Jongste aktiwiteit:

(Bladsy 25)

Kakkerlakkie het in Virginia in die Vrystaat gebly en, in sy eie opinie, was hy nogal ‘n aantreklike klein kakkerlakkie. Kakkerlakkie was ‘n oulike kakkerlakkie, maar hy het nie geweet dat hy een van die lelikste goggas in die hele wêreld is nie. Mense in die Vrystaat is oor die algemeen nogal bang vir kakkerlakke […]

vir

Mossieman en Geronkie sit onder ‘n wilgerboom langs die magtige Sandrivier in die pragtige Vrystaat en bewonder die liewe maan wat helder oor al die dorpies en goudmyne en boere se mielielande skyn. Dit is vroeg-aand en daar is nie wolke in die hemel nie, net ’n kwart-maan wat soos ’n sekeltjie lyk, met ’n […]

vir

Eendag kom daar ʼn oulike apie by Mossieman en Geronkie die Donkie se konsultasiekantoor diep in die Bloembos van die Vrystaat aan. Mossieman en Geronkie het die apie geken en hulle het ook sy ma en pa geken, almal was deel van die grootste aapfamilie wat nog ooit in die Vrystaat gewoon het. Die apie […]

vir

Mossieman was uitgevat in sy beste pak klere om met die Bloutrein van Stellenbosch af Kaapstad toe te ry. Mossieman en sy boesemvriend, Geronkie die Donkie, het nie baie met vakansie gegaan nie, maar een keer ‘n jaar het hulle in die Bloutrein geklim en die hele Suid-Afrika platgery, op soek na lekker stories om […]

vir

“Mossieman,” kla Trapsoetjies eendag, “ek het ‘n groot probleem wat my radeloos maak. Kan jy my dalk help met ‘n bietjie advies?” Mossieman sit ingedagte agteroor op sy leuenstoel in sy kantoor op die tak van ‘n groot ou moerbeiboom op die walle van die magtige Sandrivier. Hy gebruik sy boomkantoor al baie jare vir […]

vir

“Mens moet nie té laat trou nie,” sê Mossieman, terwyl hy langs sy braaivleisvuur aan ‘n sappige Vrystaatse mieliestronk sit en knaag, “want dan word jou kinders ouer as jy.” “Dit kan nie waar wees nie, Mossieman,” peins Geronkie die Donkie. “Ek ken baie kinders en nie een van hulle is ouer as hulle ma […]

vir

In die Vrystaat langs die pragtige Sandrivier is daar baie hoenders, kuikens, en hane, veerpoothoenders en henne met kuikens. Daar was egter nie baie hane met kuikens nie. Gewoonlik loop hoenders in die Vrystaat met bosse vere rond – fraaie veredosse van groen en geel en rooi, wat die hane en henne deftig in allerhande […]

vir

“As jy nie sterk is nie, moet jy slim wees,” vertel Mossieman aan die diere van die Vrystaat, wat in ‘n kring om hom sit om na sy stories te luister. “In die meeste dele van Suid-Afrika is die mense sterk, óf slim, maar min van hulle is sterk èn slim. In die Vrystaat is […]

vir

“Het jy al ‘n perd se stert getrek, Mossieman?” Geronkie loer onderlangs na Mossieman en sien dat sy boesemvriend diep dink. Hy hou daarvan om Mossieman se siel uit te trek, veral as Mossieman sit en dink en aan sy lekker Vrystaatse vye proe-proe. Dit was misreëntjie-aand in die Vrystaat en die goue maan het […]

vir

Mossieman en sy boesemvriend Geronkie die Donkie lê eendag plat op hulle rûe, langs die magtige Sandrivier in die middel van die pragtige Vrystaat en kyk na die wolke. Skape, beeste en bokke, asook ‘n paar hoenders, makoue, eende, papegaaie, mamegaaie, flaminke en poue loop op die heuweltjie rond. Alles is stil en rustig en […]

vir
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed