Jongste aktiwiteit:

(Bladsy 23)

*Goudveld Hoërskool in die middel-Vrystaat was en is bekend as ‘n ‘groot’ skool, waar meer as ‘n duisend plaas-, myn- en dorpskinders in die middel-sewentigjare verbete probeer het om die stremmende kloue van onkunde, oningeligdheid en blote domheid te ontsnap. Die strenge koolhoof was ene Joubert en die onderwysers ‘n motlike samestelling van briljant slim […]

vir

“Mossieman,” sê Geronkie terwyl hy vir homself in die spieël kyk en sy lang swart ooghare met ‘n pikante skertjie mooi maak, “ek dink ek is verlief.” “Ag Geronkie, op wie sal jy nou verlief wees, jy is gans te lelik,” lag Mossieman. “En jou bene is krom.” “Nee regtig Mossieman, ek het gister die […]

vir

Eendag, lank lank gelede, sit Dominee Pikkewyn met al die kinders van die kinderkrans en gesels, onder ‘n groot ou groen-doringboom in die middel van die pragtige Vrystaat. Dominee Pikkewyn skud sy deftige swart en wit manelpak reg, trek so ‘n paar keer aan sy geel strikdas en begin dan vir die kinders lees uit […]

vir

Die pragtige Vrystaat, waar die tafste manne in die wêreld vandaan kom (Belinda van Aswegen) Vrystaters is die tafste manne in die hele wêreld “Pa,” vra klein Frikkie, “is dit waar dat Vrystaters die tafste ouens in die hele wêreld is ?” “Ja, dis waar ja,” sê Frikkie se pa terwyl hy sy geelperske met […]

vir

In die pragtige Vrystaat is daar baie magtige riviere en beeldskone mere en blou waterstrome en loweryke wilgebome en geil mielielande waar baie veldmuise bly. Die veldmuise hardloop almal in die mielielande rond en eet ou mieliestronke en mieliepitte wat agtergebly het nà die oes. Partykeer los van die boere selfs die mieliestronke in die […]

vir

Liewe Pa en Ma Ek verlang so ‘n bietjie hier in die Army na julle en skryf maar vir julle ‘n briefie. Ek hoop dinge gaan goed op die plaas en dat my troetel-bulkalf, Groskopf, nog gesond is. En hoe gaan dit met my boerboel Goebels ? Wanneer laas het hy iemand gebyt? Onthou asseblief […]

vir

*‘n Kakkerlak is ‘n eienaardige bruin-swart goggatjiewat wat vir baie mense bietjie grillerig is. Hy hou van donker plekke, hardloop vinnig oor die kombuis se vloer en kan vir ‘n hele maand sonder kos klaarkom! ‘n Kakkerlak se brein sit nie in sy kop nie, maar in sy lyf en hy is ‘n baie goeie […]

vir

Dit was laat-winter in die pragtige Vrystaat en ‘n paar mismoedige wolkies hang laag oor die horison, net bokant Mossieman se kop en Geronkie die Donkie se twee groot ore. Die twee oū vriende sit onder ‘n melankoliese wilgeboom langs die magtige Sandrivier en treur oor Mossieman se perd wat dood en tans oorlede is. […]

vir

“Geronkie, jou stout donkie, waar is jy?” Mossieman en Mys loop deur die Vrystaatse bos en roep na Geronkie die Donkie, maar Geronkie is skoonveld. “Hy kruip weg,” beduie Mossieman vir Mys die Muis wat dapper langs hom stap. “Hoekom?” “Hy wil nie bad nie. Geronkie weet dit is tyd vir sy jaarlikse bad, maar […]

vir

Leon, Danie, Vlooi en JP het altyd vir almal in Goudveld Hoërskool na vier gawe Vrystaatse boerseuns gelyk, jy sou nooit sulke stoutighede van hulle verwag nie. Mens kan maar die Goutie-koshuis in die myndorpie Welkom vir hulle onnutsigheid blameer, òf die Afrikaanse voorgeskrewe eksamenvraestel van 1973, òf ʼn nuwe onderwysertjie wat nie juis van […]

vir
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed