Dirkie Uys
Die datum is 10 April 1838. Die uur van beslissing het geslaan. Dit was nou of nooit.
Piet Retief en sy klein kommando is uitgemoor tydens onderhandelinge met Dingaan,
die koning van die Zoeloes. Moord en verskrikking het hierop gevolg.
Die Voortrekkers was op hul laaste. Dit was nou ‘n kwessie van oorleef. Hierdie
strafekspedisie was meer as net dit. Die een wat verloor sou sy bakens moes versit.
Hendrik Potgieter sou sy mense lei, terwyl Piet Uys sy mense sowel as Gerrit Maritz
en oorlede Piet Retief se mense sou lei. Sodoende het die kommando in twee verdeel.
Aanvanklik het die geveg in die Voortrekkers se guns geswaai. Die Zoeloes het op
vlug geslaan en Piet Uys se kommando het hulle agtervolg. Deur die Italeni kom het
hulle die Zoeloes gevolg – reg in ‘n lokval in.
Die Voortrekkers moes net uithaal en wys om hulself te verdedig. ‘n Assegaai het egter
vir Piet Uys noodlottig verwond. Hy was besig om te sterf en het sodoende die
kommando vertraag. Kommandant Uys het hulle beveel om hom te los en te vlug.
Die Trekkers het op vlug geslaan, maar die jonge Dirkie Uys, seun van Kommandant
Piet Uys, het geweier om sy vader alleen te laat.
Langs sy vader se sy, het hy geveg teen die Zoeloes. Later, toe hulle te naby vir hom
was om weer sy geweer te herlaai, het hy met die kolf van sy geweer teen hulle baklei. . . . .
Die kommando sou later bekend staan as die Vlugkommando, en het die laagtepunt
van die Groot Trek beteken. Die heldedood van Dirkie Uys, langs sy vader, sou egter
na meer as 150 jaar na sy dood, nog steeds in die volksmond bly voortbestaan.
Bron: http://kvbnuusblad.blogspot.co.za/2012/02/ons-kinderhelde-word-soms-vergeet.html