Jongste aktiwiteit:

Piet Botha
vir

Piet Botha

Suitcase Vol Winter lyrics

Hierdie trein loop na nerens
Maar dit pas my baie goed,
hoe verder hoe beter
Dit is my wens

Klein bietjie liefde
Klein bietjie geluk
Heelwat van dit en dat, maar meestal
‘n Suitcase vol winter

Ek loop iewers deur die storm
En deur die bliksem weer
Want ‘n vrou sal jou doodmaak
As sy kwaad is, in ‘n donker kamer
Met ‘n haelgeweer

Ja die trein loop na nerens
Maar dit pas my goed
hoe verder hoe beter

Klein bietjie liefde
Klein bietjie geluk
Heelwat van dit en dat, maar meestal
‘n Suitcase vol winter

**

Al die Stede lyrics

Donker, donker wolke het gehang
oor die berge oor die stede
oor die kinders van Abraham
Masjiengeweervuur musiek vir die nag
en almal wag en wag
want die dood draai dikwels hier
Enige tyd enige uur
O die arme Jerusalem
Stad van mense stad van gode
en weer en weer geoffer in die vuur
Rook en mis altyd in die pad
Net buite Johannesburg die stad
waar die struggle voortwoed
pp sy eie tyd eie manier
Laatnag klink die jazzmusiek
net soos Psalms net soos Gesange
in die strate en in die shebeens
Soweto, stad van helde

Vergete keer op keer
Ry die engele hier verby
Rooi en blou en blou en rooi
Aai dis tog so vreeslik mooi
in die strate van Kabul
Daar in Afganistan dis wat ek bedoel
Halleluja want die VSA
gaan tog alles regmaak
c**a-Cola en h**n
beskikbaar op elke straat
Stad van wanhoop wie sal weet
Wie sal weet wat vir jou wag?
in die nuwe dag
maar in al die stede
van die hele wêreld
sal hulle jou naam ken
Nelson Mandela
Nelson Mandela

* *

Bordello lyrics

daar is ‘n huis in Johannesburg
waar die rooi lig brand elke aand
en baie siele het hier alles verloor
dobbel, slegte vrouens en drank

my een been is nog op moeder aarde
maar die ander een is nog op die trein
Potgieterstraat, 10 jaar vir roof
Dit het ek gekry

O Magistraat sê vir my moeder
Om haar trane vir iemand anders te hou
Dit wat ek gekry het, het ek verdien
Ek met my baadjie, baadjie blou

En leer tog vir julle kinders
Van die Hemel en van die hel wat brand
En hou hulle vir ewig weg as julle kan
Van die huis op die Witwatersrand

**
Bosveldpad lyrics

maanlig op die ou bosveldpad
doringboom se kind
ek ruik die aarde nat en bly
om ‘n bietjie water te kry
bosveldson warm soos ‘n oond
krokodil se vel, Mabalel, daar word vertel
die tokkelos kom reguit uit die hel
hier gesien en daar gewaar
en die ou man sit en staar
en in die vuur droom hy

van lang vergete dae
olifant se tand o nou baie duur
krokodil se vel, Mabalel, daar word vertel
die tokkelos kom reguit uit die hel
maanlig op die ou bosveldpad
iets wat geld nie kan koop
bosveldpad pluk vir jou ‘n lat
as jy sonder skoene loop
doringboom se kind sal jou voete vind
krokodil se vel…..

**

Bye Bye My Darling lyrics

Op sy plaas by die Krokodilrivier
Het hy die tyding gekry
Dis oorlog burgers elke man
Moet opsaal en ry
Mart ek weet ons wou trou
Maar ek moet op kommando gaan
Bye bye my darling it’s time to go
Nou bly jy hier alleen met die hartseer maan

Uit die armbuurte van Liverpool
Het die rooibaadjies tou gestaan
Kom veg in Afrika vir julle koning se naam
En groet maar julle mense
Want hulle sien julle nie gou
Bye bye my darling it’s time to go
Hey ho hey ho boys it’s a jolly good show!

Die wind is baie bitter wat waai vanaand
Oor die grafte wat in die oop veld staan
Skuilplek vir ‘n kampkind of dalk ‘n rebel
Ek wonder wat die wind vertel
Bye bye my darling it’s time to go

In 1975 het die Yankees ons mislei
Vinnig in Angola in en toe te lank gebly
Kinders gevoer vir die groot geld hoer
Die aasvoëls bak en brou
Bye bye my darling it’s time to go
Klein bliksoldaatjie waar is jy nou?

Vertel my van Daljosafat waar die helder water loop
Vertel my van Suid Afrika
Met bloed en met vuur gedoop
Vertel my dan van die liefde
Tussen ‘n man en ‘n vrou
Bye bye my darling it’s time to go

**
Die Gemmerbroodman lyrics

Haai ek is tog te oulik
Met my bakkies blink poleer
Whatever jy verdien, ek verdien tog meer
En ek maak my bek oop
Elke kans wat ek kry
Want ek is so belangrik
Die wêreld moet weet van my
Hier kom die gemmerbroodman
Hy’s ‘n selfvoldane kalant
Maar oppas my ou maat
Want die ou spreekwoord praat
Elke boontjie kry sy loon
Jy gaan maklik terug in die oond
O die gemmerbroodman..

Haai ek is tog te oulik
Elke spieël sê dit vir my
En as ek iets wil hê sal
My bestuurder dit vir my kry
My naam in goue letters
Maak seker dis reg gespel
Daar gaan my foon alweer
Dis Rapport wat my bel
Want ek is die gemmerbroodman
Almal hou van my
Van Gobabis tot in Bethlehem
En tot onder in die Kaap
Ek is die gemmerbroodman
Almal hou van my
Ek tel my geld in die nag
As al die ander mense slaap

Haai ek is tog te oulik
Ek kan al die wyse manne kwoteer
Al het ek eintlik nie ‘n clue
Ons moet almal probeer
En as dit nie wil werk nie
Dan sal ek jou gou vertel
Van hoe baie geld ek gemaak het
En wie onder my vriende tel
Hier kom die gemmerbroodman…

**

Die Mamba lyrics

Hulle roep my Die Mamba
Die hele kontinent behoort aan my
en ek beweeg
maar ek hou nie baie van die woestyn
want daar is nie jong bokkies
Bokkies om te byt…
Jong bokkies
Bokkies om te byt

Hulle roep my Die Mamba
Jy sal die vrees sien in hulle oge
Hulle roep my die mamba
By die hoor van my naam begin hulle bewe
En as jy by my pad loop staan
Dan kom die bliksem ek belowe
Jong bokkies…Bokies om te byt

Hulle roep my Die Mamba
en ekke looi die kitaar
Op die lang pad gebore
en toe net sommer net daar laat staan

Ek en my vriend adder loop by die nag
Al daai heerlike diertjies wat wag
Jong bokkies…Bokkies om te byt
En dan se hulle: “Hey, hey, hey, My mamba baby
Hey, hey, hey, My mamba baby”

Hulle roep my Die Mamba
Hulle roep my Die Mamba

Jong bokkies
Bokkies om te byt
Jong bokkies
Bokkies om te byt

**

Herfsgedagtes lyrics

jou spore loop wyd oor hierdie land
ook van die noorde na die suidekant
het jy dit gevind
dit waarvoor jy so lank loop soek het
eenkeer..het ek dit gekry in die kyk van ‘n kind
en die res …
was maar alles ‘n gejaag na wind

As jy dan moet gaan
Laat die son en die wind en die maan
Jou altyd terugbring na my
Ek ken van die reën
En dit maak nie saak waarheen
Die pad jou vat ek sal jou kry

Hierdie woorde het ek onthou ,
Diep in die nag…
Op die pad tussen nou en nêrens
More het sy eie sorge
Van winter en wie weet wat nog
As ek tog net, as ek tog net…
Vergeet dit dis verby net soos die name
Van die dorpe, en die stede waardeur jy ry
As jy dan moet gaan….

**

Jacob Klipkop lyrics

My naam is Jakob Klipkop
Ek het in die oorlog baklei
Maar dis nou alles in die verlede
So sê hulle vir my
Maar dis nie altyd so maklik
Veral hier by Nuwejaar
As die crackers so skiet
Vang ek net spoke
Dis reguit terug na die bar
Want ek weet ek sal vir Blikkies daar kry
Daar in die verste hoek
Ou Blikman het net een arm
Die ander een is nog soek
Iewers noord van Ondangwa
In die dongas en die gras
Nou praat my ou maat maar min hierdie dae
Hy staar net so in sy glas
En Willem die boerseun van Rietfontein
Ons hoor hy’t dit kwaai verloor
Met dinamiet gaan speel op die plaas
En die kardinaal die gaan saam
Hy’ die ou opstal die lug in geblaas

Met al die ou familiefoto’s en al
Nou Whitey dit was anders
Want dit was daarbo in die bos
Maar die engelse luitenant
Sy verhaal maak my baie bang
Hy ‘t dit alles gehad
Ook die breins en die hart
Maar toe die oorlog verby is
Het hy himself aan ‘n boom opgehang
My naam is Jacob Klipkop
Maar die naam is vir my gegee
Op die infantrieskool in Potchefstroom
Baie winters gelede
Nou Blikkies en ek ons vra nie veel
Maar net dat die mense
Vir ons sal uitlos
Dan sit ons so vir ure
Sonder om iets te sê
Maar ons dink hard en ons dink vêr
Tot daar…
Anderkant die aand se stêr
In Owamboland se bos
Ja daar in Owamboland se bos…

**

Kitty lyrics

ek was nog baie myle weg
van Leeudoringstad
gerugte het my hierheen gebring
maar dis toe al wat dit was
in die Maroela hotel
het ‘n vreemde vrou my vertel
jou Mercedes Benz was twee dae lank
buite in die straat parker
jy’t gesê jy kom weer
maar niemand weet wanneer…

nou goed dan ry ek noorde toe
ta die grens, miskien is jy daar
want sien ek het jou paspoort gesteel
want ek was bang
ek was bang dat jy wil gaan
vêr oor die water heen
oor die blou oseaan
sonder om my te sê
vêr in die wêreld Kitty
is dit wat jy wil hê?
die pastoor op DeWildt wou eers nie praat
toe dreig ons hom
met die Boek
jy weet natuurlik jy’t ook
sy hart en siel gesteel
die arme man
weet nie eers waar om te gaan soek
die arme man
was in sak en as
al sy klere was geskeur
hy’t in vreemde tale gemymer
iets vreesliks het hier gebeur

Ten minste weet ons nou jy was hier
Daar’s orals tekens van jou
Weerlig en hael
En ‘n reënboog of twee
En die reuk van ‘n vrou
Maar dis nie sommer enige girl
Dit moet julle onthou
Hierdie een kom met die sekel;maan
Hierdie een maak die lug blou
Hierdie een het al ‘n leeu geskiet
Sonder ‘n scope
Laat weet my groot ‘seblief
Waar is jy nou?
Vêr in die wêreld Kitty
Is dit wat jy wil hê?
Vêr in die wêreld Kitty..

**

Man met Kitaar lyrics

Op die plaas Goedvertrouw is almal konings
By die rivier het die son geskyn
Blou berge oral in die rondte en blou lug
Groen lê die lande, swaar van die wyn
In die somer sien ons weer maar nou moet ons waai
Daar’s myle wat wag
En die man met kitaar moet vir die gelag betaal
Koebaai julle konings koebaai
Ek ken die N1 en twee en drie en vier en so aan…
Paaie in die wildernis
Dit beteken alles, dit beteken niks

Op Langebaan en Vredenburg
Goed gegaan maar hard gewurg
Aan die brandewyn …
Brandewyn laat my staan
Want ek wil huis toe gaan
Beaufort-Wes en Kimberley. Was nie lank gelede nie
Oorlog kom en oorlog gaan
Maar myle hou net aan en aan
So as jy vir Jacob soek maar jy kan hom nie kry
En jy wonder waar is die ou siel nou
Hy sit in die son met sy kitaar
Die plaas se naam is Goedvertrouw

**

O My Heiland lyrics

Daar’s ‘n kêrel wat staan by die deur
Gecollar en getaai
En hy soek geld voordat hy gaan waai
Sy oë die kan jy nie sien
Oor die bril wat hy dra
Hy is baie ernstig hy gaan nie weer vra

Maar niemand weet wie wat moet betaal

En niemand weet hoeveel
Maar die wiele moet draai
En die mense wil speel
In huise van hartseer
Strate van reën
Op paaie sonder grense

Oor en weer en weer ‘n keer
En Liefde moet gaan dans vanaand
Met die man wat daar buite staan
O my Heiland wat nou wat nou?
O my Heiland o my Heiland
Wat nou , wat nou?

By die bushalte net duskant Matlapeng
Het die profeet gesit en gewag
Maar die bus wat vir hom moes kom haal
Het in die donker verdwaal
En die mense,tevergeefs het hulle gebid
Deur die nag
En toe hy die volgende dag eers daar opdaag
Was daar niemand wat meer vir hom wag
O my heiland wat nou?

**

Skielik Somer lyrics

Mallemeule, tiekiedraai
Wiele rol hane kraai
Myle flits verby, ‘n rolprent
Wat te vinnig draai
Wele weg in Niemandsland
Vreemde stede, vreemde aarde
Vêr van jou engel
Naby jou skade
Vriende het jy baie
Nuwes elke dag
Maar jy gaan slaap alleen in die nag
Wakker word, dis net nog ‘n hotel
Bin Laden op die TV dit voel soos die hel
Daar’s so baie paaie wat die pelgrim moet loop
Om by die Poorte uit te kom
Baie van hulle is vol draaie en met dorings besaai
Maar die een wat so blink, my kind
Draai liewers om

Struisbaai, Hermanus die Paarl en die Strand
Elke aand ‘n ander kleur speel hom aan die brand
Die lang man sê dis weer tyd om te ry
Ek wil nog slaap, wil nog wegkruip
Elke dag se bede , wanneer sien ek jou weer
My riviere is swart , dis nie water nie dis teer
En die Dier gee nie om of hy loop of ry
En hy hou jou dop en hy wil jou kry
Ek kry ‘n foto van jou in my tas
Jy het altyd gelag as jy sê ek is ‘n dromer
En toe ek aan jou dink
Toe word dit somer
Skielik…toe word dit somer

As ek wegkom uit Nantes dan kom ek jou haal
Hoe het ek al weer so vêr verdwaal
Die sonde keil my op
En die dier hou my dop
En almal praat in vreemde tale
Toe ons oor die Stormsrivierbrug ry
Toe wens ek jy was by my
Stadig val die nag
In die kroeë hoor ek die mense lag
Ek kry ‘n foto van jou ….

**

Warm Heuning lyrics

Ek het jou vanmore bekyk in jou tuin
met die aarde in jou hand
Jy weet dit nie maar daar is
niemand anders soos jy
Dis alweer somer en warm ek weet
maar dit voel net soos gister

Jy asem my in en ek asem jou uit
Dit lag en dit kreun … warm heuning

Daardie ander man, ja die een met die kruk
met die reën in sy lyf
Hy’t nou gegroet maar dis ʼn helse verhaal
Hou my vas, hou my styf vas
Iemand het vir iemand betaal
Ek het jou nou kom haal

Ek asem jou in jy asem my uit
Dit lag en dit kreun … warm heuning

Ruik en vat en proe en lek en sluk
Warm heuning
Goud van kleur en ryk in geur
Warm heuning
Jy asem my in en ek asem jou uit
Dit lag en dit kreun … warm heuning

**

Blues vir Louise lyrics

Yster op yster
Louise gaan die vonke laat spat
Ons almal weet jy was nooit
‘n maklike meisie
maar jy was altyd ‘n warm kat
Louise

‘n Splintenuwe besem
staan buite jou deur
en wanneer jy laatnag
voor die maan verby vlieg
met jou selfoon in jou een hand
dan sit die broers hieronder en bid
Jy verloor beheer

Koor:
Oral waar ek loop
oral waar ek gaan
loop ek met my bybel
en ‘n nine mil
en ‘n mes
want vir jou is ek bang
Banger as ‘n pofadder
Louise

Maar eendag is eendag
wanneer al jou reptiele
en jou skerpioene slaap
Dan kom ons in die laatnag
ons gooi suiker voor jou deur
sit daar in die donker
drink mampoer
wag en kyk wat gebeur

Yster op yster
Louise gaan die vonke laat spat
die lyk van Leon Veenstra
le iewers in ‘n donker gat
Ek weet die duiwel kom jou haal
skattie

Koor

**

Die Kind lyrics

Willie maak nog net daai oproep
Want jou moeder wil weet
Waar slaap jy vanaand
Dit was alles eintlik so onnodig
Maar wat kan ‘n mens nou eintlik se

Ja die kind gaan nou alleeen
In die wye wereld in
Kinders op elke straat
Kinders van die reen

Daar is niks meer om te se nie
Dit maak nie veel meer saak nie
Winter of Somer
Die kind is altyd alleen

Op skool was sy almal se liefling
Ons liewe Elmien
So belowend maar altyd ‘n bietjie anders
Sy werk nou die nagskof
Vir die wyse manne van die Ooste
En hulle ryk bedorwe seuntjies

Elke kind het sy eie seer hart
Glimlag, liefde pyn en nog wat
En solank die oë nog lag is die kind seker okay..

**

Donkermaan lyrics

Nou kyk daar is geen verskoning
Vir alles wat ons doen
Doen ons maar net
Om iets van die hemel te proe
Sondaarsirkel en brandewynstraat
Dis baie waar, veral vanaand

Koor:
Maar vir jou sal ek nooit vergeet
Al woon jy nou
In ‘n huis vol spoke en geeste
In ‘n wit paleis
Mense met spierwit klere
Vir jou medisyne bring
Vergeet van gister, te naby
Aan die donkermaan

Nou kyk daar is geen verweer
Geen vals eis, alles wat ons begeer
Was maar altyd net ‘n kamer met son
In ‘n groot grys gebou

Koor

Cathy kom nooit weer huistoe
Miskien net vir Krismis of Nuwejaar
Moenie so baie praat nie
Slaan daai kitaar

Koor

**

Klein Bietjie Reën lyrics

As die wind en weer so oor die berg kom sweef
Sien ek jou weer so in my gees
Ons was kinders maar jy het altyd geweet
Wie jy wil wees
nou en dan jou gesig gesien
As ek aan ‘n tydskrif vat
Om en dom, kom by die dokter aan
En daar le De Kat
So aangesien so opgesmuk
Maar die make up laat jou jonger lyk
Daar was altyd ‘n bietjie reën in jou oë

Skielik het die son sy rug gedraai op jou
Waar sal jy gaan, wie sal jou vashou?
O my baby hoekom is jy so alleen?
O my baby altyd ‘n bietjie reën

Die kinders word groot die liefde gaan dood
En die prokureur, by maak seker
Jy kry jou deel, sak vol geld en ‘n klein kasteel
Wat uitkyk oor die see
Hulle se dit was ‘n .38, Smith en Wesson
Iemand hoor die geluid, roep die nagwag
Sluit die deur oop, vloek hardop uit en se
Bel die polisie by Seepunt

Maar more is jy weer in die nuus
Miskien op bladsy drie of vier
Miskien ‘n foto, man staan by jou graf
En in sy hande, so drie hale

Wit angelier……. wit angelier

**

Laat die Wiele Rol lyrics

In Bloemfontein het Jonker die wyn geproe
en sy hart verloor op ‘n meisie skaars ouer as negentien
maar hy’t haar nooit weer gesien
want toe hy wakkker word was ons al verby Beaufort
en die pad na die suide lyk sommer beter

Elke keer dan wonder ek wat soek ons alweer hier op die harde pad
want hard is hy boetie dis waar en dan partykeer
sag soos die reen laat die wiele rol Ou Jackson

In die kaap was hulle altyd baie goed vir ons
In die suburbs, in die stad, in Stellenbosch en op die weskus ook
By Vredendal het die kaarte vir ons reg geval en ons se dankie
dankie vir die brood en wyn en ‘n sak vol silwer

Hier gaan ons alweer met ‘n sak vol drome en die sekelmaan
en die myle word nooit minder nie dit hang net af waar jy staan
Laat die wiele rol Ou Jackson

Die N2 loop verby Kuilsrivier al langs die ooskus op
Wildernis en Jeffreysbaai en Port Elisabet
Die reen het geval en die wind het gewaai maar ons was konings
In die baai en Paulus het baljaar met tamboeryn en simbaal
en die lang man lyk of hy lekker kry wat ‘n wonderlike lewe

Ja dis maljan en die harlekyn en jou skaduwee
Skuins na middernag in die donker kaart gespeel
Gee net nog ‘n bietjie meer en ‘n bietjie langer
en laat die wiele rol, laat die wiele rol Ou Jackson

**

Marilyn Monroe lyrics

Sy was altyd jou eie Marilyn Monroe
En dit was mamba om net huis toe te gaan
Waar sit jy nou, hier in ‘n winter hotel
En verlang na die lag in haar stem
Ai jaai jaai jaai

Gister was ek nog jakkals se kind
Nou voel ek so oud
Asof alles verby is tussen my en jou
En dis koud hier op hierdie plek
En ek wil nie hier wees nie
En miskien sal ek jou nooit weer sien
Ai jaai jaai jaai

Herhaal eerste vers

**

Sien Jou Weer lyrics

Mmmm sê net weer
Al die liefde so getrou gesweer
Kamma kamma
Behandel my soos ‘n weggooikind
Maar ek is nie jou vaaljapie
Ek loop baie saam met
Die nag en die wind
En spoke het ek baie gesien
Maar ek wag nog

Koor:
Kyk nou die langpad
Roep my nou maar weer
Daar is genade en liefde
En nog baie meer
Kyk nog ‘n somer alweer weggegaan
En alwat jy doen, ek sê maar niks
Laat dit met jou goedgaan
Sien jou weer

Koor

Daar is ‘n kamer met vier mure
En geen son
Wie is die duiwel
Wie sal die liefde kom red
Lewe dan maar soos jy wil
Want jy sal altyd laaste lag
Ek hoor sirenes iewers in die nag
En ek wonder wat dit was

Koor

**

Staan Saam Burgers lyrics

By die goue vallei het ons lank gewag
Op ‘n antwoord wat kom uit die noorde
Die boodskapper kom in die nag
Het gekom en gegaan
Staan saam burgers, staan saam

Siener Van Rensburg kyk na sy hande
En sê ek kan dit nie verstaan
Iewers op die vlakte
Begin’n jakkals tjank
Die boodskapper kom in die nag
Het gekom en gegaan
Staan saam burgers, staan saam

Hoekom het jy ons nie gesê nie
Die man se perd was swart
Net soos die nag
Dit was nie Van Tonder nie
Net so tussen my en jou
Vir wat dit werd is
Ek dink die duiwel het ons ‘n streep getrek
Staan saam burgers, staan saam
Staan saam burgers, staan saam

**

Van Tonder lyrics

Die spook het jou nou gevat
Maar hier waar jy staan
Is net die lede van jou bende
So loop jou gedagtes
En jy hoor in Kimberley hys hulle die vlag van Brittanje

Iewers sterf nog ‘n kind in ‘n konsentrasie kamp
Maar dis nou alles iets van die verlede
Prinses van wat?
Bobbejaanwyfie dra sulke mooi klere

Koor:
Toe ek weer so kyk
Miskien net vir ‘n oomblik
Vang ek ‘n spook
Ek dink ek is ‘n siener
Sê vir Jannie Hattingh
Ek sal dit altyd onthou
Sê vir Van Tonder
Ek stel dit hoog op prys

Weet nie of ek jou ooit weer gaan sien
Hulle sê al die rebelle word dood geskiet
Almal wat hulle kry
Noord van die Oranje Rivier
Net vir die koning
Net vir sy plesier

Koor

**
Slawereën lyrics

Daar was blitse en hael
en ʼn wille noordwes
toe Limietberg se slawe
hulle diepste dors les

Hulle dans en hulle drink
Van die druppels wat val
In die middel van die somer
Toe die koets hulle kom haal

Koor:
Die slawereën
die slawereën
die slawereën

Die son bak neer
op ʼn sopnat plein
Kettings is weg
Die boeie het verdwyn

Koor x2

**

Gipsy in Jou Oë lyrics

Ek hou nogal van jou
En jou liggaam is okay
Die plek waar jy nou woon
Is nogal nice vir my
Dis fine as jy hier rond is
Ek like jou, dit kan jy maar glo,
Maar ek’s eintlik verlief
Op die gipsy in jou oë

Daar’s altyd koffie op jou rak
En lekker goed in jou kombuis
Jy maak my stadig mak
Maar ek raak net meer uitgespace
hoe meer jy stilsit, hoe meer wil ek weghol
Saam, tot waar ons so windvry kan wees
Voëls wat ver vlieg
Soos die gipsy in jou oë

Ek’s crazy, crazy, crazy
Al my vriende se ook so
Maar dis nie my skuld nie, wat wo
Dis die gipsy in jou oë

Elke mens het ‘n obsessie
En myne is nie jy nie
Maar troos joun daaraan, donker kind
Ek hoef nie verder te ry nie
Want iewers tussen ons
Maak ‘n fantasy my skoon bewoë
Dis daai vreemde mens diep in jou
Dis daai gipsy in jou oë

Ek’s crazy, crazy, crazy
Al my vriende se ook so
Maar dis nie my skuld nie, wat wo
Dis die gipsy in jou oë

Jy dink dat ek jou liefhet
Want ek volg jou waar jy gaan
Maar ek wag vir daardie oomblik
Total eclipse van son en maan
Magic van onder of van bo
Ja, ek hou die heel aand dop
Vir die gypsy in jou oë

Ek vra my dikwels af
Waar die wonderwerk vandaan kom
Is dit wingerd in die Boland
Of ‘n mite in beton?
hoe kan jy so ver wees en
So naby tegelyk
Ja so ‘n raaisel van: Tweeling?
Wie is die gypsy in jou oë?

**

Goeienag Generaal lyrics

Ja, dit was die oorlog vir die nuwe dag
Vir die kerkraad, swanger meisie wat wag
In die reën, al die kinders wat die dominee seën,
Al die jong laaities nou net uit die skool,
Welkom, welkom
Dit was vir die ryk man op Waterkloofstraat
Blink gebou, almal werk, maar niemand mag praat
Was vir die weduwees en die armes van gees
En almal in uniform, en die kapelaan lees

Maar Whitey, jou oë op daar dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het ‘n AK jou f**ed-up geskiet
Goeienag Generaal

Hulle was die oorlog vir die nuwe dag
Vir Harry Oppenheimer en al sy maats
Vir Rembrandt van Rijn en Alfred Dunhill
En die OK Bazaars
En die hele bloody spul by die SAUK
Julle was die oorlog vir die CIA
Generaal ry rond in sy blink swart kar
Speel skaak met die kinders van ons land
En agter hom is die wêreld nou erg aan die brand

Maar Whitey, jou oë op daar dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het ‘n AK jou f**ed-up geskiet
Goeienag Generaal

Maar Whitey, jou oë op daar dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het ‘n AK jou f**ed-up geskiet
Goeienag Generaal, slaap lekker

**

In die Transvaal lyrics

Die donderweer raas oor jou radio
Die nag kom aan
Nog ‘n vaal skemer het gekom en gegaan
Gister hang soos ‘n landskap
In ‘n goue raam,
Jy wonder wat pla jou,
jy voel so oud vanaand

Jy’s lewenslank in die wilde Transvaal
Hier’s ‘n deurnagdiens vir
‘n man soos jy, ‘n man soos jy
Wonder jy wanneer kom
die Oubaas jou haal
Is jou huur betaal kan jy vir
altyd hier bly? In die Transvaal

Die brandewyn raas soos ‘n rodeo
Met ‘n engel in die saal Sy vaa jou naamn en trou met jou
Hou ‘n gront ontlaaal
Jare daarna is jy eensaam,
en grys met ‘n glas

Dis dop en dam en deesdae
Is die linkerbaan jou baas
jy’s lewenslank in die harde Transvaal

By die vurk in die pad skiet jy links

en dan hou jy net aan en aan on as die derde kraai vlieg
gaan jy staan en klim deur die drade
jy’s lewenslank in die bitter Transvaal.

**

Kom Huistoe lyrics

Dit was ‘n tyd vir liefde
Was ‘n tyd vir reen
‘n tyd vir vrede
maar ons liefste Magdalena
maak seker, maak seker
Jy sal altyd net so bly
Net so alleen

Kom a**eblief tog net huistoe
Gee nie om waar jy was nie
Wil jou net vashou
Kom a**eblief tog net huistoe
Jy’s te warm vir ‘n gewone man
Kom a**eblief tog net huistoe

Nou loop soek ek jou op elke straat
Laat in die nag maar niemand wil met my praat
En hulle lag vir my
Want hulle weet
Sonder jou is ek so alleen

Kom a**eblief tog net huistoe
Gee nie om waar jy was nie
Wil jou net vashou
Kom a**eblief tog net huistoe
Jy’s te warm vir ‘n gewone man
Kom a**eblief tog net huistoe

**




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed