir my
hier’s die kattelaai …
bombas en lielie se papiere wat sê ons is opregte katte
krisjan en vettie se papiere wat sê ons is
spca specials
en leonard cohen s’n wat sê leonard is nie van hier nie hy’s gestuur
en so bly daar almaar in die kas met die baie laaitjies
die somtotaal van dit agter wat op daai stadium kosbaar genoeg in my lewe is
om spasie voor te hou
maar in die onthoulaaie van my hart
aag nou ja….daai’s ń storie vir ń ander dag

**
Soms klap die lewe jou
dat die snot spat
Dan is dit goed om als uit
n ander hoek te bekyk
totdat jy kan sê
Ag dis okay hoor
ek het nog baie snot oor

elders is dit mooiweer en warm
maar nie by my nie
hier is dit mooiweer ja
maar nie warm genoeg nie
of
dis warm ja
maar nie mooiweer genoeg nie
want mooiweer en warm is elders
en so bly ons almaar op soek
naarstigtelik na geluk
terwyl ons reeds die grootste skat besit

Bombas kom loop oor die duine aan
na my toe
dit mag lyk of hy op water loop
soos Johannes ..of was dit Petrus
anyway Bombas loop soos ń kat
wat weet hy sal nie sink nie
oor die duine aan
na my toe
en ek wag geduldig vir hom
want die duine en die son op die duine
en in die kat se hare
is mooi vemôre

**
Ek ken jou taal
beter as jyself
die taal van jou oë
jou hande en jou lyf
jou hartstaal
jou woorde
Dankie dat jy my
die tyd gegun het
om dit te leer verstaan

**
kleintyd het die kinders se pa altyd gese
jy moet maar die punishment vat van jou dade
een keer toe klap dewaal sy nefie
en se jacques moet maar die pannie vat wat hom geklap word
en nou deur die jare weet jy dis ‘n baie waar ding
jy moet maar meestal alleen verantwoording doen
ander mense dra nie sommer jou swaar vir jou nie
en nou
nou moet dewaal maar die pannie vat wat hom geklap is
want hy’t die hofsaak verloor
onverwags uit die bloute
einde van ‘n lang uitgerekte geldvretende wraakgeding
ek is so jammer my kind
maar dit wat rerig saakmaak (vra vir my)
kan geen balju van jou wegvat nie
jou kat en jou honde
integriteit en hardwerkendheid
jou lieflike dewaalgeit en jou goeie hart
en jou goeie mooi vrou en jou familie wat omgee
en die mens se vermoe om uit die swartste modder uit te styg
jy’s hard gebliksem my kind maar jy’s nie omgebliksem nie
en een van die dae het ons vir emma
en dan sal jy weet hoe kosbaar pawees is
en jou ma…..sy’s daar vir julle all the way

**

Jy mag maar snork
en jou voete lek
Jy mag maar op die bed spring
en soms vir niks blaf
Jy mag maar die kat jaag
ek sit en kyk as ek eet
Want jys my vriend
en ek hou vreeslik baie van jou

ek bring vir julle ń bietjie lig
en warmte
ń bietjie vreugde
ń bietjie lag
en liefde
want kyk hoe donder is dit hier

**
daar is die van ons
wat net eenvoudig meer opgefok het in hul lewens
as ander
jy weet so asof dit in hulle stêrre iewers vooraf opgeskrywe gestaan het
thou shalt not stay on the narrow road
thou shalt not choose right
thou shalt always be in the first team
for fucking up big time
thou shalt always want to chase
the uncatchable butterflies
……en dan kyk jy met lyne om jou mond
en grys in jou hare terug op als
en dan weet jy as jy ń lysie moet maak
van al jou goedjies wat die treklorrie moet kom haal
dan kan jy liewers vir hulle laat weet
los maar die lorrie
los maar die wa
kom sommer maar net met die bakkie…
als sal daar opkom
en jy weet
om so ń rolbosserige soort mens te gewees het
het jou in besittings armer gelaat
maar tog
tog voel jy na alles vryer
ligter
amper skatryk

**
van altyd af het die vrou
die underdog katte gehad
plaaskatte straatkatte skaamkatte
lieweheksiematewiskatte
maar nou né
gaan dié prent se geld straight
na die maine coon katfonds
vir ń kat met ń tierse attitude
die vrou soek daai soort male chauvinis katpresence in haar huis
die kwistige stert wat kwispel
van ń kat met substans
ń propperse meneer karelkat
ń katelkat van die kaap

**

ons het almal ietsie om op te pas
soms baie
soms min
ń huisgesin
ń kosbare verhouding
soms net jou talent
of ń kat
jou ou hond
vriende
mag dit wat jy oppas
gedy onder jou hande
want eendag kort voor lank
het ons dalk
net ń budgie in ń hok
en ou herinneringe
en mag jy jou oppasgoeters geniet
soos ń stil laatmiddag
op ń goue strand

**

mag dit met julle goed gaan
mag julle liefhê julle dra
bo oor al die hindernisse van die lewe
en die verhinderings
mag julle mekaar verby alle misstappe en misverstande bly bemin
mag julle die gawe van raak en aanraak nooit verloor of vergeet
of geringskat nie
mag julle harte altyd ń veilige hawe vir mekaar wees
en mag julle arms ń knusse huisietjie vir mekaar vou
sodat dit altyd daar sal voel nou het ek huistoe gekom

**

ek vergeet partykeer watter dag dit is
maar ek vergeet nooit jou naam nie
ek vergeet meestal waar’s my bril
maar ek sal altyd weet dat jou oë blou is
ek vergeet my eie foonnnr
maar joune onthou ek presies
ek vergeet gister vandag en moregoeters
maar ek sal tot in ewigheid onthou
dat jy vir my mooi was

**

vir ń jaar en ń half bly ek nou al so
so sonder bure
so sonder vriende naby
mense wat soms in die straat verbyloop
en vriendelik groet
vra hoe gaan dit hello lyla
en aanloop
ek is ń propperse kluisenaar
en dis my eie skuld
wat ek geleer het is dat ek die kluisenaarding
goed doen
rerig goed
vir weke sien ek niemand
dalk net mense wat doer onder in die duine
of teen die see loop
ek sit nooit die radio aan nie
en musiek baie selde
en net saans as ek verf en wyn drink
dan laat ek dat leonard vir my sing
suzanne takes me down to her place near the river
verder stilte
die geluide van die see en die wind
en laataand in die bad
sit al die katte op die bad se rand
dan het ek nog steeds niks vir niemand te sê nie
ek is tevrede
net maria wat my twee keer ń week kom red
van verswelging deur berge koffiebekers en wynglase
in die tyd het ek leer weet
dat ek uiteindelik fine geword het
met al die goeters in my kop
dat daar niks meer in my kop is
wat dit kan regkry
om my totaal te verswelg nie
maar lately hoor ek tog soms saggies
maar onmiskenbaar
hoe die bee in my bonnet weer begin
zzzzzz sê

Vir my sal jy altyd koning bly
soos in
they lived happily ever after
want jy maak van my
jou koningin
Maar soms woeps
dan foeter ek van my troontjie af
En my kroontjie
rol kling klang die straat af
Dan hol jy vlugvoets afterna
by Woolies verby
tot anderkant Pick en Pay
En net voor my kroontjie
for ever en ever verdwyn
tel jy dit op
En plaas dit vol deernis
weer terug op my kop

**

om my huisie in die vlei
is baie voeëls
swartes en wittes en bruines
swemmes en vlieges
as ek my groen rok aanhet
en my groen hoed
laag oor my oë trek
en doodstil sit
dan kom hulle nader
dan vryf ek hulle vere

**

ek wil dat jy sal bly glo
in lag
in die liefde ook
maar veral in lag
dat jy no matter what
die lag sal bly embrace
want jy is so mooi
en jou lag is so mooi
en jy is so mooi as jy lag

**

as jy teen my karooberg opstap
kry jy n groot plat stuk aarde
en daarop is die allerlieflikste skildery
en die begaafde kunstenaar
kon dalk ń dinosour wees
wat miljoene jare terug
grieperig kliphard genies het
sodat als toe perfek in plek val
en tyd toe gelaat het om die perfekte patina oor als te laat gebeur
maar anyway
nou is hierdie ń lieflike skildery
so groot dat jy daglank daarin kan ronddrentel
tot in jou siel toe aangeraak voel jy deur die oneindige skakerings teksture en vorms
en vir elke tree wat jy gee
staan jy eerbiedig verstom
oor die kunstenaar se ongeewenaarde begaafdheid
en jy weet so sal ń skildery lyk as monet en vincent en modi
en Hennie Niemann vir jare
saam saam daaraan gewerk het
en ek begeer so dat ek ook net ń maar kwashale daarin sou kon meetrek

**

saans moet die vrou eers
al die fladdertjies
wat in en om haar kop operate
een vir een in sy eie nessie laat lê
en sag vir hulle sing
tot hulle rustig slaap
sy moet mooi kyk na hulle
want dis mos hulle
wat die eiertjies lê
waar haar stories uit broei

**

laat daar vrede wees
in jou hart
en in jou siel
en in jou diep binneste menswees
dis wat ek vir die wyn in my glas vertel
en vir die katte wat nog knorrig
met leonard cohen is
laat daar vrede wees
in jou diepste innerste weet
die vrede van te weet
jy’t deur al jou jare elke dag jou bes getry
en dat dit uiteindelik tog genoeg was
laat daar vrede wees
skree ek vir die seevoël wat in die wind
oor die duine sweef
wit vrede
so sag soos ń meeu se sagste donsveer
laat daar asseblieftog net vrede wees
vrede wat alle verstand te bowe gaan
fluister ek vir die pienk asters wat geil groei
in die enigste akkertjie voor my huis

**
ouma het my vertel
iets so verskriklik sad
die vrou het die vriend gehad
vir wie sy e-mails gestuur het
maar net in die middel van die nag
op haar utterly lonelyste tye
wanneer sy voel die son gaan
nooit weer opkom nie
liewe P
ek is nou vasgevang in hierdie
never ending fokken nag
o daglig waar is jy
dan skryf sy vir haar nagvriend
al daai depressing nagshit
en net voor sy aan die slaap raak
druk sy die send knoppie
dan e-mail hy vir haar terug
op sy gentlemen way
hoe brave sy is
hoe ń unieke kunstenaar
en sy’s net die bigtime bellville shit
sy’s so die kroon van die skepping
dan glo sy hom
-as dit goed gaan dan skryf sy niks
maar skielik as dit weer nag is
en haar gemoedmeter lê far below zero
dan woeps druk sy weer die send knoppie
en al haar diepdonker shit
van hoe die wolwe oor haar toendras tjank
gaan deur die straights en om die draaie
in die e-mail
tot by hom
maar op ń dag die e-mail van hom
LieweL
geluk liewe maatjie
omdat jy verjaar
mag jy nog lank lewe
ek sou 20 mei kaap toe kom
op 21 mei met kanker opgeneem
helfte van kolon verwyder
uitsaaiings word later behandel
nog vol hoop
kon nou eers by ń rekenaar uitkom
geniet jou dag
lekker verjaar
baiebaieliefde P

**

Ek le laataand in die bad
Die dag se kleistof
week sommer vanself af
Die dak kraak
Die yskas dreun
Ek sien asof vir die eerste keer
bokant die wasbak in die glas
net een tandeborsel
En ek kry hom so vreeslik jammer

**

die man kom hier by my in van die straat af
fieysrybroek maar geen fiets naby nie
ek figure later uit die net om sy crown jewels af te show
hy moet so iets try
want tussen sy ore is ver minder as tussen sy bene
mooierige man lank skraal blas
lang silwer krulhare op sy kop mooi beboud
hy sê hy’s 65 maar ek skat hom so 52
hy skryf ń boek oor sy lewe sê hy
ek glo jou nie dink ek
hy vra is dit jou huis die
watse kar ry jy
hoeveel kos jou paintings
anyway dis februarie na al die vakansiemense
al weg is hier
en die jaar lê met lang stretches van alleen
voor my uitgestrek
maar selfs dit motiveer my nie om die nommer
wat hy hier neergeskryf het
soms op alleen saterdagaande te bel nie
maar eergister laatmiddag loop hy hier in
ek kan nie maak of ek nie hier is nie
want hy sien ek is hier
selle ou storie maar meer blatant
sien al die leë kamers hier
soek net iemand om sy liefde op uit te stort
ek sê nee wat dankie gaan weg
ek sê kyk hier onder regs in die volgende straat
daar bly sue
sy’s alleen sy het baie geld en ń groot huis
woeps uit is hy hier reguit na sue toe
vanoggend sê sue
die man het tot 12h daar gekuier
haar skottelgoed gewas
sy ewige liefde aan haar verklaar
sy weet hy lieg en soek net free lodgings
maar hy’s tog o so homely so mooi en innemend
en kan jy glo hy’s net so ń free spirit soos ek
hy’t net so met die deur oop staan en pee
en sê sue wanneer laas het ek ń man hoor pee
ek sê vir haar dan’s ek baie bly vir jou
en ek is skielik verskriklik dankbaar
dat die noodsaaklikheid by my
om ń man te moet hoor pee
(dalk vir altyd of dalk net vir eers)
heeltemal verdwyn het

die dag was blink soos
melkhoutboomblare
dit het heel dag winterig
om my krom skouers gevou
ń dag wat nie onopgeskryf
verby mag gaan nie
maar nou het dit aand geword
en ek het nodig om vir iemand te sê
die dag was baie mooi vir my
so sing vir my ń liedjie van leonard cohen
en stuur dit na my ń duisend myl ver
sodat ek kan gaan slaap
met my lyf en my kop
vol groen en blou skoenlappertjies

**

soms wanneer dit te laat is
kom jy agter jy’t soos ń renoster
met jou grote pote
deur die daffodil akker deurgefok
en jy’t nooit eers omgekyk nie
nooit eers die daffodils raakgesien nie
nooit eers tussen die modder
die stukkies siel aan jou voete opgemerk nie
en later as jy na jou dolle gejaag loop stilraak
en jy weer kan dink en voel
dan voel jy iewers sit iets aan jou lyf vas
wat nie joune is nie
dan kyk jy in jou hande…maar nee niks
in jou hare en op jou knieë
en eindelik kyk jy onder jou voete
en daar sien jy dit
klein stukkies van ander mense se siele
wat vassit tussen die modder
en jy wonder waardehel en hoedehel het dit gebeur
en jy begin painstakingly die modder afkrap
en die stukkies siel uithaal
en jy sit die allerversigtigs op jou tafel neer
en jy vee dit skoon met jou sagste lap
en jy probeer praat met die stukkies siel
en sê ek’s jammer en as ek weer so besig raak
sal ek myself bly repremand:
om nie te loop deurdonder where angels fear to tread nie
en jy hou die stukkies siel sag in die wind
sodat dit kan terugwaai na waar dit hoort
en as jy later weer by dieselfde akker verby
en jy’s baie lucky
sal jy sien al die daffodils het weer hulle koppe opgelig
en terug na die son gedraai

**
hulle het die heel dag vir die vrou sit en wag
die engel en die kat
hulle het net die feeling gehad
dat sy seriously tlc gaan kort
maar toe sy eindelik huistoe kom
toe’t sy die moerse sambreel oor haar kop
en al die stardust wat hulle oor haar wou gooi
gone with the wind
te sê die engel vir die kat
nou’s ek gatvol kom ons loop
maar die kat het van altyd af
die excessive liking in die vrou gehad
en bly sit sy hardkoppige kat sit
nie lank nie toe kom sy uit
whiskey vir die engel
ń vis vir die kat
kom sit plat op die grond by hulle
die engel sê jy weet jy’s nie veronderstel
om ons te kan sien nie
maar sy smile net haar wise-ass smile
en sê asseblief bly net ń rukkie
vandag kan ek doen met ń drukkie
en die heel beste medisyne vir my
is ń dop saam met my engel en sy kat
want sien my wêreld is klaar
nie meer so onderstebo nie
en my hart voel nie meer so agsterstevoor nie
so cheers liewe engel
en cheers liefste kat

**
koester is liefhê oppas beskerm voed
as ons lucky is
dan gaan dit wat ons met ons hele hart koester
nie dood of weg nie
dan sal dit bly
en onder ons hande gedy
mooi groot raak en blink en lieflik

**
die vrou sit en kyk
hoe sny die hairdresser in die spieël
haar hare van mop tot poens
hoe verander haar highlights in lowlights
by die huis sit sy vir bob dylan op
skink vir haar ń dop
sê vir die lowlightpoenskopvrou
in haar spieël
cheers hoor
gedane sake het geen keer nie
teen party goed het ons geen verweer nie
en double cheers hoor
want hare en harte bly nie
forever verinneweer nie

**

een namiddag toe ouma by die hotel was
om te werk
roep iemand haar en sê
sy moet buite kom kyk
en voor patat se hotel in ń hele bondel
wat amper soos ń spierwit donsveerhart lyk
staan al ouma se ganse bymekaar
ouma loop huistoe met al die ganse agterna
sy los hulle daar en maak die hek toe
maar net ń uur of wat later
presies dieselfde ding
die groot spierwit ganshart voor die hotel
en dis daai aand dat ouma
oom staal
vir die heel eerste keer gesien het

**
die janfrederikkie het vir my kom sê
hoe diep die liefde lê
dat dit die een ding is
wat almal wil hê
ek weet dit lankal my janfrederikvriend
ek weet lank lank lankal
en hoe ouer jy word
hoe meer word jy bewus
dat liefde die pot goud
by die punt van die reënboog is

nadat hulle al soveel gelief en getroos het
soveel getroetel en gekoester het
het party mense nog soveel van hierdie
omgeegoed oor
wat gegee moet word
anders gaan dit net verlore
daarom is daar honde
om te kan koester
en troetel
en troos
om eindeloos lief te hê
want dis net mense en honde
wat soveel verstaan van omgee
en gee

**
partykeer dan’s die engel op barduty
sy laaik dit kwaai
sy sit met haar elmboë op die barcounter
kyk na die man wat in sy whiskey staar
sy sien hy dink
nottefok gaan ek hierie ding alleen kan dra
never nie – dis te swaar vir my
toe gooi sy vir hom ń hoopdop
en toe ń loopdop
toe sien sy hy smile nou weer

**

Ma
ons het jou al baie kere gegroet
maar nog nooit soos nou nie
so…. vir altyd nie
jy sal in ons harte bly
en ons sal jou bly sien in al die klein dingetjies
in jou favourite blom
en altyd as die eerste daffofils in die winter opkom
en as die die misbank oor die berg aankom
as ons jou en pa se onthousong iewers hoor speel
wheels en die midnight tango
in die manier hoe my broer sy kop agteroor gooi
as hy lag
of later as ek bejaard is in die manier
hoe verontwaardig ek is
as die kat oor my kop hardloop
ons sal jou orals bly sien
en onthou en liefhê
ons harte is gebreek –
oor ons jou so liefgehad het
en oor jy ons soveel meer liefgehad het
so sonder einde sonder terughou
sonder voorbehoud
en Ma as ons een van die dae troue hou
sal ons jou veral onthou en wens jy was daar
so al dansend en uitbundig laggend
so in jou heel heel mooiste rok ooit
vandag sal ons huil oor jou Ma
want ons kan ons nie ons lewens voorstel
sonder Ma nie
maar later op die troue sal ons die liefde vier
en die lewe
en ons sal cheers sê op Ma
cheers op die vrou wat so onlosmaaklik deel
van ons lewens was
en sal bly….
koebaai Ma till we meet again
(vir Alet)

**
die vrou dink
vir soveel jare het sy gewerk en gewerk soos daai ou hallelujaliedjie op skool hulle so geindoktrineer het
werk want die nag kom naaaader
werk in die vroeë dag
werk as die dou nog gliiiinster…
sy was kompleet soos ń ou hen op daai eierplase
produce produce produce
lê jou eier want die nag kom naaader
lê jou eier in die vroeë dag
lê jou eier as die dou nog gliiinster
in die môreprag
anyway al is dinge nou ietwat anders
sukkel sy om uit daai lê-jou-eier-elke-dag-soet mode te kom
hoe meer sy daai mind shift ding probeer bemeester
hoe meer voel sy altyd maar deur werk begeester
want die beste medisyne op aarde bly mos maar
om iets regs goed te doen
en om iets goeds reg te doen

**

ek het my ma nooit jeans sien dra nie
ook nie een van die ander mense
wat ons tannies genoem het daai tyd nie
selfs al was die levi firma in my kleintyd
al 100 jaar oud
en al het hulle toe vir jeans in afrikaans
ń ander naam gehad as denims
klinknaelbroek nogals
ek het van jongs af jeans gedra
en van altyd af tot nou toe
was my favourite broek altyd ń jean
dis amper asof jeans jou meer kordaat laat voel
so asof jy all by yourself al jou shit kan uitsorteer
as ek nou ń foto kon neem van my en ma
sou ek dit so graag wou dat ons twee jeans dra
afgesny net bokant die kniekoppe
en wit t-hempies en hare wat los waai
in die wind
op ń hoë duin iewers in die namib
ons moet lag
asof die hele wêreld aan ons behoort
ek sou graag my ma dan ń klomp dinge wou vra
ek sou so graag my ma net een keer
jeans wou sien dra
ek sou so graag weer my ma wou sien lag

**

party goed het ń way
hoe dit moet werk and that’s it
ń koek kry presies bietjie van dit
en presies bietjie van dat
en siedaar
ń kar se enjin pas presies so en so
en daar gaat jy
maar dank seggen wij
naam lof en dank amen
dit werk anders vir mij
as ek nie rooi het nie
dan’s ek crazy oor blou
en as ek nie blou het nie
dan’s ek crazy oor rooi
and that’s it
jy’t my niks belowe nie
en ek het jou niks gevra nie
ons is vriende
sonder verwagtings
soms sien ek jou
dan’s dit goed vir ons
en soms bel jy my
dan gesels ons ń dooie jakkals aan die draf
ja ek het jou niks belowe nie
en jy’t my niks gevra nie
ons is sommer net
wat ons is

**
“Life starts hurting a little less after a while”. ..
het ek iewers gelees
maar deur die jare kon ek tot die slotsom kom:
dit vat sekerlik lank – seker so 60 of 70 jaar
of dalk nog langer
dalk lewenslank
daarom is dit nodig om soms
op die vergeetvoël se rug te klim
en ver ver weg te vlieg
tot hoog tussen die stêrre
sodat jy ń bietjie naby aan die son kan kom

**
as oom staal by ons gekuier het
en hy ry weer
dan sien ek hoe hartseer ouma is
dan daai eerste aand
drink ouma ń ekstra glasie hanepoot
en ons klim vroeg in die bed
want ons verlang na oom staal
die hele huis en al die diere
en al die bome en blomme in die tuin
verlang na hom
maar die volgende aand
dan haal ouma haar kitaar uit
en sy sê kom my kind
mens kan nie so sulk oor goed waaraan
jy niks kan verander nie
en sy sing yes I’m telling you heart
you better believe me
save yourself for somebody new
don’t make such a fuss there’s no hope for us
yes I’m telling you heart
you’re driving me crazy
oh heart
later as ons by die lamplig sit en eet
dan vra ek ouma
nou hoekom bly maak ouma se hart dan so
such a fuss
dan sê ouma my kind oom staal is
my hart se punt
en klein stukkies van hom
is beter as als wat ek ooit gehad het of sal kry
en anyway wil ek nie soos ant sannie snuifdoos
sit en versuurd wees oor dinge
wat nooit was of ooit sal wees nie
so ouma vat die bietjie heuning wat na haar kant toe kom met oorgawe en vreugde
(en ek verstaan nie hoekom ouma
ń bietjie heuning moet vat as daar ń hele
jampot vol heuning op die spensrak staan nie)
toe staan sy op en sê
en die ou wasbak vol skottelgoed
kan maar wag tot môre of oormôre
dan vat sy haar kitaar en sy sing weer heart
maar sy sit haar eie woorde in
yes I’m telling you heart
do make such a fuss
there’s still hope for us
oh heart I’m driving you crazy
en as ons later gaan lê dan kom die slaap vinnig
want niks
drive mens by ouma se huis vir te lank crazy nie
en oor niks maak ons vir te lank such a fuss nie

**
in daai tyd dat my soustrein finaal omgeneuk het
het ek begin sukkel met tande
absesse gekraakte kiestande tandpyne
sodat ek ń keer of 2 beland het by die staatstandarts
en soos ń lam ter slagting in ń ry moes sit en wag
tot ń zuma dokter sommer ń paar tande op ń ry
halfpad moertoe boor en stop
en so 4 jaar terug sit ek raadop met die tandpyn
en voor my een weirdo-ste eks my
soos ń warm patat onder my armgat alie skop
vat hy my na sy grande tandchirurg vriendin
vir ń tandopfieks in ruil vir ń skildery van hom
en ń beeld van my
anyway dit kom nou so dat ek eintlik
ń nagknerser van tande is
(ek weet ja deur die jare was ek ń vasbyter van formaat
en ek het liewers op my tande gekners as om uit te lash)
en ek het my voortande al hoe korter en al hoe stomper gekners
sodat ek ń hand voor die mond lagger geraak het
ek het nooit rerig meer oopbek gelag nie….
en dis nie van sadgeit nie
maar toe ek en die tandengel van destyds weer begin gesels op facebook
toe sê sy kom laat ek jou help met jou tande
en na ń maraton sessie van 9 uur se wawydoopbek lê
het ek halfpad pro bono ń spiksplinternuwe smile gekry
en vir oulaas vir my laaste paar aardse jare
kan ek nou breëbek van oor tot oor smile
tanne uitpak vir afrika
en ek dink van alle geskenke is
om vir iemand letterlik ń smile persent te gee
een van die bestes
maar om mense rondom jou warm te laat smile
is een van die grootstes

**
ouma was daai dag hartseer
sy’t net doodstil gesit
en die gans vasgehou
toe sê sy
oom daan is dood…te vroeg ook
ek vra hoekom
toe sê ouma
oor hy te min fok gesê het
so vandag nog
as ek daai woord te oordadig sê
troos ek my daaraan
ouma het gesê
mens gaan gou dood
as jy te min fok sê

**

Aan Liewe Jy,
hoor hier
ja luister
of moet ek my hande op jou skouers sit en jou naderpluk voor jy sal hoor
wat jy moet hoor is dit
jy moet alle pretensie en daai gejaag na wind shit laat staan
en daai ek mag nooit n voetjie verkeerd neersit nie
en hierdie gebly rapsery oor die vingers oor jy nie anders kan as om maar net mens te wees nie
en hierdie jouself heeltyd meer as al die dissipels saam probeer oorheilig
en al hierdie bly glo-ery dat jy nie goed genoeg is nie moet stop
jou tyd raak op
dit glip soos sand deur jou vingers
kyk hoe vinnig het 40 50 60 jaar net verdwyn
jy’s gemaak om lief te hê
en te lewe met jou hele hart
doen dit!
Met baie liefde van
Jou Lewe

**

Ek het julle die son beloof
ook die maan en die sterre
Maar in een reuse sonsverduistering
het al die sterre oor die maan gespring
-Het beloftes skuld bly maak
het ek bankrot geraak.

**
daai tyd saam met ouma
het ek nie rêrig geweet hoekom ouma
my so vroeg in die bed gaan sit het
as oom staal daar was nie
dan het oom staal altyd sy platespeler
vir my voor my bed aangesit
en ek kon lê en luister na jim reeves of
percy sledge
vir my was dit lekker om so met die mooie stemme aan die slaap te raak
ouma was so excessively happy
as oom staal daar was
sy het meer gesing en haar oë het geblink
sy was so mooi vir my met haar lang blink hare
en oom staal het altyd gelyk
of hy huistoe gekom het by ons
of hy nêrens anders heen wil gaan nie
ek dink hy’t verskriklik baie van ouma gehou
van my ook maar veral van ouma
jare later het ek al oom staal se boeke
en sy kamera geërf
ek het die film wat steeds daarin was
laat ontwikkel
en vir die eerste keer kon ek sien
hou baie my eie ma na oom staal lyk
dieselfde blou oë wat lyk soos die see
en dieselfde gul breë mond
wat altyd lyk of dit iets het om jou te vertel

**
nou ken jy ook die vrede
dit was nie altyd so nie
vrede was soos ń bang wilde hasie
wat meestal moeilik te vinde was
somtyds sou jy hom in die tuin gewaar
of soms sou hy selfs naderkruip
dat jy sy oortjies kan vryf
met sy blou oë tot binne in jou siel kyk
en jou laat wens hy wil vir lank genoeg bly
dat jy hom mag ken en ervaar
maar net as jy dink nou het jy hierdie ontwykende haasding wat vrede is makgelief
woerts is hy weg vir dae en dae aaneen
maar nou na al die jare se gelewery….
nou ken jy uiteindelik die vrede
jy weet hoe dit voel as hy by jou ingetrek het
en hoeveel dit vir jou werd is om te weet
no matter what hy gaan bly
en hy sal nooit weer ver van jou af wees nie
nou is vrede ń mak wit duif
wat koer in die kiepersol voor jou venster
wat op jou skoot kom sit dat jy sy sagte vere kan vryf
en jy het ook nie sy vlerke afgeknip dat hy nie anders kan om te moet bly nie
nee
hy bly by jou…
oor hy wil

**

ek gaan eet by die plek
onder die melkhoutboom
ek kan lekker van eenkant af die mense beloer
die jong couple met die opgetofte kind
hulle het die kind in die nag gemaak
nou weet hulle nie meer lekker
wat om met mekaar in die dag te maak nie
ń ouma en haar kleinseun
lekker cosy in hul omgee
en dan die man en vrou
kinders klaar geswot en uit die nes
lekker losjare wat voorlê
maar vanmôre sien jy die toegeneendheid
is skraps
en ek dink hoekom is die lewe so
hulle het soveel saam beleef geleef oorleef
maar nou is hulle totaal opgefokkenleef met mekaar
iewers langs die pad het hulle hompiekedompie
homself desmoers geval
en niks gaan hom ooit weer heel kry nie
ek dink die vrou wil vir my sê
ek stick maar by die boepensvark van my
want waardehel gaan ek anders heen
en hy wil sê aag nou ja ek’s nou maar eenmaal gestuck met hierdie koekgevreet koei
(of is dit koeigevreet koek)
wat my wederhelfte is
maar by die tafel langsaan-
die ouman en vrou en die jack russeltjie
deurleefde saamwees
hulle prentjie lees presies reg vir my
dis lekker om na hulle te kyk
en ek’s bly vir hulle en vir die hondjie
en ek drink my koffie en ek dink
jip dis hoe dit maar is

**
voor tyd so vervlietend was
toe ons ń dag nog kon vashou
en soos ń soet lemoen
kom opbreek in skyfies
het ons met die laataandskyfie
buite gaan sit om na die melkweg te kyk

**
sy sê soms net soms nog
verlang ek die groot verlang
en ek sê
dis eintlik maar net ń universele soort verlang
iets soos ń sondagnamiddag verlang
soos kleintyd die dag voor ons terug moes koshuis toe blues
die onversadigbare verlang
die ewig onverkryglike hier op ons ondermaanse
ons bly hunker
en dis net dan dat dit dalk help
as mens iemand se naam
aan daai verlang kan gee

**
Anna
Ek het vir jou groen bygesit
want groen is lewe en groei
en rooi want rooi is die kleur van liefde
en jou mond
by jou wit duif en jou hart
en jou vrou wat met oorgawe lag
mag jy altyd met jou hele hart
en met oorgawe lewe en lag
en liefhê
mag jy altyd wit duiwe hê
wat vir jou olyftakkies bring

**
maande terug koop jy ń prent
en ń storie by my
voor jou oë was luike
wat half skeef aan skaniere hang
ek kon sien daar binne lyk dit
asof iemand by die voordeur uitgeneuk het en als wat ooit saakgemaak het seriously verinneweerd agtergelaat het
jy’t nooit jou prent kom haal nie
en dit was goed so
want nou die dag toe ek jou weer sien
toe weet ek
die prent is nie meer jy nie
en die storie is nog jou storie
maar jy’t ń ander einde nodig
want jy
en niemand anders as net jy nie
het die skerwe bymekaar gevee
en dit stukkie vir stukkie geheg
opgefieks
jou venstertjies is oopgemaak
die ruite skoongewas
daar binne was vrede
jou voordeur het oopgestaan
en voor die deur het jy
ń welcome matjie gegooi

**

Liz
ek het net jou agtergrond bietjie minder geclutter
als bietjie rustiger laat lyk
die skerpste emosies weg laat fade
sodat jy behalwe die engel
en sy kat
ook jou ander rykdomme sal bly raaksien
maar ek onthou ook toe jy sê jy wil voels byhê
en ek het nooit gevra hoeveel? nie
net voortvarend jou sommer net drie laat verf
so toe betoegif ek jou nog met ń ekstra voëltjie
of twee
en ń witsandmaantjie

**

op die verfprent wat ek post
sien julle
ma en pa
hulle kind hulle kat
hulle huis met bome
die son skyn wit oor hulle
op hierdie oomblik vol ultimate vrede
jack johnson sing….
I got you
I got everything
I’ve got you
I don’t need nothing
more than you

**
die vrou loop uit
in die grysste uur van die dag
die hond moet bly
want dit wat sy moet doen
moet sy alleen doen
sy loop krom tot by die getypoel
gaan lê op die muur
sodat dit lyk of sy bo op die water lê
die vissies kom na haar toe
honderde silwer flitsies in die water
ek het vir julle kom sê
my kammalieliemaatjie het verdwyn
ek het hom orals gesoek
langs die rivier en tussen die duine
in al die kamers van my huis
maar hy’s heeltemal weg
en ek weet nie waarom nie
die vissies vat elkeen ń woord
en flits daarmee deur die water
en toe die hele poel silwer van haar woorde lê
staan die vrou regop
en gooi die klip wat haar kammalieliemaatjie rêrig vir haar gebring het van ń ver plek af
in die water
maar dit sink nie
want kammalieliegoed kan nie sink nie
ń groot wit voël tel dit op
en vlieg stadig daarmee weg
en dit voel vir die vrou asof dit haar hart self is
in die groot voël se pote
hy sal dit in die see laat val
en iewers op ń skoon wit strand sal dit uitspoel
waar iemand wat kammalielie nodig het
dit sal vind

**

ja hoor bring vir my ń glas sauvignon blanc
en steek die die kerse aan
en maak die venster oop en roep die katte in
en bring jou kitaar
en sing vir my ń beautiful song
terwyl die pot prut op die stoof

**
die vrou kyk na van die beelde
wat sy die laaste drie jaar gemaak het
vandat sy als kon begin dokumenteer
en voor sy so abrupt begin verf het
(beeldhou wat iemand met groot artistieke substans nou die aand die stiefkind van kuns noem)
en voorwaar dis wat dit was vir haar
haar klei stiefkindertjies
want al het sy haarself morning noon and night afgesloof
het sy ook met haar persistent gevasbytery aan die kleikuns
soms serious aspoestertye beleef

**

die man het gesê
verf vir my ń prent van dié foto
van my met die duif op my kop
in ń tyd toe die wéreld verkeerde kant om
begin draai het vir my
en die son nie meer warm tot in my hart
kon skyn nie
toe het hy
uit die bloute
op my kop kom sit
ek kon dit toe nie sien nie
maar later het ek geweet
hy het vir my ń olyftakkie gebring

**

Christa se prent
ek het jou blou stoel pienk gemaak
sodat jy sag sal sit
sag soos op ligpienk wolke
en flaminkveertjies
en soet spookasem
jou hare het ek presies gelos
soos wat jy dit gekam het
(net silwer bygesit want silwer pas goud by jou)
om net mooi reg bokant die stoel in te pas
jou hond se oë
het ek sag sag laat ĺyk
sodat jy almaar iets sags en vol liefde het
om na jou op te kyk
en ek het sy lyf sag onder jou hand laat grys
want ń lady moet ń mooi hond hê
wat by ń mooi lady pas

**
Julia
ek het vir jou ń boek bygeverf
en jou bril ook
sodat jy altyd helder sal bly sien
en ek het vir jou blomme bygesit
wat pas by jou colourful mind
en die witsandmaantjie
wat ń skerfie lig gemaak het
die aand toe ons duine toe was
sal nou ook altyd helder oor jou bly skyn

**
soms is daar mense wat jy toelaat
om jou te raak
nie net rakelings te raak nie
maar rerig te raak
laat ons mekaar sagkens aanraak
met deernis
en respek
laat ons bly onthou
harte en siele
en mense
is weerloos
en
broos

**

dit maak nie saak hoe jy loop
of jy opdraend loop
of afdraend loop
of jy katvoet loop
of ligvoets loop
een of ander tyd
sal jy weer binne in jouself vasloop
want dis net jy
wat tree vir tree
van die begin af
tot heel aan die einde
met jouself saamloop

**
nege lewens
iemand tel ń airgun op
mik sekuur na die kat
trek die sneller
die kat spring in die lug op
hardloop weg
die iemand grinnik selftevrede
sit sy geweertjie neer
wag vir die volgende diertjie
om binne sy fokken moer in te skiet
die kat gaan kruip weg naby haar huis
waar niemand haar kan kry nie
sy miaau nie
sy eet nie
sy verstaan nie
sy kruip net weg
wag doodstil vir die seer om weg te gaan
na drie dae se soek kry die vrou haar
die koeël is dwarsdeur die lyf
onderkant die rugstring deur
mis rakelings die organe
steek vas aan die anderkant teen die vel
los ń wond wat etterig ontsteek
toe die vrou haar kry en optel
purr sy

**

ouma het gesê
liefkind as jy eendag gatvol raak
ek vra ouma wat is gatvol
en sy sê gatvol is die ultimate emotion
van moeg gedaan
in der dagen sat
fucked… (toe vra ek maar nie vir ouma
ouma wat is fucked nie)
…Anyway wanneer jy eendag gatvol raak
vat die engel se sleutel
en gaan soek die engel se huis
as jy dit moet kry
dan sal jy dit kry
So nou’t ek die engel se sleutel
se huis gekry
ek’s amper so oud soos ouma daai tyd was
en ek’s gatvol
by die engel se huis was dit asof almal
wat ooit saakgemaak het daar was
al die mense en honde en katte
wat ek ooit liefgehad het en ouma
ek’s nie meer gatvol nie
kyk nuwe moed skuur
soos ń gemmerkat teen my skeen
en nuwe hoop hang
soos ń blink kabeljou in my arm

**

ń vrou wil dié prent koop
maar sy sê die kraai op my kop
moet ń duif word
ń witte
so poepol wat ek is sê ek aag ja okay
ek sal die swart kraai ń wit duif maak
en toe dink ek dis eintlik maar hoe dit is
of die voël op jou kop wit is en of hy swart is
of die voël vredig is en of hy bemoerd is
hang van jou buitegoeters
en van jou binnegoetets af
party mens gun hulself nie die luukse
om te kraai of te duif nie
hulle wys maar altyd orals vir almal net duif
maar ander kan duifwys as hulle duifvoel
en hulle kan kraaiwys as hulle kraaivoel –
los my uit my kraai is nou pikswart heesbors HIER
en nou vir ń ruk HOU ek van my kraai
ek embrace hom ek haal hom van my kop af
ek vryf oor sy blink swart vere
ek voer hom vleis en vieslike vloekwoorde
so what
maar ander kere moet jy duifwys
as jou duif wit en suiwer
en uplifting vrygewig
genade oor jou uitkoer

**
kom laat ons koester
laat ons ons arms om mekaar vou
my trooskombers om jou
jou trooskombers om my
teen die lewe se onvermydelike seer
kom laat ons ons glase klink
ń bietjie trooswater drink
kom laat ons lag
en skielik op ń dag
wanneer ons dit nie verwag
lê die voëltjie van goedheid
(wat haar nes net bou
waar daar omgee is)
vir ons die kosbaarste eier

**

die eerste proteas wat ek ooit gesien het
was in du toitskloof
as ons van die karoo af kaap toe gery het
dan wou ek dat my pa my net daar aflaai
tussen die fynbos en die groen
en my weer oplaai as hulle terugry plaas toe
dan was daar die proteas
wat my strandse tannie soms in die kerkhof
op my oupa en ouma se grafte loop sit het
ek wou hulle net heeltyd loop haal
en in my kamer sit
die pienk blomme so alleen in die kerkhof
later was daar die proteas
op my mooi suster se eerste troue
toe ek 16 was
en vir die eerste keer eyeshadow gedra het
sedert daai is daar nog baie protea onthoue
maar die grootste daarvan was
toe ek die ruk midde in die proteas gebly het
en ek geleer het
hoe hulle saam met ń mens kan lag
en hoe hulle kan troos

**
soos die somer meer herfser en herfser word
en maart al hoe meer apriller begin voel
en soggens 5h30 nog nag is
en dit te koud is om jou voete kaal
in die diep duinesand te laat ingly
en die oggend sy goud verloor
en mistig ń blougrys begin word
en die duine ń surrealistiese gevoel het
sodat jy amper voel jy’s nie hier nie
en jy loop met jou hande diep in jou sakke
dis dan dat jy weet
die winter kom nader
en niemand kan hom keer nie

**
die engel wat by die spca werk
se stem is weg
ek wonder het sy dalk saam met die honde geblaf
of het sy dalk saam met hulle
at the moon gehowl
dit klink na ń fokken awesome ding om te doen
om te howl is om te skree te lag en te huil als in een allermagtige aksie
hooooouuuuuuwwwwlllll
anyway
ek sê vir haar ek soek ń klein katjie
hy moet klein wees want ek wil hom leer om my lief te kry
om al aan my sy te wil bly
ek soek ń cuddlekat want iewers voel
ek dit aan my nerf dat die winter
te winter gaan wees vir my
toe sê die spca vrou
gaan sit stil in hulle hok
die een wat vanself op jou skoot kom klim is die regte kat vir jou
maar toe begin almal klim en klouter en purr op my
hulle kruip onder my trui in
en onder my vel in
toe’s ek maar daar weg met die voorneme om die winter te besweer
deur saam met my eie katte en honde
die howl at te moon ding te oefen
by die honde sal dit natuurlik kom
maar met sheer persistence sal ek en die katte dit ook vervolmaak
en in die middel van die winter sal ons hier ñ howl at the moon workshop hou
laat weet as jy kom:

**

eers het jy n dop gedrink
en by ń eetplek gadeloos mense gade geslaan
toe ry jy in dorpstraat af
by stellenbosch se stasie
en kayamandi verby
N1 toe
later stop jy by jou broer se huis
en jy dink waarever hy ook al gebly het
het sy huis soos my huis gevoel
dis oor ons kleintyd dieselfde karoolug ingeasem het
en dieselfde stof op ons voete gekry het
oor ons weeksdae dieselfde soort blues van verlang na ons ma gehad het
en in die koshuis op dieselfde soort klapperhaarmatrasse geslaap het
dis oor ons twee ou siele al soveel jare mekaar ken
dis die dat dit by hom altyd voel
of ek huistoe gekom het

**

nog altyd was my kleur blou
blou die omvangrykste kleur
want blou lê die hele hemel vol
en die ganse see vol
oneindig is blou
en blou was die kombers
waarop ons gelê het
jare gelede daai nag
by dwarskersbos
maar meer as blou
is ek verknog aan bruin
die kleur wat homself nooit
into your face flaunt nie
bruin is al die kleure van die aarde
die onderdanige tone wat tevrede is
om net aards te wees
stof modder sand grond klip hout sout
en bruin is die kleur van jou oë
ja en groen
want groen is bome en blare van bome
en berge en lewe
dis die kleur van branders as lig van agter deur hulle skyn
en van die karoo as dit gereën het
en al die soorte rooi
want sonder rooi
sou groen te groen wees
en blou te blou
want rooi is lippe en nippels en appels
en rooi is die kleur van die weste
net voor skemer kom
en rooi is die kleur van my rok
waarmee ek soms
wanneer niemand anders daar is nie
by die spierwit strand
van onrus langs loop
halflyf in ń helder rotspoel vol water in
terwyl die ragfyn bloedrooi kant
wyd wyd op die water oopsprei
en die wit reiertjies
rustig daarop gaan sit
om vir my reiertaal te leer
en ń groot moet is pers en maroon
en sapgreen in kussings van fluweel met tossels aan
want dit maak boheems
en boheems vat die blues weg
en daar moet geel wees
want sonder geel was daar
nie oker nie en oker is die allerlieflikste deurleefde geel
en jy moet dit hê om vir jou ń
sonnetjie of ń maantjie te maak
en ń paar sterre
vir as die nag te donker raak
en swart moet ons hê
want sonder swart is daar nie
donker nie
en sonder donker sou wit nie
so allerheiligs lig kon wees nie
dankie dankie hemeltog
vir die mengelmoes
van ń wêreld getooi
in duisend skakerings
van allermooi

**

jy laat my dink dat jy ń ou hond is
vol bosluise
jy bly try swaai jou stert
sodat dit moet lyk asof jy bly is
maar soms sê jy vir my dat jy baie moeg is
dan sê ek
kom kom sit hier by my
dan trek ek al die bosluise van jou af
dis dit wat jou so moeg maak
al die gesuigery aan jou
dan wil jy nie
want jy sê
shym wat sal van al die arme bosluise word
as mens hulle net so aftrek en wegsmyt
en ek sê ek verstaan
want ek was ook al so ń ou hond
en ek was ook al baie keer ń bosluis
dan vryf ek vol deernis jou kop
en sê ek het jou lief

**

die vrou het ietsie geleer die laaste tyd
dit was onverstaanbaar vir haar
hoekom sy jaar vir jaar
as beeldhouer gestuck was
met die gestruggle met klei en stof
en roet en rook en vuur
terwyl die onontdekte
kleurvolle meer onmiddelike
weet van verf
verskuil maar klaar deel was van haar
en dit was bietjie baie fucked vir haar
hoekom sy oor berge en in dale
for better or for blerrie worse
finansieel en emosioneel
soveel klippe moes kou
tot sy nou vir ń jong kunstenaar
wat goeters deurmaak
waarmee syself genadiglik
al lankal kon klaarmaak
kon sê
as jy kuns wil maak
wat aan ander siele raak
uit die diepte van jou siel uit
uit die onthou en weet
van snot en trane en swoeg en sweet
uit skaterlag uit en uit huil uit
en hoop en wanhoop uit
….dan is heeltemal niks
wat jy ooit ervaar het
never ever wasted nie
uit al hierdie dinge
kan jy kens raak
of afstomp en soos ń klip raak
of oop bly vir sien en voel
en kuns maak

**
as ek my pa probeer onthou
dan onthou ek hom soos op die foto
die lang man
kabeltrui aan en bellbottoms
en die groot vis
op daai dag van die foto met die vis
was hy happy gewees
en sou hy seker nooit kon dink
dat dit presies daai foto van hom sou wees
wat sy kind
vir lank lank nadat hy weg is
vir jare in haar onthou sou saamdra
haar mooi happy pa met die groot vis

**
jy’s die een
wat my son kan laat opkom
en my son kan laat ondergaan
jy’s die een
wat die maan vir my aan ń toutjie
aan die hemel kan ophang
of al my sterre kadoemps
op die grond kan laat val
liewe hemel ek het jou liewer
as die lewe self

**

die ding van alleenbly is
jy bly met min van ander mense
en met baie van jouself
en jy kom agter
dat as jy of jouself vol stupid nukke is
dan stamp julle aanmekaar kop
en as jy op ń dag agterkom jy kan nie
met jouself saamleef nie
jy weet… as jouself te veel glamour uit die lewe
en van ander mense verwag
maar jy het lankal begin sê:
aag fok hierdie gejaag na wind
dan moet julle twee….
net eenvoudig begin compromise
so jy en jouself leer deur gewoon
plat op die aarde net mens te begin wees
niks anders nie
sonder gebooies sonder berading
sonder motivational speakers
(aag fok ja met die troos van hormoonpille
en wyn) (en ń kat of ses)
(en ń hond of 3)
(en die tv)
om van mekaar te begin hou
om lekker te wees
om..al is dit effe onsober en effe oud
die lewe
te leef!

**
as die skadus begin langer raak
en die namiddae kry ń goue kleur
en die jaar begin herfserig raak
dan kom lê daar
ń kolletjie sonder naam
presies in die middel van jou
dit laat jou in ń hopie sit
in die sonnetjie voor die agterdeur
dit maak jou bangerig
vir die winter wat moet kom
terwyl die wind oneindig patrone trek
met sy vinger
in die wolke en op die see
en hoe feller die stilte
in die groot huis
hoe meer weet jy
die kolletjie se naam is
alleen

**

die vrou het vir haar ń bed gekoop
ń splinternuwe een
en die beste een in die winkel
haar lewe lank nog slaap sy
op ander mense se beddens
dit het begin by die kot
en later was sy die een wat tussen
die ander vyf kinders nie ń bed
gehad het nie
sy’t beurtelings by die susters geslaap
toe was dit koshuisbeddens
en gehuurde huise se beddens
en geleende beddens
later was dit die eks eggenoot
(weggenoot) en sy vorige eks se bed
(waaruit daar een nag soos ń aanklag uit die verlede ń spring binne in
haar boud gesteek het)
en toe ń ou kingsize wat sy geruil het vir ń groot skildery van ń onpreutse nude
toe ń threequater wie se base een nag
net inmekaar geval het
die laaste jaar slaap sy
op haar skoondogter
se oorlede ouma en oupa se bed
en rol sy keer op keer in die gate
waar die ou mense se oorlede stêre
vir jare soms gesit het
so….more kom haar nuwe bed
met memory foam nogals
wat dit ook al beteken
en ń queensize – fit for a queen
met genoeg plek vir die katte
om saam te snooze
en wie weet dalk kom daar
een of ander tyd
iemand awesome
om saam met haar
op daai memory foam
sweet memories te maak

**

net toe sy dink
nee die grond is te hard hier
die son te heet
die water hopeloos te skaars
toe sien sy
hoe die blom fyn en wit
tussen die grys uit

**
as ek by die huis verbyloop
met die bankie op die stoep
dan wens ek soms die huis se vrou was hier
dan sou ons soms dik stukke
op die blou bankie kon gesels
in die namiddagson

**
ek het vroeg al
al op die kruin van die duin
van die see se kant af huis toe geloop
maar nou sit ek eers hier
sodat die son my vir ń rukkie
saam met die duine
kan goud maak

**
dalk sit my siel nog
op die sypaadjie langs dorpstraat
of dalk lê hy nog plat op die stoep
van my broer se huis
of loop hy kaalvoet duskant helshoogte
in die wingerde rond
of swem hy in die koel branders
by rooi els
maar iewers sonder dat ek dit eens agterkom
tussen laas week en nou
het hy ge-awol
want hy was gatvol
vir my gerondhol
en nou moet ek anyway eers
hier sit en wag
tot hy huistoe kom
ek het hom nodig
want in als wat ek maak
kom ń stukkie van hom

**

die ding met ma en die koeie het so begin
ons was klein en ma was jonk
en ma wou haar eie boerdery begin
want sy’t gesê
sy staan voor niemand bakhand nie
toe kry ma by oom ticky van wyk ń bul
en ń dragtige koei persent
maar ma het van die begin af nooit gesê
haar koei is dragtig nie
sy’t gesê haar koei is swanger (groot fout)
ma het elke dag met die koei gaan praat
vir die koei allerhande mensgoeters
loop staan en vertel
want daai tyd was ma en die koei se mae
ampers ewe groot
en ma het vir my gesê daar’s niemand
wat so aandragtig na haar luister soos daai koei van haar nie
die koei se naam was koeitjie de waal
en glo dit as jy wil
dieselle nag toe my broer gebore is
is koeitjie de waal se eerste verskalfie ook gebore
en ma het my broer boetbill genoem
en die kalf het sy sussie genoem
en tot pa se grootste konsternasie
het ma ń hele affêre gemaak van sussie se dopery
al die werkers moes met swart en wit komberse
om hulle gedraai
(sodat hulle pretty much almal
soos tweebeen vrieskoeie gelyk het)
staan en toekyk hoe ma die kalfie doop
in die naam van die bul
en die koei en die heilige kalf
anyway toe koeitjie de waal en sussie
altwee tweelingkalfies kry
en daai twee pare tweelingkalfies ook kalfies kry
en almal met groot ophef gedoop is
(teen daai tyd het pa gesorg dat hy doopdag
beaufort toe ry want hierdie koeigedoentes
het nou ń speen geraak waaraan pa nie
langer wou suig nie)
het pa sy voet neergesit en gesê
tot fokkenhiertoe en nie verder nie
toe’t pa ma se bul verkoop
en hy’t die geld vir ma gegee en gesê
koop vir jou ń nuwe swart rok
want een van die dae word op hierdie plaas
koeibegrafnis gehou….

**

is dit die maan
wat soos ń stoel lyk
of is dit ń stoel
wat soos die maan lyk
dit maak nie rerig saak nie
al wat saakmaak
is die vrede
wat alle verstand te bowe gaan
die vrou het laas week die nodigheid gehad
om haarself aan iemand wat omgee
te probeer verduidelik
maar sy kon nie rerig nie
want sy vind nie meer die lus en die nodigheid in haar
om haar verlede en haar hede te hoef te verantwoord nie
want die verlede is verby
en sy’t baie groot vrede met haar hede
en enige iemand wat rerig haar siel sou verstaan
sou ook verstaan
dat al wat sy graag sou wou hê is dat iemand
soos gert vir koos gesing het
maar jy was bullshitloos koos
net eendag vir haar ook sou kon sing
maar sy was bullshitloos koos

**

ek sê ma ons is seker die enigste mense
op aarde met ń pienksnorkat
ma sê ag ja my kind want party van ons
(en sy kyk na pa)
is mos square pegs wat nooit in
die ou wêreld se round holes wil inpas nie
maar die kat sal jy onthou
en ek en jou pa wil goeie onthoue
saam met julle maak
ja sê pa soos die keer toe die rambok
sy moer finaal gestrip en julle dwarsdeur
die huis tot agter in die kamer gejaag het
en die keer toe boeta die pispadda
by jou ma in die bad gegooi het
pa lag sy lag wat kompleet soos ń
dreuning diep uit die aarde klink
toe sê hy hoe ouer julle word
hoe meer sal julle onthoue word
maar die onthou van jou kleintyd
is dit wat jy forever in jou hart bly ronddra

**

jou oë het klip geraak
en in die klip kon ek lees
dit wat jy nie vir my kon sê nie

ma sê dis hoe ek altyd gedroom het
ek wil in die pad af loop
op my bekfluitjie speel
en 37 katte moet agter my aanstreep
ek wil ń katlosieshuis hê
met honderde blink happy katte
en blink happy kinders
dan kan mense wat katarm is
by ons kom inboek
ons hele ou klomp kan vis eet
en biltong en tjoklits
en ons kan saam lag en purr en dans
en later sal ons almal
droomloos slaap solank ons wil
tot wanneer ons wil
pa sê liefling dan het jou droom
mos totally waar geword
ma skuur haar kop teen pa se skouer
en dit lyk wraggies of sy nou
enige oomblik kan begin purr

**

toe die hond my lappop uitmekaar skeur
was jy daar om my in jou arms toe te vou
toe ek onseker by ń kruispad staan
was jy daar om my te help kies
al het ek toe anyway my eie kop gevolg
toe my baba gebore is
bietjie lelik en vol rimpels
was jy daar om te sê
hy’s die mooiste ding in die hele wêreld
toe ek so hard val
dat ek net daar wou bly lê till doomsday
was jy daar om my op te help
toe ek oor die maan wou spring van blygeit
was jy daar om te sê you go girl
daar’s baie dinge
waarsonder ek moes leer cope
maar ek’s goddank bly
die trooshande van vriende
is nie een daarvan nie

**

jy sit sommer net
met jou voete in die vlak watertjies
kyk na die vissies
laas nag was daar ń groot storm
nou het die seevoëls teruggekom
om vir jou te kom sê
die storm is verby
vandag is dit mooiweer en warm

**

as dit al donker is
en ek my verfkwaste neersit
en dis tyd vir die katte om hulle sagte kos te kry
dan is krisjan hier en bombas
en tot vettie het so ver gekom
om haar sorry ass te laat huiswaarts keer
maar dan’s net lielie missing
dan sit ek my selfoontorchie aan
en ek en lyla en krisjan en bombas en vettie
loop al agter die torchliggie aan
oor die stoep van die ou hotel
en op met die trappe
tussen die ou hotel en die dilapidated sorry ass ou kasarm langsaan verby
om om in die donker
om Nella se winkel se hoek
al agter die liggie aan
en ek roep koetsjie koetsjie koetsjie
na lielie
want ek weet dis waar lielie saans hou
(want lielie hou van haar eie tv kyk
en dis na die budgies in die hokke
voor nella se winkel
en lately na die klein kwarteltjies)
dan kom lielie se blink ogies om nella se winkel se hoek
en ons almal begin huiswaarts keer
en as almal in die huis en in die lig en binne is
en as die nag buite is
dan kry die katte en lyla kos
en ek top my wynglas op
en ek sit binnelanders aan
wat al 2 ure geduldig op pause vir my wag

**
een nag 3h toe lui die foon
in morantstraat upington
toe sê iemand vir my jou ma is dood
en ń sadness oor haar
en oor my
en oor my en haar
oor haar sagte skouer waaraan ek lately
soos in amper nooit meer geraak het nie
en oor haar sagte oor waarin ek nou
nooit sou kon fluister
ma ek is amper soos in totally in my moer in
en oor alles wat ons gedeel het
en oor alles wat ons sou kon deel
as dinge anders was
oorweldig my
oorweldig is ń oorweldigende woord
dit beteken met geweld neem dit
van jou hele wese besit
ń oorweldigende sadness wat my nooit weer heeltemal sou verlaat nie
van te weet my ma is fokken dood
ek het nie meer ń ma nie
en voor ons met die twee babaseuntjies
die lang pad aanpak
van die kalahari waar ek nou bly
karoo toe waar my wortels was
toe doen ek al wat ek kon dink om te doen
ek gaan pluk van die abundant pienk bougainvilla
teen ons troostelose sadface voorhek
(dis al wat abundant was daai tyd in daai straat
behalwe my omgee en my liefde en my hoop
tot sewentig maal sewe toe)
en ek maak ń ruiker so groot soos al my hart se liefde vir my ma
maar teen die tyd dat die blou ford cortina
oor die mouterhek by hereeniging indraai
toe’s die bougainvillas
heeltemal
verlep
en ek weet van daai dag 25 jaar gelede af
tot nou toe nog
oorweldigende hartseer
laat bougainvillas verlep

**
ek stuur vir jou ń malvablaar
om te kneus tussen jou vingers
sodat jy kan onthou
hoe lief jou ma vir malvas was
(of dalk was dit die enigste sagtheid
wat sy kon laat groei in haar harde wêreld)
ek stuur vir jou ń daggablaar
wat jy moet bêre op daai bladsy in andré se boek
en as die blaar droog is
en al die mooi woorde opgeblaar is
dan sal ek kom kuier
sodat ons ons eie oomblikke in die wind kan maak
ek stuur vir jou ń hartjieblaar
van die creeper wat groei
om die trapreëling af rivier toe
vir sommernet
en sodat jy kan weet jy’s die een
vir wie ek blare wil stuur

**

dit was ń baie blou dag in die herfs
eintlik is herfsdae geel of bruin
soos grond en ou blare
maar dit was ń onthoublou herfsdag
dit was asof mens die see kon ruik
tot binne in die karoo
pa sê ons moet ń foto neem
die dag is hemel
hemel op aarde sê ma
boetie sê ek hoop die hemel is ook so
toe sê ma meestal moet elkeen
maar sy eie stukkie hemel try maak
pa trek ons nader en sê sê cheese
toe laat die cheese sê ons almal smile
eintlik kon ons nie net smile nie
ons het gelag op daai hemelsblou hemeldag

**

gert vlok nel sing so beautiful van mens se hart wat losruk uit jou lyf
en soos ń roeiboot al in die rivier af dryf
sodat jy niiiieee meer lag nie meer slaap nie
en ek dink ń roeiboot het darem nog spane
wat jou kan laat diekant toe
en daaikant toe
en ek dink dis as mens se hart
soos n huilboerboomblaar
al in die rivier afdryf
sonder spane sonder ń wil van sy eie
dis dan eers dat jy totally fucked is
maar toe dink ek hoe die blaar uitspoel teen die wal
en toe niemand anders dit optel nie
toe lê en vrek hy nie net daar on the spot nie
toe tel hy homself op en gaan aan met lewe
en ek dink dis hoe harte is
harte is groter en wyer en utterly meer awesummer
en tot veel meer toe in staat as wat mens ooit kon dink

**
soms laat ek my voeëltjie uitvlieg
oor die karoo
oor die woude by knysna
hy skep ń bekkie water in die rivier by witsand
hy vlieg oor kayalitsha en durbanville
dan kom hy terug en vertel my
hoe groen die karoo is vanjaar
hou ruig die woude
hoe bittermooi witsand
hoe daar mense is wat lag in kayalitsha
en huil
hoe daar mense is wat lag in durbanville
en huil
dan begin hy suiwer en onbevange sing
want dis wat kanaries doen

**

die kind sê
ma hou op om so baie foto’s op facebook te sit
dis nou net
venstertjiedeurtjiedeurtjiekatjiedeurtjie
en ek sê my kind
dis obsessive compulsive behaviour
jou ma’s gehook
maar ek dink
dis maar net die ding van nodig het
om jou lewe te wil deel
as jy leë ure
(wat jy nie gou met ander mense sal of kan
of meestal wil volmaak nie)
vul met iets wat nie noodwendig vir ander sinvol lyk nie
maar vir jou sinvol is
dan is dit ń teenvoeter teen goeters
waarvoor mens teenvoeters nodig het
so ek pos my prentjies en snertjies
want dit laat my geweet van voel
en geweet van voel is ń goeie voel om te voel

**
wanneer dit nog douvoordag is
en die dou nog op alles op die aarde lê
wanneer die maan al onder is
maar die son nog nie op nie
wanneer die dag nog nie gebreek het nie
dis dan wanneer die mooiste deure vir jou oopgaan

**
jy gooi jou hart oop vir mense
want jy like mense
daarom moet jy jou rooi neus
nooit te ver wegbêre nie
(ook nie jou botteltjie rescue remedy nie)
as alles rondom jou wil intuimel
as die lag en die huil
te na aan mekaar kom lê
sit jou rooi neus op
en siedaar almal kyk die rooi neus raak
en die traan mis
en netnou netnou dan kry jy dit reg
om te glo
die hele wêreld smile vir jou

**

nou moet ek julle sê
wat die allerbelangrikste is
al sou ek die taal van mens en engele spreek
maar ek het nie ń hond nie
dan kom alles tot niks
al ken ek al die geheimenisse
en besit ek al die kennis
maar ek het geen kat nie
dan baat dit my niks
hulle is geduldig hulle is vriendelik
hulle is nie afgunstig of grootpraterig nie
hulle is nie liggeraak nie
hou nie boek van die kwaad nie
hulle liefde bedek alles glo alles
hoop alles verdra alles
en nou my hond my kat en my gans
maar die grootste hiervan
is die liefde van my hond

**

jy staan een more op
als is onderstebo
jy voel dit in jou gemoed
jy sien dit aan die maantjie wat snaaks hang
aan die katte en die skewe voeëls
is hulle regom en jy verkeerd om
of is jy verkeerd om en hulle regom
of is dit andersom
jy gaan lê in die bad
en as jy daar uitklim
dan weet jy die hormoonpille
wat die doktor jou lankal gegee het
moet jy vandag begin drink

**

iemand na aan my hart
wat al jare sukkel met iets wat haar lewe
totaal bewetter
maak gister vir die heel eerste keer
ń baie snaakse grap oor haar swaarte
sodat ons lag dat die trane loop
….al is alle lag nie altyd
van snaaks of vreugde nie
is daar na elke lag
tog altyd iets wat bietjie heler word

**
soms raak mens so onbenullig
dat jou skaduwee heeltemal verdwyn
maar nou wys jou skaduwee
elke nou en dan vir jou
jy’s nog hier
en kyk jy’t binnegoed




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed