Die Oli-krokke-noster-bobbe-fantelike-dil
Mossieman, die slimste mossie in die hele Vrystaat en sy boesemvriend Geronkie die Donkie, die stoutste donkie in die hele Vrystaat, ontspan eendag rustig langs die magtige Sandrivier naby Virginia. Virginia is ‘n klein Vrystaatse myndorpie, met groot grys mynhope soos Egiptiese piramides en ronde watertenks en plat koekepanne wat langs die mynskagte ry, om […]
Sprinkaan-olie
Geronkie die Donkie en sy boesemvriend Mossieman sit onder die koeltebome in Knysna se bos en luister hoe die loeries kok-kok-kok. Hulle is bietjie met vakansie en het met die Bloutrein van die pragtige Vrystaat af na Knysna gery, om na Dalene Matthee se mistieke reënwoude te besoek. “Dalene is een van my gunsteling skrywers, […]
Mossieman skryf eksamen
“Ek is nou heeltemal intellektueel uitgeput,” kla Mossieman teenoor sy boesemvriend, Geronkie die donkie, terwyl hulle langs die magtige Sandrivier in die pragtige Vrystaat stap. Dié twee stoere Vrystaters (en lojale Cheetah-ondersteuners), is al jare lank vriende en hulle deel gewoonlik hul diepste geheime met mekaar. Mossieman vee met sy poot oor sy voorkop en […]
Poffie Pofadder
Lank gelede was daar ‘n groot brand in die Vrystaat se grootste populierbos, naby Bloemfontein, net anderkant Virginia, tussen Henneman en Brandfort. Die vreeslike rooi vuur se vlamme het deur droë blare op die grond gevreet, goggas skrikgemaak en op die toppe van die hoë bome rondgedans. Poffie, ‘n plaaslike Vrystaatse pofadder, het lekker op […]
Jakkals, die legendariese poetsbakker
In die middel van die winter stap oom Leeu en sy lyfwag Jakkals deur die digte bosse van die Oos Vrystaat, nie ver van Ficksburg af nie, om waterbuffels te jag. Jakkals is oom Leeu se beste lyfwag en as hulle gaan jag en hy dra hy oom Leeu se swaar geweer, sy verweerde ou […]
Fasie se oranje towerhoedjie
Fasie was ʼn koddige towenaartjie wat diep in ʼn donker grot in die Vrystaatse gebergtes gewoon het. Die grot was groot en donker en binne kon jy niks sien nie, nie eers iemand anders se hand voor jou eie oë nie. Ten spyte van Fasie se min talent en baie kort bene, het hy baie […]
Jy moet lekker verjaar, ou maat
Verjaardae is groot gebeurtenisse in die Vystaat, veral omdat die meeste kinders op dieselfde dag wat hulle gebore is, verjaar. Dit gebeur elke jaar in die Vrystaat, sonder uitsondering, maar die meeste kinders en diere raak gou-gou gewoond daaraan. Alhoewel die Vrystaat ‘n baie besondere habitat het, met vriendelike, goedgemanierde inwoners, is dit nie al […]
Geronkie die donkie en die Sushi moesie
“Mossieman, het jy al van sushi gehoor?” Mossieman dink so ʼn bietjie diep oor dié strikvraag, glimlag innemend en besluit om Geronkie die Donkie ‘n streep te trek. “Ja, Geronkie, ek het al van sushi gehoor. As jy baie raas, dan sê jou ma vir jou jy moet ‘sush.’ Dit beteken jy moet stilbly. As […]
Die voëls in die Vrystaat vlieg so onderstebo
“Is dit waar dat die voëls in die Vrystaat onderstebo kan vlieg, Mossieman?” Geronkie die donkie en sy boesemvriend Mossieman, die slimste mossie in die hele wêreld, lê pens en pootjies op hul rūe na die blou-wit wolke van die Vrystaat en kyk. Dit is hul gunsteling tydverdryf, saam met druiwe eet, poetse bak en […]
Topsie en Dino Sourus
Topsie was ‘n avontuurlustige klein dogtertjie met lang vlegsels wie in die pragtige see-dorpie, Gordonsbaai gewoon het. Topsie het daarvan gehou om met haar poppe te speel, bottelproppe en mooi klippe bymekaar te maak en stories oor die see te lees. Sy het die meeste van swem gehou en elke dag, net voor die son […]