Mossieman en die wonderklippie
Mossieman en die wonderklippie Net soos die meeste kinders in die Vrystaat, het Mossieman en Geronkie die donkie baie speelgoed gehad toe hulle kinders was. Die beste speelgoed in die hele wêreld kom van die Vrystaat af – dolosse, kleilatte en ketties om skaapappeltjies mee te skiet, slingervelle, ertjieroere, kennetjie-stokkies, ghoens en albasters en giffies. […]
Marlise Joubert
brief toe jy sterf my soet, sagte ma verinneweer en uitgeteer jou kyk verseël om nooit weer oopgemaak te word nie toe het ek gedink: so is dit nou hier eindig alles dan, die somtotaal van my eie jarigheid, immer die verdwaalde poeiermot wat in jou lampies lig dikwels heling soek, selfs in die bietjies […]
Amanda Meyer De Meillon
Lees meer oor Amanda Meyer De Meillon Januarie 2019 Projek 3. Veilige hawe Die jaar van die vark. Kyk, op ‘n pitboel se lyf is daar geen bang haar nie. Hulle skrik vir niks. Of liewer, dit wil so voorkom. Sky is ‘n bul van ‘n pitboel. Sy gespierde lyf bult op plekke waar daar […]
Ansa Swanepoel (Tannie Anna)
Lees meer oor Ansa Januarie 2019 Projek 2.Pietie Groen Pietie Groen is ’n verkleurmannetjie en dit is sy tweede week in graad 1. Alles het so goed begin, maar dinge begin nou skeef loop. Die eerste week het hulle net gespeel en juffrou Heuningblommetjie was baie gaaf. Hy kan nie glo dit is dieselfde juffrou […]
Martha Poller
Januarie 2019 Projek 1.PIET BESWAARD HOU NUWEJAAR Vir ou Piet Beswaard was dit nie ‘n maklike jaar nie, hoor. As daar ‘n ding verkeerd kon loop met iemand, dan het dit met ou Beswaard gebeur. Vat nou maar die keer toe daai swendelaar hier in die dorp kom lol het. Almal het deur sy plannetjies […]
Calice
Lees meer oor Calice BRONSKLAS Januarie 2019 Projek 1.Woestyndrome Ons het voetspore in die woestyn laat versand Die woestyn’t drome in my hart agtergelaat; ek wil sandkastele bou. Calice
Henriëtta die hoenderhennetjie se eier dilemma
Henriëtta was nie meer ʼn jong hoenderhennetjie nie, haar jare het aangestap en die ouderdom het haar stadig maar seker ingehaal. Dit is nie maklik om oud te word nie, dink sy dikwels, terwyl sy in haar hoenderhok sit en broei, langs knorrige oom Gert se groot ou plaashuis in die middel van die Vrystaat. […]
JAKOB REGOP EN DIE WOESTYNROSIES – Verhoogspel om op te voer
‘n Verhoogspel in drie bedrywe Henning van Aswegen Jakob Regop en die woestynrosies is ‘n komedie, tenger toegevou in die beskermende hande van bytende politieke satire .. Spelers (7): Jakob Regop, Koeks, Sue, Missus Cunningham, Penelope Fortuin, Monsieur de la Fontaine & Gideon Spelers Jakob Regop is ‘n Afrikaner in hart en siel en sy […]
Geronkie die donkie se vreeslike seer vinger
“Mossieman, ek het vreeslik pyn,” kerm Geronkie die donkie en hy wys met sy vinger na sy voet. “Ag foeitog, Geronkie, is dit baie seer?” Mossieman is Geronkie se boesemvriend en hy is al gewoond aan Geronkie se fiemies en ipekonders. Mossieman hou daarvan om Geronkie se siel uit te trek en hy besluit om […]
Die gevaarlike Vrystaat Cheetahs
Die Cheetahs van die Vrystaat is ‘n wêreldberoemde rugbyspan wat die Curriebeker al ontelbaar-baie kere gewen het. Die Cheetahs is so beroemd dat mense en rugby-ondersteuners van buite die Vrystaat al van hulle gehoor het, selfs mense aan die oorkant van die magtige Sandrivier en duskant die Oranjerivier. Een van die redes hoekom die Cheetahs […]