Dominee Pikkewyn
Dit was Sondag-oggend vroeg in die pragtige Vrystaat en al die diere van die bos het reggemaak om kerk toe te gaan. Elke Sondag in die Vrystaat was baie spesiaal, omdat dit nagmaal was en dominee Pikkewyn vir die diere gepreek het. Die diere het vir Pikkewyn tydens ‘n algemene verkiesing as dominee gekies, omdat […]
Die klokkeman van Clocolan
Kosie was die klokkeman van Clocolan, ʼn klein Oos-Vrystaatse dorpie wat deur die Kwena-stam van Botswana bewoon is. Die Kwenas was Basothos en hulle noemnaam vir Clocolan was Hlohlolwane, (mens spreek dit ‘Hlohla-o-lwane,’ met ʼn k-klank uit), wat ‘staan op en baklei,’ beteken. Nuwe mense het ‘Hlohla-o-lwane’ as Clocolan uitgespreek en dit is die dorpie […]
Die Feekoningin se towerkasteel
Het julle al ooit van die Bloembos en die Feekoningin se kasteel gehoor? Bloemfontein se bos is misterieus en mistig en doodstil – ʼn geheimsinnge plek waar kabouters en feetjies bly. Die feetjies woon diep in die digte woud, onder die bome en in die varings agter die berge en klowe, naby ʼn kabbelende waterstroom. […]
My grond of jou grond?
Geronkie die Donkie is die mooiste en aantreklikste donkie in die hele Vrystaat. En die slimste. Dit is ʼn feit ʼn koei, omdat Geronkie die enigste donkie in die Vrystaat is wat nog ooit matriek geskryf het, met een onderskeiding in dierkunde. Daar bly baie donkies in Vrystaat, veral op plase met mielielande en groot, […]
Die rooi bulletjie
Oom Gert was ʼn gesiene boer op sy plaas net duskant Heilbron se Uniefeesdam in die pragtige Vrystaat. Die Vrystaat is die mooiste en beste provinsie in die hele Suid-Afrika omdat die magtige Sandrivier reg in die middel van die geil mielielande deurkabbel – dit is waarom die Vrystaat die grootse geel mielies in die […]
Die stoere Afrikaner en sy papegaai met net een been
So dertig, veertig jaar gelede, was daar ‘n stoere Afrikaner wat ‘n skipbreukeling was, net soos Robinson Crusoe. Die arme man se bootjie is aan flarde geskeur en stukkend geslaan deur reuse branders en ‘n onstuimige see net langs die kus van Somalië in Noord-Afrika. Die skipbreukeling was egter ʼn tawwe Vrystater en nogal ‘n […]
Vrystaatstories deur Henning van Aswegen
101 Slaaptydstories om slaaptyd en bed-toe-gaan maklik en interessant vir kinders te maak. Elke storie is outonoom en so drie-vier bladsye lank, kort genoeg om ma en pa geinteresseerd te hou en lank genoeg om enige rakker aan die slaap te sus. Henning van Aswegen is ‘n gebore en getoe Vrystater, net soos Mossieman en […]
Marlene van Niekerk
nagpsalm dis ’n ou klavier wat die nag verklaar dis ’n klawerbord by die voete van dinge by die voete van lamppale by die vrank voete van olyfbome dis metronome by die soeter voete van die suurlemoenboord in die vlei se voet van water onder om die riete om die voete van die lelies dis […]
Callie Vermeulen
Lees meer oor Callie Vermeulen Desember 2018 projek Eervolle vermelding: XYZ dit was daar – die punt aan die einde van die sin. geen twyfel aan my sig of leesvermoë geen “per abuise” val van die pen die sweet, klam aan my vingers kon geen fout bespeur selfs sou ek dit tas asof in Braille […]
See-Jay-El (CJ Laing)
Lees meer oor See-Jay-El (CJ Laing) BRONS KLAS Desember 2018 projek Eervolle vermelding: Slot Stomp, die dolk wat klief deur die rou wond van ‘n gekweste siel draai, dryf, druk dieper die lem tot waar etter vlak onder ou letsel lê. Sweersels verwyt verswelg die lug met beskuldiging. Die jy en jy; die ek se […]