Mint Imperials in die Ronde Kerk
Jare vanmelewe in die jare ‘72/73 moes koshuiskinders in die Vrystaat elke Sondag en elke Pinkster kerk toe gaan, Calvinisties lojaal en dogmaties getrou, elke liewe diens. As daar ‘n kerkdiens, biduur, belydenis, besnydenis, busdiens, pinkster-diens, doop, troue, katkesasie, katagèse, kinderkrans-dans, broederkring, kerkraadsvergadering òf begrafnis was, moes daar na Welkom se Ronde Kerk toe gestap […]
Mint Imperials in die Ronde Kerk
Jare vanmelewe in die jare ‘72/73 moes koshuiskinders in die Vrystaat elke Sondag en elke Pinkster kerk toe gaan, Calvinisties lojaal en dogmaties getrou, elke liewe diens. As daar ‘n kerkdiens, biduur, belydenis, besnydenis, busdiens, pinkster-diens, doop, troue, katkesasie, katagèse, kinderkrans-dans, broederkring, kerkraadsvergadering òf begrafnis was, moes daar na Welkom se Ronde Kerk toe gestap […]
Kinders moet kaalvoet loop
My ma Babs, Renè en Lindi se ouma, het elke kind in Aberdeenstraat, Virginia geken. En elke ma en pa, tannie, oom, elke hond, blaar en blom. Sy was die beste netwerker in die Vrystaat, maar kon ‘n stewige pakslae met ‘n lag en traan uitdeel totdat ek besef het daar is regte en verkeerde […]
Mys die Muis, koning van die diere
Mys die Muis, die dapperste muis in die hele Vrystaat, daag eendag by koning Leeu se lệ-plek op en bekyk ou Leeu op en af waar hy lekker onder die boom lê en snork. Die meeste diere is effens bang vir Leeu en hulle hou hom die hele tyd dop waar hy slaap. “Moenie bang […]
Mossieman vang amper ‘n dief
Die was winter in die Vrystaat en Mossieman het ‘n lang baadjie en sy kort rooi winterkouse aangehad. Sy beste maat, Geronkie die Donkie, het spesiaal twee wolkouse oor sy ore getrek om die koue en die sneeu uit te hou. Geronkie en Mossieman het elke aand om die kaggelvuur in Mossieman se snoesige nes […]
Jakkals knoop Wolf se stert
Jakkals en Wolf was boesemvriende, maar het nie geskroom om mekaar poetse te bak nie. Niks het die een blyer gemaak as hy die ander een ‘n streep kon trek nie. Eendag op ‘n reëndag slaap Wolf lekker in die skaduwee van die grootste populierboom langs die magtige Sandrivier in die Vrystaat. Die groot ou […]
Daar’s ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê ..
“Hoendereiers is snaakse dinge,” vertel Mossieman eendag vir sy boesemvriend Geronkie die Donkie onder ‘n groot ou populierboom op die walle van die magtige Sandrivier in die pragtige Vrystaat. Hulle was iewers op reis oor die uitgestrekte vlaktes van die asemrowende Vrystaat en het besluit om bietjie langs die Sandrivier uit te span en ‘n […]
Mys die Muis se mooi geel reënjas
Toe Mossieman nog ‘n jong mossie was, het hy in ‘n groot nes in Bethlehem in die Oos-Vrystaat gebly, tussen die Rooiberge en die Maluti-berge, net langs die Loch Athlone-dam. Bethlehem in die Vrystaat is na Bethlehem in Israel vernoem en die Hebreeuse naam beteken ‘huis waar daar brood is.’ Mossieman se nes en tuin […]
My skaapappeltjies is lekkerder as joune!
Mossieman en sy boesemvriend Geronkie die Donkie was iewers in die pragtige Vrystaat op reis toe hulle hoor van ‘n boer naby Zastron wat die lekkerste skaapappeltjies in die wêreld produseer. Geronkie die Donkie was daardie jare Mossieman se handlanger, sy kameraad, sy boesemvriend en sommer net sy beste maat. Die twee van hulle was […]
Gogga-la-botter
‘n Gogga-la-botter, of is dit ‘n bottervliegie? “Geronkie, wat noem mense ‘n ‘butterfly’ in Afrikaans?” Geronkie krap sy lang donkie-ore met ‘n krom voorpoot en dink diep oor Mossieman se onnutsige vraag. Hy het al baie van ‘butterflies’ gehoor wat saggies en geluidloos deur diep donker bosse in die Vrystaat vlieg, maar nog nooit gedink […]