BIE VIR MY HART HOOFSTUK 9
KOLBOOI VERSTAAN HOOFSTUK 9
Die son is nog nie behoorlik op nie, of Elmey stap doelgerig stalle toe.Vandag moet sy hier wegkom, sy wil nie mense sien nie, sy wil met niemand praat nie. Kolbooi ruk sy kop op toe hy haar hoor aankom. Elmey gooi die saal oor sy rug, skielik besef sy, sy kannie die dier binne haar nie op die arme perd loslaat nie. Sy rus met haar kop teen sy se nek.
“Jammer, ou kêrel,” prewel sy sag en streel oor sy nek.
“Vandag moet jy my vêr weg vat.” Sy gespe die saal vas en lei die perd by die stal uit, klim op en stuur Kolbooi in die rigting van die veiligheidshek heel aan die bopunt van die plaas, dit word slegs gebruik indien daar veldbrand sou uitbreek.
Sy laat dit oopgly en ry die veld in. Kolbooi voel haar bui aan en begin op ’n stywe gallop die pad vat, sy geniet nie die skoonheid van die dag nie, voel nie die snerpende windjie nie, voel niks nie. Sy is leeg.
Sy was skaars tuis gisteraand, toe haar foon die eerste keer lui. Sy het dit net afgeskakel en die landlyn van sy mik afgehaal. Die toeter by die hek het aanhoudend getoet maar sy het dit geïgnoreer, was net bang al wat bure is kom daar aangejaag. Na so uur het hy opgegee. Sy het die kar hoor wegtrek. Die hek het toegebly. Sy wil die verdomde mansmens nooit weer sien nie!
Sy kom by ’n waterstroom uit, het geen idee waar, of op wie se grond sy is nie. Sy klim af, laat die perd water drink en gaan sit op ’n groot klip met haar malende gedagtes.
Wat het ander vrouens en blykbaar in oorvloed, wat mans aantrek soos motte om ’n kers? Hoekom is mans sulke slapgatte! Kan hulle nou nie eers vir een enkele aand, hul aandag by een vrou bepaal nie! Sy haal die saal van Kolbooi se rug af en maak haar tuis op ’n lappie sagte gras. Stut haarself teen die saal. Sy het so uitgesien na die aand…,sy staar na die wolke wat verby dryf… en raak aan die slaap, terwyl die perd rustig in die omgewing wei.
DIE MAN IN DIE RYBROEK
‘n Hand op haar skouer laat haar verskrik regop vlieg. Voor haar staan die Italianer, ge-klee in n rybroek ’n los wit hemp met deurmekaar swart hare, hy lyk voorwaar toetaal anders as in sy restaurant drag, nogal aantreklik.
“My beautifull lady, sleeping like a lily in the feeld.” Hy maak ’n buiging en kom langs haar sit. Deur die slaap en simpel geskrik vra sy:
“Where are you comming from?”
“I stay with the kind van Wyks, and you my lady?”
Elmey is nou wawyd wakker, sy dink vinnig en sy verduidelik sy kuier sommer by vriende en het ’n end gaan ry, sy het aan die slaap geraak. Sy weet nie eers op wie se grond sy nou is nie, sy het nooit besef dis so laat nie, sy sal dadelik moet teruggaan.
“Let me go with you,” sê hy en maak sy perd los.
Dankbaarder as ooit is sy toe sy Daniël sien aankom, pootuit, begin hy rammel:
“Ester, by die van Wyk’s, sien jy ry dié kant toe. Dit word laat en jy kom nie terug nie. Morena Roelf ok, hy soek jou heeldag.”
“You know the van Wyk’s?” Waarop sy eerlik antwoord
“No, but he does,” en sy wys na Daniël. “The poeple are waiting for me, I must have over slep. See you on Monday okay?”
“You looked so beautifull last night.”
“Thank you Maneul, but I must go now.”
“As jy daai man ooit weer op my plaas laat kom, sit jy sonder werk, verstaan ons mekaar?” Skree sy amper as sy na Daniël toe draai.
“Hau, Mme, ons kannie so saam bly nie. Henna ok hy worry. Hy sien jy ry, maar jy kom nie terug nie. Hy stuur my, sê ek kom nie terug sonder jou nie.” Die ou man staan geboë, trane in sy oë, skoon uit die veld geslaan. Nog nooit was sy so bly die Italianer verstaan nie Afrikaans nie.
“Jammer, ou siel, ek bedoel dit nie so nie. Gaan rus maar eers by Ester. Ek gaan dadelik terug.”
“Dankie Mme, ek kry die perd vir jou.” Daniël gee net een fluit en Kolbooi kom.
Elmey kyk op haar horlosie, dis vieruur. Sy is baie kalmer met die terugrit en kry
skaam omdat Daniël sovêr agter haar moes aanloop. Sy is skaars op haar perd of sy sien Roelf se bakkie aankom, speels sê sy:
“I wil race you to the road,” sy is nie links nie, trek weg en Manuel met die vos agterna en sy haal uit. By die van Wyks se hek wyf sy hom totsiens en vat die pad…
Maandag:- Roelf staan voor die sentrumdeur. Sy kan hom nie vermy nie.
“Elmey?” hy haal ’n slag diep asem. “Is dit jou manier van n grap? Die hele wê-reld soek jou en jy flenters saam met die Italianer rond?”
“Ek wil nie met jou praat nie, nie nou of ooit nie. Staan asseblief opsy Roelf. Ek het werklik nie geweet ek moet verslag doen oor my doen en late nie, wat traak dit jou in elkgeval? Daar is mans wat mens nog soos ’n dame behandel weet jy? Roelfie is steeds welkom om elke middag na skool by my en Flora te bly, maar met jou wil ek niks te doen hê nie verstaan!” Is dit seer wat sy in sy oë sien. Is sy besig om te oorreageer?
“Loop hang aan jou Hessie!”
Hy draai om en loop weg, hande in die sakke, skouers geboë. Sy sluit die deur oop en stap met ‘n swaar gemoed binne. Flora wat die petalje op ‘n afstand dopgehou, skud net haar kop en volg Elmey na binne.
“Moenie vra nie Flora, want jy wil nie weet nie,” keer sy voor Flora kan vra.
“Die storie loop Mme,” sê Flora droog.
HAAR HARTSEER BLY
Haar besprekings boek bly vol vir die week ook maar goed so, harde werk was nog altyd terapeuties. Afsprake stroom in. Die openingsmakietie het sy doel gedien. Som-mige mense moet selfs meer as ’n week of twee wag om gehelp te word. Sy dwing haarself om vriendelik te wees met elke klant en al haar aandag te fokus op dit wat sy doen. Sy wil nie oor dié man tob nie!
Roelf het nou ’n kantoor op die terrein, en Roelfie draf in en uit na skool tussen haar en sy pa. Sy sal nie weer ’n man met haar laat mors nie. Haar hart of die stukke wat daarvan oorgebly het, is te kosbaar daarvoor. Hoe kon sy haarself toelaat om op die vent verlief te raak?
Ook maar goed hulle is so besig. Sy het nou vrede met wat hy doen, net solank hy nie sy gesig in haar sentrum wys nie. Hy het ook nie. Teen Vrydag mis sy hom so, ’n nuwe pyn begin die oue oorweldig. Sy voel soos ’n piesang sonder skil, dink sy aan die seuns se sê-goed en ver-lang sommer alkant toe.
Met gemengde gevoelens pak sy Vrydagmiddag op, dis huis toe te gaan tyd. Sy sien nie kans vir die alleen wees nie, maar tog dankbaar sy hoef vir ’n dag of twee nie haar professionele gesig op te plak nie. Hierdie week was werklik ’n stryd.
SY GEE KOP
“Ek het net kom hoor of die strydbyl al begrawe is. Ek mis my vyfuur lafenis en ge-selskap.”
Sy kyk op na sy lenige gestalte, arms oudergewoonte gevou, die paar blou oë pleitend, hy bly staan aan die ander kant van die ontvangstoonbank. Dit het hom ’n hele week geneem om sy opwagting te maak. Hy ontsenu haar.
Gaan weg, jy mors met my, sê haar hartseer oë. “Kyk, vir ’n man met ’n aan-hangsel kuier jy lekker rond, beslis nie saam met my nie, meneer de Lange. Ek het lankal my les geleer.”
“Waarvan praat jy, Elmey? Ek is ’n onverbonde man, met net ’n seun wat op my aandag aanspraak maak. Die tyd deel ek sonder voorbehoud met my koppige swartkop vriendin, wat ons lewens kom verryk het met liefde en hoop, maar my in die woestyn gelos het vir vyf dae.”
“Jy het Saterdagaand nie baie onverbonde gelyk nie,” sis sy.
“Gewonder wat met jou aangaan? Wel, jy dink verkeerd oor wat ookal jy gesien het. So stop nou asseblief hierdie onsinnigheid.”
“Onsinnigheid!” Ontplof sy. “Jy het my saam met jou genooi en die een dans na die ander met ’n vrou uit jou verlede gedans, asof ek nie bestaan nie. Daar sit ek meer as ’n halfuur lank! Daarvan het ek genoeg gehad. Vyf en twintig jaar daarvan om pre-sies te wees!” Spoeg sy en sit die boek onnodig hard neer. “Nee dankie, de Lange, ek laat my nie twee keer in dieselfde strik vang nie.” Blits die pikswart oë, dis gesê.
“Sjoe man, jy is reg, ek het my onnosel gedra. Om van Hessie ontslae te raak, is soos om klitsgras uit ’n wolkombers te kry.”
“Ja, gee haar die skuld dis makliker!” Sis sy woedend.
“Elmey ek was rasend toe ek jou nota by die tafel kry. Watter roekelose plan jy gemaak het om by die huis te kom, het my mal gemaak. Ek het dadelik gery. Toe ek nog boonop by daai donker plaashuis aankom en niemand maak vir my die hek oop nie!” Hy bly stil…“Weet jy deur watter hel jy my gesit het? Ek het heelnag gesit en kyk of daar nie net ’n lig wil aangaan nie, maar niks. Wat sou ek vir oupa Frans sê as jy iets oorgekom het?” Hy raas asof hy ’n rede het, stap om die toonbank en kom langs haar staan.
“Het die Italianer jou huistoe gevat?”
“Sal jy nie graag wil weet nie, soos jy kan sien ek is veilig.”
“Toe slaap jy Saterdagnag daar en bring die hele Sondag saam deur?”
“Wat daarvan?” Sy draai na hom toe, staan effens terug. Sy het afstand nodig. “Jy’s nie miskien jaloers, is jy? Ek hoef nie aan jou verslag te doen nie.”
“Ek is ja, as jy wil weet en ek draai sy nek om as hy weer naby jou kom, sowaar!”
“Ja Roelf, ek dink jy ken my beter as dit.” Sug sy. “Staan opsy asseblief, ek het werk om te doen.” Sy begin afsluit en bewe behoorlik.
ROELF SMEEK OM VERGIFNIS
“Vergewe my asseblief, dit was ’n báie, báie lang week,” smeek hy.
“Wie is besig om hier om verskoning te vra? My vriend of my oppasser, of die man wat mens kan uitvra en dan heel aand aan sy eks klou soos ’n neet? Dit het nie juis gelyk of jy ongeneë is nie, in teendeel vir ’n hele halfuur laat jy my daar sit soos ’n gek!” Sy stap opsy. “Gee pad man, ek wil klaarmaak,” sy’s nog so kwaad sy wil stik.
“Ai Elmey, ek wil jou vir myself oppas en ek weet nie eens meer of ek aan jou kan, of wil dink as net ’n vriendin nie. Jy is vir my baie meer. Hierdie vyf dae sonder jou was niks anders as hel nie.”
Al die geveg is uit haar lyf uit. Sy kyk na hom met ’n effense fronsie en duisend vrae in haar oë.
“Wil jy hê ek moet jou hier in die openbaar soen?” Hy staan nader.
“Waag dit net, is jy seker Hessie is nie naby nie?” Haar stem bitsig. Magtig, is sy nie al hier deur nie!
“Nou hou dan op om so na my te kyk, jy dryf my na waansin,” hy staan ’n tree nader.
“Waag dit net.” Sy tel ’n bottel op en mik. “Kom Flora dit raak laat,” roep sy.
Koes, koes kom Flora uit een van die kamers, groet skaars, gryp ’n paar boeke en maak spore.
“Goed, goed ek sal myself in toom hou. Wat maak jy môre? Ek moet uitry na een van my ou klante, tannie de Vos, naby Warmbad. Hulle ontvang ’n groep mense in die jagters kamp en daar’s ’n werkie wat ek moet gaan klaarmaak. Ek het gehoop jy sal saam met my uitry.”
“En liefste Hessie, sit sy voor of agter?” Vra sy liefies met ’n pruilmondjie.
Roelf kry haar aan die skouers beet en kyk haar gemaak kwaai aan. “Moet ek jou wys hoe min sy vir my beteken?”
“Toets net, deur my te soen teen my wil, ga!”
“Ek het ook ’n appeltjie met jou te skil. Ek het jou nog gladnie vergewe nie, vir wat het jy ’n huurmotor teruggeneem, soos ek later verneem het, sê nou net jy het iets oorgekom?” Klink hy streng.“Glo my, as jy dit ooit weer doen sal dit nie help om Daniël te dreig met afdanking nie. Weet jy ooit hy het ’n wag by die boonste hek gesit en die slot vervang sodat ek nie kon inkom nie? Man hulle het jou opgepas soos goud.” Hy kyk haar geamuseerd aan en die spot is terug in sy oë.
Uit hierdie intieme oomblik moet sy wegkom. “Wel ek het hoë hakke aangehad en kon nie eintlik plaas toe loop nie.” Sy druk hom sag maar ferm weg en gaan aan met haar daaglikse afsluitings. Geen verdere verduideliking oor Saterdag nie. Sy wil haar vervies, maar onthou hoe sy hom gemis het.
“Jy’s wraggies koppig weet jy, maar ek verstaan jou kwaad, ek’s jammer. Sê jy vergewe my asseblief. En sal jy saam met my gaan?” Hy sak af op sy een knieg voor haar, asseblief ek vra mooi.”
“Staan op man, moenie vir jou laf hou nie.” Die lag sit vlak.
“Sê eers of jy sal saamgaan?”
“Okay, ek sal saamgaan, al is dit net vir Roelfie se onthalwe. Vergifnis? Daaroor sal ek nog dink.”
“As hy nie saamgaan nie? Sonja het ’n partytjie aan en hy is genooi, sy eerste alleen, maar sy sal mooi kyk. Is dit okay?”
Sy aarsel ’n oomblik, sy was nog nie iewers alleen saam met hom nie, behalwe die ramp-spoedige aand.
“En liewe Hessie?”
“Vroumens soek jy my? Hoelaat kry ek jou, sal agtuur jou pas? Ek het heelwat om te doen en ek wil jou graag die plek wys.”
Haastig draai hy om en loop, koffie kan liewer bly vandag, netnou sê hy weer iets wat haar die joos in maak.
“Wat moet ek saam bring,” roep sy agterna.
“Net jouself, ek sal Elsie vra om vir ons ’n mandjie te pak.”
DIE RIT NA DIE DE VOS PLAAS
Hy het nie sy gewone bloupak aan nie, maar is geklee in ’n kakie kniebroek en kakie hemp met stapstewels aan.
“Gaan jy werk of bergklim?” Vra sy toe sy hom sien.
“Kyk nou net hoe eenders dink ons, jy lyk reg vir bergklim.” Waarderend kyk hy na haar slanke bene wat uitsteek onder haar kniebroek en wegsak in ’n paar staps-koene en enkel soekies, die sagte pink hempie beklemtoon haar kurwes en sagte vroulikheid. Haar donker krulle wip hier en daar uit onder haar pet.
“Ek hoop daar’s sonbrandmiddel in daai drasak van jou, anders gaan die son daai armpies van jou bykom.”
“Waar is Sam, gaan hy nie saam nie?” Vra sy benoud.
“Nee, dis nou nie aldag wat ek so’n oulike handlanger het nie, jy sal maar moet inspring en help, gee jy om, of is jy bang vir my?”
“Bang vir jou? Jy sal jou wat verbeel,” sy kan die ligte blos nie keer nie.
Dit word ’n heerlike rit. Die bosse langs die pad is skoon gewas deur die reën en lower-groen blaartjies kondig die nuwe groeiseisoen aan.
Roelf ken die pad en omgewing goed en wys telkens ’n landmerk uit, hou haar oë ’n oomblik gevange en kyk dan weer in die pad. Die hartseer van die afgelope maande het uit haar oë verdwyn en die lyne op haar gesig is sag. Hy kan homselfs skop vir sy onbedagsaamheid. Vandag wil hy opmaak, die dag vir haar aangenaam maak, besluit hy.
Vandag is die donker oë sag, hy hoop hulle saam wees, het iets daarmee te doen. Sy lyk glagnie haar jare nie, hy was skoon verbaas om te hoor sy is twee jaar ouer as hy.
“Jy maak my bekommerd as jy so stil is, wat broei in daai kop van jou?”
“Sal jy nie graag wil weet nie?” Glimlag sy skalks.
“Goed dan gesels ek maar.” Hulle draai met die grondpad op. “Ons is nou-nou daar,” lig hy haar in.
DIE de VOS PLAAS
Die de Vos plaas is omring met hoë koppies, bedek met struikagtige bome, tipiese bosveld omgewing. Die veld het ’n sagte groenskynsel soos dit die nuwe lewe aankondig. Die groot grasdak huis is gebou teen ’n koppie en rond die prentjie skild-eragtig af.
Roelf kondig hulle teenwoordigheid aan by die skuifhek wat oopgly en hulle ry op met die kronkelpad tot by die huis en hou voor die groot stoep stil.
Die goed versorgde tuin is uitgelê in terrasse tot onder en sy verwonder haar aan die pragtige omgewing. ’n Statige ou dame maak haar verskyning en omhels Roelf sonder sere-monie.
“Genade kind, ek het jou lanklaas gesien, waar’s die kleintjie?”
“Môre tante, wag nou, laat ek tante eers voorstel aan my vriendin, Elmey.”
“Uiteindelik! Welkom my kind, hoe het jy dit reggekry om die korrelkop vas te trek?” Sy omhels die verbaasde Elmey wat nie woorde het nie.
“Aangenaam Tante, ons…” probeer sy verduidelik.
“Kom drink eers iets voor julle begin,” val sy Elmey in die rede.
Dis ’n heerlike koel vertrek wat hulle verwelkom. Smaaklik, gesellig gemeubuleer met deurleefde meubels. ’n Groot grys kat op die leunstoel maak sy een oog lui oop, spin en slaap verder.
“Wat drink julle?” Verneem hulle gasvrou.
“Net wat die maklikste is tante, is dit nie nou u tee tyd nie? Dan drink ons sommer saam dankie.”
Elmey besigtig die fotos teen die mure en Roelf verduidelik aan haar, die professer-hulle is kranige perde ruiters en onthaal dikwels blindes en parapleë.
Hulle gasvrou keer terug en skink tee. Sy gesels gesellig oor alles en nog wat, totdat Roelf haar onderbreek.
“Tante ek sal graag vir Elmey die staproete wil wys, is hier al mense die na-week?”
“Nie ’n siel nie kind, die jagters wat hul afskeid wil kom hou, kom eers volgende naweek en die volk wat melk kom so vieruur en hulle is aan die anderkant van die plaas.”
“Dan moet ons nou spore maak ek het nog baie om te doen.”
“Dis nou ’n netjiese vangs, my kind.” Spot sy Roelf.
“Ek wag al lankal vir ’n oulike vroutjie soos jy hom vastrek, maar nee,” knik sy vir Elmey.
“Tante…,” probeer sy weer.
“Kom Elmey ons moet weg wees,” keer hy enige verdere verduideliking.
STAPROETE
Roelf verwonder hom aan die ratsheid waarmee sy voor hom die koppie uitklim. Haar broek span om haar welgevormde rondings. Haar dun enkels verdwyn in ’n paar drafskoene met enkelsokkies en natuurlik die pet, hy sien haar net daarsonder by die sentrum en dan is dit asof daar iets skort.
“Dis pragtig, kyk hoe mooi lyk dit ondertoe,” gesels sy en gaan sit op ’n grootklip halfpad teen die koppie uit, knieë opgetrek met haar hande daarom geslaan, verlustig sy haar aan die skoonheid voor haar. “Wat ’n fees vir die oog is dit nie?” Dis die boskind in haar wat praat.
“Ek hoop ek is deel van die genot op jou gesig.”
“Jy is, want hier sit ek nou, dis n kwart van jou vergifnis.” Hy kom nader en sy kry ’n onnutsige idee.
“Ek race jou tot bo.” Daag sy hom uit en hardloop al laggend voor, sy vorder ’n ent voor hy haar inhaal.
“Jy’s so rats soos ’n klipspringer, stadig netnou breek jy jou nek regtig.” Sy asem jaag effe as hy haar aan haar arm beetkry. Hy los haar arm en neem haar gesig in sy hande en Roelf doen wat hy lankal wou doen. Hy soen haar lank en innig.
Sy voel hoe haar lippe onder syne ontwaak en gee haar oor aan sy omhelsing, ’n oomblik staan sy toe oë en wonder wat nou gebeur het. Hy laat haar stadig gaan. Sy doen wat sy moet om haar emosie wat oorborrel te beheer, sy babbel.
“Ek belowe ek sal jou ouderdom in ag neem en die pad boontoe rustiger vat, wie sou nou kon dink uitputting kan’n man so van sy sinne beroof?” Sê sy uitasem.
“Jy kan lekker praat nê, ek het ’n paar gewillige lippies onder myne gevoel, jy kan bly wees ek moet werk.”
Effens stiller gaan hulle die steiltes af. Wat het nou eintlik tussen hulle gebeur? Sy gly en hy gryp haar net betyds.
“Dit lyk my dis my permanete werk om te te keer of jy breek jou nek regtig.” Die warm van sy liggaam hier teen haar laat haar hoendervleis kry en sy ril effe. Sy wens hy wil nooit los nie.
“Dankie my heer,” fluister sy sag.
DIE KAMPTEREIN
Nat gesweet kom hul by die bakkie aan. Roelf stel voor hulle gaan spoel eers die sweet af in die kamp, voor hy aangaan met sy werk.
Wat ’n pragtige kampterein, so min moontlik is versteur, soveel moonlik bome is behou en die swem area bestaan uit ’n waterval wat in ’n groot swemgat val dan oor-loop en ’n stroom water vorm wat deur die plaas loop en weer in ’n rivier eindig.
“Kom jy saam met my, of wat wil jy doen?”
“Het jy my regtig nodig, ek gee nie om nie hoor?” Antwoord sy gewillig.
“Die dag is joune, ek wil hê jy moet dit geniet.”
“Wel, ek verkies dit om net hier te bly en my boek te lees?”
“So alleen?”
“Die Tannie het mos gesê hier’s niemand nie. So ja, ek sien Elsie het ’n kombers in gesit, ek gooi hom onder die groot Wilger oop en lê en lees.”
Roelf stap nader, die versoeking om haar in sy arms te neem is groot, maar hy weerhou homself. Hy neem die kombers en gooi dit vir haar oop. Sit die mandjie langs haar neer met die woorde:
“Nou as jy seker is, geniet dit en kry iets om aan te kou as jy honger word, ek sal ’n hele rukkie wees.”
Behaaglik strek sy haarself uit op haar rug lê en kyk hoe die son deur die blare val en patrontjies op haar gesig vorm. Die bakkie het al vertrek en ’n salige stilte omvou haar.
DIE SKINNIE DIP
Hulle het gesoen, wat het nou eintlik gebeur? Die lekker warm gevoel vloei deur haar hele lyf. Hulle het gesoen… Sy vee met haar vingers oor haar lippe so asof sy die soen wil vasvang en troetel.
Sy verwonder haar aan die gemaklike verhouding wat sy met hom het, hy het die muur wat sy om haar gebou het verkrummel sonder enige kragtoertjies. Sy was so se-ker sy sal haar hart nooit weer aan iemand gee nie. Hier is sy nou, smoorverlief op ’n man wat sy skaars ken.
Sy kyk na die helder blou water, gaan nader en laat dit deur haar vinger vloei. Sy is so lus om te swem maar het nie haar swemklere gebring nie. Wel die tannie het gesê hier’s niemand nie en Roelf het gesê hy gaan lank weg wees, so hoekom nie?
Vinnig stroop sy haar klere af, vou dit op en sit dit op ’n klip binne bereik en gly af, die koel water binne, snak na haar asem, gooi water in die lug op soos ’n uitbundige tiener, swem ’n paar lang hale, draai om op haar rug en verloor haarself. Hoe wonderlik, sy kyk na die wolke wat van patrone verander hoog bo haar. Wanneer laas het sy so vry gevoel in die natuur, kon sy net haarself wees?
UITGEVANG
“Bly waar jy is!” Skree sy benoud en versuip amper, toe die bakkie se deur toeklap.
“Wat de hel?” Roelf skrik hom bevange en storm deur die struike. Hy vind dit moelik om nie uit te bars van die lag, toe hy die half naak figuur met ’n paar stukkies klere voor haar in die vlakwater sien staan nie.
“Ek sê bly waar jy is man!” Klou sy aan die paar kledingstukke voor haar.
“En ek dog jy word vermoor,” sê hy dik van die lag.
“Wat het geword van jy gaan lank weg wees? Hoekom toet jy nie eers nie?”
“En ek sou nou hoe weet, jy het besluit om te skinnie dip?” Hy’s dik van die lag. Kyk hy het geweet sy waag baie, maar so waaghalsig? Nee, dit het hy nie verwag nie. Wat se geheime is daar nog verborge. Hy sien uit na die ondekkingsreis?
“Loop man, ek wil aantrek!” So vinnig het sy in haar lewe nog nooit aangetrek nie. Die nat slaan ooral deur en haar dun bloes vorm ’n tweede vel.
“Kan ek nou uitkom?” Hy kyk na die half nat figuur.
“Jy lyk verruklik,” hy stap nader en vou haar toe met die groot handoek.
“Nee jong, jy kon regtig eers afgedroog het.” Hy hou haar ’n oomblik vas. “Sit net hier,” beveel hy en maak haar warm toe met die kombers, die lag bly net in sy blou oë, hy wil haar nie meer verleë laat voel nie.
“Netnou kry jy verkoue,” hy kan die teerheid nie uit sy stem hou nie, voel lus en vou haar toe in sy arms, maar weerhou hom daarvan.
“Ek maak ’n lekker vuur en gooi vir ons ’n glasie rooiwyn in, dit sal help vir ’n bietjie hitte.”
“Dit sal lekker wees dankie” Sy is so skaam-verleë, sy kannie eers vir hom kyk nie. Beskuldigend verwyt sy. “Jy het gesê jy gaan lank weg wees?”
“Ek was darem ’n uur en ’n half weg weet jy?” Hy oorhandig aan haar ’n pragtige kristal glas met wyn.
“Henna het aan Elsie vertel jy haat plastiese glase, toe besluit sy om jou te im-press.”
“Ek is impresd verseker.” Sy vat ’n slukkie wyn en voel hoe die warm deur haar are vloei. Sy kyk hoe die vlamme stadig deur die hardehout begin krul, na bo reik en naderhand ’n geselige vlamme eenheid vorm wat vrolik skitterbrand. Dit sprei die hitte tot waar sy sit en sy gooi die kombers af.
“Dankie, ek deel graag die kombers met jou, dis ons enigste.” Hy maak homself gemaklik langs haar. Hy skink hulle glassies weer vol.
“Op wat sal ons glasies klink,” hou hy sy glas omhoog en kyk diep in haar oë.
“Op ’n wonderlike dag en goeie geselskap,” sy lig haar glas, vee die weerbarstige krulle wat nog nat oor haar voorkop val uit haar oë. Nog steeds wyk nie een se oë nie, hulle klink glasies met ’n heel ander siening van mekaar.
Roelf braai die skaaprib wat Elsie voorberei het en die geur vul die lug. Sy is hon-ger besef sy. Die geur laat haar se mond water. Hy skink hulle glasies weer vol. Sy voel hoe die warm gloed na haar wange opstyg.
Hy sny ’n stuk van die rib af, sit dit in ’n bord met ’n mes en vurk. Ewe ongererg neem sy die been met haar hand en begin smaaklik daaraan smul. Dis ’n wonderlike dag tenspyte van haar verleendheid oor die swem. Dankbaar hy maak nie ’n bohaai daaroor nie, vergewe sy hom maar sy lekker kry.
“As jy nou so na my staar?” Vra sy terwyl sy die vet van haar wang afvee. Sy begin en kou aan sagte kant van die been, mens sou sweer dis die vleis self.
“Dis sowaar ’n plesier om jou te sien braaivleis eet, gewoonlik moet mens tafel-dek vir die dames.” Hy lag uit sy maag uit as hy sê:
“Man ’n hond het nie ’n kans met daai been as jy met hom klaar is nie.” Hy buk vooroor en vee saggies oor haar lippe, sien hoe sy stil raak.
“Oupa sê altyd:- vingers was daar lank voor vurke, wat is nou lekker aan braaivleis eet met ’n mes en vurk?” Vee sy die vet van haar mond af.
“Daar’s nog ’n stukkie op jou wang,” hy maak of hy dit afhaal, sy hande bewe by die aanraking van haar sagte wang. Hulle oë is vasgenael, asems opgehou.
Stadig ontrek hy hom van die plofbare oomblik en sit weg van haar af. Sy sit versteen, haar bloed druis deur haar are, of is dit die wyn?
“Ek dink ons moet oppak, ek moet Roelfie nog gaan haal,” sê hy met ’n skor stem en begin oppak.
”Dis ’n goeie idee,” vlieg sy op. Sy wil hier wegkom vir ’n heel ander rede. Sy wil sy arms om haar voel, sy wil haar hande onder sy hemp sit en sy vel voel, sy weet nie of sy haar meer intoom kan of wil hou nie. “Ja kom ons ry,” oorhaastig bondel sy alles bymekaar en sit dit op die bakkie.
Hy staan agter haar sy ruik hom. Sy is te bang om om te draai, sal hulle weer soen?
“Wil net die kombers inpak,” sê hy, sy asem in haar nek. Vir ’n oomblik versteen hulle teen mekaar. Dan draai sy weg, hy bêre die kombers. Sy sê niks sy vertrou nie haar stem nie.
“Moet ek regtig my hande van jou afhou?” Hy trek haar nader, styf teen hom aan. Haar arms gaan om sy nek, sy lig haar gesig gewillg op en hulle lippe ontmoet in ’n hon-ger soen, die onvermydelike vrug van vanmôre se voorsmakie. Sy druk haar vingers in sy hare en druk haar lyf nog stywer teen syne aan. Haar hele lyf gloei. Sy hou die oom-blik vas. Sy hoort hier, haar arms wil afsak en onder sy hemp in kruip, sy wil sy vel voel.
“Elmey.” Sag teen haar mond.
“Roelf?”
“Ons moet gaan.” Sy stem is skor.
“Wil jy regtig?”
“Nie wil nie moet,” sê hy en laat haar stadig gaan.
DIE TERUG RIT
Die rit terug is stil maar gemaklik. Elkeen vasgevang in sy eie gedagtes en veels te gou duik die plaas voor hul op.
Sal hy haar weer soen? Nee liewer nie twyfel hy, netnou dink sy dis al waarvoor hy haar saam gevra het.
O, sy wil haar lippe vir hom aanbied, dink sy. Nee liewer nie, netnou dink hy sy is goed-koop. Wat sou hy regtig dink, wonder sy?
“Dit was ’n wonderlike dag, dankie,” sê sy sag toe hulle stop en sit haar hand op sy skouer.
“Dit was my plesier, maar ek dink jy moet nou uitklim voordat ek myself te buite gaan,” hy draf om die bakkie en maak die deur vir haar oop.
Hy stap saam met haar tot by die deur en sluit oop. Draai haar na hom toe en soen haar vol op die mond. Daar bly sy staan, met halfoop lippe en staar hom agterna.
Hy bly nog ’n rukkie in die bakkie sit. Sy het onder sy vel ingekuip.
Dit word gereelde uitstappies saam op Saterdae as sy af is, hy’s gewild onder sy ou kliënte en doen so hier en daar nog ’n gunsie.
Rusterburg:
“Is jy seker, dis baie gawe mense jy kan regtig saam kom hoor.”
“Nee wat, ek het elke dag met mense te doen, ek gaan net hier sit en my ver-lustig in die tuine okay.” Sy verkyk haar aan die pragtige kosmos wat om die mense se heining groei, heel-temal buite seisoen. Hulle is groot en so kleurvol.
Sy kyk agter op die bakkie en sien die twintigliter kan idiaal, sy spring uit haal die drom af en sluip die jaart binne, maak dit net half vol water, sy weet daar’s altyd ’n mes voor in die bakkie, vinnig pluk sy ’n bos kleurvolle blomme, sy soek nog vir die wynrooi kleur wat skaars is, toe ’n hond woes begin blaf, sy skrik haar flou, hardloop bakkie toe en sit haar kosbare bos in die drom.
“Waar op aarde kry jy dit?” Roelf kyk verbaas na die bos blomme wat netjies verskans is tussen die ander goed op die bakkie.
“Daar,” wys sy na die heining.
“Jy weet vroumens, ek het altyd gedink ek sal gevang word vir dronkbestuur, met jou saam, sal dit vir diefstal wees.”
“Dis mos buite op die sypaadtjie,” is haar stout verweer. Die lewe is ’n lied, sy sing en neurie heeldag.
“Mme is verlief,” vertel Flora aan die mense in die kraal en almal juig vir hulle part.
HAAR KALWERS BLINK
Saterdagoggend is sy verras toe sy van die boord afkom en Roelf wag haar in.
“Wat’s Fout, waar’s Roelfie?”
“Ek wou net ’n slag alleen vir my gunsteling nooi kom kuier, kom saam kraal toe ek wil jou iets gaan wys.” Hy vou haar hand in sy groot hand toe en saam stap hulle kraal toe. Koei hoor haar aankom en kom nader vir haar happie bederf, wat sy so in die verbyloop met die ander hand pluk. Roelf sit sy hand om haar skouers en sê:
“Kyk bietjie mooi na jou drie versies, wat sien jy wat anders is?”
“Hulle is blinkvet, seker van baie liefde en goeie kos?”
“Kyk bietjie mooi, lyk hulle nie bietjie ronder as gewoonlik nie?”
“Opgeblaas? Was hulle in die lusern?” Vra sy benoud.
“Ai, wanneer gaan ons van jou ’n boervrou maak?” Lag hy in haar hare. “Jou versies is almal dragtig, die bul het sy werk goed gedoen.
“Hoe lank nog, heng ek kannie wag nie, het gedog dis maar goeie kos en baie liefde wat hulle so laat blink.”
“Jy sal nog ’n paar maande moet wag, hulle is seker nou so driemaand plus.” Hy verlustig hom in haar opgewonde geesdrif.
Hy draai haar na hom toe. Sy pas presies in die holte van sy arm. Sy staan op haar tone en kom hom meer as halfpad tegemoet. O die saligheid om so naby hom te staan, sy hande op haar te voel sy lippe in haar nek, haar oor, haar wang op haar mond. Daar’s te veel lap tussen hulle sy sweef, mag die oomblik nooit verby gaan nie.
“Geluk ouma, as dit is wat drie versies aan jou doen, moet ons spoedig ’n trop aanskaf. Kom ons gaan huis toe.”
Sy het lief geraak vir die man. Wanneer dit gebeur het kan sy nie mooi sê nie, sy is so tuis by hom, gemaklik, lief…
HAAR SEUN KOM HUISTOE
Dit raak ’n onmoontlike besige maand. Sy vat omtrent nie grond nie. Sy onthou die lysie van bestandele wat sy vir Henna moet kry. Die foon skel hier langs haar.
“Elmey, goeiemôre.”
“Môre die Ma van my!” kom Peter se stem oor die lug. Sy laat val amper die foon.
“My kind waar is jy?” Sy is so opgewonde, sy het hom maande laas van hom ge-hoor of gesien.
“Ons is terug van die bos af, ek kom volgende naweek huis toe, waarsku Henna solank om te begin bak, ek het dit so gemis. Snuif sy nog? Ek wil nie weer sonder haar doepa daar aan-kom nie.”
“Ja sy reken haar kop staan stil as sy nie snuif nie. Bring ’n soetigheid ook saam sy hou daarvan. Kom jy die vrydag al deur?” Vra sy opgewonde.
“So gou as wat ek hier kan wegkom. Hoe gaan dit met Moeks se nuwe liefde, Fransman sê hy’s nogal okay.”
“Jy en jou broer is sommer laf.”
“Nooi hom vir ’n braai dan kuier ons lekker saam.”
Sy hoor net ’n geroemoes in die agtergrond, en kan kwalik hoor wat Peter sê.
“Ek moet gaan, ons is nounet terug en almal wil huistoe bel, hier staan ’n ry van perske-tyd tot in ewegheid, bye!” Klik die foon in haar oor.
Sy sal alles op die lysie moet verdubbel. Al wat haar nou bekommer is die melk, sy wonder of sy haar bestelling sal kan verdubbel. Eers Kerk toe gaan.
DIE KUIER NAWEEK BREEK AAN
Pieter se kuier naweek breek aan. Verbaas kyk sy na die frisgeboude jongman. Hy het sy seuns lyf afgeskud en voor haar staan ’n selfversekerde jongman, hy staan nader en neem haar in sy arms.
“Hallo my Ma, jy’t nie ’n dag ouer geword nie.”
“Jy het agter my rug staan en man word. Ek het jou so gemis, dis lekker om jou weer te sien.”
Hulle staan nog so en gesels, of Roelf stop daar met sy trok en ’n pragtige jersy koei agterop.
“Ry op kraal toe en laat Daniël help met die aflaai, onthou sy word in die middag vieruur en soggengs sesuur gemelk.” Beveel hy Joos.
“Goeie môre mense, Elmey, ek het so gedink met jou klomp mense gaan die melk dalk ’n probleem word, die Steyns het laat weet een van hulle koeie is aan die opdroog, jy kry moes jou melk by hulle of hoe? Dit gaan nog ’n rukkie wees voor jy kan melk.”
“Ja, ek het reeds gedink ek moet my bestelling verdubbel. Maar dit is darem ’n te groot geskenk. Ek sal dit aanvaar as ons kan ruil, jy vat Koei se vers?” Dring sy aan.
“Met of sonder haar ma se beneukte geaardheid?”
“Met natuurlik, jy wil mos ’n ordentlike dier hê,” lag sy.
“Ek neem aan hierdie jongman is Peter?” Stel Roelf homself voor. Hy kry ’n ste-wige handruk terug en die manne kry dieselfde indruk van mekaar. Hulle is nie sissies nie, hulle is manne.
“Peter dis nou labola, dink jy dit sal doen?” Verneem hy met ’n skewe laggie.
“Dit hang af hoeveel karringmelk beskuit ons gaan kry oom,” kry hy ’n gevatte antwoord terug.
Junior en Evans arriveer en dis ’n gegroet en gesels van ’n ander wêreld. Hulle stap huis-toe. Alles word op die stoep neer gegooi. Haar hart sing, haar seuns is tuis.
ONAANGENAME VERRASSING
Teen vieruur groet Roelf onwillig, sy sien haar seuns so min hy wil nie nog van haar tyd in beslag neem nie. Hy klim in die groot trok, sukkel om Roelfie weg te kry, want die twee groot seuns speel met hom soos ’n klein broertjie. Hy’s in sy skik om te sien hulle kom so goed klaar, want wie weet, dalk is daar ’n toekoms vir hulle.
Hy kry amper die stuipe toe hy tuis kom en Sonja se motor staan daar, met ’n blonde vrou by haar. Seker weer besig om vir hom vrou te soek. Hy sal haar moet inlig hy het haar reeds gekry, sy kan maar ophou soek.
“Naand swarie kyk wie het vir jou kom kuier?” Groet Sonja vrolik.
Hy is stom verbaas toe hy sien dis Hessie onder die blonddos. Genade hy wonder watter kleur volgende sal wees. Dit lyk afskuwelik, wat het haar besiel?
“Waaraan het ek die eer te danke?”
“Ons het gedink om jou eensaamheid te kom verdryf,” kom dit van Hessie af. “Hoe lyk dit met ’n wyntjie die vliegtuig is mos al oor?” Maak sy haarself tuis op die gemakstoel op die stoep.
Op die oomblik kry hy sommer koud in die middel van die somer. Hessie is veeleisend, hy het nie krag vir haar nie. Sy is so welkom soos ’n vlieg in my groentesop, dink hy.
Roelfie verdwyn dadelik om die hoek na Elsie toe, hy kan Hessie nie verdra nie. Negeuur stel hy voor die dames beter die pad vat, dis gevaarlik vir vrouense so laat.
“Ag dis naweek en Roland werk uit, ek bel hom gou en sê ons slaap oor, jy gee mos nie om nie?” Sê-vra Sonja.
Dan is dit so beplan, dink hy vies. Hoe anders sou hulle oornagsakke saam gebring het? Vader tog die danssessie het nog nie behoorlik gaan lê nie. Hoe laat hy tog sy skoonsuster ver-staan die vriendin van haar besorg hom net probleme, sonder om plein onbeskof te wees nie? Dis in elk geval al wat sy verstaan, dink hy vies. Nouja gelukkig is dit net vir die nag.
DIE MANNE VAT DIE PAD
Sondag breek aan:-Net na ontbyt moet die manne weer pad vat. Wat ’n tranedal, sy verseker hulle dis net omdat hulle almal nou weer ry, verder is sy okay.
Sy sien nie kans vir die leë huis nie, sy sal kerk toe gaan besluit sy. Roelfie was ook kroepirig die heel week. Na kerk sal sy gou gaan inloer, sy is so bly Roelf het vir haar ’n remote gegee, dis net soveel makliker.
Na kerk ry sy gou daar aan. Sy herken Sonja se kar en glimlag by haarself oor haar jaloesie laas keer, hy kon haar ook maar reggehelp het. Stadig ry sy met die kron-kel pad op en stop onder die peper boom. Sy sien die kind langs die stoor sit en speel met sy trekkers en die rooitrok. Hy kyk nie op toe hy haar hoor nie.
Sy wonder of hy nog siek is. Die laphoed sit skeef en sy oë is leeg. Dis jammer sy het kerk klere aan, sy gaan sit op die drom wat langs hom staan en voel aan sy voorkop, nee wat hy het nie koors nie.
“Hallo grote, wat bou jy, voel jy beter vandag?” Geen antwoord. Sy kyk op huis se kant toe. Haar oë verstar op die prentjie voor haar. Hessie het haar sien aankom, sy kom agter Roelf staan met haar hande om sy lyf. Eers wonder sy wie dit is, maar toe sy die verspotte kort short en halflyf bloes sien wat lyk of dit drie nommers te klein is, ein sy Hessie onder die blonde hare.
Vinnig soen sy Roelfie met die verskoning, sy moet nog gaan werk. Gister die kamtige labola en vandag hang hy weer aan die vroumens. So dis hoekom hy so vroeg weg is, hy het mense verwag. Sy klim in haar kar.
Woedend jaag sy weg en mis die hek paal net-net, want die hek maak nie vinnig genoeg na haar sin oop nie. Hoeveel keer gaan sy nog hoor. Dis onskuldig Elmey. Daar’s niks tussen ons nie, ons is net vriende. Peet van voor af!
Dis soos tromslae in haar kop, van jare se aanhoor van dieselfde deuntjie. Elmey kry dit in jou kop! Hulle is almal eenders! Jaag sy voort, mis een slaggat en tref ’n ander, sy ry bietjie stadiger.
Roelf se geskreeu en waai steur sy haar min aan, laat hy aan sy Hessie loop hang. Nie weer nie. Jare se vernedering speel voor haar af. Sy het gesweer nie weer nie. Vir wat het sy nou staan en verlief raak op die man!
Gelukkig maak hulle oor ’n week toe en gaan sy plaas toe, dit sal haar kans gee om haar kop skoon te kry. Sy stop voor die huis. Storm die trappe op.
Henna is verbaas om Elmey so gou terug te sien, sy het gesê sy gaan langsaan toe, dis gewoonlik ’n lang kuier.
“Maak ek tee Mme?”
Elmey stap net verby kamer toe. Dis haar eie skuld, vir wat het sy nie by haar besluit gehou nie. Die deur slaan toe en Henna draai kortom.
“Hier’s moeilikgeit,” gesels sy met haarself
“Daniël!” roep sy, “hier moelikgiet, nannies groot moelikgeit.” Sy skuif haar kop-doek reg. Vir hulle is Elmey soos ’n eie kind.
Sy hou haarself skaars. Flora word beveel om nie oproepe van Roelf deur te sit nie. Sy verdwyn in die naaste kamer as sy hom sien.
DIE SEUNS KOM BRAAI VIR OULAAS
Elsie het aan Flora gesê Roelfie is siek en bly tuis. Daar’s glo ’n vrou wat na hom kyk. Arme kind, dink sy. Sy hoop en bid Elsie hou oog. Sy ry op die onmoontlikste tye.
Flora sit eenkant en druk haar oë toe. Sy weet as Elmey in so ’n bui is jaag sy. Elmey skrik toe die band die randsteen tref en sy verminder spoed, sy is nou op ’n be-sige pad met baie taxis en daar’s niemand blyer as Flora nie.
“Verdomde mansmens!” swets sy.
Skielik skel die foon, sy ry stadiger kyk eers wie dit is, sit haar noodligte aan trek eenkant toe en stop.
“Hallo my kind, hoe gaan dit, jy’s seker bly jy’s klaar met swoeg en sweet agter die boeke, ek is so trots op jou,” rammel sy.
“Hallo Moeks, hoe klink ons stem so dun vandag?”
“Noem dit maar leë nes sindroom, ek staan langs die pad, praat gou.”
“Wat maak Mams vanaand, kan ons klomp kom braai vir oulaas?”
“Enige tyd, dit sal lekker wees, moet Henna iets maak?”
“Van daai pap wat sy in dit oond bak, Evans se bestelling, ons gesels later bye. Is daar water in die dam en is dit skoon, ons wil vir oulaas nog kinders wees?”
“Ag tog, van wanneer af worry julle of die water skoon is?”
“Nooi Buurman ons braai en kuier lekker saam vir oulaas.”
“Hy het kuiermense sover ek weet, sien julle later okay?” Die foon klik af, wat moet sy anders sê? Sy sukkel om weer in die ry te kom, die verkeer is swaar, gelukkig stop ’n bakkie en gee haar ’n beurt. Nou konsentreer sy, die pad is besig.
Die seuns arriveer en gaan hulle gang. Sy pak vir die plaas, sy wil môre vroeg die pad vat, hier moet sy weg. Sy het Roelf heel week vermy. Dis ’n seer verlange in haar binneste nee, hier moet sy weg.
Flora bring haar pakkasie en sy begin alles gereed kry vir die lang pad Vrystraat toe. Na die seuns gegroet het, trek sy aan vir die reis en klim met klere en al in die bed. Flora slaap in die huis, sy wil nie die wêreld wakker maak as sy vieruur ry nie. Henna het ’n fles met koffie en toe
broodtjies alles gereed gekry.
Vroeg Saterdagoggend:- Roelf ry reguit Skuiwers Hoek toe. Hy staan taamlik lank, Daniël het gesê hy kan sy werk verloor as hy hom weer op die plaas toelaat en die ouman is ernstig. Hy kannie langer wag nie. Sy het hom die heel week geignoreer. Hy blaas die toeter ’n slag hard. Die hek skuif stadig oop en hy jaag amper op huis toe. Met die uitklim slag wag Daniël hom in.
“Waar’s Elmey en moenie met die werk storie kom nie?”
“Ek weet nie hoe werk julle koppe nie Morena, praat julle mense nie saam mekaar nie? Mme en Flora sy loop vroeë-oggend al Vrystaat toe.”
“Vroumense Daniël, vroumense!” Hy slaan die bakkie se deur met mening toe en trek weg jy sien net ’n stofstreep. Hy’s regtig nie lus vir die huis nie. Hy sal Pertonella toe ry en die pos gaan uithaal.
Die pink koevert trek dadelik sy aandag. Geen adres agter op nie. Nuuskierig maak hy dit oop en begin lees.
NET VIR JOU.
1’N STUKKIE SAAM WEES.
EK was so seker die muur om my was solied
sonder deur of venster raam
Selfs die plafon is van sement gegiet.
niemand sou ooit weer in of uit kon gaan.
Elke hoek sou myne wees
van my seer sou niemand weet.
Hoe het jy dan hier ingekom
met vaardigheid wat my verstom?
Sonder vaart of geweld …
het jy die muur weggesmelt.
En nou gaan jy my leer
die sonskyn weer te waardeer?
- My vriend jy is besig om die stukkies mens
langs dit pad op te tel en dit weer ’n heel mens te maak
deur dit stukkie vir stukkie aan mekaar te las.
Ek voel veilig in daai groot hande van jou.
Want vir ’n rede aan my onbekend weet ek in tye van groot gevaar,
daardie hande my sal toevou, tot die ergste storm bedaar.
- Jy loer deur die vesters van my hart
kruip stadig deur en land in ’n sagte wand
snoesig het jy jouself daar tuis gemaak.
saggies streel jy oor al my seer
drup liefdes nektar op elke sweer
sonder om ’n enkel roof te kraak.
Dis wat jou so uniek maak.
- Vriend is daar plek vir ons altwee by jou
warmte as jy my in jou arms vou?
Graag sal ek skuiling by jou wil soek.
Vriend is die plek in jou hart groot genoeg?
Geniet jou feestyd. Liefde Elmey.
Hy lees die gedigte oor en oor tot hy die uit sy kop ken. Dan kan sy nog dig ook. Sy is lief vir hom. Hy gaan haar haal!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Heerlik gelees dankie