Jongste aktiwiteit:

Marthinus Oosthuizen
vir

Marthinus Oosthuizen

Die jaar was 1838. Piet Retief en sy klein kommando het gaan onderhandel met Dingaan
oor grond. Piet Retief was vol hoop en verwagting, en het sy mense aangeraai om reg
te wees om die nuwe land te bewoon.

In afwagting het hulle die uitgesien na die koms van Retief. Retief sou egter nooit
opdaag nie. Nadat Dingaan die traktaat geteken het wat grond gee aan die Trekkers,
het sy impi vir Retief en sy manne vermoor. ‘n Veldtog van moord en doodslag so
hierop volg, beginnende met die groepie Trekkers wat hulle staning langs die
Bloukransrivier gemaak het . . . . .

In die middernagtelike ure, terwyl die Trekkers ruslig slaap, word die bloedige
aanval genadeloos geloods . . . .

Die van Rensburg en Pretorius gesinne was op ‘n koppie, omring deur hordes Zoeloes.
Bokant die oorlogsrumoer en geraas van die Zoeloes skreeu hulle dat hulle kruit en
lood klaar is. Om die ammunisie te gaan haal en dan vir hulle te neem kon alleenlik deur
doodsgevaar gedoen word.

Marthinus Oosthuizen besef hulle gevaar en veg vir hom ‘n pad oop deur die Zoeloes
na die ammunisie toe. Daarna moes hy weereens ‘n pad oopveg om die ammunisie op
die koppie te kry.

Deur sy heldedaad het hy hulle gered van totale uitwissing. . .

Bron: http://kvbnuusblad.blogspot.co.za/2012/02/ons-kinderhelde-word-soms-vergeet.html




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed