Jongste aktiwiteit:

Die vyf swemmers
vir

Die vyf swemmers

Daar het ‘n hele paar jaar terug ‘n boek verskyn ‘Die vyf swemmers’ wat gebaseer is op
‘n ware verhaal. Die gaan oor ‘n groepie boere soldate wat in generaal de Wet se
kommando was maar deur die engelse gevang is. Hulle is toe op ‘n skip geplaas
oppad Ceylon(vandag Sri Lanka) toe. In die hawe by Ceylon het hulle ‘n merkwaardige
ontsnappingspoging van stapel gestuur. Hulle het van die skip af gespring en na ‘n
russiese skip toe geswem. Op die russiese skip is hulle soos helde ontvang. Met
russiese en duitse hulp het hulle via europa weer teruggekeer Suid-Afrika toe en
is deur suid-wes terug Noord-Kaap toe. Daar sluit hulle by generaal Maritz aan en
veg weer teen die engelse!

Een van hulle is noodlottig gewond in die oorlog, maar die ander vier oorleef almal
en die hoofkarakter, Willie Steyn is meer as veertig jaar later oorlede nadat hy nog
groot bydraes in Suid-Afrika gemaak het. Merkwaardige storie!

Bron: http://kvbnuusblad.blogspot.co.za/2012/02/ons-kinderhelde-word-soms-vergeet.html




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed