Jongste aktiwiteit:

BIE VIR MY HART HOOFSTUK 10

HY GAAN SY VROU HAAL  HOOFSTUK 10

Die verdomde Hessie, heel week lê sy nou al daar op sy nek. As hy nog nooit ie-mand weggejaag het nie, doen hy dit vandag. Hy bel huistoe, gelukkig antwoord Elsie.

“Elsie pak vir jou en Roelfie ’n tas, julle gaan na Sonja toe. Ek gaan my vrou haal.”

“Jy gaan wat! Wat van die vroumens hier?” Elsie is verward.

“Pak Elsie ek kom!”

Hy bel skoonsus, “Sonja,” hy haal diep asem voor hy verder praat. “Sus, ek is oor ’n uur by my huis, daai vriendin van jou moet van my plaas af wees, verstaan ons me-kaar, sy neuk net my lewe deurmekaar. Julle sou die nag oorslaap, nou is dit al ’n week en sy sit soos klitsgras, kry haar van my plaas af. Ek gaan my vrou haal!”

“Jy gaan wat?” Vra Sonja verbaas.

“Kan Roelfie en Elsie vir paar dae by jou oorbly asseblief?” Langasem hy. “Nou sus nou, kry haar af!” Die foon klik en hy sit nog ’n oomblik. Hy gaan haar haal, vandag nog.

Sy sou nie daai gedigte gestuur het as sy nie lief was vir hom nie. Die week sonder haar was blote hel, hy het van vooraf besef dat hy nie sonder haar kan, of wil leef nie. Roelfie is siek, hy kannie verstaan hoekom hy nie na tannie Ellie toe kan gaan nie, hy praat kwalik sit weer net en staar. Nee, hulle kannie sonder haar nie, hy gaan haar haal.

SY ONTHOU DIE KOEVERT

Sy trek al anderkant Vereeniging toe sy onthou van die gedigte wat sy aangestuur het. Sy trap die petrol. Hy en sy hang-vrou, lag seker nou lekker oor haar implusiewe ge-drag. Sy sal haar tog wat verbeel, brom sy by haarself. Sal hy nou na ’n ouer vrou kyk as hy kan kies en keur?

“Mme ry stadiger, samblief, jy verongeluk ons vandag.” Smeek Flora vrees-bevange.

Sy kyk op die spoedmeter, genade honderd en sestig kilometers ’n uur, sy lig haar voet stadig, dankie tog vir Flora, anders verongeluk hulle sowaar. Net daar besluit sy om eers by Estie, in Parys aan te ry. Sy en Ria en Estie was altyd mekaar bieg-maats in hul studente jare.

Sy en Flora spreek af, Flora kuier by haar familie tot Sondag na ontbyt. Flora is in ekstase sy sien haar Parys familie maar min.

Elmey kuier heerlik en na haar gesprek met haar vriendin voel sy sommer kal-mer. Estie het haar omtrent die kop gewas, nie veel simpatie met haar gehad nie.

So sy het haar misgis. Vir hom was dit net ’n flirtasie en sy, onnosel wat sy is, uitge-honger vir opregte warm liefde, vreet alles op as van selfsprekend. Vir wat het sy nou weer alles beduiwel deur te staan en verlief raak!

RUS ’N BIETJIE

Dis laat Sondagmiddag toe hulle op die plaas aankom. Die RUS ’N BIETJIE bordtjie verwelkom hulle en sy draai met die grondpad af na die wooning toe.

Skielik slaan sy brieke aan en Flora skuif tot teenaan die deur. Die kar gly oor die grond pad en kom reg agter die wit bakkie tot stilstand.

“Mme wat maak jy?” Flora is vaal geskrik.

“Wie se bakkie is daai!” skree sy amper asof Flora sou weet.

“de Lange!” Haar vegters gees is terug. “Wat kom soek die vent hier en waar is sy bywyf?” Sy kyk Flora vraend aan, die skud net haar kop.

Oupa bly op die stoep stoel sit, Edna staan in die deur, en teen die pilaar staan die leninge gestalte van de Lange, arms gevou soos gewoonlik.

Sy storm die trappe op, groet oupa en haar ma. Woedend swaai sy om na Roelf toe. “Wat soek jy hier, het jy verdwaal?”

Hy tree nader, vat haar stewig in sy arms en soen groet haar behoorlik, huiwer ’n oomblik op haar lippe. Sy wikkel los maar hy hou sy greep. Voor sy dink hak sy af en skop hom hard op sy maermerrie.

“Los my uit, wat soek jy hier?” Haar swart oë blits pikswart.

Hy laat sy greep gaan, soen haar liggies op die voorkop. “Ek het dit verseker verdien.” Verberg hy die pyn en sê. “Oupa, ek gaan nou maar eers, ek sal op die dorp slaap, sien oupa môre as ek welkom is.”

“Jy’s altyd welkom in hierdie huis Roedolf en dis nie nodig om op die dorp te gaan slaap nie, hier is oorgenoeg plek vir ons almal.”

“Beslis nie vir ons altwee onder een dak nie Oupa, of hy ry of ek ry!” Sis sy be-slis.

“Elmey, van wanneer af behandel ons kuiergaste op hierdie plaas so hartjie?” Oupa se stem is sag maar ernstig. Hy bly ’n oomblik stil en sê:

“Die bordjie RUS ’N BIETJIE beteken presies net dit my kind.”

“Oupa…,” verder kom sy nie, dis nie haar huis nie.

Edna vat haar aan die arm en lei haar na haar kamer toe, wat nog net so staan. “Wat is aan die gang my kind?” Vra sy saggies.

Elmey stort haar hart uit. Enda sê niks, luister net en wag tot haar kind bedaar en lei haar kombuis toe.

“Kom ons drink ’n koppie tee, dit maak altyd alles beter,” troos haar ma.

Intussen gesels Roelf met oupa op die stoep en later hoor sy die bakkie wegtrek. Sy wil keer maar die trane loop van vooraf, Edna gee haar ’n sakdoek aan en sê nie ’n woord nie, laat die seer maar uitkom, sy kan net beter voel.

KERSFEES BREEK AAN

Kersdag en die foon lui skril in die eetkamer. Oupa tel op: “Dis vir jou Elmey,” oorhandig hy die foon, sy wonder wie op aarde haar hier sou soek.

“Elmey, goeie môre.” Verbaas hoor sy die stem oor die lug kom.

“Moet asseblief nie neersit nie,” kom sy stem pleitend oor die lyn.

“Baie dankie vir die mooi gediggies, dis die mooiste Kersgeskenk ooit en ’n ge-seënde Kersfees vir jou ook, Elmey…”

“Dankie vir die bel,” knip sy die gesprek kort. “Hier’s oupa.” Sy oorhandig die foon aan Oupa en sy hoor hom sê:

“Jy is meer as welkom Roedolf, ons sien jou later.”

“Edna kyk haar verbaas aan toe sy Flora bel en beveel om te pak, hulle ry die volgende dag terug.”

“Ag nee my kind, nou maak jy mos nie mooi nie, dis nou nie ons skuld dinge het verkeerd geloop nie. Oupa is baie lief vir jou en hy is nie meer jonk nie. Bel nou weer vir Flora en kanseleer toe.” Haar ma klink so hartseer. Sy skakel dadelik weer en kan-seleer.

“Jy moenie so mors met die oumense nie Mme, ons ken jou nie so nie,” raas Flora aan die ander kant.

“Okay, ek is nie lus vir ’n preek nie”

“Mme, hy gee om, dis hoekom hy hier is…”

“Sit neer daai foon voordat ek my mind chance.” Sê sy vies.

“Ek sê net hy worry, hy gee om.” Hou Flora vol en hoor hoe Elmey die foon neersmyt.

“Sorry se voet, hoeveel sorry’s moet ek nog opvreet!” Sis sy.

“Jy haal jou seer op die verkeerde mense uit my kind.” Praat oupa vir die eerste keer met haar oor Roelf.

“Hy het my vertel wat gebeur het en ek weet hoekom jy so kwaad en seer is, want ek weet waardeer jy is, dink jy dis regverdig om almal oor dieselfde kam te skeer?” Hy bly stil en wag dat sy iets sê.

“Oupa dis beter om alleen te wees as om weer deur die hel te gaan, ek sien nie kans nie. Lank staar sy na die swaeltjies wat laag oor die graslande vlieg en die goggas vang.

“Jy is nog jonk, jou goue jare begin nou eers, jou lewe lê nog voor. Mens is nie gemaak om alleen te wees nie.

“Waarvoor is ’n vrou gemaak, om as vloermat en slaaf te dien?” Vra sy bitter.

“Elmey, stop dit nou dadelik. Het jy ooit gesien ek behandel jou ouma met iets anders as respek en liefde? Stop daai praatjies van jou dadelik.” Hy klink so kwaai en eintlik seergemaak, sy voel soos ’n boef.

“Ek is jammer Oupie, regtig jammer. Dit is waar, Oupa en Ouma was die liefde vanself. So jammer.”

ROELF WORD GENOOI

“Jy’s baie welkom Roelf.” Hoor sy haar ma die foon antwoord. Oupa sit net sy hand op hare en sê:

“My kind dink mooi voor jy optree, ons kan nie vir jou besluit nie. In die tyd wat ek die man ken, lyk hy vir my na ’n man wat ookal sy deel van ellende agter die rug het.

Die bakkie stop voor die huis en haar maag draai behoorlik. Sy weet nie of sy moet opstaan en loop en of sy hom om die nek wil gryp nie. Sy het hom gemis, al is sy so hartseer en kwaad. Sy bly net versteen sit.

Hy kom stadig op groet oupa en Edna wat in die deur verskyn. Stap na haar toe en vra: “Mag ek jou maar groet ek bedoel ordentlik, onthou net dit was die linker maer-mearrie”

“Hallo Roelf, ek’s jammer,” sy kyk skuldig weg.

“Glo my ek het daai skop dubbel en dwars verdien, vir die seer wat ek jou aange-doen het. Ek belowe jou voor jou ma-hulle dit sal nie weer gebeur nie.”

“Ek wil jou nie voor ’n ultimatum stel nie Roelf, jy kan met jou lewe maak net wat jy wil en sien net wie jy wil.”

“Bedoel jy dit?”

“Jy ken my goed genoeg om te weet ek sê nie iets wat ek nie bedoel nie.”

“Wat ek nou wil doen is om jou ordentlik te groet, as Oupa nie omgee nie.”

“Wie wil jy my nou ordentlik groet, of vir Oupa?” Vra sy ondeund.

Hy staan nader. “Waar kom Oupa aan die een, sy kan die wêreld vir ’n man moeilik maak.” Hy buk vooroor en soen haar saggies op haar voorkop.

Oupa kyk die prentjie met ’n glimlag aan. Dit sal sy ou hart so verbly as sy kleindogter geluk kan vind in haar lewe, dink hy.

HEERLIKE OPMAAK

Een van die werkers kom Edna roep, daar ’n probleem by die stalle. Oupa staan op.

“Gee my kierie en waar’s my veldhoed, ek stap saam met jou.”

“Is daar nie iets waarmee ek kan help nie Edna?” Wil Roelf weet.

“Genade kêrel het jy nie genoeg om jou mee besig te hou nie?” hy knik na Elmey se kant toe.

Elmey wat ook amper lus was en stap saam, is tog dankbaar sy en Roelf kry’n alleen tyd. Sy moet hoor waar sy staan. Sy hoef nie eintlik te wonder nie, want as hy al die pad hierheen gery het moet dit seker iets beteken.

Roelf sak neer is die stoel langs Elmey waar oupa pas gesit het. Hy sit sy hand op hare.

“As ek moet sê ek is jammer oor die misverstand en seer wat ek veroorsaak het is dit ’n understatment. Sonder jou:- kan ek my lewe nie meer voorstel nie. Nie vir Roel-fie se onthalwe nie vir myne. Ek het iets ondek wat ek nie eers halfpad verstaan nie, maar daarsonder is ek ’n halwe mens.

“Waar’s Roelfie?”

“Nee voordat jy vra, beslis nie by Hessie nie. Sy het vir die laaste keer ons le-wens versuur, sy is sak en pak weg, ek het haar goed laat verstaan ek stel nie belang in verhouding met haar nie. Ek het ook vir Sonja verduidelik haar vriendin versuur net my lewe, want die meeste van die tyd is dit sy wat haar daar kom aflaai dan verdwyn sy en ek sit met Hessie.

“Sal jy asseblief terugkom na ons toe, ons kannie sonder jou nie?” Hy staar oor die plaas en sien hoe ’n paar beeste onder die boom staan en herkou. “Jy sê niks?”

“Roelf ek is bang, dalk is ek nie wat jy dink ek is nie. Ek kan die pad nie weer loop nie.”

“Elmey ek weet wat ek weet en dit is:- Ek is onsettent lief vir jou, nie vir wat jy kan doen, of hoe goed jy met mense is nie, maar vir jou mooi siel.” Hy kniel voor haar.

“Ek is lief vir jou,” hy staan op, trek haar op en kyk haar intens aan en trek haar teen hom aan.

“Elmey,” met ’n sug buig hy af en soen haar sag maar innig. “Ek kan jou nie die hemel en aarde belowe nie, maar waaragtig verneuk sal ek jou nie,”

Vir ’n oomblik verset sy haar. Kan sy weer hierdeur. Kan sy hom glo? Sy voel hoe sy smelt onder sy aanraking. Wonder of dit die regte besluit is. Stadig gee haar weerstand mee en sy raak weg teen sy bors.

“Wat ook al voorlê sal ons saam uitsorteer, ek belowe, met jou aan my sy, sien ek kans vir baie.” Hy wag vir haar antwoord. Sy staan net stil, sit haar darem nie meer tee nie. “Sê net iets asseblief,” smeek hy tussen haar hare.

“Net soos ek is?” Vra sy teen sy bors.

“O, ja my lief, omdat jy is soos jy is,” fluister hy saggies.

“Ek is lief vir jou, en vir jou seun, so lief…,” verder kom sy nie. Sy kyk op na die man wat haar nog steeds nie laat gaan nie. Hy het haar kom haal…

“Jy kan nou maar los,” lag sy. Sy is lief vir hom. Sy kan die versoeking nie weer-staan nie en vra:

“Sal ek Hessie as strooimeisie vra?”

“Vroumens, kyk as ek jou darem nie so lief gehad het nie!”

“Los nou maar, ek dink ek kan my man staan.”

“O nee, so maklik los ek nie weer nie. Jy belowe eers jy hol nie weer nie. Ek het jou lief, Elmey Furstenburg,” sê hy saggies. “Ek het gisteraand al klaar ouers gevra. So wat sê jy?”

Sy kyk diep in sy blou oë, soek antwoorde, sien die erns daarin. Hy bedoel elke woord.

“Ek dink net ons moet dit stadig vat,” weer sy.

“Hoekom?” Hy vryf saggies oor haar hare, streel haar gesig. “Trou met my asseblief?”

“Ek is lief vir jou Roelf, dit maak eintlik seer.” fluister sy

“Solank dit lekker seer is.” Sy lig haar kop en hul lippe ontmoet, vergete is almal en alles.

“Ja,” fluister hy. “Daar is plek vir ons al twee by my.” Hy het die boodskap gekry.

GELUKKIGE OUMENSE

Oupa kom stadig opgestap van die stal se kant af, hy kyk na die toeneel op die stoep. Glimlag gelukkig, gaan staan rustig onder die doringboom en wag, Edna haal hom in, hy wys na die toneel op die stoep, stadig begin die twee oumense huis toe stap

“Ag Pa, ek is so bly vir haar, sy verdien ’n bietjie geluk.”

Hulle word eers bewus van die twee ouer mense, toe Oupa op die eerste trappie met sy kierie klop en ewe droog sê:

“Toe julle twee, julle weet mos ek hou nie van ’n laat etery nie, laat daai vuur aangepak kom jong, dis nog ’n rukkie voor die kole reg is.”

“Jammer Oupie.” Sy loop na die ouman toe, sit haar hande om sy nek en fluister.“Daar is nie ’n beter Oupa as myne nie.” Kry net so ’n hou op die boud.

“Toe nou my kind, gaan help met daai vuur.”

Dit word ’n heerlike, gesellige aand, daar word oor alles en nog wat gesels, behalwe die onaangename gebeure.

“Roelf ek het vir jou ’n kamer reggemaak, jy is welkom om oor te slaap,” stel Edna voor.

“Dit sal gaaf wees, wie is nou lus om so ’n heerlike aand op te breek, ek moet juis môre terug gaan.”

“Nou vir wat nou so haastig Roedolf, dis mos langnaweek man,” maak Oupa kapsie.

“Oupa, ek was amper van my kop af, toe Daniël vir my Saterdagoggend sê sy is vroeg al weg. Ek het alles net so gelos, my skoonsus was gaaf genoeg om na Roelfie om te sien vir twee dae. Sonja sal verstaan, Roelfie was skoon siek die hele week.” Hy sug.

“Oupa weet hoe dit gaan met die volk oor Kerstyd, party is weg met verlof, ander dronk en of die melkery nou gedoen is kan mens net hoop.”

“En jy my kind?” vra Edna.

“Nee Mamma, ek en Flora ry eers die derde, vroegoggend, ek sien julle min genoeg.” Sy skuif nader na Roelf toe en sug tevrede: Die vrede is herstel.

ROELF DOEN VERSLAG

Dis laatmiddag van die 30ste Desmber, Roelf stop voor die deur van skoonsus Sonja.

Roelfie het die bakkie sien aankom, en storm op sy pa af en hardloop hom amper onderstebo.

“Naand Sus, jammer ek kom nou eers hier aan, die stryd was erg,” hy sê met ’n glimlag en Sonja weet sommer dit het goed gegaan.

“Nou kom in en drink gou iets, is jy honger, hier is heerlike koue vleis en slaai wat oorge-bly het. Eintlik wil ek eers die hele storie hoor, sit ek maak koffie,” rammel Sonja bly.

“Okay, haal asem jong,” lag Roelf.

“Ja ek sal iets eet ook en alles vertel, as jy my kans gee om ’n woord in te kry.” Hy tel sy seun op swaai hom in die lug en stap saam kombuis toe.

“Kan ek nou daai beloofde koffie kry en iets in my maag?” So tussen die kou deur vertel hy haar van sy reis en die uitslae daarvan.

“Tevrede?”

“Meer as, man jy is in so bui hier weg, ek was bang jy verongeluk jouself, dit was omtrent ’n verligting toe jy bel. Die lyne plaas toe is uit, so wat daar by jou aangaan kan ek regtig nie sê nie.

“Waar’s die tannie Pappa,” Roelfie verstaan net een ding, sy het nie saamgekom nie.

“Sy kom my seun, sy kom, sy kuier nog ’n bietjie by jou nuwe Groot oupa, en jou Ouma.” Hy tel sy seun weer op en druk hom styf teen hom vas, hy kan amper nie glo dis die-selfde kind wat maande terug net vel en been was nie.

“’By the way’ Sonja, wat het van Hessie geword, wraggies dáái vrou moet uit my lewe bly.”

“Hoekom slaap jy nie oor vanaand nie, Roelf, Roland is nou terug, hy het net gou na iemand se stoof gaan kyk dit sal nie lank wees nie?” Sy plaas die leë borde in die wasbak en bedek dit met ’n vadoek. “Wat kan jy tog nou in die nag daar gaan doen, die bed is reg,” Sy is nog besig om te praat toe Roland voor die deur stilhou.

“En Hessie?” vra hy weer, “ek kry die indruk jy vermy die antwoord.”

“Man om jou die waarheid te sê, sy was woedend, het haar goed in die kar gesmyt en gesê niemand, maar niemand, skryf vir haar voor wat sy met haar tyd moet doen nie. Om die minste te sê:- sy het skaars gegroet en soos ’n mal ding hier weggejaag. Nog nie weer van haar gehoor of gesien nie,” sê sy skouerophalend.

DIE BROERS VANG OP

“Naand broeder,” groet Roland. “Geslaagde mission hoop ek?” Hy sit die toolboks neer.

“Dit verdien ’n bier, sou ek sê, as dit jou vraag beantwoord,” dis ’n tevrede man wat te-rugsak in sy stoel.

“Nou geluk broer, laat ons drink daarop, die alleen lopery van jou moet nou end kry.” Roland draai om en was sy hande by die wasbak op die stoep.

Hulle kuier tot laataand. Die twee broers het hulle ouers vroeg in hul lewens ver-loor en is onafskeidbaar. Hulle gesels oor alles en nog wat. Roelfie raak aan die slaap teen sy pa se bene.

“Nouja, laat ons bed se kant toe staan,” is Roelf se voorstel.

“Dink nou net broer, ou Roelfie gaan darem ’n Ouma en groot Oupa in sy lewe hé, mense wat hom aanvaar en verstaan.”

“Ja en ek ’n splinternuwe skoonsuster, omtrent tyd,” lag Roland.

HUIS TOE

Vroegoggend vertrek hy met sy hele familie plaas toe. Dankie tog alles staan nog, getrou kom Sam aangewaggel:

“Morena, dankie tog jy’s terug, hel jy was so moerig, ons het geworry. Gaan toe net aan met die job en bid jy maak dit.” Nodeloos om te sê, hy’s ’n paar biere ver.

“Baie dankie Sam, ek kan altyd op jou staatmaak. Hoe gaan dit met die melkery, het julle die room weggevat?”

“Nee, alles is shárp Roelf, alles is sharp,” beduie hy duim in die lug.

Ja en dis Krismis, dink Roelf met ’n glimlag, tog te bly die plaas staan nog.

NINA NEEM OOR

“Nina!” Roep Elsie haar oudste. “Gaan kry jou aner suster, ons kry die stink plek nooit fresh voor Mme hier aankom nie.”

“Maar Mamma,” probeer Nina teëpraat.

“Sal jy vir jou stá en hans hou meisiekind, loop maak soos ek sê, julle het heel goddelike Krismis sta en leeglê, roer vir jou,” dreig sy met die verestoffer.

“Ou Magog, dis Oujaar man, jy kan mos na Nuwejaar skrop en skoonmaak”

“Dan’s Mme hier en ons moet haar in die vuil huis ontvang? Nee Roelf, doen jy jou ding, die huis is myne.”

Roelf weet van lankal af, om met Elsie te stry is asem mors. Hy roep sy seun en stap af kraal toe. Hy moet nog oor ry na Elmey se plek toe en gaan kyk of alles nog staan, soos hy belowe het.

Roelf blaas die toeter by Elmey se hek, en hoop van harte daar is ’n lewende siel om vir hom oop te maak, met Kers naweek weet mens nooit nie. Hy wag ’n paar minute, ou Daniël kom van die hutte af aangewaggel, sover hy weet drink die ou siel nie eintlik nie, maar die volk kuier oor en weer, hy’s dankbaar Daniël is wel hier, hy glimlag as hy sien Henna ook om die aangehardloop kom, dink seker dis Elmey.

“Môre, Morena, hoop dit was ’n happy Krismis daar by die oumense, ons is bly jy’s nog in een stuk. Waar’s Mme Elmey? Hoekom kom sy nie saam nie?”

“Stadig Moholo, een ding op ’n slag, Mme kom die 3de, sy kuier nog bietjie by die ou mense. Henna hoe lyk dinge hier, alles nog reg?”

“Hoe ken jy vir my Roelf, mos hou ek nie van vandag af die plek aan die gang nie. Ai, Mme moet vir ons ook ’n smart phone gee dat ons kan communicate, die land-line is al heel week uit.”

“Kom ons gaan kraal toe, laat ons sien. Waar’s die ander, is dit net julle twee oumense hier?”

“Nee Morena, hulle maak beurte glo my, hulle vat nie kanse met my nie, dis van-dag Tebogo se beurt om te melk en die hel haal hom as hy dronk is. Hier hire en fire ek, dit weet hulle.” Trots stap die ouman vooruit.

Dat die mense na die plek omsien is duidelik, alles sovêr hy kan sien is netjies en in die haak.

“ Die kalwers hulle lyk naby sal Mme hier wees?”

“Dis die verlang wat praat Moholo, Mme sal meer as betyds wees.”

“Ek het vir jou koffie gemaak Roelf en sommer beskuit ook,” sê Henna met hul terugkeer.

“Ek’s seker Elsie skrop nou daai huis, wou nie eers oorkom vir die New Year nie,” sy sit die skinkbord op die voorstoep neer.

“Dankie Henna, ja ek sê jou, mens kan nie met haar huishou nie,” hy sit terug en kou behaaglik aan die heerlike anys beskuit.

“Wel dis nog net so twee en half dag dan is sy hier.” sê hy en tuur oor die vlak-tes, hy verstom hom oor hoe die plek nou ’n regte plaasatmosfeer ontwikkel het. Met Frans en sy invoer-besigheid was dit ’n heel ander atmosfeer. Kyk na die skrop-hoenders, die langnek ganse dit skep sommer net ’n rustige atmosfeer. Lank sit hy en wonder of sy dit sal opgee om by hom in te trek. Sy huis is wel groter, maar hier voel jy haar. Sal hy die heining tussen hulle kan af breek, letterlik en figuurlik!

“Henna, ek gaan nou eers, anders is ek in die moeilikheid by Elsie, sy’s erg op laat kom vir ete.”

“Rapport asseblief die phone Roelf, dis moeilik so”

“Dis vakansie Henna, glo nie dit sal help nie, maar ek maak so, stuur een van die jonges oor as hier probleme is, sommer kortpad.”

“Kom seun, Elsie wag. Lekker Nuwe Jaar vir julle Henna, praat as jul iets nodig het, ek sal seker later ’n draai by Petronella gaan maak, hulle is toe vir Nuwe Jaar.”

“Jy kan 4 kilos bruinsuiker bring asseblief Roelf, met al die gekuier is ek skoon uit suiker uit.”

Hy ry stadig weg, kyk na die boord, alles netjies skoon, toet twee keer, die hek skuif sta-dig oop, hy is salig gelukkig. Is dit nou waar, gebeur alles regtig? Kan dit wees, so gelukkig om ʼn tweede kans te kry?

“Ag dank die Vader,” kom dit vanuit sy binneste.

OU JAARSDAG

Dis Oujaarsdag, die son het net agter die koppe verdwyn, die klappers gaan weer groot geraas maak

“Pappa kyk daar!” roep Roelfie opgewonde uit as die klappers afgaan en duisende kleur-volle sterre die lug opskiet. Hy hou sy seun vas tussen sy knieë. Hoe dankbaar is hy tog, eers het

Roelfie nie in klein dingetjies belanggestel nie. Hy het net gestaar, nie ’n woord gesê nie, so asof hy niks sien, of in niks belangstel nie. Net daarvoor is hy innig dankbaar. Die vrou het wondere in hul lewens verrig.

BESOPE BESOEKER

Nou wie op aarde sou hierdie tyd van die aand hier aankom wonder hy. Roland hulle

het gesê hulle is genooi vir ete, wou hê hy moes saamkom, maar nee, hy wil sommer net hier sit en gelukkig wees en wag. Net ’n dag of twee en sy is hier!

Hy staan op om die hek oop te maak en kry amper ’n oorval toe hy sien wie op die skerm is.

“Hessie!“ Laat haar sit, hy is nie tuis nie!

“O hel,” sug hy, die bakkie is nie gebêre nie en staan reg onder die boom duidelik sigbaar.

Hessie lê op die toeter, letterlik lê! Hemel netnou is die hele buurt hier. Laat hy tog die verbrande hek oopmaak. Sam kom aangedraf, Elsie kort op sy hakke.

“Nou wat nou Roelf,” vra Elsie uitasem.

“Ek dog jy’t jou remote vergeet en staan voor die hek, toe sien ek die bakkie hy’s onner die boom.” Kom dit van Sam af.

“Ja okay julle, ek was net stadig,” wink hy hulle terug.

“Man daai vrou, ek is nou net besig om die plek skoon te maak!” Kom dit van ʼn baie ongelukkige Elsie af. “Samblief Roelf, sy moet buite rook.”

“Nou toe nou julle twee, weg is julle”

“Jy soek moeilikgeid Roelf, hoor jy my, groot moeilikgeid!” Hande in die sye stoom sy terug.

“Ek het haar nie genooi nie,” Verdomp, swets hy vies agter hulle aan.

“Ek dog ek het myself duidelik gemaak Hessie, jy’s onwelkom hier!” Hy’s die duiwel in verseker. Hy kom dadelik agter, sy is nie by nie en verstaan nie ’n woord van wat hy sê nie.

“Ai Roelfie, jy gaan my tog nie die nag instuur nie, gaan jy? Dis Ou Jaar man, have a heart.” Sy nooi haarself in,

“Happy, happy man,” strompel sy met die trappe op, Roelf ruik haar drankasem op ’n afstand, sy struikel weer ’n slag en slaan neer op die naaste stoel.

“Kry gou my sak in die kar asseblief, jy mind mos nie,” mompel sy.

“Kry jou verdomde sak self, verstaan jy nie jy’s onwelkom nie?” Hy kan stik van woede.

Roelf is lus en stuur die vroumens in haar peetjie in, maar sy is so gesuip, hy weet nie hoe sy hier gekom het nie? As sy nou ’n ongeluk maak, sal dit op sy gewete wees, never mind nog die mense wat sy dalk verongeluk.

“Jy kan oorslaap, vroeg môreoggend kry jy jou ry, verstaan ons mekaar?”

“Net so, ou Roelfie, net so,” sleeptong sy.

Hemel laat ek liewer haar sak loop kry, netnou val sy haar simpel en moet ek haar ook nog opdra, swets hy saggies.

“Kom laat jy in die bed kom en jy rook nie weer in die kamer nie, Elsie het net vandag gordyne gewas.”

“Wat se nonsens is dit die, van wanneer af vat jy instruksies van ’n meid af?” Druk sy die stompie dood en slinger gang af.

“Kyk vroumens, wil jy verdomp oorslaap of nie? Dan hou jy maar by haar reëls!”

“Okay, okay,” sy klere en al op die bed neer.

ELMEY KEER TERUG

“Ry tog net versigtig my kind,” maan oupa toe sy haar laaste tas in die motor laai.

“Flora bring daai koekblikke dit vergeet ek nou nie.” Sy is hartseer-opgewonde, die kant is haar familie en aan die ander kant is Roelf, sy kan nie meer wag om hom weer te sien nie.

“Jammer ek ry voeër Mams, maar die liefde roep,” lag sy skalks.

“Ek verstaan my kind, ek’s bly vir jou, pas jouself op.” Edna hou haar dogter styf vas.

“Veilig ry en laat weet wanneer die troue is, ons kom dadelik.”

“Stadig my liewe Ma, kom Flora dit word laat.”

“Jis Mme, ek’s bly jy is nie meer so moerig nie, amper verongeluk jy ons toe ons kom, ek dog ek sien my family nooit weer nie.” Sy is so verlig, Elmey moet glimlag.

EERS DRAAI BY ROELF

Dis laat Woensdag middag toe hulle by die Pietersburg afdraai kom. Nou is dit nie meer vêr nie. Sy is so opgewond, dis met moeite wat sy haarself weerhou om die petrol in te trap.

“Mense gaan mal met die krakers Mme, kyk daai mooi een,” gesels Flora vrolik.

“Ek moet in die pad kyk jong, netnou raas jy weer met my,” lag Elmey.

Haar kop draai, sal sy by Roelf intrek? Wat dan van haar plek waaraan sy so hard gewerk het? Sy kan altyd haar plek in ’n gastehuis omskep, vir mense wat wil vis-vang, of vir mense as die skietseisoen oop is.

Henne is goed met kosmaak, broodbak en so voorts. As die koeie eers goed melk gee kan mens botter ook maak, droom sy voort.

“Mme jy hoor nie ’n woord wat ek sê nie.”

“Sorry Flora, ek het baie om aan te dink jong, wat sê jy?”

“Gaan jy nou ophou met die besigheid as jy tot trou kom?”

“Nee, genade mens, die plaas gaan aan en die sentrum moet help met die kostes, ons gaan aan soos gewoonlik.”

“Maak ons dadelik oop, of eers Maandag as almal terug is?”

“Maandag, ons moet eers skoonmaak.”

“En daai smile Mme?”

“Ek dink ons gaan eers by Roelf aan, hy sal verras wees, hy verwag ons eers môre, jy kan sommer vir Elsie-hulle gaan groet.” Hulle draai met die grondpad af plaas toe. Dis regtig droog, bietjie reën sal welkom wees, dink sy by haarself. Sy hop deur ’n slag gat.

“Ja-nee, Flora ons is tuis,” lag sy en swaai uit vir die volgende gat. Sy is so bly hy het vir haar ’n remote gegee, nou kan sy hom lekker verras. Sy moet dadelik ’n dup-likaat van hare laat maak vir hom. Die glimlag op haar gesig lyk al soos ’n mombakkies, sy is net so gelukkig.

ROELF HELP HESSIE WEG

Dis laatmiddag. Roelf slaan aan die kamer deur. Vir wat slaap die verbrande vroumens alweer, dis eers vier uur! Sy het heeldag op daai stoep gesit en haar simpel gerook, dit nadat sy belowe het om vroegoggend al te ry, nou lê sy alweer in die kamer. Praat hy hardop met homself.

Sy was so gesuip gisteraand, het vroeg gaan slaap. Maar na omtrent tien kop-pies sterk swart koffie vanoggend, behoort sy nugter genoeg te wees om die pad te vat. Drom hy voort.

“Hessie maak oop die verdomde deur voor ek hom afskop!” Swets hy van die kant af.

“Ag Roelfie, ek het ’n helse kopseer man, ek belowe, môrevroeg val ek in die pad, have a hart man.”

Hessie se kar staan amper op die stoep trappies geparkeer. Elmey slaan briek aan, mis die boom rakeling, haar remme skreeu.

Roelf is net betyds om te sien hoe sy om die boom draai en terug jaag hek toe, hy vloek en storm uit maar is te laat, al wat hy sien is ’n stofstreep.

Hy draai terug en skop die deur met een woedende skop uit die slot uit. Die deur slaan teen die muur vas en Hessie skrik haar helder.

“Roelf! Het jy mal geword man?”

Woordeloos gryp hy haar goed wat rondlê en druk dit in haar drasak, gryp haar aan die arm en help haar regop. “Kry jou ry vroumens en sit jou pote weer op die plaas en ek laat jou toesluit! Verstaan ons mekaar?”

Dis ’n verbaasde, verstomde Hessie wat verwart amper die trappe afval. “Roelfie?” Sy kyk terug… vas in ’n bloedrooi woedende gesig, val in haar kar en s start…, stol…start, vir ’n oom-blik nie weet sy nie wat om haar aangaan nie. Sy kyk weer op in die woedende gesig van die man op die stoep en trek weg asof die duiwel self agter haar aan is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed