BIE VIR MY HART HOOFSTUK 8
ELSIE EN DIE ROOIKOP HOOFSTUK 8
Dis Saterdag, gewoonlik gaan Roelfie saam Roelf of bly by Elsie. Die huisfoon lui en Henna antwoord. Wat ’n gebabbel! Mens wonder soms of hulle ’n foon nodig het.
“Mme daar’s moelikgeit by Elsie, groot moelikgeit. Daai Rooi hare is daar, sy het Roelfie by Elsie gaan haal, toe hy willi gan nie, sy gryp hom by die kollar en sê dis tyd la hy luister, want sy gan met hom se pa trou en sy gan nie die nonsens vat lat hy altyd by die meid se kamer bly nie.
“Hau, Mme, daai Elsie sy gan die hart moeilikgeid kry, want sy gan daai vrou vandag donner en die jail wag vir haar. Sy kry nie Roelf by die hande nie. Mme, sam-blief daai kend hy’s daie bang.”
“Okay, okay, stadig jy, ek ry nou, sal gaan kyk.” So dan is dit hoe sake staan, dit is sy girlfriend. Daai vrou moeinie dink sy gaan Roelfie weer terugdruk in ’n gat nie, oor my dooie liggaam. As Roelf sê dis okay so, is dit ’n ander saak, tot dan, nie maklik nie. Brom sy by haar-self, en die Mazda trek weg.
Henna het seker laat weet sy is oppad, want toe sy by die hek kom skuif dit oop. Sy haal diep asem toe sy stop, sy moet nou kalm bly.
“Vra vir daai een,” storm Elsie op haar af en wys sy na die Rooikop. ”Wie is haar donners meid!” Sy draai haar voorskoot op in ’n knoop.
“Elsie, kalm nou,” sy stap stoep toe, Roelfie sit soos ’n verskrikte haas in die hoek van die stoep.”
“Môre dame,” groet sy en draai na Roelfie toe, “hallo grote, wil jy nie saam my kom nie?” Nooi sy hom. Dadelik vlieg hy op en hardloop na Elmey toe, met die verby-gaan, gryp die Rooi-hare hom aan sy hemp.
“Waar dink jy gaan jy heen?” Snou sy.
“Laat los hom!” Beveel Elmey sag en haar swart oë blits daai rooihare in n ander kleur in. Stadig laat sy die kind gaan en Elmey beveel hom om in die kar te klim.
“Elsie gaan na jou kamer toe en bly daar tot Roelf terugkom okay?
“Wie dink jy is jy?” Skreeu die Rooikop agter Elmey aan.
“Jy sal nog uitvind,” antwoord Elmey, oor haar skouer.
Sonder ’n verdere woord klim sy in die kar, wag vir Elsie om die hek oop te maak en ry deur. Elsie staan ’n wyle, stap terug kamer toe en sê:
“Daar is vir jou ’n vrou,” sê sy aan haar dogters en vee haar gesig met haar voor-skoot af, ek sal net hier bly omlat Mme my georder het, daai Rooihare moenie haar lyf hier kom rond gooi nie. Die kend is nie hare nie!
Laat aand:-
“Hallo Elmey, Sena, Jammer oor die gemors vanoggend, die vrou het nie einde nie, dankie dat jy ingegryp het,” bedank Roelf haar.
“O,” sy is so verbaas sy kry nie ’n woord uit nie.
“Elsie het my vertel, man die vroumens ken nie van nee vir ’n antwoord nie.” Hy klink half vies. Amper land Elsie in die tronk as jy nie kom help het nie. Want sy sal haar aanrand as dit by Roelfie kom.”
“Nee, willie gaan nie,” huil hy.
“Nee grote, pappa is nou by, dis okay,” sy soen hom op die voorkop.
“Ons sien jou na skool Maandag, lekker slaap,” troos sy.”Nag Roelf,” groet sy bod.
“Dankie weer vir jou hulp en Elmey, daar’s niks tussen ons nie hoor.”
“Ek weet,” verstaan sy verkeerd.
ITALIANER SOEK AFSPRAAK
Die donkerkop Italianer staan in die deur, sy hare deurmekaar lyk of hy sy pet net afgetrek het. Hy is baie ontsteld, hy moes nou van ander mense hoor die Sentrum behoort aan haar. Sy Italianse hart is in vlenters, hy is nog altyd onder die indruk sy werk net hier.
“Now my lady, can you please fit me in?”
Flora hoor hoe sy vasbrand en roep haar vir die denkbeeldige klient wat gereed is, sy maak verskoning en verdwyn die kamer in.
“We’ll talk later okay?” Sy gaan sit op die stoel in die kamer. Wonder wat Roelf doen en wat hy bedoel het.
“Hoe lank moet ek nog die man van jou lyf af hou, hoekom sit jy nie Roelf op hom dan’s dit verby nie.” Flora het lankal agter gekom daar broei iets tussen die twee.
“Is jy nou simpel, vir wat sal ek die vent vra, glo my hy’s besig genoeg. Buiten-dien het ek nie tyd vir nonsens nie, ek’s klaar met mans, jy weet dit tog!”
WEDYWER OM HAAR HAND
Die volgende oggend is die Italianer weer daar en wag vir Elmey om uit te kom.
“My Lady, I wonder if you will join me to the grand opening.”
Roelf kom met die aanhoor daarvan by die deur in en kyk die Italianer skeef aan, met opgetrekte wenbroue. Groet vriendelik in Engels. Hy stap verby hom en vat Elmey aan die elmboog. Dis ’n eerste en sy kyk hom verstom aan.
“Hoe laat tel ek jou op, sal seweuur reg wees?” Vra hy alles in Engels sodat die man hom mooi verstaan.
“So sorry I am to late again, but you wil spare me a dance my lady?”
“Sure I’ll do” Antwoord sy verstrooid en die arme man stap hangskouer weg. Sy draai na Roelf toe.
“Het jy my gevra?”
“Ja verseker, dink jy ek gaan daai Don Jean in my slaai laat krap?”
“Wel Flora het seker vergeet om dit in die boek aan te teken,” spot sy haar ver-leenheid weg.
Nou wat van die Rooikop? Het hy nou bedoel daar’s niks tussen hulle nie, of daar’s niks tussen hom en die Rooikop nie? Sy vra liewer nie want in haar enigheid het sy tog gehoop hy sal haar vra. Die foon lui en sy antwoord.
“Baie dankie Johan, dis gaaf van jou, maar Roelf het my reeds gevra, ek is seker dit gaan ’n heerlike aand wees.
“Ek het jou net betyds kom red,” spot hy.
“Wie sê vir jou ek wou gered wees? Jy’s net gelukkig ek het klaar ja gesê,” spot sy terug.
DIE SEISOENE VERANDER
“Die Augustes winde, begin heel laat waai en verwyder die laaste van die Jakatandas se seisoen-klere, voordat hulle hul regskud vir die pers-blou ontploffing in Oktober. Fyn poeierstof sif oral neer. Almal bid vir reën.
Die terein ondergaan ’n metamorfosa. Oral het le Roux groot palms laat insit. Die rotse by die swem area is afgerond en versier met allerande soorte varings en lyk so eg. Die glybaan loop tot in die swem area. Kleurvolle blomme omvou die rante van die sypaadjies.
Die Italianers se restuarant staan soos ’n kunswerk versteek agter ’n magdom palms en varings. Uitgestreke grasperk met sement tafel en bankkies oral, om te verseker daar’s genoeg plek vir besoekers en ’n goterige kiosk wat versnapperings en ligte wegneem etes voorsien.
HAAR GROOT AAND
Nou is dit haar groot aand, sy kan nou nog nie glo Roelf het haar gevra nie, sy was se-ker dis die Rooikop.
Sy staan voor haar hangkas, sy weet presies watter rok sy gaan aantrek. Sy het al vergeet hoe dit voel om mooi te lyk, T hemde en jeans doen hulle werk op die plaas en haar wit verpleegpakkies vir die werk.
Mooimaak is laag op haar lys, sy het laas uitgegaan toe sy saam met die Dokter ’n funksie moes bywoon en sy gedwing was om weer ’n aandrok te gaan koop. Sy moes skaam erken sy nie meer ’n aanddrag nie, toe hy haar vra om een saam te neem, vir die dineë wat na die vergadeing sou plaasvind.
Na haar skeisaak het sy al haar aandrag weggemaak, van dit het sy genoeg gehad. Wat ’n wonderlike aand was dit nie, daardie aand in Bloemfontein saam die klomp uitlanders nie. Vir die eerste keer in haar lewe was sy behandel soos ’n vrou en het sy gevoel soos een. Sy sit op die kant van die bed en hou die wonderlike gevoel vas.
Hierdie is die eerste keer in jare wat sy weer ’n deftige geleendheid gaan by-woon. Sy wil elke oomblik daarvan geniet en daarby Roelf het haar gevra om saam met hom te gaan en sy wil vir hom mooi lyk.
Vanaand wil sy die verlede vergeet, styf teen sy bors dans, hy het haar gevra, dink sy ter-wyl sy ’n warmbad tap, sy gooi ’n stewige hand vol badsout in en sak af in die warmbad.
Sy droom:.. Die plaveisel blink so mooi na die lente reën wat net betyds uitgebreek het en alles lyk skoongewas en vars. Die swemseisoen is oop. Musiek het heeldag oor ter-ein gevloei… Henne verskyn in die deur:
“Weet jy hoe laat is dit al?”
Genade sy lê en droom, die dag se moeg is uit haar lyf sy spring uit met ’n lied in haar hart.
Sy laat sak die wynrooi rok oor haar kop, dankbaar dit pas nog prefek. Henna help om haar hare droog te kry, terwyl sy haar naels versorg. Sy doen die laaste ver-sorging van haar kapsel en die krulle omring haar gesig met net so een los krul op haar skouer. Sy druk haar voete in die goue skoene en wieg effe.
“Heng Henne, ek het lanklaas hak skoene aangehad, ek hoop nie ek breek my nek vandag nie.” Sy tik nog bietjie parfuum aan, draai in die rondte en vra:
“Hoe lyk dit Henna?”
“Ek hoop nie daai man hy het die valstande nie, want dan sluk hy hulle in van-aand, nannies, jy lyk soos die rooiwyn Mme, reg vir die drink!” Klap sy hande.
“Van wanneer af is jy so digterlik Henna?” Skoon verbaas oor die uitlatng.
Sy hoor die motor stop en stap uit stoep toe. Haar maag trek op ’n knop en sy klou aan die stola om haar skouers asof haar lewe daarvan afhang.
Roelf bly staan net waar hy is en staar. Ly hy nou aan sonstraal van die heeldag in die son, of sien hy reg?
“Naand Roelf.” Groet sy van die stoep af.
“Dan is jy nie ’n hersenskim nie, dis sowaar jy wat hier voor my staan?”
Hy kom nader, geklee in ’n deftige swart pak, blink skoene en hare netjies agteroor gekam.
Sy wag hom in met ’n veleë glimlag, om die waarheid te sê sy voel belaglik in die uit-rusting en tog is sy bly sy het moeite gedoen. Sy wil mooi lyk vir hom en hom nie in die skande steek nie.
“Jy lyk pragtig,” sê hy sag asof hy bang is sy raak weg as hy hard praat. Hy steek sy hand uit en voel hoe die trilling deur hom gaan.
“Maggies maar jy is beeldskoon. Sal ons gaan dame?” Hy soen haar sag op haar hand terwyl hy haar in die oë kyk, hou sy geboë arm uit sodat sy hare kan deurhak. By die blink-gewaste motor maak hy galant die deur oop en laat haar in.
Wanneer laas het sy so gevoel, net sy nabyheid oorweldig haar byna. Sy sê niks, sy vertrou nie haar stem nie. Fluister hees, “dankie my heer.”
SPROKIESLAND
Elmey slaan haar hande saam toe hulle by die kompleks aankom. Dit lyk soos ’n spro-kieswêreld vanaand, met subtiele beligting dwarsoor die terrein wat oral weerkaats in die water, wat nou stil geword het na die dag se waterkaskanades. Net in die spuit-fonteine breek die lig na bo en bars uit in duisende kristalle. Sagte musiek vul die hele terrein.
“Welgedaan Buurman, jy het jouself oortref, dit lyk pragtig!” Roelf kyk hoe die ligte in haar oë weerkaats.
“My beste skepping kom nie naby die skoonheid hier by my nie.” Glimlag hy af in haar oë. “Sal ons gaan kyk wie le Roux almal na die makietie genooi het,” hy vat haar hand. Die koppe draai toe sy en Roelf in die deur verskyn en sy voel so bloodgestel, ongewoond aan die aandag.
“Lyk my die mense kan nie hul oë van ’n aantreklike man afhou nie,” fluister sy vir hom om haar ongemak te verberg.
“Lekker beskeie nê?” Grinnik hy.
Die onthaal area komplimenteer die buite toneel. Oral staan mense rond met glassies in die hand. Sy herken party van haar medehuurders en hier en daar is ’n be-kende gesig. Verder lyk dit of le Roux al wat hoë sakelui van die stad is genooi het om te kom deel in sy heuglike aand. Daar is ook ’n hele paar bekende kunstenaars.
Kerslig gooi ’n sagte lig oor die gaste. Die Italianers het hulle goed van hulle taak gekwyt. Die vertrek is keurig versier met plante en blommerangskikkings, skitterblink eetgerei is gedek op spierwit tafeldoeke, met ’n pragtige plat rangskikkings in die middel van die tafel, sodat dit ’n mens nie verhoed om met almal om die tafel te kommunikeer nie.
’n Vriendelike dametjie kom hulle te gemoet en neem hulle kaartjie. Sy lei hulle na die tafel waar hulle name netjies op ’n verwelkom kaartjies gedruk is, daar nog drie gedekte plekke aan hul tafel.
“Ek wonder saam met wie hulle ons plaas?” Vra sy effe benoud.
Hulle hoef nie te lank te wonder nie. Roeland en sy vrou daag op en niemand anders as die Rooikop nie. Verbeel sy haar of word Roelf spierwit, hy het die vrou beslis nie hier verwag nie. Sy word voorgestel:
“Hessie Brits”
“Elmey Fursteburg.” Sy vat die pap hand wat na haar uitgehou word en moeilik-heid groet haar en sy ken moeilikheid as sy dit sien.
So, ons ontmoet weer:- Blits hulle oë na mekaar.
“Mens is ek bly om jou te sien,” storm sy op Roelf af en soen hom vol op die mond, hy lyk skoon skeef met die bloedrooi lipstiffie skeef oor sy lippe.
DIE EERSTE DANS IS HARE
Roelf skuif nader na Elmey en vat haar hand styf vas, so asaf hy verskoning wil vra.
“Hessie kom Donderdag daar by ons aan vir die naweek, Roland kon gelukkig nog ’n kaartjie kry, ook maar net omdat julle hier gewerk het. Ek wou die aand vir niks mis nie,” verduidelik Sonja die rooikop sy teenwoordigheid.
”Waar is jou man as jy hier rond slenter?” Kry Roelf sy stem terug.
“Nee wat ou Roelfie, dit het net so driemaande gehou. Fred is ’n regte ou vrek, ek meen met al sy duisende, sit ons dag en nag in die huis en vergaan, nee ek wil my lewe geniet, jy weet moes Roelfie?”
Elmey voel of sy die vrou kan bydam en haar wurg oor haar ewige ge-Roelfie. Sy kyk op na Roelf, neem haar sakdoek en sê:
“Wag laat ek jou red,” saggies vee sy die rooilipstiffie van sy lippe af. “Soja, nou lyk jy weer soos jy.” Hy vang haar om die pols en hou haar hande gevange tussen hulle, hy kyk haar geamuseerd aan:
“Onthou ek is saam met jou hier, die vrou is niks van my nie,” fluister hy teen haar oor en trek die stoel vir haar uit.
Die kelner kom in met die wynlys en oorhandig dit aan die mans.
“Nou begin die party!” Juig Hessie
Roelf kyk na die vrou langs hom, hy kan nounog nie glo die skoonheid het inge-stem om saam met hom te kom nie, hy is so gewoond daaraan om haar in Denims, of haar witpakkies te sien, haar skoonheid slaan sy asem weg vanaand.
“Waarvan hou jy skone dame?” Hy buig galant en vra hard genoeg sodat almal hoor.
“Lekker rooi wyn, nie te droog nie dankie, kies jy maar,” sy glimlag lieffie op na hom en sy sien hoe Hessie se kop ruk.
“Roelfie,” tjip Hessie in, “Jy weet mos waarvan ek hou, kry sommer vir my ’n bot-tel daarvan, ’n lekker droë wit.”
Elmey byt op haar tande, vir wat vra sy vir Roelf, sy is mos saam met Roland-hulle hier. Vir wat dring sy haar so op!
Die musiek begin speel en asof hy gewag het vir die uitkomkans, vra hy Roland om te bestel.
“Kry vir my ’n rooi semisoet asseblief en vir Hessie haar bot wit wyn, ek sal met Elmey deel.”
“Kom Elmey ek wag al heel aand vir hierdie oomblik.” Hy steek sy hand uit. Bly om weg te kom van die tafel af stuur hy haar deur die mense tot op die dansvloer.
Hy neem haar in sy arms en sy verdwyn amper teen sy breë bors. Sy ruik sy na-skeer en voel hoe hy haar versigtig vashou. Sy verloor haarself en sweef op die maat van die musiek.
Hy het haar gevra. Sy gaan nie laat die simpel Rooikop haar aand bederf nie. Die vele kere van die verlede kruip onder haar vel in en sy hou stywer vas. Onbewus van die rede daarvan trek hy haar stywer teen hom aan. Sy gee haar oor aan die krag van sy arms en die ritme van hul liggame.
Dit word ’n wonderlike aand. Terug by die tafel word die voorgereg bedien. Kreef gereg smaaklik voorberei. Daarna lewer Johan ’n gepaste toespraak vol pittighede wat die gaste kort-kort laat skater. Die Voorsitter van die Sakekamer kry ook ’n beurt om Johan geluk te wens en te komplimenteer met die totstandkoming van die kompleks.
“Wel mense ek het julle genooi om hiedie aand saam met ons te vier, so daar sal geen verdere toesprake wees nie. Geniet nie res van die aand.” Sluit hy af.
Die kleners stroom die vertrek binne met borde kos op hul arms ingeryg. Hulle bedien heerlike skaapskenkels met klien aartapeltjies, smaaklike soet ertjies, wortels met ’n pikantesous oor. Heerlkie vars slaai is beskikbaar. Die eetgerei kletter vrolik op die borde.
“Kom ons gaan maak eers weer ’n draai op die dansvloer voordat ons wegval aan die nagereg.” stel hy voor.
Dis ’n vrolike jive nommertjie wat speel en vir die eerste keer is sy dankbaar haar eks het aangedring daarop om vir danslesse te gaan, sodat hulle nie afsteek by hul vriende nie. Sy geniet die energiekie dans.
Hy het haar gevra…en sy laat waai, haal allerande mannewalles op die dansvloer uit en lag in mekaar se gesigte. Sy kom nie agter dis net twee paartjies wat die vloer vol dans nie, dis eers toe die muskiek stop en almal begin hande klap. Sy word bloedrooi, Roelf neem haar om die middel en buig na die ander paartjie en na die die orkes, wat ook opstaan en met breë glimlagte begin handeklap.
Hulle stap na die nageregtetafel wat gedek is met ’n verskeidenheid van heerlike geregte.
“Nou kan jy eet soveel jy wil, ons het genoeg energie verbrand om dit te reg-verdig, as jy my belowe ons kan dit weer doen, kan jy die kaas en beskuitjies ook kom leeg eet.”
Dis moeilik om op sig waarde te besluit wat die lekkerste sal wees.
“Bella Donna!” Manual staan met uitstrekte arms na Elmey en kyk en sy neem haar kans waar.
”Hallo Manual, jy kom asof jy gestuur is. Watter een van hierdie vele geregte is die lekkerste, watter een beveel jy aan?” Glimlag sy hom toe.
“Die Panna gotta. Eet met wilde bessie sous. Jy kom haal weer. Of die Tiramisu Deliciosus,” kom dit in ’n mengelmoes van Italiaans, Engels en Afrikaans.
“Dankie Manual, wat sê jy Roelf, sal ek die Tiramisu probeer en jy die Panna gotta, en kyk ons watter een is die lekkerste?”
“Net as ek van jou Tiramisu kan proe.”
“You wont forget my dance, my lady?” Herinner Manual haar.
“As dit so lekker is as wat jy sê,” antwoord sy vrolik oor haar skouer, vleilig ingehak by Roelf. Terug by hulle tafel val hulle weg aan hul nageregte.
“Roelfie ek het nie geweet jy kan jou lyf so lekker swaai nie mens, maar Elmey, jy moet tog nie so ’n spektakel van jouself maak nie.” Afguns drup behoorlik.
“Sal jy asseblief vir my ’n dubbel Gin en Tonic gaan haal Roelfie? Jy weet mos dis my gunsteling drankie.” Pruil sy weer in Roelf se rigting.
Wat is dit met die vroumens? Verbaas kyk Elmey na die leë wynbottel, ken die vrou nie haar maat nie? Vies sy haarself.
“Jammer Hessie ek geniet nou eers my nagereg, jy kan bietjie wag dis nou as jy kan uithou. Ek het in elk geval nog niemand teë gekom wat so lekker kan jive soos sy nie. Spektakel se voet.” Praat hy tussen die happe deur.
Elmey kyk dankbaar in sy rigting en hou ’n skeppie van haar Tiramisu na hom uit om te proe, wat hy afeet en ’n oomblik maak of hy diep nadink oor die smaak daarvan.
“Nee wat, Panna cotta is lekkerder.” En hy hou ’n skeppie van syne uit na haar. Sy proe smaaklik, klap haar lippe en sê:
“Jy’s reg , dis lekkerder, ek stem.”
“Wil jy ook iets van die kroeg af hê,” vra hy haar toe hy opstaan en soos dit ’n ware heer betaam, die drankie vir sy ou kennis te gaan haal.
HESSIE NEEM HAAR KANS WAAR
“Nee dankie wat, ek het genoeg gehad vir die aand, boonop wil ek nie die heerlike smaak in my mond bederf nie. Ek gaan net gou kleedkamers toe, as julle my sal ver-skoon. Sy tel haar sakkie op en begin stap.
“Wag ek stap saam,” sê Sonja en die twee stap al geselsend kleedkamer toe. Sy vertel aan Elmey: Roelf en Hessie het ’n ruk na An se dood uitgegaan, maar sy kon nie hondhaaraf maak met Roelfie nie. Sy het sover gegaan om ’n verloofring te koop en hom te vra om te trou, Roelf was stom geslaan, hy het haar gevra of sy met die kind sou klaarkom. Sy het gesê dis waarvoor inrigtings daar was en daar kan hy goed versorg word en iets leer. Nodeloos om te sê dit was die einde van daai verhouding, Roelf het haar omtrent weggejaag, dis nou maar later jare wat daar weer kontak tussen hulle is omdat sy baie by ons kuier.
Elmey besluit om niks te sê nie, dis Sonja se vriendin, netnou dink sy, sy is jaloers. Wel dis nie ver daarvandaan nie, dink sy skaam-skaam.
Terug by die tafel is daar nie nie teken Roelf of Hessie nie, Roland knik net met sy kop vloer se kant toe. Hessie se arms is om sy nek gevou en hulle liggame wieg heen en weer op maat van die musiek.
Die orkes begin met ’n vrolike vastrap en Hessie trap ook vas. Sy hou wat sy het en die twee van hulle dans die een dans na die ander, dit is naderhand vyftien minute-twintig minute… Sy maak seker Elmey sien elke beweging en gee Roelf nie ’n breek nie. Sy klou soos ’n neet.
Elmey se verlede spook by haar. Nie weer nie, Roelf kon lankal ’n plan gemaak het. Hy het haar gevra, nee sy gee nie om as hy met iemand anders dans nie maar vyf danse… ’n halfuur?
“Vervlakste kreef!” Uit die hoek van haar oog sien sy Manuel aangestap kom en gryp Roland aan die arm.
“Vanaand is die aand wat jy gaan dans Roland, asseblief,” smeek sy. Hy kyk op en sien haar dilemma.
“Is jou tone verassureer?” Fluister hy. Sonja bekyk die petalje glimlaggend. Flink staan hy op en neem haar aan die arm. Toe hulle by die verbaasde Manuel verby loop komplimenteer sy hom oor die heerlike nageregte.
“Remember my dance, Elmey!” herinner hy haar. Sy glimlag en waai vir hom, gly in Roland se arms en wals laggend weg.
“Dankie tog,” sug Roland. “Solank dit by een twee drie bly kan ek byhou, my arme ma se tone was stukkend getrap” lag hy. “Jy dans goed,” komplimenteer hy haar.
Die volgende nommer begin en Hessie hou nog steeds. Sy vou haar hande om Roelf se gesig en draai sy gesig weg van die vloer af. Hoe kan hy dit toelaat? Dink sy vies.
“Kom ons loop.” Elmey is nou so hartseer sy kan stik, hier moet sy weg.
“Ek het jou gewaarsku, ek is ’n vrot danser,” maak Roland verskoning.
“Doen my ’n guns sal jy? Vat jou vrou en dans met haar. Jy dans glad nie so sleg nie en sy sterf om op daai vloer te kom.”
“En wat as die Italianer weer sy opwagting maak?”
“Ek sal my man teen hom staan. Gaan vra haar nou,” kom dit amper as ’n bevel. Roland kyk bekommerd na die pragtige mensie, wie se oë nou hartseer en byna pikswart is. Hy ken Hessie en weet sy het nog altyd haar oog op Roelf.
Galant buig hy voor Sonja. “Mag ek die eer hê?” Hy neem haar aan die hand en stuur haar dansvloer toe. Dis ’n verbaasde Sonja wat haar man se hand neem, die dae van wonder-werke is voorwaar nie verby nie, sy sak vas teen sy bors en begin ritmies wieg, salig gelukkig.
ELMEY KRY KOERS
Elmey tel haar goue sakkie van die stoel af op. Hier moet sy weg. Leer sy dan nie! Dank-baar sy is altyd gewapen met ‘n klein notaboek en pen skryf sy vinnig:- “Geniet die res van julle aand, ek gaan huistoe.” Sy plaas die nota op Roelf se eetplek onder sy vurk.
Ongesiens moontlik probeer sy uitsluip. Maar Hessie hou haar met valkoë dop, gee haar nie die geleendheid nie, sy glimlag haar liefies toe maak seker Elmey sien hoe sy haar hande om Roelf se gesig vou, haar kop teen sy skouer laat sak en seker maak hy kyk nie deur se kant toe nie en dans rustig voort.
Elmey besef die orkes gaan nou tot ’n einde kom. Sy wil beslis nie meer hier wees nie. Laat hy nou sy aand saam met sy Hessie geniet!
Elmey storm die saal uit sonder ’n plan. Weet nie hoe sy by die huis gaan kom nie, saam met Roelf, sal dit verseker nie wees nie! Die lamsak! Op pad na haar sentrum sien sy die ry huur-motors staan.
“Is julle hier met ’n spesiale doel, of kan ek van julle dienste gebruik maak?” Vra sy aan die bestuurder wat vinnig uit sy motor klim, toe hy die aanvallige dame aange-stap sien kom.
“Ons is deur meneer le Roux gehuur vir die aand Mevrou, het u ’n probleem?”
“Ek moet dringend Rus te Winter toe. Ek sal my eie koste dra. Kan jy my neem asse-blief?”
“Seker dame, sê net waarheen en ek neem u.” Hy maak die agterdeur vir haar oop en ver-lig gly sy in. Gee die adres, sit agteroor en byt op haar lip van woede en terleurstelling. Sy het so uitgesien na vanaand, gedink daar is besig om iets spesiaal tussen hulle te ontstaan. Hoe simpel van haar!
“Ek kannie begryp hoe so mooie vrou alleen huistoe gaan nie?”Vraend kyk hy in sy truspieël en skud net sy kop, toe daar geen antwoord kom nie en volg hy die instuksies. Spoedig bereik hulle die plaas.
Sy laat die hek oopgly, die bestuurder stop voor die huis en spring uit, maak die deur oop, kyk bekommerd na die effe donker huis en vra:
“Is u seker u sal okay wees, Mevrou?”
“Dood seker dankie.” Sy haal ’n bedrag uit haar sakkie, sien dis te veel.
“Hou asseblief die kleingeld, baie dankie vir jou moeite.” Sy wag tot die motor deur die hek is en laat dit toegly. Sit die hek alarm aan en stap haar donker huis binne sonder om ligte aan te skakel. Nee wag, sy is nie lus vir sy flou verskonings nie, sy draai terug en skakel die hek sirene af. Trek die rok en skoene uit en gooi dit in die snippermandtjie.
‘N WOEDENDE ROELF
Hessie was beslis nie voorbereid op die storm wat ontketen het toe Roelf daai velletjie papier sien nie. Vertel Sonja haar later.
“Roelf en Hessie het van die dansvloer af gekom, hy’t nog sy baadjie uitgetrek en oor die stoel gehang, toe ons aangestap kom.”
“Maar mens, toe hy daai velletjie papier onder sy vurk sien en dit lees, ou Elmey, ek het my swaar nog nooit so kwaad gesien nie, glo my.”
“Bliksem,” het hy sommer kliphard geswets, sy baadjie gegryp en voor iemand kon vra wat aangaan, by die saal uit gestorm. Ons het toe ook maar gery want die aand was daarmee heen.
Mathie Joubert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Lieflike verhaal