BIE VIR MY HART HOOFSTUK 7
JULIE SKOOLVAKANSIE HOOFSTUK 7
Die naweek vlieg verby. Sommer met die intrap Maandag, lui die foon sy antwoord en hulle eer-ste afspraak vir die Julie skoolvakansie word gemaak, sy was so benoud dit gaan’n stil wees ge-durende die vakansie.
“Sommer drie afsprake glo vriendinne. Flora, ek is so bly.”
“Waar het hulle gehoor Mme?”
“Glo by daai deftige dame, onthou jy die een wat ons kom uitkyk het vir haar man Daan? Aangename siel, kannie sien hoe pas die twee nie, maar dis nie ons saak nie,” lag Elmay.
“O, sy het ook weer geboek vir next weak, hulle like jou en ek’s bly.”
“Dit is spanwerk, ou Flora, sonder jou maak ek dit nie.”
“Man, Oupa het ons nie verniet laat skaap jaag nie, onthou jy? Jy werk of saam, of jy hol vir jou simpel,” vee sy die lagtrane af.
ROELF BESEER
Johan is net klaar met sy soveelste massering as dit nie die arm is nie, is dit iets an-ders, sy dink hy kom net om te rus. Hulle kyk verbaas op toe Roelf onverwags in die middel van die dag, in die deur verskyn en lyk of hy skeef geklap is.
“Hoekom loop jy so skeef?” Sy staan dadelik nader.
“Wou voel hoe dit is as jy jou nek probeer breek, toe is daar niemand om my te vang nie,” probeer hy dapper, die pyn op sy gesig kan hy egter nie verberg nie.
“Is jy nou laf? Kom laat ek sien of ek jou kan help.”
“Ek het nie geld saamgebring nie,” kreun hy en skuifel aan.
“de Lange gaan klim op ’n bed, trek uit hou net jou onderbroek aan, ek’s nou daar. Moet jy nie liewer Dokter toe nie?” Vra sy, as hy net skuifel en kwalik kan beweeg.
“Is jy bang vir my?”
“Bang vir jou, jy sal jou wat verbeel.” Sy stap uit sonder om hom kans te gee om teë te stribbel. Toe sy terugkeer, lê al sy klere in ’n bondel op die vloer, sy buk, tel dit op en sit dit op die stoel neer.
“Jammer die vloer is ’n bietjie vêr.” Hy sit net-net op die kant.
“Kan ek jou help om op jou maag te kom, sit jou gesig daar in die opening, wag ek sit die kussing onder jou maag om die spanning te verlig.” Met ’n pynlike gekreun kom hy eindelik op sy maag, sy sit ’n opgerolde handdoek onder sy enkels om die spanning in sy beenspiere te verlig.
“Skep eers asem voor ons begin,” sy trek ’n warm kombersie oor hom. Sy moet eers asem skep, mens kyk net daai spiere, sy skud haar kop. Kom by vroumens wat gaan met jou aan! Sê nou net sy kan hom nie help nie, dink sy benoud. Aan sy pyn weet sy massering sal nie die knoop deurhak nie.
“Laat ons kyk wat hier aangaan,” ruk sy haarself reg en verwyder die kombers. Versigtig begin sy met haar vingers teen sy rugstring af beweeg en stop net bokant sy stuitjie. “Maar dis mos ’n stokou besering die Roelf!” Sê sy verbaas.
“Jy’s goed hoor, ’n ou rugby besering.”
“Ek gaan jou rug probeer regsuig…
“Ek dog jy sê dis nie ’n rooilig palour nie,” kom dit van onder af.
“Moenie vir jou simpel hou nie, ‘what ever’ jy nou aan dink, kry dit uit jou kop.” As hy moet weet wat sy nou dink? Dit nie ver van rooilig af nie, mens sou sweer ek’s nie gewoond daaraan om halfkaal mans te sien nie, dink sy by haarself.
“Ons noem dit cupping, deur die lug uit die glas te verwyder ’n vacuum te ver-oorsaak en dit op die rug te plaas, is dit reg met jou?”
“Doen wat jy moet, kry die ding net los, asseblief.” Kreun dit.
Nou sê sy nou regtig ’n gebed op en begin die glasse stelsematig langs sy rug-raat afpak.
“Wat op aarde doen jy vroumens!”
“Sê net as daar een is wat erg trek of brand okay?” Rustig gaan sy voort, die laaste twee sit sy in die heup holtes.
“Sjoe daai een links brand erg!” Sy plaas haar vinger langs die glas en laat effe lug uit.
“Nou het jy my net waar jy my wil hê, hoelank moet ek so lê?” Kom dit benoud.
“Tot die drukking verlig, ontspan jy nou net,” sy trek die kombers oor hom, doof die lig effe, sit sagte musiek aan en verlaat die kamer.
Johan sit nog altyd en wag om te hoor wat gebeur het, sy lig hom kortliks in.
“Hy het oor ’n drom geval,” en verskoon haarself. Sy is nie nou lus vir gesels nie, sy’t tyd nodig om haarself reg te ruk.
“Jammer Flora, wat sê jy?”
“Daai man wat snaaks praat was hier, ek verstaan hom nie, dink hy’t gesê hy kom weer.”
“Ek weet wie hy is, sê ek is besig en hy moet vlieg, ek het nie krag vir hom nie.”
“Sleep hy vlerk?” Lag Flora.
“Jy moet dink ek is getik.” Wip sy haar en gaan terug kamer toe, die tyd is verby, sy sal hom graag nog wil los maar kan nie. Sy draai die deur stadig oop maar hy snork soos hy slaap.
“Roelf,” sy raak saggies aan hom. Ek gaan nou die glase afhaal, hoe voel jy?”
“Wat op aarde sit jy in daadie glase mens, ek het geslaap soos ’n klip.”
“O, dis my geheim ek gaan hulle eers net losmaak, lê jy net doodstil.” Stadig laat sy die lug uit en verwyder die glase. Sy neem geurige olie wat sy gemeng het en begin met sirkel bewegings oor sy rug beweeg. Hy sê nie ’n woord nie.
Op en af beweeg sy, neem haar elmboog en druk direk langs die rugraat om die spier los te wikkel. By die heupe begin sy ’n knie beweging uitvoer. Sak met haar elmboog af in die heup-potjie wat hom laat kreun. Sy hou dit daar tot sy voel die spier verslap.
“Okay, Okay wat wil jy weet!” kreun hy asof gefolter word.
“Sorry man, jy ken mos die spreekwoord wat sê, no pain no gain. Sy hou tot sy sien hy verslap. Sy herhaal dit beide kante met mening, aan die kreun steur sy haar nie, sy moet die spier los kry, of probeer. Sy laat stadig gaan maar verbreek nie kontak nie. Neem van die olie en begin saggies masseer. Sy moet haarself inhou om nie oor sy gespierde bene te streel nie. Sy eindig met ’n streling van bo tot by die voete.
“Kan jy bly wees jy is ’n vroumens, geen mens pynig my so nie en kom weg daarmee nie. Dan moet ek nog daarvoor betaal,” hy roer effe, “Maar dit voel wonderbaarlik goed.”
“Lê jy nou eers ’n rukkie, draai dan op jou sy, buig jou bene en staan stadig op. Sy help hom op, hy sit sy bene versigtig op die grond, kyk haar verbaas aan asof hy nie kan glo iets kan so vinnig werk nie. Eers buig hy stadig vooroor, ongelowig buig hy weer. Sy verlekker haar aan die verbasing op sy gesig.
“Nee jy is my een oor,” hy kyk op sy horlosie, net ’n uur, weer buig hy rek hom-self uit.
“Okay, moet nou nie my handewerk verwoes nie.”
“Wat skuld ek jou, ek het net gedog daar gaan my rug en die werk staan, dit voel werklik goed.”
“Jy kan gerus bietjie meer rus, jy is so gespanne soos ’n snaar.”
“Watter ou sal nie gespanne wil wees om deur so ’n oulike vrou reggepluk te word nie.”
Sy bloos onwillekeurig, sou hy kon aanvoel met hoeveel genot sy aan hom werk? “Loop voodat ek jou dubbel laat betaal,” probeer sy haar verleentheid wegskerts.
“Nee regtig, hoeveel skuld ek jou?”
“Kom ek sê:- ons is kiets as ek een Saterdag die beeste kan kom brand, wat sê jy?”
“Enige tyd, nogmaals dankie dit voel werklik goed, jou hande is sag en helend.”
“Toe nou, netnou kry ek ’n groot kop, sit ’n oomblik.”
“Flora bring vir ons iets koud asseblief.” Sy wil hom net nog ’n oomblik langer hou. Sy is net so innig dankbaar dat sy die spier kon los wikkel. Hulle drink in stilte.
“Vir jou gedagte,” sit hy vyftigsent voor haar neer.
“Dis meer as vyftigsent werd, drink en loop werk jy’s nou weer reg.” Sy glimlag spreek boekdele.
KOM BEESTE BRAND
Die skole het gesluit vir die wintervakansie. Sy het Roelf amper veertien dae nie gesien nie, wel sy rug is reg so waarvoor sal hy haar wil kom sien?
Sy het gelukkig lankal die afspraak gemaak om die beeste te kom brand en het Daniël vroegoggend gestuur om te gaan sien of alles reg is. Sy en Koei het groot maats geword, dis nou al weke wat sy en Kolbooi saam met Koei laatmiddae in die grootkamp loop, Kolbooi word daar opgesaal sodat Koei nie skrik nie en sy hoop vandag sal vrugte afwerp. So stap sy eers weer net al in die rondte met die twee tot sy seker is dit werk. Dan gooi sy die kraalhek oop en stap uit.
Roelf kom met ’n beker warm koffie aangestap na die drukgang toe, om te kyk of alles in die hak is en verstik amper toe hy Elmey op Kolbooi se rug sien aankom en Koei stap saam met haar soos ’n waghond.
Elmey is bly haar dae van flikvlooi en oefen werp vrugte af, sy het egter nie verwag Koei sou so ’n end saamstap sonder om amok te maak nie.
Sy geniet die vars lug, sy’s net deur die boonste hekkie toe sy opkyk en die swartkop dame op Roelf se stoep sien staan. Wel sy weet nou hy’s ’n wewenaar met ’n seun in die koshuis, so wat verwag sy? Hy sal beslis nie lank ’n alleenloper bly nie.
“Genade Elmey, hoe kry jy daai gedierte so getem? Dink jy sy sal toelaat om gebrand te word?”
“Gaan jy na jou kuiermense toe, dankie Roelf, ons sal regkom.”
Hy het haar amper twee weke laas gesien, hy kan nou nog nie glo wat sy met sy rug aangevang het nie. Hy mis hulle kuiers in die middae, maar sy seun is regtig siek.
“Nee, laat hierdie maar vir jou ’n leerskool wees, volgende keer kan jy dit self doen,” bied hy aan.
“Vir jou informasie, ek het op ’n plaas groot geword, okay?”
“Nou klim af en bring die dame laat ons sien wat sy nou weer gaan aanvang.”
Almal staan eers weg toe sy nader kom, sy lei Koei ewe gemaklik na die drukgang toe, Koei staan’n weile voor die ingang, Elmey forseer haar nie, gee haar kans, lei haar dan rustig in.
“Sit die klem om Kabelo, maak gou, maak vas agter Tebego, stywer man, wil jy hê sy moet seerkry?” Beveel Roelf vinnig. Die manne is versigtig veral as Elmey naby is. Sy weier egter om eenkant toe te staan.
“Nee ek bly by my diere,” sy vryf oor Koei se skof en verduidelik vir haar soos vir ’n kind, sy is so jammer, maar netnou steel iemand haar, so dus hoekom sy gemerk moet word. Roelf staan en aanskou die spulletjie, baie geamuseerd.
“Bring daai yster Daniël en druk op die linker boud, gou, moenie die yster koud laat word nie.”
Daniël druk, Koei ruk en druk amper Elmey se arm tussen haar en die yster vas, sy ruk net betyds weg, vryf weer oor Koei se skof.
“Toemaar, ounooi, toemaar dis klaar.”
“Reg julle maak oop ek het die riem vas, netnou hol sy die vlakte in,” sê hy baie seker van homself.
“Gee maar Roelf, ek sal self.” Sy vat die tou en wag vir die kop om te sak, Koei staan doodstil niemand waag dit om haar uit te jaag nie. Bo verwagtig van enigeen krap sy so paar maal met die voorpoot en stap uit. Elmey voel lus en soen haar, wil nie te oorgerus wees nie, lei haar vinnig weg, ril vir die reuk van brandende hare, klim vinnig op Kolbooi se rug.
“Baie dankie buurman, die manne kan nou regkom, jou kuier mense wag.”
“Moenie dink ek het nie gesien hoe bleek jy word nie hoor, mens sal sweer dis een van jou kinders.” Kopskudtend staar hy haar agterna.
“Sluit die hek as julle klaar is Daniël, ek vat Koei solank.”
Ook net betyds, by die boonste hekkie begin die vers ongedurig raak en trek weg op ’n stywe galop, sy laat haar toe, Kolbooi hou by, sy los haar tot sy effe bedaar en vat haar terug kraal toe. Dankbaar alles het goed verloop.
Sonja sien om na Roelfie die laaste twee weke, sy vra:-“Hoekom nooi jy haar nie vir koffie nie?”
“Sy dink jy is my girl friend.” Glimlag hy.
“Toe help jy haar nie reg nie? Simpel.” Vies skud sy haar kop, sy wou so graag die vrou ontmoet wat so met haar swaer se kop kan smokkel.
BUL BREEK DEUR
“Ons dip oor ses weke sê Morena, sal ek skryf Mme?
“Asseblief Daniël hou my net op hoogte, Koei gaan nêrens sonder my nie hoor?”
“No way Mme, daai dier, sy like ons niks.”
“Hou op om soos mal goed weg te hol as sy naby kom, anders dink sy dis ’n spe-letjie.”
“Hau!” Daniël besluit om hom liewer by die ander deel van die boerdery te be-paal.
“Die pyp van die brandkar mos hy’s stukkend en die brande die tyd van die jaar is nogal erg, Morena sê hy kry een vir ons Maandag, mos ons gebruik hom so saam- saam.”
“Skryf die prys neer hoor, ons moet nie in die skuld raak by die bure nie. Begin julle solank die gras by die onderstelyn kap dis bietjie lank.” Sy is bly sy het die boer-dery oorgegee, dis net te veel saam met die praktyk.
Die son is feitlik weg agter die twee koppies in die verte, sy kom nou-net terug van die kraal af want Koei is skielik omgekrap en loop op en af teen die draad, sy het gebly tot sy effens bedaar, nou is sy rustiger, dankie tog.
Sy ruim die koppies op die stoep op en stap in die huis binne. Sy glimlag as sy die bord met toebroodtjies sien. Henna is net soos ’n moeder hen, sorg altyd vir ’n broodtjie en ’n warm-fles met koffie voor sy van diens af gaan en sy Elmey, nog buite besig is. Sy was haar hande en stol in haar spore toe sy die remoer buite hoor.
“Mme, Jirre tog Mme, bel Morena gou, daai donnerse bul van hom het deur die drade gebreek, ken mos nie van ’n hek nie, loop alles in hulle moer in.” Swets hy ongeduldig.
Sy wonder wat nou aangaan, maar Daniël gaan so tekere, sy skakel dadelik, wou net die foon neersit toe Roelf antwoord:
“Goeie naand, kan ek help?”
“Roelf jou bul het glo deur die draad gebreek, kom help asseblief!” Sy gooi die foon neer, gryp haar pet en hardloop terug kraal toe. Net betyds om te sien hoe Koei deur die heining bars en die yslik bul tegemoed kom, dis ’n snuif en gedraai van ’n ander wêreld.
“Hemel Daniël, keer daai gedierte,” skree sy verbouereed. “Hy’s twee maal groter as sy, waar kom die dierasie nou vandaan?”
“Moréne het gesê ons moet die bul môre kom haal, want die verse is al drie reg, nou het hy hulle seker geruik vanoggend.” Die bul snork en blaas en Daniël gee pad.
Hy probeer Koei bestyg en Elmey kry amper ’n oorval. “Keer daai dierasie Daniël sy gaan haar rug breek!”
“Nee Mme, daar’s nie keer nie ons gaan nou net moles maak, sy sal okay wees.”
“Is jy van jou kop af, hy lyk soos ’n Dianasores.” Snik sy en sak op ’n klip neer, dis koud en sy het haar baadtjie uitgetrek by die huis en bewe so groot as wat sy is.
Roelf stop naby en hardloop nader, spring oor ’n platgetrapte draad en drafstap verby die bronstige bul en die rooi afrikaner vers, tot by die snikkende vrou wat eenkant op ’n klip sit.
“Daai dierasie van jou, gaan Koei se rug breek!” Snik sy.
“Ag nee man, het jy nou so min vertroue in Koei? Dink jy sy sal ’n bul haar laat onder kry? Nie maklik nie, kom staan op.” Hy trek sy trui uit en vou dit om haar bewen-de liggaam.
“Kom ons gaan huistoe,” hy vat haar in, “wag jy net hier vir my ek’s nou terug.” Hy haas hom terug en gee instruksies, kry die twee met moeite terug in die kraal en trek die drade op.
“Los die twee Daniël, as hulle bedaar het skuif die bul oor na die jersyes toe, hou hulle dop, los tot jy sien die bul wil koers kry. Moeg stap hy terug huis toe.
“Het jy cooking Brandy? Ek dink ons het elkeen nou ’n stywe dop nodig.”
“Ek kook net met Rooiwyn,” sy gaan haal dit en sit sommer die bottel op die tafel neer.
“Sal sy okay wees?”
“Meer as, sien jy nou wat vroumense aan ’n man kan doen?” Spot hy.
“Verskoon my, dis jou bul wat deurgebreek het.”
“Koei het ook nie op haar laat wag nie nê,” lag hy.
“Wel sy is die mooiste,” sê sy half skaam oor haar tantrem.
Hy gooi hulle glasies weer vol, hy sal haar vaak genoeg moet maak en in die bed kry, anders is sy nou, nou weer daaronder. Hy wag tot hy sien sy is heeltemal kalm.
“Wel ek sal meermale hier moet kom eet, die wyn proe vorentoe, laat ek my ry kry, netnou vang hulle my nog vir dronk bestuur.”
Sy haal sy trui af en oorhandig dit aan hom. Haar wange gloei van die wyn en hy’s seker sy pass nou-nou uit.
“Dan groet ek maar eers, sal môre weer kom inloer.” Hy gee haar ’n piksoen op die voor-kop en loop liewer, want wragies die versoeking is groot.
ELMEY ONTMOET ROELFIE
Dis koud Juliemaand, die kamers word nie warm genoeg vir die mense as sy vol mas-sering moet doen nie. Roelf sal dit moet kom opstel. Sy stap op na die Restuerant se kant toe.
Daar lê die seuntjie weer op die sandhoop, hy’s warm aangetrek, sy hoed laag afgetrek, hy hoes en sy steek net daar vas. Mensig hoe kan die mense die kind buite laat speel as hy so siek is, daai hoes is Brongitis verseker.
Sy sien Roelf aangestap kom en roep hom, want om hom op ’n foon te kry is nodeloos.
“Roelf !” roep sy hard. “Ek het jou nodig om die verwarming in die kamers te stel asse-blief, die mense kry koud so kaal.”
“Kaal sê jy? Man ek soek net gou my seun, hy het nou weer uitgeglip en is nie gesond nie, jy het hom nie dalk gesien nie?”
“Dis nie dalk daai een wat daar op die hoop sand speel nie?”
“Genade Roelfie, pappa sê dan jy moet binne bly,” hy tel hom op vee sy neus af.
“Ek gaan jou by Elsie los as jy nie luister nie verstaan?”
Verbaas kyk sy na die twee, sy het gedink sy seun is groot omdat hy in die kos-huis is. Sy gaan voor die kind sit.
“Môre grote, wat is jou naam?” Die leë ogies kyk haar aan, na ’n wyle kom dit sag.
“Roelfie.”
“Ek is tannie Elmey, ek het mos nou die dag vir jou koeldrank gestuur, ek werk in daai rooi gebou, onthou jy?” Net ’n kop-knik.
“Koeldrank?” Vra Roelf verbaas.
“Jy was baie besig met jou kuiermense, of hulle met jou. Dit was die langnaweek toe ek ingeterk het, kom ons stap sommer nou, jy is nou hier.”
Nouja daar gaan sy program, die vroumens het ’n gawe om sy dag om te krap. By die sentrum aangekom, verduidelik sy wat sy nodig het en nooi Roelfie om net daar by haar op die matjie te sit terwyl sy pa besig is.
Dis ’n baie verbaasde man wat later uitkom, hy staan en kyk hoe die vrou plat op die vloer voor sy kind sit en gesels asof sy hom jare ken. Hy knik net sy kop elke keer en sy dwing hom nie om terug te praat nie, verwag niks van hom nie. Die milo is ge-drink, nog ’n wonder-werk. Voor hom lê ’n stuk papier en hy krap daarop alles swart en pers.
“Ek’s klaar seun, sê dankie vir die tannie, laat ons gaan.”
“Hoekom bly jy nie by my nie en maak jy jou tekening klaar nie? Pappa is mos net hier naby, as jy moeg word vat tannie jou terug, wat sê jy?” Geen antwoord kyk net op na sy Pa.
“Slaan my met ’n nat vis, hoe kry jy dit reg?” Sê hy en is so verbaas, hy weet nie wat om te antwoord nie.
“Pappa is net hierbo, ek sal die foon aansit as jy moeg word bel net, okay?” Net ’n kopknik. Roelf stap deur toe stomgeslaan.
“Ek het iets lekkers vir jou, wil jy proe?” Sy meng bietjie heuning en suurlemoen wat sy aanhou vir haar tee en bied hom bietjie aan.
Roelf steek in die deur vas, dit wil hy sowaar sien. Ewe gewillig neem die seun ’n happie en lek nog sy lippe af.
“Dit gaan daai hoes sommer gou gesond maak, is dit lekker?” Net ’n kopknik.
“Waar neuk jy nou heen, Het jy hom gekry? Dis al half a hour en die werk staan.” Sy handlanger Sam is nie beindruk nie.
“Nee Sam, daai vroumens is my een oor.” Ingedagte begin hy die werk uitsor-teer.
ELMEY MAAK VRIENDE
“Kom ons versuip daai kieme wat jou so siek maak.” Sê sy toe hulle hande was.“Kan ons daai kieme op jou rug ook vang, wat sê jy?” Hy kyk haar snaaks aan en dis duidelik hy verstaan nie. Sy maak ’n speletjie daarvan.
“Flora ek en Roelfie gaan net gou die kieme vang wat hom so siek maak, ons is nou-nou terug.” Sy vat hom in die eerste kamer in.
Hy verwonder hom aan die wolke wat teen die dak geverf is.
Sy meng Lavender en ’n druppel bloekom olie.“Ons moet keer, hulle moet net nie wegkom nie jong, sy smeer sy rug, ons moet hulle by die voete ook vang.” So raak hy aan die slaap lekker toegemaak.
Roelf kan later nie meer hou nie hy beter gaan kyk, hy kry Flora besig met die boeke.
“Waar’s daai Lat van my Flora?” Sy beduie hom na die eerste kamer, sy seun is vas aan die slaap met die geure van olies wat die kamer vul.
“Mme is net besig, wil jy iets drink?”
“Nee dankie, ek moet nog werk,” Flora kyk hom agterna, die man lyk skoon deur-mekaar. Teen vyfuur kom Roelf hom haal, hy sit weer met die vetkryt en teken sy perd.
“Sit ’n oomblik ons drink eers iets, ons is ook nou klaar,” nooi sy.
“Ek ys, as ek dink hy moet oor ’n week teruggaan koshuis toe, ek weet nie wat hulle daar met die kind aanvang nie, dis nie die eerste keer wat hy so siek terugkom van die skool af nie.”
“Roelfie, jy kan volgende week by my en Flora kom kuier wat sê jy? Jy kan jou speelgoed saambring en dit in die pakkamer los, as jy wil.”
“Roelfie sê julle het ’n perd, nou wil julle en die perd nie Sondag by my kom kuier nie? Of kry jou vriendinne jou naweek tyd, sy is welkom om saam te kom hoor.”
“Dit is my skoonsuster,” lig hy haar in. “Sy kom help met Roelfie as hy so siek is.”
Sy is skoon verlig. Wat as dit nie was nie? Vra sy haarself af. Sy dokter hom met heuning en suurlemoen Lavender en Bloekom olie. Binne n week is sy bors opgeklaar.
Sy gaan bekla haar lot by Koei saans, as sy haar van die dag se gebeure gaan vertel en vir haar ’n happie vat. Sy kan haar nie indink dat die kind in ’n normale skool kan inpas nie, maar nouja dis nie haar plek nie. Sy het gedink sy seun is groot?”
DE LANGES KOM KUIER
Sondagoggend: sy glimlag toe sy die hek laat ooplgy en die twee aangery kom op die perd se rug. Roelf sit agter en Roelfie voor hom en hou die leisels was.
“Hy wou hê jy moet sien hy kan perd ry,” sê Roelf toe sy hom vraend aankyk.
“Môre grote, wat is jou perd se naam?”
“Bles,” wys hy met sy vinger na die kol op sy perd se kop.
“Ry sommer stalle toe Kolbooi is klaar opgesaal, ek kry julle daar. Waar is jou skoonsuster?”
“Besluit om huis toe te gaan, hy mos nou gesond, danksy jou.”
Dit draai ’n heelike dag uit, tot hulle verbasing gesels Roelfie met die perde asof hulle hom verstaan, skielik steek hy voor Kolbooi vas.
“Haai perd julle is maatjies, jy’t ok ’n kol.”
Soms is hulle so na aanmekaar hulle bene skuur teen mekaar, sy kyk na sy kant hom toe, verleë kyk sy weg. Hy glimlag net geamuseerd.
Tuis het Henna vir hulle ’n heerlike maal voorberei. Vir Roelfie maak sy ’n vrolike bord met ’n mannetjie en hoop hy gaan die groente eet.
Roelf steek sy hand uit na haar toe en neem Roelfie se hand toe hulle aansit en vra die seën, asof dit die dood natuurlikste ding is om te doen. Sy staar hom oop oë aan. Sy is alleen en verlang na haar kinders besef sy. Roelfie eet elke krummel in sy bord en sy is in ekstase.
“Jy was lekker honger,” prys sy pa hom.
“Nou kom ons gaan sit buite, Roelfie kan die ganse voer terwyl ons koffie drink,”
“Toe jong, ons het nou lekker geeët nou is dit die ganse se beurt, wil jy hulle voer?” Angstig vat hy die emmertjie en hardloop na die ganse toe, hy strooi die mielies en lag kliphard as hulle so langnek agter hom aanhol.
Roelf kom agter, Elmey beveel die kind nooit, maar vra hom altyd of hy wil.
“Ek het hierdie kind van my nog nooit so vrolik gesien nie,” mymer hy ingedagte.
Vir ’n oomblik verlustig sy haar aan die vrolike baljaar, die diere verstaan hom en hy vir hulle.
“Jy doen self nie sleg met jou seun nie, daar is ’n besonderse band tussen julle twee. Hoe-kom het jy hom in die koshuis gesit?”
“Sy ma is dood toe hy skaars drie is. Wel, hy het saam met my rond gery na al my projekte toe, alles in en uit gepak en was gelukkig. Tot is ek aangekla by die owerhede.” Klink hy bitter.
“Ek was verpletter toe hy as onopvoedbaar geklassifiseer is. Na ’n hengse ge-sukkel laat weet hulle my toe, ek kan’n plek in Warmbad in die koshuis kry wat ’n spes-iale klas het.” Hy sug en bly lank stil. “Dis net hel van toe af, die kind is ongelukkig, ek sien geen vorderig nie.” vies steek hy sy hand uit en sê:
“Kyk daar, een week en jy verrig wondere, ek het die kind nog nooit so sien speel en lag nie.”
“Jy kan hom mos nou skuif, jy werk van die plaas af? Sê sy saggies.”
“Vir hoe lank, ek wil hom nie onnodig ontwrig nie?”
“Wil jy hom gelukkig sien?”
“Natuurlik!” Antwoord hy verontwaardig.”
“Nouja, ek kan namens jou navraag begin doen vir skole in die omtrek, een wat hom op sy skoolvlak kan akkomedeer, as jy wil?”
“Skerpion sou ek sê?”
“Ja Krewe het maar partymaal ’n Skerpion nodig om hulle bietjie aan te help,” albei bars uit van die lag. Blou ligte en lere weer helder in die geheue.
Hy staan op en steek sy hand uit na haar toe. Sy kyk vas in ’n paar potblou oë, met amper ’n teer glimlag trek hy haar op, hou haar ’n oomblik vas en laat haar gaan.
“Ek het vandag werklik geniet, dankie julle.” Sy sonwarm lyf is so naby haar.
“Kom ou grote laat ons jou in die bad en in in die bed kry, dit word laat”
“Wil nog bly” stop hy in sy spore.
“Wag ek het iets lekker vir jou,” Elmey draf die trappe op en kom terug met ’n botteltjie Blackstrap Mollases en ’n teelepel.
“As jy elke dag ’n lepel vol eet, sal al daai blou kolle weggaan jy kan sommer die lepel hou, dis nou joune,” sy gee hom ’n lepel vol, wat hy aflek met smaak.
“Toe gee tannie Elmey ’n drukkie en sê dankie vir die lekker dag.” Tot hulle verbasing kry sy ’n drukkie toe sy afbuk en ’n nat soen op die wang.
“Nou wanneer is dit my beurt?” Die tergende blou oë laat haar bloedrooi bloos.
“Nee buurman, jy het ’n ete gehad, dis genoeg nê?” Spot sy terug.
“Dankie vir julle kuiertjie vandag, kom laat ek sien hoe jy kan perd ry,” help sy Roelfie aan.
Roelf tel hom op, hy sit voor sy pa, maar klou die bottel met twee vuil hande vas. Sy kyk hoe die twee weg ry en daar’s net ’n groot leegte wat oorbly. Sy’s alleen besef sy.
ROELFIE KOM HELP PLUK
Dis die volgende Saterdag: sy is besig om haar boeke uit te sorteer. Die foon lui.
“Elmey, goeienaand.”
“Naand, buurvrou!” Kom ’n benoude stem oor die draad. “Kan ek jou ‘n groot guns vra?” Kom dit verleë.
“Ek en die span moet hierdie naweek deurdruk en Roelfie soebat om by jou te gaan kuier. Al wat ek deesdae hoor, is tannie Ellie dit en tannie Ellie dat, lyk my die mannetjie is verlief. Elsie is naweek af. Sien jy kans as ek hom môreoggend daar kom aflaai?”
“Langasem as ’n man verleë is, nè! Natuurlik kan hy kom kuier,” nooi sy. Sy moet hom nog vertel van die navraag wat sy oor skole in die omgewing gedoen het. Daar is ’n skool sommer naby die sentrum, met ’n klas vir leergestremde kinders.
Saterdag oggend lui die hek sirene, sy skuif oop. Roelfie hardloop sommer van die hek af huis toe, verloor sy hoed halfpad, tel dit op, sonder om dit eers af te stof, plak hy dit weer in plek. Twee arms kry Elmey om die bene beet en sy kry jou werklik ’n spontane glimlag en ’n drukkie van hom af.
“Kom grote, ons twee moet vir Daniël gaan help. Groet Pappa en laat ons gaan.”
Roelf hou ’n sak uit na Elmey. “Die tweede myl is in die sak, sy slaapklere vir in-geval ons skof by vyfuur verby trek,” kom dit verskonend.
“Lekker werk Roelf, sien jou vanaand.”
So begin hul saamwees, Roelfie raak gemaklik en leer allerrande takies, raak gemaklik in ander mense se geselskap en verloor sy sku geaardheid. Hy het ’n plek in die lewe en hy is okay nes hy is.
“Roelfie raak agter met die plukkery en sy sien hoe hy begin benoud raak.
“Sjoe jong, wil jy nie jou lemoene vir my gee nie? Ek kom nie reg nie.” Ongemerk stoot sy haar vol krat na Tebego toe en sleep ’n krat met ’n paar lemoene nader.
“Nee wat ek’s nou moeg kom ons eet eers ’n lemoen, wat dink jy?” Stel sy voor en spring agter op die wa, hy kom langs haar sit.
“Lekker,” vee hy sy hande aan sy broek af.
Elmey byt die punt van die skil af. “Jig!” sê sy, spoeg die skil uit en begin hom skil, sy oorhandig die half geskilde lemoen aan hom.
“Ag skil jy vir ons verder asseblief, ek gaan gou kyk watter kratte ons kan uitsoek.” Met die terugkeer, spring sy weer langs hom op.
“Dê tannie, is’t okay?” Elmey vat ’n papskyf by hom en begin smaaklik daaraan kou.
“Kan ek nog een kry?” Vra sy. Trots word nog ’n pap skyfie na haar uitgehou.
MELKKOS EN GOEIE GESELSKAP
“Kom ons gaan tap vir jou ’n bad, trek sommer jou slaapklere aan, dan is jy klaar as Pappa kom,” Vra sy na oppak tyd, wat sê jy? Hy vat net haar hand.
Na so tien minute gaan loer sy in, netnou raak hy aan die slaap want hy is moeg, nee wat hy’s uit en spartel verbete om sy rug droog te kry. Self aangetrek kom hy kombuis toe.
Hy val half oor die stoel, sy maak asof sy niks sien nie en sê niks van die baadtjie wat skeef vasgegemaak is nie.
Sy geniet dit om te sien hoe hy die melkkos verslind, hy krap vir nog ʼn laaste lek-sel. Hy kyk op na haar toe met ’n paar blink oë, maar sê niks.
Na ete sit hulle twee op die rusbank en sy lees vir hom ’n storie uit die Kinder-bybel. Sy ooglede raak swaar, sy lees nog ’n entjie tot sy kop op haar skoot sak, vas aan die slaap. Versigtig tel sy hom op en gaan lê hom in haar kamer neer, druk ’n soentjie op sy voorkop.
Later skril die heksirene deur die huis. Sy hoop nie die kind is nou wakker nie. Roelf klim moeg uit die voertuig.
“Waar is die knaap?” Kyk hy rond
“Die Lat is vas aan die slaap, ek het gedink as jy môre ook werk, kan hy net sowel hier slaap, dan hoef jy hom nie so vroeg wakker te maak nie”
Hy skud net sy kop. “Weet jy, as hy by sy tannie is sal hy wakker bly, al kom ek eers tienuur daar aan.”
Sy stap sitkamer toe met Roelf kort op haar hakke.
“Het jy daaraan gedink ek wou jou graag sien. Jy is ’n lafenis vir hierdie moeë man se oë,” lag hy skalks. Haar hart bokspring ’n slag. Die blos op haar wange spreek boekdele.
“Ek kan hoor jy hallusineer al van moegheid. Sit, ek maak vir jou koffie, netnou val jy om.”
“Ek wens ek was Roelfie, net dalkies kry ek ook ’n drukkie.”
“Wel, nou is jy nie, maar jy kan darem koffie kry.” Met al die wil in die wêreld kan sy nie daai tergende blou oë ontwyk nie.
“Koffie sal lekker smaak dankie, veral uit jou hand.” Hy glimlag, sak in ’n gemak-stoel neer en maak sy oë toe. Die blos op haar wange het hom nie ontgaan nie.
Hy maak sy oë lui oop toe sy terugkom met die koffie. Sy hou hom dop terwyl hy die koffie met diep teue wegsluk.
“Is jy dalk so honger as wat jy dors is? Hier is nog melkkos oor,” bied sy aan.
“’n Man kan mos nie so ’n aanbod van die hand wys nie, melkkos!” Hy staan sommer dadelik op.
“Kom eet in die kombuis, dis ’n bietjie warmer daar,” nooi sy.en stap vooruit met die skinkbord, bewus van hom reg agter haar.
“Jy kan die knaap regtig hier los,” gesels sy terwyl sy die melkkos weer opwarm. “Jy moes hom sien werk vandag Roelf,” Hy hoor die teerheid in haar stem en is sommer lus en neem haar in sy arms.
“Maar die lemoenskil vat die koek…” sy wy uit en vertel hom van die dag se ge-beure.
Hy verluister hom. “Jy verrig voorwaar wondere met hierdie kind van my, dankie. Is jy seker van die slaap storie? Kan ek nie ook maar bly nie?”
“Nou begin jy kanse vat de Lange, net jou seun. Jy word beperk tot ’n bord melk-kos en geselskap,” lag sy. Sy skep ’n ordentlike bord vol in en plaas dit voor hom neer. Roelf lê weg, hy het nie besef hoe honger hy regtig is nie.
“Ek kan maklik hieraan gewoond raak, dit was heerlik!” Hy vee sy mond af en vou die servet stadig op. Hy hou haar oë gevange, kyk die vrou voor hom waarderend aan en bly sommer by die tafel sit, begin gesels asof hy haar jare ken.
Toe hy teen tienuur opstaan, is sy verras oor hoe vinnig die tyd verby gegaan het. Sy is so gemaklik in hierdie man se teenwoordigheid.
“Kophou vrou, kophou,” maan sy haarself.
“Kan ek vir jou ’n bord kos uithou môre?” Vra sy teen haar beterwete.
“Dit sal regtig gaaf wees,” hy neem haar hand in syne.
“Dankie vir alles, jy is voorwaar ’n engel.” Onverwags kry sy ’n soen op haar wang. “Lekker slaap,” sê hy en skuif aan deur toe.
Lank staan sy en hou die soen vas wat hy geplant het. Sal sy die hand wat hy vasgehou het was? Ag nou’s sy sommer simpel, sy staan in die koel lug maar die soen op haar wang bly, sy’s verlief! Sy maak die deur stadig toe, sy sien hom môre weer, draai haar maag.
VOEL NES ’N GESIN
“Die dag kon vir my nie vinnig genoeg verbygaan, sodat ek hierdie beloofde maal kon kom nuttig nie,” spot hy.
“Hoekom kry ek nie elke keer ook ’n mannetjie op my bord nie?” Hy kyk na Roelfie se bord weer versier is met ’n kabouter vorm, die twee skoene is twee wortel wat gekerf is soos skoene.
“Ek het nie ’n groot genoeg bord om ’n reus te bou nie, eet nou jou kos,” maan sy hom kamstig.
Roelf neem haar hand in syne en steek sy hand na Roelfie uit, buig sy hoof en vra die seën, sy sluk die knop in haar keel af. Sy besef weer hoe ’n afgesonderde lewe sy lei. Sy kom tot verhaal toe Roelf haar hand ’n drukkie gee. Hy kyk haar vraend aan en sê:
“Ons is nie gemaak om alleen te wees nie, Elmey.”
“O ja, ek het vergeet om vir jou te sê, ek het toe navraag gedoen oor skole in die omtrek en wat hulle aanbied,” verander sy die onderwerp en vertel hom wat sy uitgevind het:
“Dit klink belowend. Miskien moet hy maar die jaar klaarmaak in Warmbad, dan kan hy aan die begin van die nuwe skooljaar oorskuif.”
“Dis jou besluit, buurman.”
“Het hier nog nie slaapplek by jou oopgegaan nie,” spot hy.en rek hom behaaglik uit.
“Nag de Lange!” Roelfie kry ’n ekstra drukkie, een is eintlik vir die pa bedoel.
ONDEK ROELFIE SE SLAE
Dis die eerste Saterdag na die skoolvakansie:- Sy het drie vlieëniers van Port Elizabeth af, geboek, hulle het haar so mooi gevra of sy hulle nie op ’n Saterdag kan help nie. Hulle was die vorige week daar vir behandeling en die enigste geskikte dag vir hulle opvolg behandeling, is hierdie Saterdag. Terwyl daar drie van hulle is, het sy goed-gunstiglik ingestem. Daniël-hulle is goed op dreef met die pluk van lemoene en die pakkery is amper verby.
Sy sien Roelfie op sy maag lê op die hoopgrond, kop verskuil onder sy laphoed, stoot hy ’n karretjie lusteloos heen en weer.
“Lyk my ons twee werk altwee hier vandag. Hy huiwer ’n oomblik maar staan stadig op, keer woes toe sy die grond van sy broek wil afstof. Sy laat weet Roelf, vra of hy siek is?
“Kyk vandat ek hom by die skool gaan haal het, praat hy nie ’n woord nie, nie eers Elsie kry iets uit hom uit nie. Wat soek jy hier op ’n Saterdag?” Vra Roelf.
“Lang storie, ek moet aan die werk kom.” Sy is haastig, “ek vat hom saam okay?”
Dis ’n goeie drie ure later toe sy eers weer by die kind uitkom. Hy het net daar op die mat aan die slaap geraak en Flora het hom toegemaak met ’n warm kombersie.
Elmey raak saggies aan hom en hy vlieg bevrees op, sy keer en tel hom op, hy hou hom so stram sy verrek byna haar rug.
“Toemaar grote, tannie wil net na daai sny op jou been kyk, het jy geval?” Niks… Sy sit hom op die bed neer en hy draai dadelik op sy, sy. Elmey begin werk aan sy been en gaan stadig al hoër. Sy trek sy hemp op en sien die blou-pers hale, sy trek sonder meer sy hemp op en broek effe af en staar na die vier hale oor die maer rugstring en boude, sy trek die kombers oor hom en sê:
“Pas jy die trekker op, tannie is nou-nou terug.”
“Flora kyk bietjie ek’s nou terug, vandag is die hel los.” Haar hakke klap op die teerblad soos sy Restuerant toe stoom, binne ’n rekkord tyd is sy daar en vra:-
“Waar is daai eletrisiën?”
“Hier’s ek Elmey, wat’s fout is dit Roelfie?”
“Kom kyk self as jy wil weet.” Hy haal haar in en kry haar aan die skouers beet.
“Wat het in jou gevaar vroumens, dit lyk of jy ’n oorval wil kry?”
“Kom kyk, dan vertel jy my hoe lief jy vir jou seun is.” Sy storm die kamer binne, haal diep asem en trek die kombers stadig af. Die kind krimp inmekaar van vrees.
Roelf verander letterlik van kleur en word spierwit van woede.
“Wie de donner het dit gedoen?” Elmey vat hom aan die arm. Skielik besef sy, sy het die verkeerde aanname gemaak.
“Ek is so jammer ek dog jy het hom pak gegee.”
“Pak gegee, is jy van jou kop af, wie slaan ’n kind so?” Sy trek hom uit die kamer uit.
“Sal jy kyk of jy iets kan uitvind asseblief, die hemel bewaar daai vent wat hom so ge-slaan het?” Vra hy. Hulle stap terug kamer toe, die kind lê nog net so op ’n hopie.
Sy is so bly die spreekkamer is leeg. Sy roep Flora wat groot oog die spulletjie aankyk.” kom jong ons gaan huistoe, ek is so bly ons het ingekom vandag, weet jy?”
“ Jo-jo maar Morena hy is kwaad!”
“Hoe lyk dit Roelfie, ek het nou klaar gewerk, wil jy nie saam met ons huis toe gaan nie, Pappa sal jou later kom haal?” ’n Goedkeurende knik.
“Dankie Elmey.” Hy kyk haar dankbaar aan en haar hart mis ’n slag, wat doen die man aan haar?
Roelf soen hom op die voorkop, “Pappa maak net gou klaar dan’s ek daar okay?”
ELMEY VIS VIR INLINGTING
“Roelfie, wat op aarde het julle gedoen dat julle so pak gekry het jong?” Vra sy so met die ry saam. “Het julle kondensmelk gesteel?” Vis sy.
“Net ek,” kom die antwoord.
“Wat op aarde het jy gedoen?” Roep sy verbaas.’n Hele ruk stilte.
“Laat vir tafel,” kom dit sag.
“Heng, is dit al?” Maak sy die seuns na. “As iemand my so slaan steek ek my voet voor hom in, hy moet sommer sy tande uitval.” Sy sê dit met soveel drif, sy kry selfs’n effense glimlag van hom af.
Tuis vat sy hom kamer toe en gee hom ’n pynstroop in, neem ’n goeie dosis Lavender en smeer sy lyf daarmee veral oor die seer hale, hy raak aan die slaap. Laat daardie middag kom Roelf sy seun haal.
“Kon jy iets wys word?”
“Beter sit jy, voor ek iets sê.” Hy staan egter net daar arms gevou en wag.
“Een van die onnies het hom glo so geslaan, omdat hy laat was vir ontbyt.”
“Weet hy wie die vent is?” Vra hy met gebalde vuiste.
“Nee, net dis ’n vet onnie wat altyd daar is.”
“Wel ek gee nie om nie, niemand maar niemand, slaan aan my kind nie.”
“Kom saam met my kombuis toe ek maak vir jou koffie en beskuit, honger en kwaad gaan nie saam nie.” Probeer sy hom effe kalmeer.
Hy kyk na haar terwyl sy die koffie maak. Vanaand is hy opreg dankbaar vir iemand in sy seun se lewe wat hom verstaan. Hy is net so verslae en kwaad, hy kan stik.
ROELFIE SE GESKIEDENIS
“Miskien het dit tyd geword om jou meer te vertel van sy agtergrond,” begin hy, Sy sit die koffie voor hom neer en neem teenoor hom plaas:-
“My vrou Ann kon nie swanger raak nie, maar wou bittergraag ’n baba hê. Ek was te-vrede want ons was lief vir mekaar en dit was genoeg, as dit nou so was, is dit nou maar so.” Lang stilte volg. “Sy het egter agter my rug gegaan vir hormoon be-handelings. Ons was op daardie staduim al negejaar amper tien getroud.” Hy roer die koffie voor hom. “Toe raak sy swanger.” Sê hy stil.
“Ons het baie vasgesit oor haar rook gewoonte en soms het sy tog probeer sny. Toe gaan sy een nag aan die bloei,” begin hy sag. “Nog nooit in my lewe was n hos-pitaal so vêr nie, ek het gejaag soos n besetene… Sy is dadelik teater toe.”
Hy begin vertel van sy woede teenoor God en An, toe hulle die potblou mensie is sy handpalm plaas, sy was net oor die ses maande swanger.
“Ek het daardie aand heeltyd bygestaan, dit was erg.” Hy’s weer terug op ’n seerplek. “Na die derde keer, toe hy ophou asem haal, het ek regtig nie geweet of ek wou hê hy moes lewe nie, hy het erge breinskande opgedoen, die wêreld gaan hom insluk, is al wat ek kon dink. Maar hy het bly lewe. Maande lank het hy in die broeikas deurgebring, my seun, my bloed.” Hy raak stil.
“Sy het in ’n depresie verval en alle belangstelling in die kind verloor, net gerook en ge-slaap.” Sy stem is bbitter.
“Elsie is sy ma, ek het laat sy hom na ’n ander kamer in die huis verskuif, sodat hy uit die rookwalms kan kom en daar het hy en Elsie gebly.” Sy hoor die bitter nog in sy stem.
“Elsie het ure gesit om ’n ons of twee in sy lyf te kry. Sy het hom voor op haar bors vasgemaak en nêres sonder hom gegaan nie.” Hy sug. Later het ek besef ons veroorsaak ons eie ellende en onskuldiges ly daaronder.
“Roelfie was nog nie driejaar, toe An oorlede is nie. Emfeseem en jy weet hoe dit lyk!” die bitter is weer daar.
Implusief sit sy haar hand op sy skouer en soen hom op die voorkop. Tree dan verleë terug as sy besef wat sy gedoen het.
“Dankie, dit help baie.” Die skewe glimlaggie en opregte dankbaarheid spreek boekdele.
“Wag ek gaan maak warm koffie, daai is nou yskoud,” vlug sy stoof toe
SY BRING VERLIGTING
Hy weet nie hoe sy dit reg kry nie maar hy voel wonderlik verlig.
“Kom drink nou jou koffie, Henna het ’n heerlike melktert gebak ek dink jy kort ’n groot stuk soetigheid om jou chemiese balans te herstel na al die skokke van die dag.”
“Jy weet dit het niks met soetgoed uit te waai nie…” Roelfie verskyn in die deur met die laphond onder die arm en stop sy sin net daar. Daar is weer lewe in die oë.
“Pappa het amper al die melktert op geëet jong, ek het darem ’n stukkie vir jou gebêre.” Hy gaan sit op die kussing wat sy op die stoel gesit het en verorber die melk-tert in ’n paar happe.
“Stadig jong jy gaan pyn op jou maag kry,” sy pa bied hom ’n slukkie koffie aan wat hy gretig neem.
“Kan jy nou verstaan hoekom ek hom nooit sal slaan nie, die wonder kind van my, ek vol skuldig ek was gistraad met hom ongeduldig, terwyl hy seer was.”
“Sorg net jy hak nie weer uit as jy probeer uitvind wat gebeur het nie, dan slaan hy net weer toe.”
“Dis moeilik maar ek sal sterk staan.” Die skewe laggie maak haar knieë sommer lam.
Elmey is soos ’n sagte landingsplek, hy ken haar skaars maar hy kan sy lewe sonder haar nie indink nie.
ROELFIE SE NUWE SKOOL
“Wat op aarde is aan die gang?” Flora staan die spul besige mense, fotograwe en tele-visiespanne en gadeslaan.
“Die reklama vir die openings aand jong, dit gaan groot wees.”
“As julle twee nou so erenstig is?” Vra Roelf van die kant af.
“O gonna, is dit al sulke tyd, Flora ek het almal na tienuur geskuif, ek gaan net gou saam met Roelfie om hom by sy nuwe skool in te skryf, ek’s nou terug. Waar is hy?”
“Sit soos ’n verskrikte haas in die kar,” antwoord hy.
“Wat sê ek vir daai man as hy weer kom, moet ek skryf?” vra Flora.
“Gonna nee Flora, sê hy moet vlieg.”
“Hau.” Flora skud net haar kop.
“Watter man is dit as ek mag vra?”
“Nee, jy mag nie,” antwoord sy skalks, oppad kar toe.
Weereens verwonder hy hom hoe sy met Roelfie begin gesels, asof dit die grootse avon-uur van sy lewe is.
“Nou gaan jy elke dag huistoe kom met die bussie, hy gaan jou oplaai soggens en in die middag kom aflaai. Raai wat? Daar’s net agt kinders in jou klas en jy het ’n baie mooi juffrou.”
“Is sy so mooi soos tannie?” vra hy skielik en sy bloos bloedrooi. Wens sy kan ’n venster oopmaak.
“Nee man, baie mooier.” Waar kom die kind nou vandaan.
“Dit sal nie help om die venster oop te maak nie,” glimlag Roelf. Verdomp hoe weet die man altyd wat sy dink.
“Ek stem nogal saam met hom, sy sal iets moet wees hoor.” Hulle hou voor die skool stil en sy spring uit, staan eers ’n entjie weg, sy moet haar kalmte herwin.
HULLE ONTMOET DIE NUWE HOOF
Die hoof meneer Snyman kom verwelkom hulle, dierbare ouman met ’n effe mank stap. Hy neem Roelfie aan die hand en stap stoeplangs kantoor toe en gaan na binne. Hy gesels met die kind asof hy hom jare ken.
“Sien jy daai foto daar teen die muur,” wys hy na ’n groot geraamde foto met rugby spelers op.
“Daai een, dis nou ek, toe was ek nog jonk en fiks was nes jy nou is, so een van die dae is jy ook op so ’n foto, ek dink jy sal ’n bal lekker ver kan skop.” Dis asof hy weet hy gaan nie ’n antwoord kry nie en draai na Roelf toe.
“Meneer de Lange, ek verseker jou, ons kinders is ons trots.
Roelf is so ingedagte, hy hoor nie die man praat met hom nie en maak dadelik ver-skoning.
“Verskoon tog meneer, ek was vir ’n oomblik weer terug in Warmbad. Mens, so na aan moord was ek nog nooit. Toe daai uitgvrete vent voor my staan en sê hy moet disseplinie hand-haaf. Die vader weet as ek nie gedink het dit sal Roelfie meer skade as goed doen nie, het ek die man vervolg tot in die warmplek.
“Wel meneer de Lange ek dink tog u moet hom by die Raad verkla, dit kan nie toegelaat word nie en is teen die wet.” Meneer Snyman is nie beindruk toe hy die storie hoor nie en beaam Roelf se mening dat hy ’n foto moes neem.
“Sien Meneer, dis hoekom ons nou so ontydig hier by u opdaag in die middel van die jaar.”
“Kom grote,” draai die Hoof na Roelfie toe,“ jy’s baie welkom. “Ek gaan wys jou gou jou klas en jou nuwe juffrou,” en hy begin aanstap.
Sy wag hulle in en verwelkom hom asof hy ’n eregas is. Hy staan voor haar en kyk af grond toe. Sy gaan voor hom sit, vat hom saggies aan die ken en lig sy gesig op sodat hy vir haar kyk en verseker hom, almal wag vir hom.
“Ek is juffrou Sally en wat is jou naam?”
“Roelfie” kom dit saggies.
“Baie welkom by ons hoor, kom ons gaan in, hulle kan nie meer wag nie.”
Roelf soen hom op die voorkop. Sy gee hom ’n drukkie. Hy vat Sally se hand en stap sy nuwe klas in.
Die terugreis geskied in stilte. “Ek sal hom vanmiddag self kom haal, okay?”
“Reël net met die bus sodat hulle nie vir hom moet wag nie.”
“Hoekom doen jy dit Elmey?” Hy kyk haar vraend aan.
“Hoekom doen ek wat?”
“Soveel aandag en liefde en dit vir ’n kind wat jy skaars ken, en jy wil ook nie ver-goed word nie?”
“Mens verkoop nie liefde soos op ’n vandusie nie Roelf. Ons ontvang dit onverdiend om uit te deel en nie vir ons self te hou nie, daarby is dit ’n kind wat hulp nodig het, is daar ’n ander manier van doen?”
“Wel ek kan jou verseker, jy gee hom meer liefde en aandag as wat hy in sy negejaige leeftyd ontvang het, behalwe van ou Elsie. Mense verstaan hom nie, hy is stadig en sku. Waar kom jy vandaan?” Haal hy sy oë ’n oomblik van die pad af.
“Van die Vrystaat af en kyk waar jy ry.” Kom sy uit die erntsig uit.
AMPER SOOS ’n GESIN.
Sy kry tyd om Roelfie te verwelkom toe hy terug kom, sy weet dit het goed gegaan
toe hy sy klei perd en tekening op die tafel neersit.
Vyfuur is sy klaar en sak op die naaste stoel neer, strek haar bene lank uit, sy’s moeg. “Flora jy loop jou kurses vir jou sertifikaat, ek gaan nie by bly nie.”
“Nee man, ek is te oud vir daai storie.”
“Jy’s oud, of jy nou gaan skryf of nie.” Sy maak haar oë toe, die volgende oom-blik voel sy ’n paar koue vingertjie om haar voete, sy loer net effe, Roelfie vryf saggies op en af en druk soos sy altyd maak.
“Dit voel wonderlik dankie jong, ons sal jou ook moet leer”
“Is julle besig met kinder arbeid,” kom dit van die deur se kant af.
“Kom sit Roelf, ek het ’n heerlike massering gehad en voel sommer piekfyn.”
“Nou toe seun, wat van myne?”
“Nee jong, sy voete is te vuil hy moet hulle eers gaan was,” keer sy.
“Het jy gesien hoe mooi hy in die skool gewerk het?”
“Ek het ’n maatjie ok,” kom die kort sin.
“Rerig,” sit sy regop, ”Kan jy sy naam onthou?” Sy wag nie vir ’n antwoord nie.
“Alles is nog pers en swart?” Roelf kyk haar vraend aan.
“Okay man, jy’s nou bietjie haastig, gee kans,” keer sy.
Die dag eindig in ’n aangename atmosfeer, amper soos ’n gesin dink sy hartseer.
Marthie Joubert
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.