BIE VIR MY HART HOOFSTUK 6
ONVERWAGTE KUIER GAS HOOFSTUK 6
Vroegoggend gaan die hek se sirene af. Dis Roelf se bakkie by die hek. Wat sou hy hierdie tyd van die oggend hier kom soek? Sy is seker Koei is nog ophok. Sy druk die afstandbeheer van die hek. Roelf hou voor die stoep stil en kom die trappies opgedraf.
“Waaraan het ons die eer te danke Buurman, so vroegoggend. Is daar nie brekfis by jou plek nie?” Dis uit voordat sy kan keer.
“En ’n goeie môre vir jou ook, buurvrou. Ek het net my goeie vriend hier kom groet, voordat hy die pad terug vat Vrystaat toe.” Die lag strek tot in sy blou oë.
Elmey, kyk toe hoe Roelf en oupa, wat sy oggendkoffie op die voorstoep geniet, mekaar soos ou bekendes groet.
“Lanklaas gesien Roedolf. Laas by Frans se begrafnis?” Kom dit van Oupa af, hy draai na Elmey.
“Jy was mos destyds in Namibië, my kindjie, anders het julle mekaar lankal ont-moet.
“Ek sal die koffie gaan skink Mams,” bied sy aan, na ’n heen en weer gegroetery. Hier moet sy weg. Met hulle terugkeer na die stoep hoor sy net die laaste woorde:-
“Een ding is seker, as sy ’n perd opgesaal het, ry sy vir hom, Oupa!” Verlig om uiteindelik te hoor sy is ‘n alleenloper.
“Wat nou van ’n perd?” Wil Elmey weet.
Roelf staan op en neem die skinkbord. Hulle hande raak vlugtig aan mekaar, vin-nig trek sy haar asem in. Edna kom agterna met ’n bak beskuit.
“Ons praat sommer oor die dip en spuit van die diere my kind. Alles is gereël, so bekommer jou nie verder nie.” Toe elkeen met ’n beker koffie sit, het sy haar asem weer terug.
“Oor die dip storie,” begin sy.
“Luister, voordat jy nou weer op jou perdjie klim, Daniël sal alles doen en die in-struksies sal van jou af kom. Ek stel net my drukgang en dip tot jou beskikking!” Hy draai terug na oupa toe voordat sy iets verder kan sê.
“Hoe gaan dit met die boerdery in die Vrystaat, Oupa?” Vra hy belangstellend.
“O nee, meneer de Lange, so maklik maak jy my nie stil nie. Ek het al genoeg gunste en gawes uit jou hand ontvang en wil jou nie verder verontrief nie.”
“Nou goed dan, dis ’n saketransaksie. Jy betaal vir die gebruik van die geriewe op my plaas, tevrede?”
“Dankie, daarmee kan ek saam leef.” Vat sy ’n sluk koffie.
“Oupa, ek wil nog steeds hoor hoe dit met die Vrystaat boerdery gaan.”
Die twee manne lyk so tuis in mekaar se geselskap. Roelf drink sy koffie klaar en plaas sy beker terug op die skinkbord,
“Ek groet maar eers Oupa,” hy steek sy hand uit.
“Ek sal oog hou,” fluister hy aan Edna toe hy haar groet.
“Dankie dat jy jou drukgang tot ons beskikking stel, buurman, ons sal verder regkom. Hoekom het jy my nie gesê jy ken Oupa so goed nie?” Kry sy ’n woord in.
“Ek het skaars geweet wie jy is, daarby was ek te besig om te keer, jy breek nie jou nek nie.” Hy is reeds van die stoep af. “En jy’t nie gevra nie. Goed gaan julle, mooi terug ry Oupa. Dankie vir die koffie buurvrou!” Rammel hy alles af.
Die ouman sit sy arm om Elmey se skouer en glimlag breed.
“Onthou net, jy was elke keer verantwoordelik daarvoor, wees bly ek kla jou nie aan nie!” Die glimlag om sy mond verbreed toe hy wegtrek. Hy gaan seker nou die rooikop oplaai. “so what?” Vies sy haar vir haar gedagtes.
ONTMOETING MET ITALIANER
Dis stil die volgende dag nadat almal weg is. Skielik voel die plaas te klein vir haar. Sy vlug na haar nuwe oase. Sy wonder of Roelf werk, dalk moet sy hom gaan opsoek. Is jy nou laf vrou-mens. Netnou dink die vermetele vent ek loop agter hom aan, maan sy haarself. Wat as die Rooi-kop dalk daar is.
Sy hou langs die sentrum stil. Klim stadig uit, kyk rond, dis nog net so bedrywig soos voor die langnaweek. Oral skarrel die mense rond, die tweede fase van die bouery is nou in vollegang. Dis ’n lawaai van ’n ander wêreld soos wat die laaigrawe vorentoe en agtertoe beweeg, om die grond vir die swembaddens te verskuif. Op ’n snaakse ma-nier kalmeer die gewoel haar.
Ingedagte begin sy restaurant se kant toe stap. Stop by die uitgrawings waar die waterpark in aanbou is. Dis ’n reuse gedoente. Sy wonder hoeveel ton sement en klip dit gaan neem? Want terwyl die een trok wegtrek, trek die ander een in. Lank staan sy die bedrywighede en aan-skou, stap stadig op na die gebou regs van die swem area.
Wat ’n pragtige gebou. Stadig stap sy met die trappe op wat skuins na bo wentel, kort-kort staan sy stil in verwondering. Die argitek wat die plek ontwerp het, se werk is beslis vir hom uitgeknip. Sy gaan al dieper die gebou in.
“Looking for someone?” Vra die aantreklike man voor haar met ’n swaar aksent, klink Italiaans? Sy lewendige donker oë laat blyk, hy hou beslis van wat hy sien.
“No not realy.” Dit is duidelik hy kan nie ’n woord Afrikaans praat met daai aksent nie. “Just admiring the hustle and bustle and wonder about the final outcome of all these activities. It looks promising,” beduie sy.
“Will I see you at the grand opening? I am Manual, assistant manager of the main restaurant, I will spare you my surname. And you Madame?” Dit klink so komiklik dat sy moet glimlag, sy sal maar niks belowe nie.
“Elmey Furstenburg.” Sy steek haar hand uit. Die Don Juan verras haar, toe hy haar hand in albei syne neem, dit na sy lippe bring en ’n kus op haar vingers druk, terwyl hy haar met smeulende oë aankyk.
“Elmey, pragtig,” verras hy haar met sy gestruikel oor die gutturale klanke.
“Jy praat Afrikaans?” Sy openlike geflirt amuseer haar. Sy glimlag liefies vir hom en trek haar hand uit syne.
“Woorde van liefde is al,” struikel hy oor die Afrikaans.
Elmey kan nie help om te lag nie, voortvaarend is hy, ’n regte Don Juan. Hy neem haar aan die hand.
“Let me show you restaurant?” Sonder om uit te vra, verduidelik hy dis ’n Italiaanse eet-plek, wat net saans bedryf gaan word.
Roelf, wat op die boonste platform besig is, sien die twee al laggend aangestap kom. Nou vanwaar die duiwel sou sy die gladdebek ken? Hy flirt met al wat vroumens is. Hy sal seker die eerste kliënt wees wanneer sy haar sentrum oopmaak.
“Nee man Mogotsi!” Sam kyk hom ongeduldig aan.
“Wat kyk jy? Ek wag vir die tang!” Sam hang in ’n ongemaklike posissie en sy oog vang die toneel onder hulle. “Daai vroumens gaan nog maak ons neuk die job op! Hoekom vra jy haar nie uit en kry klaar nie.”
“Hier’s die verbrande tang man en hou op nonsens praat,” kom dit kortaf.
“Dit help nie om te hol nie, as daai gogga jou eers gebyt het, hy los nie weer nie.” Brom Sam. Dis tyd vir die maat van hom om weer vrou vat, man is nie gemaak om alleen te bly nie.
Elmey lees die ou soos ’n boek. Sy sal hom nie sê sy het ‘n besigheid in die sentrum nie. Iets vertel haar as hy eers vastrapplek kry sal hy nie los nie. Nee, vir sy soort het sy wraggies nie krag nie. Sy slaag daarin om hom beleefd af te skud, nadat sy hom bedank het vir die toer en inligting.
Sy sien ’n verf drom in een van die hoeke staan en sonder om te dink gaan sit sy daarop. Sy geniet vandag die bedrywighede en rumoer, dit vind aanklank by haar eie deurmekaar gemoed.
“Kon jy nie eers een dag sonder my klaarkom nie? Ek’s bly, nou kan ons vars koffie gaan drink, myne is koud,” kom dit van agter haar. “Gaan jy oopsluit en vir ons maak, asseblief jong?” Arms gevou oor sy bors.
Waar kom die vent vandaan. Hy’s oral waar sy is. Moenie jouself verontskuldig nie vroumens, dis presies waarop jy gehoop het, dink sy skaam.
“Koffie drink saam met jou, was nie op my lys nie. Jy sal jou wat verbeel. Is dit nie jy wat my agtervolg nie?”
“Verskoon my! Ek werk hier. Wil jy eerlikwaar vir my sê jy het nie vir my kom kuier nie. Of het die Italianer jou genooi?”
“Wat traak dit jou?” vererg sy haar vir die voorbarigheid.
“Heelwat! Onthou ek het Oupa belowe om ’n oog te hou en ek neem my werk ernstig op”
“Wel, van julle reëlings weet ek vere. Soos jy nou kan sien die Italianer het my nie oorweldig nie. Jy kan maar teruggaan en jou drade deur die geboue gaan ryg.” Sy staan op en maak aanstaltes om te loop.
“Is dit vandag te stil op die plaas na die naweek se gewoel?” Vra hy sag, as hy haar aan die arm vat en in die rigting van haar sentrum lei. “Ek verstaan beter as wat jy dink.”
Vir ’n tweede maal het sy nie woorde nie, die man lees haar gedagtes en weet altyd net wat om te sê. Daar is opregte simpatie in sy stem, amper willoos laat sy haar tot by haar plek lei. Hy neem die sleutels by haar en sluit oop.
“Jy beter dit geniet terwyl dit nog stil is, oor ʼn week of wat maak jy oop, dan is dit neusie verby. Sal ek die ketel aansit?” Hy voeg die daad by die woord en kom sit op een van die rottangstoele asof hy daar hoort.
“Jy het die plek werklik omskep in ’n rusoord, kalm, koel, rustig.”
“Ek wou sommer kom kyk wat alles hier aangaan. Ek was so besig met my eie plek, dis nou die eerste keer wat ek regtig ‘n kans kry.”
“Ja jong ry veertig kilometers in stad toe om te kom kyk hoe lyk die plek”
“De Lange wil jy koffie hê of nie?” Hy kom heeltemal te naby aan die waarheid en daarvan hou sy nie. Die gesprek raak ligter, hulle geniet die koffie en sy voel hoe haar vrede terug-keer.
“Ek hoop net nie daai Italianer maak ’n oorlas van homself nie,” hy roer sy koffie ingedagte
“Dis ’n besigheid, weet jy?” ‘n Duisend duiwels draai in die donker oë.
“Ek hou hom dop, ek hou hom dop,” kom dit deur die slukke warm koffie.
“Ek het gesien wat ek wou. Laat ek die pad vat terug plaas toe. Daar’s werk wat wag.”
“Sluit, dan stap ek saam met jou kar toe. Gaan jy nou meermale inkom voordat jy open? Ek sien hier dwaal heelwat nuuskieriges rond. Jy sal die glaspanele moet laat was, want die agies probeer sien wat binne aangaan, dis al vuil gevat.”
“Ek en Flora sal môre of so inkom om ons strategieë uit te werk. Ek wil haar tou-wys maak, sy sal instaan as ontvangsdame wanneer ek besig is. Sy ken gelukkig die ropes en kan goed Afrikaans praat, daar’s nog net hier en daar iets wat uitsorteer moet word.”
“Jy het ’n groot hap afgebyt, maar jy sal dit maak, ek twyfel nie vir een oomblik daaraan nie.” Hy sê dit met soveel oortuiging, sy kyk hom verbaas aan. Sy moet erken om hom raak te loop, maak haar dag.
“Dankie, ek is bly jy dink so.”
“Ek hoop jy voel ‘n bietjie beter,” hy maak die motordeur oop. “Veilig ry.”
Sy skuif reg in haar sitplek, klip haar veiligheidsgordel vas en glimlag na hom toe. “Ek voel beter dankie en sal versigtig ry.”
FLORA VAL IN
Flora wys vinnig sy het niks vergeet nie en kan lekker saampraat. Die laaste ding wat sy wil hê is klomp klante wat vir haar sit en wag. Hier moet hulle tot rus kom.
“Ek is bly jy’s aan my sy, ons gaan ’n gedugte span wees soos in die outyd,” lag Elmey tevrede.
Sy is teleurgesteld as sy hom nie weer raakloop nie. Hoekom sal hy haar in elk geval wou opsoek? Hy skuld haar niks nie.
Die groot dag breek aan, Elmey sluit haar sentrum se deur oop. Sy bly in die deur staan en buig haar hoof. Dis vir haar ‘n gewyde oomblik. Flora kom langs haar staan met ’n geboë hoof. Vir ’n oomblik staan hulle biddend…
“Dankie Here,” fluister sy saggies. Sy voel opgewonde maar op die oomblik so alleen. “Ons Naalde doker moes nou hier gewees het, ou Flora.”
“Hy is Mme, hy is,” glimlag sy. “Hy is.”
Die ou Dokter het geweet hoe ontbeerlik die kwalifikasie vir haar gaan wees en het aan-gedring daarop:-
“Gaan vir klasse en voltooi die kurses so gou moontlik.” Sy het ook net klaarge-maak en die volgende dag is hy oorlede, sy kan dit nou nog nie glo nie. Saggies streel sy met haar vingers oor die geraamde sertifikate.
“Dankie my ou vriend!” Fluister sy.
“Mens wat lyk jy so treurig op so’n heuglike dag? Nee man, kom ons vier dit!” Hy oor-handig aan haar ’n pragtige bos pienk Proteas. Die bekende stem laat haar amper in trane uitbars. Sy wil dié oomblik so graag met iemand deel en hier kom hy aan.
“Baie dankie, dis pragtig,” bedank sy hom. “Die Vader het omtrent ’n sin vir humor,”,dink sy en plak haar professionele gesig op, glimlag vrolik en sê:
“Welkom my heer, eerste oor my drumpel. Wat ’n eer!” Hy merk die diep hartseer op en wonder wat die bron daarvan is?
“Jy lyk pragtig in jou uniform, ek het jou amper nie herken nie, net jou swart krul-op het my gered. Mens, jy is soos ’n verkleurmannetjie, van ’n beestemmer tot ’n professionele sakevrou.”
“Ag, nou’s jy sommer laf.”
“Ek is Ernstig, jy lyk vanoggend so professioneel, ’n prentjie.”
“Kom sit gerus Roelf, jy is bevoorreg, die eerste oor my drumpple, vir die eerste drink-ding, in my eerste eie besigheid, so wat sal dit wees, tee, koffie of vrugtesap? Sy hoor hoe Flora die koppies begin regsit.
“Ek is voorwaar bevoorreg, maar eintlik moet dit met shampain gevier word. Kom ons hou dit maar by koffie, spaar my die vrugtesap op my leë maag.”
“Dit sal ’n ding afgee as ek die eeste dag met ’n drankasem begin,” lag sy.
“Die palms skep ’n rustige atmosfeer, pasop, ek maak maklik ’n oorlas van my-self as die lewe buite my druk.” Hy staan op en vat die koffie by haar.
“Cheers! Mag jy voorspoedige wees in alles, dan kan jy my later onderhou, wat sê jy?.” Spot hy.
Sy roep Flora nader, hulle klink bekers teen mekaar met:-
“Cheers!” Roelf is nog daar toe Johan le Roux ook kom inloer.
“Knap gedaan, Elmey, jy het die plek baie mooi ingerig. Sal ons ’n gesamentlike openingseremonie hou om te wys wat ons alles aanbeid?”
“Wonderlike idee, wanneer?”
“Ek dink ons wag tot die tweede fase in September klaar is voor ons makiti hou.”
“Sit Johan, wat drink jy?” sy skink vir hom.
“Hoe lyk dit met ’n skouer massering?” Roer Johan sy skouer.
“Seker, jy sal my eerste kliënt wees, dit sal honderd en twintig randees, sal tienuur jou pas?”
“Moet ek betaal?”
“Wel ek betaal huur sover ek weet,” lag sy. “Die koffie sal gratis wees.”
“Ja ou Johan, hier is dit niks vir niks en ’n bietjie vir ’n tiekie,” lag Roelf.
Sy is bly die dag skop so rustig af. Sy weet Flora sal regkom as ontvangsdame na al hulle geoefen.
TELEFOON SKEL
Skielik skel die foon en albei wip soos hulle skrik. Hulle kyk mekaar ’n oomblik aan.
“Toe Flora dis jou kans,” fluister Elmey asof die persoon aan die anderkant haar kan hoor.
Aldrie luister hoe sy in flot Afrikaans, met ’n effens aksent, verduidelik en die tweede afspraak in die boek aanteken.
“Jou eerste vol massering,” glimlag sy.
“Toe manne, het julle nie werk nie? Laat julle weg wees,” lig sy hulle uit hulle gemaklike sit uit. “Daars werk om te doen.”
Tien uur daag Johan bo verwagtig op. Elmey begelei hom na die eerste kamer, sy is kaalvoet.
“En die kaalvoete?”
“Die kuns van my beroep is om altyd kontak met die aarde te behou en sodoen-de nie al jou energie uit te deel en dan self leeg te loop nie. Jy sal sien die Oosterlinge masseer nooit met skoene aan nie. Dit was vir my ook nogal vreemd in die begin, maar ek het gou uitgevind dit werk.
“Trek uit jou hemp en sit op die bed, sodat ek kan sien wat met jou skouer aan die gang is.” Johan voer haar instruksies uit en sy sien die yslike spierspasma.
“Jy hou jou gholfstokke verkeerd vas, jy sal moet werk maak daarvan.”
“Wie sê vir jou ek speel golf?”
“Die toestand van jou skouerspiere, hierdie is ’n tipiese gholfskouer.”
“Mens sal versigtig moet wees vir jou, wat sien jy nog?” Lag hy skelm.
“Jy is mos nou hier vir die skouer, kom ons hou dit daarby. Lê vir my op jou maag, met jou gesig in die opening en jou hande langs jou sye.
“Is jy gemaklik?” Vra sy terwyl sy ’n opgerolde handdoek onder sy enkels sit vir gemak en sy onderlyf bedek met ’n handdoek.
“Heerlik dankie,” sug hy.
Haar goed geoefende vingers begin sag in sirkels oor sy rug en skouers beweeg. Op die gepaste plekke oefen sy druk uit, ’n paar drukke is erg pynlik, wat Johan duidelik te kenne te gee met ’n kreun. Sy streel weer sirkel gewys daaroor, neem geurige olie beweeg op en af eindig af by sy kroontjie. Maak hom toe met ’n sagte kombersie, ska-kel sagte musiek aan, beveel hom om ’n paar minute so te lê en verlaat die kamer.
So tien minute later kom sy terug. Hy’s vas aan die slaap. Sy raak hom saggies aan sy skouer.
“As jy langer lê sal ek jou vir bed en ontbyt moet vra,” lag sy, maar druk hom vinnig terug as hy wil opspring.
“Stadig nou, wil jy nou my handewerk tot niet maak? Ons jaag nie hier nie, staan stadig op, strek en trek dan aan.”
“Genade ek het sowaar geslaap?”
“Jy’s nogal moeg hoor, as ek die spul so bekyk.”
Johan kyk op sy horlosie toe hy die ontvangslokaal instap. “Liewe land Elmey, ek kannie glo die tyd het so gevlieg nie, ek voel vars en uitgerus, wat op aarde het jy met my aangevang? Is jy seker dis net honderd en twintig rand?” Hy haal ’n honderd en vyftig rand uit en sit dit neer.
“Hou asseblief die kleingeld, dit is regtig die moeite werd.”
“Ek is bly jy voel beter maar, jy sal vir nog so twee behandelings moet kom, daai spier kan nie in een massering uitgevryf word nie.”
“Dis nou ’n afspraak wat ek met plesier nakom, ek sal An vra om vir my ’n af-spraak te maak, ek het nie ’n idee wat in my afspraak boek aangaan nie. Ek is voorwaar bly jy het jou sen-trum hier oopgemaak.”
EERSTE VOL MASSERING
’n Uur later stap mev van der Westuisen uit met ’n glimlag en sê:
“Noem my gerus Rita, want ons gaan mekaar nog baie sien, vandat ons in Pretoria is, kon ek nog nie ’n geskikte plek kry waar ek en my man kan gaan vir mas-sering nie, maar ek keur jou honderd persent goed.” Jy kan sien sy was hier met ’n doel, om seker te kom maak dis nie ’n rooilig distrik nie.
“Ek gaan net gou by hom hoor wanneer hy tyd het, dan skakel ek julle reg so?”
“Enige tyd Rita, julle is welkom.” Elmey is amper lus en bars uit van die lag om-dat sy so uitgekyk word.
“Kom julle saam-saam?” Wil Flora weet.
“Nee genade mens, ek wil my massering geniet, nie ’n mansmens hê wat my aanjaag nie, Daan is veilig in jou hande, kry vir jou,” lag sy as sy uitstap.
Sy sluit haar dag af met ’n Refleksologie van juffrou Botha.
“Sommer Joyce, die juffrou klink te veel na skool.” Nooi Joyce uit.
“Nou dan is ek Elmey en my assistent Flora, lyk my om ’n familie atmosfeer te skep gaan nie moeilik wees nie.” Hulle stap die kamer binne en sy laat die dame gemaklik lê, voete effe van die bed af onder, bedek haar bene met ’n kombersie en vee haar voete met ’n warm waslap af, sy voel hoe die vrou ontspan met die hitte om haar voete en begin:
“Ek sien op jou kaart jy kry slegte hoofpyne, wel dit kan deur ’n hele paar organe veroor-saak word, so laat ons kyk.” Sy maak haarself gemaklik by die vrou se voete, neem geurige olie en begin. “Jy sal voel party punte is meer sensitief as ander, so sê assseblief as dit te seer is.”
Stadig begin sy van die een voet na die ander masseer, eers sag begin, delf dan effens dieper van bo by die tone, hak toe en om die voet, dadelik werk sy sagter as sy sien dis te pynlik. Sy vind in die middel van die voet is dit baie sensitiefste en besluit om eers af te sluit. Sy kyk op, sien tevrede haar klant is vas aan die slaap. Sy maak haar voete warm toe, sit sagte musiek aan en verlaat die kamer.
Dis ’n baie verbaasde vrou wat wakker skrik toe Elmey saggies aan haar voete raak. “Hoe voel jy nou?”
“Wonderlik mens, ek het sowaar aan die slaap geraak, nou is ek mos oor die tyd?”
“Nee wat, dis net ’n paar minute en dis die einde van die dag, onthou jy mag dalk ’n reaksie kry, so drink baie water, sit bietjie suurlemoensap by dit help om die gif-stowwe te verwyder.”
“Julle gaan my nog baie sien.” Sug sy behaaglik.
”Jy moet in elk geval nog die kurses voltooi as jy ruseltate wil sien, Flora help jou gou, een maal per week werk die beste.”
“Sien julle volgende week,” groet sy by die deur.
“Mme, jou boek is vol tot Vrydag en die hele volgende week!” Flora is so opgewonde.
“Kom ons drink ’n rooibos daarop, dis amper toemaak tyd.” Sy is nog doenig in die portaal toe hy opdaag.
“Jou lof word besing tot in die hoogtes, wat op aarde het jy met Johan aange-vang, ek hoop nie hy gaan nou ’n oorlas van homself maak nie”
Sy draai om met ’n gevoel van genoegdoening, sy het gehoop hy kom maak weer ’n draai maar sy sal dit nou kwalik erken. Sy geniet die rustige samesyn en voel hoe die dag se spannig uit haar lyf vloei. Heimelik hoop sy dit word ’n daaglikse instelling.
“Nou toe buurman jou glas is leeg, ek sal moet waai as ek nog betyds wil wees om Koei te gaan groet.” Saam stap hulle tot by die deur, sy draai na hom toe.
“Dankie vir jou ondersteuning vanoggend, ek waardeer dit baie, sien jou môre.” Hy stap saam tot by die kar, maak die deur oop, sy skuif in sit haar gordel aan en trek weg.
Sy kyk terug in haar tru spieël en sien hom staan, hande in die broeksakke kyk hy haar agterna. Sy wonder wat hy nou dink.
Roelf kom byna gereeld inloer en alhoewel sy dit nie sal erken nie, begin sy uit-sien na sy besoeke en die dag as hy nie opdaag nie, is dit ’n antiklimaks.
Einde van Mei klop haar boeke reeds, sy kan haar huur betaal, Flora se salaris, sy kan voorraad aankoop en kan selfs ’n flenter vir haarself hou.
ELMEY BESOEK KOEI
Junie is vol bespreek, sy sal haar draai moet ken. Flora sal verseker ’n Refelksologie kurses moet loop sodat sy kan registreer anders brand hulle vas, dink sy as sy kaalvoet in die tuin staan om haarself te herlaai.
Sy stap af na Koei toe, sy wend ’n gereelde pogings aan om aan haar te vat en met haar te praat. Sy is verbaas toe Koei nie reageer op haar roep nie, vir ’n wyle staan sy en kyk of sy iets vreemd kan merk, elke dan en wan lig die vers haar een poot net effe. Wat sou nou aangaan?
Sy maak die hek stadig oop, skuif versigtig in en loop al langs die heinig nader. Ag nee! Sy hak aan ’n stuk draad of yster vas en sukkel verbete om los te kom.
“Kabelo!” roep sy die jongman wat met die grondpad afloop.
“Jirre Mme, wat maak jy in daai mal ding se kraal? Ek roep liewer Daniël,” en hy skree soos net hulle kan.
Daniël kom mank, mank aangehardloop. “O nee, Mme wat maak jy?” Hy kom nader, toe hy aan die hek vat storm daai vers, mank mank maar met menig. Dadelik sien Elmey die fout, daar steek iets in Koei se poot.
“Voertsek donner, pasop Mme!” steier Daniël benoud, Kabelo loop roep Morena, hier is groot moelikgeit.” Kabelo vat kortpad en hardloop hy asof sewe duiwels agter hom aan is.
“Mme sit doodstil samblief, wat soek jy daar?” Morena kom, “wat het nou in die mal vers gevaar?”
Snaaks genoeg kom die vers tot by Elmey en staan doodstil, sy probeer kalm bly en praat saggies. “Haai Koei, daar laat val ek nou jou happie, vat makeer jou poot jong?” Koei staan beskermed oor Elmey en die kwyl drup langs haar af. Sy’t seker die beste tyd van ’n uur daar saam met Koei gesit en gesels, nie ’n idee hoe om los te kom nie en niemand mag naby kom om te help nie, dan storm die vers.
Roelf stop met skreeuende bande naby die kraal en agter hom die veearts, hy vat sowaar nie weer ’n kans nie, hy het sy les geleer met daai vers, maar wat op aarde soek die vroumens in die kraal. Sou die vers haar aangeval het?
“Sit doodstil Elmey!” waarsku Roelf, wat op aarde soek jy in die kraal, het jy op jou kop geval man.”
“Wat soek Eben hier?” Vra sy benoud.
“Hoe dink jy moet ons jou daar uitkry?”
“Julle maak haar nie seer nie, verstaan!” Waarsku sy.
“Jy ken my Elmey,” antwoord Eben die veearts. “Laat ek haar net kalm kry.” Hy’s dik van die lag en is lus en neem ’n foto. Hy mik en die pyltjie tref voor sy iets kan sê.
Paar minute later sak die vers net langs Elmey neer, sy omhels die dier en troos haar asof dit haar kind is.
“Kom laat ek sien wat hier aangaan, dis net ’n paar minute voor daai kalmeer-middel uit gewerk is.” Roelf maak die hek oop. Versigtig tel hy haar op, hy hou hiervan, dink hy. Trek die stuk yster wat skuins deur haar bloes steek uit. Hou haar onnodig styf vas. “Dankie tog jy’t nie seer gekry nie, wat besiel jou jong?”
“Ek was nie in gevaar nie soos jy kan sien, dis julle wat so ’n bohaai maak.”
“En hoe moes ons jou uitkry? Wat as Koei besluit het om jou te trap?” Vra hy kwaai.
“Sy sou nie,” sê sy selfverseker.
Hy maak die hek stewig toe, net betyds, die vers begin stadig bykom en staan wankekrig op.
“Sorry ounooi,” stap sy nader.
“Kom hier mens en los haar uit, wat het jy in elk geval daar gemaak?”
“Daar’s iets aan haar poot, laat Eben kyk hy is nou hier.”
Eben gaan in, koei is nog bietjie dronk, hy tel haar poot op en haal ’n witpen-doring uit, sy gee net een sprong en arm Eben is onderstebo.
“Sien, ek het julle gesê!” Roelf hou haar steeds styf vas, keer haar om nader te gaan en sy wens hy hou nog ’n rukkie. Sy hou hiervan dink sy, wanneer kom daar weer so ’n geleentheid?
“Hoeveel skuld ek jou?” Vra Elmey.
“Niks, want in al my jare as veearts het ek nog nooit gesien ’n wilde afrikaner haar eienaar so oppas nie, die prentjie is betaling genoeg,” lag hy.
“Jy kan nou maar los, ek’s veilig en Koei is toe,” lag sy. As sy, sy sonwarmlyf wegstoot. Sy arms is so sterk en sy ril effe van lekker. Hy vat dit verkeerd op en vra bekommerd.
“Shame, het jy groot geskrik?” Hy kry net ’n glimlag.

Dis stil die volgende dag nadat almal weg is. Skielik voel die plaas te klein vir haar. Sy vlug na haar nuwe oase. Sy wonder of Roelf werk, dalk moet sy hom gaan opsoek. Is jy nou laf vrou mens. Netnou dink die vermetele vent ek loop agter hom aan, maan sy haarself. Wat as die Rooikop dalk daar is.
Sy hou langs die sentrum stil. Klim stadig uit, kyk rond, dis nog net so bedrywig soos voor die langnaweek. Oral skarrel die mense rond, die tweede fase van die bouery is nou in vollegang. Dis ’n lawaai van ’n ander wêreld soos wat die laaigrawe vorentoe en agtertoe beweeg, om die grond vir die swembaddens te verskuif. Op ’n snaakse manier kalmeer die gewoel haar.
Ingedagte begin sy restaurant se kant toe stap. Stop by die uitgrawings waar die waterpark in aanbou is. Dis ’n reuse gedoente. Sy wonder hoeveel ton sement en klip dit gaan neem? Want terwyl die een trok wegtrek, trek die ander een in. Lank staan sy die bedrywighede en aanskou, stap stadig op na die gebou regs van die swem area.
Wat ’n pragtige gebou. Stadig stap sy met die trappe op wat skuins na bo wentel, kort-kort staan sy stil in verwondering. Die argitek wat die plek ontwerp het, se werk is beslis vir hom uitgeknip. Sy gaan al dieper die gebou in.
“Looking for someone?” Vra die aantreklike man voor haar met ’n swaar aksent, klink Italiaans? Sy lewendige donker oë laat blyk hy hou beslis van wat hy sien.
“No not realy.” Dit is duidelik hy kan nie ’n woord Afrikaans praat met daai aksent nie. “Just admiring the hustle and bustle and wonder about the final outcome of all these activities. It looks promising,” beduie sy.
“Will I see you at the grand opening? I am Manual, assistant manager of the main restaurant, I will spare you my surname. And you Madame?” Dit klink so komiklik dat sy moet glimlag, sy sal maar niks belowe nie.
“Elmey Furstenburg.” Sy steek haar hand uit. Die Don Juan verras haar, toe hy haar hand in albei syne neem, dit na sy lippe bring en ’n kus op haar vingers druk, terwyl hy haar met smeulende oë aankyk.
“Elmey, pragtig,” verras hy haar met sy gestruikel oor die gutturale klanke.
“Jy praat Afrikaans?” Sy openlike geflirt amuseer haar. Sy glimlag liefies vir hom en trek haar hand uit syne.
“Woorde van liefde is al,” struikel hy oor die Afrikaans.
Elmey kan nie help om te lag nie, voortvaarend is hy, ’n regte Don Juan. Hy neem haar aan die hand.
“Let me show you restaurant?” Sonder om uit te vra, verduidelik hy dis ’n Italiaanse eetplek, wat net saans bedryf gaan word.
Roelf, wat op die boonste platform besig is, sien die twee al laggend aangestap kom. Nou vanwaar die duiwel sou sy die gladdebek ken? Hy flirt met al wat vroumens is. Hy sal seker die eerste kliënt wees wanneer sy haar sentrum oopmaak.
“Nee man Mogotsi!” Sam kyk hom ongeduldig aan.
“Wat kyk jy? Ek wag vir die tang!” Sam hang in ’n ongemaklike posissie en sy oog vang die toneel onder hulle. “Daai vroumens gaan nog maak ons neuk die job op! Hoekom vra jy haar nie uit en kry klaar nie.”
“Hier’s die verbrande tang man en hou op nonsens praat,” kom dit kortaf.
“Dit help nie om te hol nie, as daai gogga jou eers gebyt het, hy los nie weer nie.” Brom Sam. Dis tyd vir die maat van hom om weer vrou vat, man is nie gemaak om alleen te bly nie.
Elmey lees die ou soos ’n boek. Sy sal hom nie sê sy het ‘n besigheid in die sen-trum nie. Iets vertel haar as hy eers vastrapplek kry sal hy nie los nie. Nee, vir sy soort het sy wraggies nie krag nie. Sy slaag daarin om hom beleefd af te skud, nadat sy hom bedank het vir die toer en inligting.
Sy sien ’n verf drom in een van die hoeke staan en sonder om te dink gaan sit sy daarop. Sy geniet vandag die bedrywighede en rumoer, dit vind aanklank by haar eie deurmekaar gemoed.
“Kon jy nie eers een dag sonder my klaarkom nie? Ek’s bly, nou kan ons vars koffie gaan drink, myne is koud,” kom dit van agter haar. “Gaan jy oopsluit en vir ons maak, asseblief jong?” Arms gevou oor sy bors.
Waar kom die vent vandaan. Hy’s oral waar sy is. Moenie jouself verontskuldig nie vroumens, dis presies waarop jy gehoop het, dink sy skaam.
“Koffie drink saam met jou, was nie op my lys nie. Jy sal jou wat verbeel. Is dit nie jy wat my agtervolg nie?”
“Verskoon my! Ek werk hier. Wil jy eerlikwaar vir my sê jy het nie vir my kom kuier nie. Of het die Italianer jou genooi?”
“Wat traak dit jou?” vererg sy haar vir die voorbarigheid.
“Heelwat! Onthou ek het Oupa belowe om ’n oog te hou en ek neem my werk ernstig op”
“Wel, van julle reëlings weet ek vere. Soos jy nou kan sien die Italianer het my nie oorweldig nie. Jy kan maar teruggaan en jou drade deur die geboue gaan ryg.” Sy staan op en maak aanstaltes om te loop.
“Is dit vandag te stil op die plaas na die naweek se gewoel?” Vra hy sag, as hy haar aan die arm vat en in die rigting van haar sentrum lei. “Ek verstaan beter as wat jy dink.”
Vir ’n tweede maal het sy nie woorde nie, die man lees haar gedagtes en weet altyd net wat om te sê. Daar is opregte simpatie in sy stem, amper willoos laat sy haar tot by haar plek lei. Hy neem die sleutels by haar en sluit oop.
“Jy beter dit geniet terwyl dit nog stil is, oor ʼn week of wat maak jy oop, dan is dit neusie verby. Sal ek die ketel aansit?” Hy voeg die daad by die woord en kom sit op een van die rottangstoele asof hy daar hoort.
“Jy het die plek werklik omskep in ’n rusoord, kalm, koel, rustig.”
“Ek wou sommer kom kyk wat alles hier aangaan. Ek was so besig met my eie plek, dis nou die eerste keer wat ek regtig ‘n kans kry.”
“Ja jong ry veertig kilometers in stad toe om te kom kyk hoe lyk die plek”
“De Lange wil jy koffie hê of nie?” Hy kom heeltemal te naby aan die waarheid en daarvan hou sy nie. Die gesprek raak ligter, hulle geniet die koffie en sy voel hoe haar vrede terugkeer.
“Ek hoop net nie daai Italianer maak ’n oorlas van homself nie,” hy roer sy koffie ingedagte
“Dis ’n besigheid, weet jy?” ‘n Duisend duiwels draai in die donker oë.
“Ek hou hom dop, ek hou hom dop,” kom dit deur die slukke warm koffie.
“Ek het gesien wat ek wou. Laat ek die pad vat terug plaas toe. Daar’s werk wat wag.”
“Sluit, dan stap ek saam met jou kar toe. Gaan jy nou meermale inkom voordat jy open? Ek sien hier dwaal heelwat nuuskieriges rond. Jy sal die glaspanele moet laat was, want die agies probeer sien wat binne aangaan, dis al vuil gevat.”
“Ek en Flora sal môre of so inkom om ons strategieë uit te werk. Ek wil haar tou-wys maak, sy sal instaan as ontvangsdame wanneer ek besig is. Sy ken gelukkig die ropes en kan goed Afrikaans praat, daar’s nog net hier en daar iets wat uit-sorteer moet word.”
“Jy het ’n groot hap afgebyt, maar jy sal dit maak, ek twyfel nie vir een oomblik daaraan nie.” Hy sê dit met soveel oortuiging, sy kyk hom verbaas aan. Sy moet erken om hom raak te loop, maak haar dag.
“Dankie, ek is bly jy dink so.”
“Ek hoop jy voel ‘n bietjie beter,” hy maak die motordeur oop. “Veilig ry.”
Sy skuif reg in haar sitplek, klip haar veiligheidsgordel vas en glimlag na hom toe. “Ek voel beter dankie en sal versigtig ry.”
FLORA VAL IN
Flora wys vinnig sy het niks vergeet nie en kan lekker saampraat. Die laaste ding wat sy wil hê is klomp klante wat vir haar sit en wag. Hier moet hulle tot rus kom.
“Ek is bly jy’s aan my sy, ons gaan ’n gedugte span wees soos in die outyd,” lag Elmey tevrede.
Sy is teleurgesteld as sy hom nie weer raakloop nie. Hoekom sal hy haar in elk geval wou opsoek? Hy skuld haar niks nie.
Die groot dag breek aan, Elmey sluit haar sentrum se deur oop. Sy bly in die deur staan en buig haar hoof. Dis vir haar ‘n gewyde oomblik. Flora kom langs haar staan met ’n geboë hoof. Vir ’n oomblik staan hulle biddend…
“Dankie Here,” fluister sy saggies. Sy voel opgewonde maar op die oomblik so alleen. “Ons Naalde doker moes nou hier gewees het, ou Flora.”
“Hy is Mme, hy is,” glimlag sy. “Hy is.”
Die ou Dokter het geweet hoe ontbeerlik die kwalifikasie vir haar gaan wees en het aangedring daarop:-
“Gaan vir klasse en voltooi die kurses so gou moontlik.” Sy het ook net klaarge-maak en die volgende dag is hy oorlede, sy kan dit nou nog nie glo nie. Saggies streel sy met haar vingers oor die geraamde sertifikate.
“Dankie my ou vriend!” Fluister sy.
“Mens wat lyk jy so treurig op so’n heuglike dag? Nee man, kom ons vier dit!” Hy oorhandig aan haar ’n pragtige bos pienk Proteas. Die bekende stem laat haar amper in trane uitbars. Sy wil dié oomblik so graag met iemand deel en hier kom hy aan.
“Baie dankie, dis pragtig,” bedank sy hom. “Die Vader het omtrent ’n sin vir humor,”dink sy en plak haar professionele gesig op, glimlag vrolik en sê:
“Welkom my heer, eerste oor my drumpel. Wat ’n eer!” Hy merk die diep hartseer op en wonder wat die bron daarvan is?
“Jy lyk pragtig in jou uniform, ek het jou amper nie herken nie, net jou swart krul-op het my gered. Mens, jy is soos ’n verkleurmannetjie, van ’n beestemmer tot ’n professionele sakevrou.”
“Ag, nou’s jy sommer laf.”
“Ek is Ernstig, jy lyk vanoggend so professioneel, ’n prentjie.”
“Kom sit gerus Roelf, jy is bevoorreg, die eerste oor my drumpple, vir die eerste drinkding, in my eerste eie besigheid, so wat sal dit wees, tee, koffie of vrugtesap? Sy hoor hoe Flora die koppies begin regsit.
“Ek is voorwaar bevoorreg, maar eintlik moet dit met shampain gevier word. Kom ons hou dit maar by koffie, spaar my die vrugtesap op my leë maag.”
“Dit sal ’n ding afgee as ek die eeste dag met ’n drankasem begin,” lag sy.
“Die palms skep ’n rustige atmosfeer, pasop, ek maak maklik ’n oorlas van my-self as die lewe buite my druk.” Hy staan op en vat die koffie by haar.
“Cheers! Mag jy voorspoedige wees in alles, dan kan jy my later onderhou, wat sê jy?.” Spot hy.
Sy roep Flora nader, hulle klink bekers teen mekaar met:-
“Cheers!” Roelf is nog daar toe Johan le Roux ook kom inloer.
“Knap gedaan, Elmey, jy het die plek baie mooi ingerig. Sal ons ’n gesamentlike openingseremonie hou om te wys wat ons alles aanbeid?”
“Wonderlike idee, wanneer?”
“Ek dink ons wag tot die tweede fase in September klaar is voor ons makiti hou.”
“Sit Johan, wat drink jy?” sy skink vir hom.
“Hoe lyk dit met ’n skouer massering?” Roer Johan sy skouer.
“Seker, jy sal my eerste kliënt wees, dit sal honderd en twintig rand wees, sal tienuur jou pas?”
“Moet ek betaal?”
“Wel ek betaal huur sover ek weet,” lag sy. “Die koffie sal gratis wees.”
“Ja ou Johan, hier is dit niks vir niks en ’n bietjie vir ’n tiekie,” lag Roelf.
Sy is bly die dag skop so rustig af. Sy weet Flora sal regkom as ontvangsdame na al hulle geoefen.
TELEFOON SKEL
Skielik skel die foon en albei wip soos hulle skrik. Hulle kyk mekaar ’n oomblik aan.
“Toe Flora dis jou kans,” fluister Elmey asof die persoon aan die anderkant haar kan hoor.
Aldrie luister hoe sy in flot Afrikaans, met ’n effens aksent, verduidelik en die tweede afspraak in die boek aanteken.
“Jou eerste vol massering,” glimlag sy.
“Toe manne, het julle nie werk nie? Laat julle weg wees,” lig sy hulle uit hulle gemaklike sit uit. “Daars werk om te doen.”
Tien uur daag Johan bo verwagtig op. Elmey begelei hom na die eerste kamer, sy is kaalvoet.
“En die kaalvoete?”
“Die kuns van my beroep is om altyd kontak met die aarde te behou en sodoen-de nie al jou energie uit te deel en dan self leeg te loop nie. Jy sal sien die Oosterlinge masseer nooit met skoene aan nie. Dit was vir my ook nogal vreemd in die begin, maar ek het gou uitgevind dit werk.
“Trek uit jou hemp en sit op die bed, sodat ek kan sien wat met jou skouer aan die gang is.” Johan voer haar instruksies uit en sy sien die yslike spierspasma.
“Jy hou jou gholfstokke verkeerd vas, jy sal moet werk maak daarvan.”
“Wie sê vir jou ek speel golf?”
“Die toestand van jou skouerspiere, hierdie is ’n tipiese gholfskouer.”
“Mens sal versigtig moet wees vir jou, wat sien jy nog?” Lag hy skelm.
“Jy is mos nou hier vir die skouer, kom ons hou dit daarby. Lê vir my op jou maag, met jou gesig in die opening en jou hande langs jou sye.
“Is jy gemaklik?” Vra sy terwyl sy ’n opgerolde handdoek onder sy enkels sit vir gemak en sy onderlyf bedek met ’n handdoek.
“Heerlik dankie,” sug hy.
Haar goed geoefende vingers begin sag in sirkels oor sy rug en skouers beweeg. Op die gepaste plekke oefen sy druk uit, ’n paar drukke is erg pynlik, wat Johan duidelik te kenne te gee met ’n kreun. Sy streel weer sirkel gewys daaroor, neem geurige olie beweeg op en af eindig af by sy kroontjie. Maak hom toe met ’n sagte kombersie, skakel sagte musiek aan, beveel hom om ’n paar minute so te lê en verlaat die kamer.
So tien minute later kom sy terug. Hy’s vas aan die slaap. Sy raak hom saggies aan sy skouer.
“As jy langer lê sal ek jou vir bed en ontbyt moet vra,” lag sy, maar druk hom vinnig terug as hy wil opspring.
“Stadig nou, wil jy nou my handewerk tot niet maak? Ons jaag nie hier nie, staan stadig op, strek en trek dan aan.”
“Genade ek het sowaar geslaap?”
“Jy’s nogal moeg hoor, as ek die spul so bekyk.”
Johan kyk op sy horlosie toe hy die ontvangslokaal instap. “Liewe land Elmey, ek kannie glo die tyd het so gevlieg nie, ek voel vars en uitgerus, wat op aarde het jy met my aangevang? Is jy seker dis net honderd en twintig rand?” Hy haal ’n honderd en vyftig rand uit en sit dit neer.
“Hou asseblief die kleingeld, dit is regtig die moeite werd.”
“Ek is bly jy voel beter maar, jy sal vir nog so twee behandelings moet kom, daai spier kan nie in een massering uitgevryf word nie.”
“Dis nou ’n afspraak wat ek met plesier nakom, ek sal An vra om vir my ’n af-spraak te maak, ek het nie ’n idee wat in my afspraak boek aangaan nie. Ek is voorwaar bly jy het jou sentrum hier oopgemaak.”
EERSTE VOL MASSERING
’n Uur later stap mev van der Westuisen uit met ’n glimlag en sê:
“Noem my gerus Rita, want ons gaan mekaar nog baie sien, vandat ons in Pretoria is, kon ek nog nie ’n geskikte plek kry waar ek en my man kan gaan vir massering nie, maar ek keur jou honderd persent goed.” Jy kan sien sy was hier met ’n doel, om seker te kom maak dis nie ’n rooilig distrik nie.
“Ek gaan net gou by hom hoor wanneer hy tyd het, dan skakel ek julle reg so?”
“Enige tyd Rita, julle is welkom.” Elmey is amper lus en bars uit van die lag om-dat sy so uitgekyk word.
“Kom julle saam-saam?” Wil Flora weet.
“Nee genade mens, ek wil my massering geniet, nie ’n mansmens hê wat my aanjaag nie, Daan is veilig in jou hande, kry vir jou,” lag sy as sy uitstap.
Sy sluit haar dag af met ’n Refleksologie van juffrou Botha.
“Sommer Joyce, die juffrou klink te veel na skool.” Nooi Joyce uit.
“Nou dan is ek Elmey en my assistent Flora, lyk my om ’n familie atmosfeer te skep gaan nie moeilik wees nie.” Hulle stap die kamer binne en sy laat die dame gemaklik lê, voete effe van die bed af onder, bedek haar bene met ’n kombersie en vee haar voete met ’n warm waslap af, sy voel hoe die vrou ontspan met die hitte om haar voete en begin:
“Ek sien op jou kaart jy kry slegte hoofpyne, wel dit kan deur ’n hele paar organe veroorsaak word, so laat ons kyk.” Sy maak haarself gemaklik by die vrou se voete, neem geurige olie en begin. “Jy sal voel party punte is meer sensitief as ander, so sê assseblief as dit te seer is.”
Stadig begin sy van die een voet na die ander masseer, eers sag begin, delf dan effens dieper van bo by die tone, hak toe en om die voet, dadelik werk sy sagter as sy sien dis te pynlik. Sy vind in die middel van die voet is dit baie sensitiefste en besluit om eers af te sluit. Sy kyk op, sien tevrede haar klant is vas aan die slaap. Sy maak haar voete warm toe, sit sagte musiek aan en verlaat die kamer.
Dis ’n baie verbaasde vrou wat wakker skrik toe Elmey saggies aan haar voete raak. “Hoe voel jy nou?”
“Wonderlik mens, ek het sowaar aan die slaap geraak, nou is ek mos oor die tyd?”
“Nee wat, dis net ’n paar minute en dis die einde van die dag, onthou jy mag dalk ’n reaksie kry, so drink baie water, sit bietjie suurlemoensap by dit help om die gif-stowwe te verwyder.”
“Julle gaan my nog baie sien.” Sug sy behaaglik.
”Jy moet in elk geval nog die kurses voltooi as jy ruseltate wil sien, Flora help jou gou, een maal per week werk die beste.”
“Sien julle volgende week,” groet sy by die deur.
“Mme, jou boek is vol tot Vrydag en die hele volgende week!” Flora is so opgewonde.
“Kom ons drink ’n rooibos daarop, dis amper toemaak tyd.” Sy is nog doenig in die portaal toe hy opdaag.
“Jou lof word besing tot in die hoogtes, wat op aarde het jy met Johan aange-vang, ek hoop nie hy gaan nou ’n oorlas van homself maak nie”
Sy draai om met ’n gevoel van genoegdoening, sy het gehoop hy kom maak weer ’n draai maar sy sal dit nou kwalik erken. Sy geniet die rustige samesyn en voel hoe die dag se spannig uit haar lyf vloei. Heimelik hoop sy dit word ’n daaglikse instelling.
“Nou toe buurman jou glas is leeg, ek sal moet waai as ek nog betyds wil wees om Koei te gaan groet.” Saam stap hulle tot by die deur, sy draai na hom toe.
“Dankie vir jou ondersteuning vanoggend, ek waardeer dit baie, sien jou môre.” Hy stap saam tot by die kar, maak die deur oop, sy skuif in sit haar gordel aan en trek weg.
Sy kyk terug in haar tru spieël en sien hom staan, hande in die broeksakke kyk hy haar agterna. Sy wonder wat hy nou dink.
Roelf kom byna gereeld inloer en alhoewel sy dit nie sal erken nie, begin sy uit-sien na sy besoeke en die dag as hy nie opdaag nie, is dit ’n antiklimaks.
Einde van Mei klop haar boeke reeds, sy kan haar huur betaal, Flora se salaris, sy kan voorraad aankoop en kan selfs ’n flenter vir haarself hou.
ELMEY BESOEK KOEI
Junie is vol bespreek, sy sal haar draai moet ken. Flora sal verseker ’n Refelksologie kurses moet loop sodat sy kan registreer anders brand hulle vas, dink sy as sy kaalvoet in die tuin staan om haarself te herlaai.
Sy stap af na Koei toe, sy wend ’n gereelde pogings aan om aan haar te vat en met haar te praat. Sy is verbaas toe Koei nie reageer op haar roep nie, vir ’n wyle staan sy en kyk of sy iets vreemd kan merk, elke dan en wan lig die vers haar een poot net effe. Wat sou nou aangaan?
Sy maak die hek stadig oop, skuif versigtig in en loop al langs die heinig nader. Ag nee! Sy hak aan ’n stuk draad of yster vas en sukkel verbete om los te kom.
“Kabelo!” roep sy die jongman wat met die grondpad afloop.
“Jirre Mme, wat maak jy in daai mal ding se kraal? Ek roep liewer Daniël,” en hy skree soos net hulle kan.
Daniël kom mank, mank aangehardloop. “O nee, Mme wat maak jy?” Hy kom nader, toe hy aan die hek vat storm daai vers, mank mank maar met menig. Dadelik sien Elmey die fout, daar steek iets in Koei se poot.
“Voertsek donner, pasop Mme!” steier Daniël benoud, Kabelo loop roep Morena, hier is groot moelikgeit.” Kabelo vat kortpad en hardloop hy asof sewe duiwels agter hom aan is.
“Mme sit doodstil samblief, wat soek jy daar?” Morena kom, “wat het nou in die mal vers gevaar?”
Snaaks genoeg kom die vers tot by Elmey en staan doodstil, sy probeer kalm bly en praat saggies. “Haai Koei, daar laat val ek nou jou happie, vat makeer jou poot jong?” Koei staan beskermed oor Elmey en die kwyl drup langs haar af. Sy’t seker die beste tyd van ’n uur daar saam met Koei gesit en gesels, nie ’n idee hoe om los te kom nie en niemand mag naby kom om te help nie, dan storm die vers.
Roelf stop met skreeuende bande naby die kraal en agter hom die veearts, hy vat sowaar nie weer ’n kans nie, hy het sy les geleer met daai vers, maar wat op aarde soek die vroumens in die kraal. Sou die vers haar aangeval het?
“Sit doodstil Elmey!” waarsku Roelf, wat op aarde soek jy in die kraal, het jy op jou kop geval man.”
“Wat soek Eben hier?” Vra sy benoud.
“Hoe dink jy moet ons jou daar uitkry?”
“Julle maak haar nie seer nie, verstaan!” Waarsku sy.
“Jy ken my Elmey,” antwoord Eben die veearts. “Laat ek haar net kalm kry.” Hy’s dik van die lag en is lus en neem ’n foto. Hy mik en die pyltjie tref voor sy iets kan sê.
Paar minute later sak die vers net langs Elmey neer, sy omhels die dier en troos haar asof dit haar kind is.
“Kom laat ek sien wat hier aangaan, dis net ’n paar minute voor daai kalmeer-middel uit gewerk is.” Roelf maak die hek oop. Versigtig tel hy haar op, hy hou hiervan, dink hy. Trek die stuk yster wat skuins deur haar bloes steek uit. Hou haar onnodig styf vas. “Dankie tog jy’t nie seer gekry nie, wat besiel jou jong?”
“Ek was nie in gevaar nie soos jy kan sien, dis julle wat so ’n bohaai maak.”
“En hoe moes ons jou uitkry? Wat as Koei besluit het om jou te trap?” Vra hy kwaai.
“Sy sou nie,” sê sy selfverseker.
Hy maak die hek stewig toe, net betyds, die vers begin stadig bykom en staan wankekrig op.
“Sorry ounooi,” stap sy nader.
“Kom hier mens en los haar uit, wat het jy in elk geval daar gemaak?”
“Daar’s iets aan haar poot, laat Eben kyk hy is nou hier.”
Eben gaan in, koei is nog bietjie dronk, hy tel haar poot op en haal ’n witpen-doring uit, sy gee net een sprong en arm Eben is onderstebo.
“Sien, ek het julle gesê!” Roelf hou haar steeds styf vas, keer haar om nader te gaan en sy wens hy hou nog ’n rukkie. Sy hou hiervan dink sy, wanneer kom daar weer so ’n geleentheid?
“Hoeveel skuld ek jou?” Vra Elmey.
“Niks, want in al my jare as veearts het ek nog nooit gesien ’n wilde afrikaner haar eienaar so oppas nie, die prentjie is betaling genoeg,” lag hy.
“Jy kan nou maar los, ek’s veilig en Koei is toe,” lag sy. As sy, sy sonwarmlyf wegstoot. Sy arms is so sterk en sy ril effe van lekker. Hy vat dit verkeerd op en vra bekommerd.
“Shame, het jy groot geskrik?” Hy kry net ’n glimlag.
ONVERWAGTE KUIER GAS HOOFSTUK 6
Vroegoggend gaan die hek se sirene af. Dis Roelf se bakkie by die hek. Wat sou hy hierdie tyd van die oggend hier kom soek? Sy is seker Koei is nog ophok. Sy druk die afstandbeheer van die hek. Roelf hou voor die stoep stil en kom die trappies opgedraf.
“Waaraan het ons die eer te danke Buurman, so vroegoggend. Is daar nie brekfis by jou plek nie?” Dis uit voordat sy kan keer.
“En ’n goeie môre vir jou ook, buurvrou. Ek het net my goeie vriend hier kom groet, voordat hy die pad terug vat Vrystaat toe.” Die lag strek tot in sy blou oë.
Elmey, kyk toe hoe Roelf en oupa, wat sy oggendkoffie op die voorstoep geniet, mekaar soos ou bekendes groet.
“Lanklaas gesien Roedolf. Laas by Frans se begrafnis?” Kom dit van Oupa af, hy draai na Elmey.
“Jy was mos destyds in Namibië, my kindjie, anders het julle mekaar lankal ont-moet.
“Ek sal die koffie gaan skink Mams,” bied sy aan, na ’n heen en weer gegroetery. Hier moet sy weg. Met hulle terugkeer na die stoep hoor sy net die laaste woorde:-
“Een ding is seker, as sy ’n perd opgesaal het, ry sy vir hom, Oupa!” Verlig om uiteindelik te hoor sy is ‘n alleenloper.
“Wat nou van ’n perd?” Wil Elmey weet.
Roelf staan op en neem die skinkbord. Hulle hande raak vlugtig aan mekaar, vin-nig trek sy haar asem in. Edna kom agterna met ’n bak beskuit.
“Ons praat sommer oor die dip en spuit van die diere my kind. Alles is gereël, so bekommer jou nie verder nie.” Toe elkeen met ’n beker koffie sit, het sy haar asem weer terug.
“Oor die dip storie,” begin sy.
“Luister, voordat jy nou weer op jou perdjie klim, Daniël sal alles doen en die in-struksies sal van jou af kom. Ek stel net my drukgang en dip tot jou beskikking!” Hy draai terug na oupa toe voordat sy iets verder kan sê.
“Hoe gaan dit met die boerdery in die Vrystaat, Oupa?” Vra hy belangstellend.
“O nee, meneer de Lange, so maklik maak jy my nie stil nie. Ek het al genoeg gunste en gawes uit jou hand ontvang en wil jou nie verder verontrief nie.”
“Nou goed dan, dis ’n saketransaksie. Jy betaal vir die gebruik van die geriewe op my plaas, tevrede?”
“Dankie, daarmee kan ek saam leef.” Vat sy ’n sluk koffie.
“Oupa, ek wil nog steeds hoor hoe dit met die Vrystaat boerdery gaan.”
Die twee manne lyk so tuis in mekaar se geselskap. Roelf drink sy koffie klaar en plaas sy beker terug op die skinkbord,
“Ek groet maar eers Oupa,” hy steek sy hand uit.
“Ek sal oog hou,” fluister hy aan Edna toe hy haar groet.
“Dankie dat jy jou drukgang tot ons beskikking stel, buurman, ons sal verder regkom. Hoekom het jy my nie gesê jy ken Oupa so goed nie?” Kry sy ’n woord in.
“Ek het skaars geweet wie jy is, daarby was ek te besig om te keer, jy breek nie jou nek nie.” Hy is reeds van die stoep af. “En jy’t nie gevra nie. Goed gaan julle, mooi terug ry Oupa. Dankie vir die koffie buurvrou!” Rammel hy alles af.
Die ouman sit sy arm om Elmey se skouer en glimlag breed.
“Onthou net, jy was elke keer verantwoordelik daarvoor, wees bly ek kla jou nie aan nie!” Die glimlag om sy mond verbreed toe hy wegtrek. Hy gaan seker nou die rooikop oplaai. “so what?” Vies sy haar vir haar gedagtes.
ONTMOETING MET ITALIANER
Dis stil die volgende dag nadat almal weg is. Skielik voel die plaas te klein vir haar. Sy vlug na haar nuwe oase. Sy wonder of Roelf werk, dalk moet sy hom gaan opsoek. Is jy nou laf vrou-mens. Netnou dink die vermetele vent ek loop agter hom aan, maan sy haarself. Wat as die Rooi-kop dalk daar is.
Sy hou langs die sentrum stil. Klim stadig uit, kyk rond, dis nog net so bedrywig soos voor die langnaweek. Oral skarrel die mense rond, die tweede fase van die bouery is nou in vollegang. Dis ’n lawaai van ’n ander wêreld soos wat die laaigrawe vorentoe en agtertoe beweeg, om die grond vir die swembaddens te verskuif. Op ’n snaakse ma-nier kalmeer die gewoel haar.
Ingedagte begin sy restaurant se kant toe stap. Stop by die uitgrawings waar die waterpark in aanbou is. Dis ’n reuse gedoente. Sy wonder hoeveel ton sement en klip dit gaan neem? Want terwyl die een trok wegtrek, trek die ander een in. Lank staan sy die bedrywighede en aan-skou, stap stadig op na die gebou regs van die swem area.
Wat ’n pragtige gebou. Stadig stap sy met die trappe op wat skuins na bo wentel, kort-kort staan sy stil in verwondering. Die argitek wat die plek ontwerp het, se werk is beslis vir hom uitgeknip. Sy gaan al dieper die gebou in.
“Looking for someone?” Vra die aantreklike man voor haar met ’n swaar aksent, klink Italiaans? Sy lewendige donker oë laat blyk, hy hou beslis van wat hy sien.
“No not realy.” Dit is duidelik hy kan nie ’n woord Afrikaans praat met daai aksent nie. “Just admiring the hustle and bustle and wonder about the final outcome of all these activities. It looks promising,” beduie sy.
“Will I see you at the grand opening? I am Manual, assistant manager of the main restaurant, I will spare you my surname. And you Madame?” Dit klink so komiklik dat sy moet glimlag, sy sal maar niks belowe nie.
“Elmey Furstenburg.” Sy steek haar hand uit. Die Don Juan verras haar, toe hy haar hand in albei syne neem, dit na sy lippe bring en ’n kus op haar vingers druk, terwyl hy haar met smeulende oë aankyk.
“Elmey, pragtig,” verras hy haar met sy gestruikel oor die gutturale klanke.
“Jy praat Afrikaans?” Sy openlike geflirt amuseer haar. Sy glimlag liefies vir hom en trek haar hand uit syne.
“Woorde van liefde is al,” struikel hy oor die Afrikaans.
Elmey kan nie help om te lag nie, voortvaarend is hy, ’n regte Don Juan. Hy neem haar aan die hand.
“Let me show you restaurant?” Sonder om uit te vra, verduidelik hy dis ’n Italiaanse eet-plek, wat net saans bedryf gaan word.
Roelf, wat op die boonste platform besig is, sien die twee al laggend aangestap kom. Nou vanwaar die duiwel sou sy die gladdebek ken? Hy flirt met al wat vroumens is. Hy sal seker die eerste kliënt wees wanneer sy haar sentrum oopmaak.
“Nee man Mogotsi!” Sam kyk hom ongeduldig aan.
“Wat kyk jy? Ek wag vir die tang!” Sam hang in ’n ongemaklike posissie en sy oog vang die toneel onder hulle. “Daai vroumens gaan nog maak ons neuk die job op! Hoekom vra jy haar nie uit en kry klaar nie.”
“Hier’s die verbrande tang man en hou op nonsens praat,” kom dit kortaf.
“Dit help nie om te hol nie, as daai gogga jou eers gebyt het, hy los nie weer nie.” Brom Sam. Dis tyd vir die maat van hom om weer vrou vat, man is nie gemaak om alleen te bly nie.
Elmey lees die ou soos ’n boek. Sy sal hom nie sê sy het ‘n besigheid in die sentrum nie. Iets vertel haar as hy eers vastrapplek kry sal hy nie los nie. Nee, vir sy soort het sy wraggies nie krag nie. Sy slaag daarin om hom beleefd af te skud, nadat sy hom bedank het vir die toer en inligting.
Sy sien ’n verf drom in een van die hoeke staan en sonder om te dink gaan sit sy daarop. Sy geniet vandag die bedrywighede en rumoer, dit vind aanklank by haar eie deurmekaar gemoed.
“Kon jy nie eers een dag sonder my klaarkom nie? Ek’s bly, nou kan ons vars koffie gaan drink, myne is koud,” kom dit van agter haar. “Gaan jy oopsluit en vir ons maak, asseblief jong?” Arms gevou oor sy bors.
Waar kom die vent vandaan. Hy’s oral waar sy is. Moenie jouself verontskuldig nie vroumens, dis presies waarop jy gehoop het, dink sy skaam.
“Koffie drink saam met jou, was nie op my lys nie. Jy sal jou wat verbeel. Is dit nie jy wat my agtervolg nie?”
“Verskoon my! Ek werk hier. Wil jy eerlikwaar vir my sê jy het nie vir my kom kuier nie. Of het die Italianer jou genooi?”
“Wat traak dit jou?” vererg sy haar vir die voorbarigheid.
“Heelwat! Onthou ek het Oupa belowe om ’n oog te hou en ek neem my werk ernstig op”
“Wel, van julle reëlings weet ek vere. Soos jy nou kan sien die Italianer het my nie oorweldig nie. Jy kan maar teruggaan en jou drade deur die geboue gaan ryg.” Sy staan op en maak aanstaltes om te loop.
“Is dit vandag te stil op die plaas na die naweek se gewoel?” Vra hy sag, as hy haar aan die arm vat en in die rigting van haar sentrum lei. “Ek verstaan beter as wat jy dink.”
Vir ’n tweede maal het sy nie woorde nie, die man lees haar gedagtes en weet altyd net wat om te sê. Daar is opregte simpatie in sy stem, amper willoos laat sy haar tot by haar plek lei. Hy neem die sleutels by haar en sluit oop.
“Jy beter dit geniet terwyl dit nog stil is, oor ʼn week of wat maak jy oop, dan is dit neusie verby. Sal ek die ketel aansit?” Hy voeg die daad by die woord en kom sit op een van die rottangstoele asof hy daar hoort.
“Jy het die plek werklik omskep in ’n rusoord, kalm, koel, rustig.”
“Ek wou sommer kom kyk wat alles hier aangaan. Ek was so besig met my eie plek, dis nou die eerste keer wat ek regtig ‘n kans kry.”
“Ja jong ry veertig kilometers in stad toe om te kom kyk hoe lyk die plek”
“De Lange wil jy koffie hê of nie?” Hy kom heeltemal te naby aan die waarheid en daarvan hou sy nie. Die gesprek raak ligter, hulle geniet die koffie en sy voel hoe haar vrede terug-keer.
“Ek hoop net nie daai Italianer maak ’n oorlas van homself nie,” hy roer sy koffie ingedagte
“Dis ’n besigheid, weet jy?” ‘n Duisend duiwels draai in die donker oë.
“Ek hou hom dop, ek hou hom dop,” kom dit deur die slukke warm koffie.
“Ek het gesien wat ek wou. Laat ek die pad vat terug plaas toe. Daar’s werk wat wag.”
“Sluit, dan stap ek saam met jou kar toe. Gaan jy nou meermale inkom voordat jy open? Ek sien hier dwaal heelwat nuuskieriges rond. Jy sal die glaspanele moet laat was, want die agies probeer sien wat binne aangaan, dis al vuil gevat.”
“Ek en Flora sal môre of so inkom om ons strategieë uit te werk. Ek wil haar tou-wys maak, sy sal instaan as ontvangsdame wanneer ek besig is. Sy ken gelukkig die ropes en kan goed Afrikaans praat, daar’s nog net hier en daar iets wat uitsorteer moet word.”
“Jy het ’n groot hap afgebyt, maar jy sal dit maak, ek twyfel nie vir een oomblik daaraan nie.” Hy sê dit met soveel oortuiging, sy kyk hom verbaas aan. Sy moet erken om hom raak te loop, maak haar dag.
“Dankie, ek is bly jy dink so.”
“Ek hoop jy voel ‘n bietjie beter,” hy maak die motordeur oop. “Veilig ry.”
Sy skuif reg in haar sitplek, klip haar veiligheidsgordel vas en glimlag na hom toe. “Ek voel beter dankie en sal versigtig ry.”
FLORA VAL IN
Flora wys vinnig sy het niks vergeet nie en kan lekker saampraat. Die laaste ding wat sy wil hê is klomp klante wat vir haar sit en wag. Hier moet hulle tot rus kom.
“Ek is bly jy’s aan my sy, ons gaan ’n gedugte span wees soos in die outyd,” lag Elmey tevrede.
Sy is teleurgesteld as sy hom nie weer raakloop nie. Hoekom sal hy haar in elk geval wou opsoek? Hy skuld haar niks nie.
Die groot dag breek aan, Elmey sluit haar sentrum se deur oop. Sy bly in die deur staan en buig haar hoof. Dis vir haar ‘n gewyde oomblik. Flora kom langs haar staan met ’n geboë hoof. Vir ’n oomblik staan hulle biddend…
“Dankie Here,” fluister sy saggies. Sy voel opgewonde maar op die oomblik so alleen. “Ons Naalde doker moes nou hier gewees het, ou Flora.”
“Hy is Mme, hy is,” glimlag sy. “Hy is.”
Die ou Dokter het geweet hoe ontbeerlik die kwalifikasie vir haar gaan wees en het aan-gedring daarop:-
“Gaan vir klasse en voltooi die kurses so gou moontlik.” Sy het ook net klaarge-maak en die volgende dag is hy oorlede, sy kan dit nou nog nie glo nie. Saggies streel sy met haar vingers oor die geraamde sertifikate.
“Dankie my ou vriend!” Fluister sy.
“Mens wat lyk jy so treurig op so’n heuglike dag? Nee man, kom ons vier dit!” Hy oor-handig aan haar ’n pragtige bos pienk Proteas. Die bekende stem laat haar amper in trane uitbars. Sy wil dié oomblik so graag met iemand deel en hier kom hy aan.
“Baie dankie, dis pragtig,” bedank sy hom. “Die Vader het omtrent ’n sin vir humor,”,dink sy en plak haar professionele gesig op, glimlag vrolik en sê:
“Welkom my heer, eerste oor my drumpel. Wat ’n eer!” Hy merk die diep hartseer op en wonder wat die bron daarvan is?
“Jy lyk pragtig in jou uniform, ek het jou amper nie herken nie, net jou swart krul-op het my gered. Mens, jy is soos ’n verkleurmannetjie, van ’n beestemmer tot ’n professionele sakevrou.”
“Ag, nou’s jy sommer laf.”
“Ek is Ernstig, jy lyk vanoggend so professioneel, ’n prentjie.”
“Kom sit gerus Roelf, jy is bevoorreg, die eerste oor my drumpple, vir die eerste drink-ding, in my eerste eie besigheid, so wat sal dit wees, tee, koffie of vrugtesap? Sy hoor hoe Flora die koppies begin regsit.
“Ek is voorwaar bevoorreg, maar eintlik moet dit met shampain gevier word. Kom ons hou dit maar by koffie, spaar my die vrugtesap op my leë maag.”
“Dit sal ’n ding afgee as ek die eeste dag met ’n drankasem begin,” lag sy.
“Die palms skep ’n rustige atmosfeer, pasop, ek maak maklik ’n oorlas van my-self as die lewe buite my druk.” Hy staan op en vat die koffie by haar.
“Cheers! Mag jy voorspoedige wees in alles, dan kan jy my later onderhou, wat sê jy?.” Spot hy.
Sy roep Flora nader, hulle klink bekers teen mekaar met:-
“Cheers!” Roelf is nog daar toe Johan le Roux ook kom inloer.
“Knap gedaan, Elmey, jy het die plek baie mooi ingerig. Sal ons ’n gesamentlike openingseremonie hou om te wys wat ons alles aanbeid?”
“Wonderlike idee, wanneer?”
“Ek dink ons wag tot die tweede fase in September klaar is voor ons makiti hou.”
“Sit Johan, wat drink jy?” sy skink vir hom.
“Hoe lyk dit met ’n skouer massering?” Roer Johan sy skouer.
“Seker, jy sal my eerste kliënt wees, dit sal honderd en twintig randees, sal tienuur jou pas?”
“Moet ek betaal?”
“Wel ek betaal huur sover ek weet,” lag sy. “Die koffie sal gratis wees.”
“Ja ou Johan, hier is dit niks vir niks en ’n bietjie vir ’n tiekie,” lag Roelf.
Sy is bly die dag skop so rustig af. Sy weet Flora sal regkom as ontvangsdame na al hulle geoefen.
TELEFOON SKEL
Skielik skel die foon en albei wip soos hulle skrik. Hulle kyk mekaar ’n oomblik aan.
“Toe Flora dis jou kans,” fluister Elmey asof die persoon aan die anderkant haar kan hoor.
Aldrie luister hoe sy in flot Afrikaans, met ’n effens aksent, verduidelik en die tweede afspraak in die boek aanteken.
“Jou eerste vol massering,” glimlag sy.
“Toe manne, het julle nie werk nie? Laat julle weg wees,” lig sy hulle uit hulle gemaklike sit uit. “Daars werk om te doen.”
Tien uur daag Johan bo verwagtig op. Elmey begelei hom na die eerste kamer, sy is kaalvoet.
“En die kaalvoete?”
“Die kuns van my beroep is om altyd kontak met die aarde te behou en sodoen-de nie al jou energie uit te deel en dan self leeg te loop nie. Jy sal sien die Oosterlinge masseer nooit met skoene aan nie. Dit was vir my ook nogal vreemd in die begin, maar ek het gou uitgevind dit werk.
“Trek uit jou hemp en sit op die bed, sodat ek kan sien wat met jou skouer aan die gang is.” Johan voer haar instruksies uit en sy sien die yslike spierspasma.
“Jy hou jou gholfstokke verkeerd vas, jy sal moet werk maak daarvan.”
“Wie sê vir jou ek speel golf?”
“Die toestand van jou skouerspiere, hierdie is ’n tipiese gholfskouer.”
“Mens sal versigtig moet wees vir jou, wat sien jy nog?” Lag hy skelm.
“Jy is mos nou hier vir die skouer, kom ons hou dit daarby. Lê vir my op jou maag, met jou gesig in die opening en jou hande langs jou sye.
“Is jy gemaklik?” Vra sy terwyl sy ’n opgerolde handdoek onder sy enkels sit vir gemak en sy onderlyf bedek met ’n handdoek.
“Heerlik dankie,” sug hy.
Haar goed geoefende vingers begin sag in sirkels oor sy rug en skouers beweeg. Op die gepaste plekke oefen sy druk uit, ’n paar drukke is erg pynlik, wat Johan duidelik te kenne te gee met ’n kreun. Sy streel weer sirkel gewys daaroor, neem geurige olie beweeg op en af eindig af by sy kroontjie. Maak hom toe met ’n sagte kombersie, ska-kel sagte musiek aan, beveel hom om ’n paar minute so te lê en verlaat die kamer.
So tien minute later kom sy terug. Hy’s vas aan die slaap. Sy raak hom saggies aan sy skouer.
“As jy langer lê sal ek jou vir bed en ontbyt moet vra,” lag sy, maar druk hom vinnig terug as hy wil opspring.
“Stadig nou, wil jy nou my handewerk tot niet maak? Ons jaag nie hier nie, staan stadig op, strek en trek dan aan.”
“Genade ek het sowaar geslaap?”
“Jy’s nogal moeg hoor, as ek die spul so bekyk.”
Johan kyk op sy horlosie toe hy die ontvangslokaal instap. “Liewe land Elmey, ek kannie glo die tyd het so gevlieg nie, ek voel vars en uitgerus, wat op aarde het jy met my aangevang? Is jy seker dis net honderd en twintig rand?” Hy haal ’n honderd en vyftig rand uit en sit dit neer.
“Hou asseblief die kleingeld, dit is regtig die moeite werd.”
“Ek is bly jy voel beter maar, jy sal vir nog so twee behandelings moet kom, daai spier kan nie in een massering uitgevryf word nie.”
“Dis nou ’n afspraak wat ek met plesier nakom, ek sal An vra om vir my ’n af-spraak te maak, ek het nie ’n idee wat in my afspraak boek aangaan nie. Ek is voorwaar bly jy het jou sen-trum hier oopgemaak.”
EERSTE VOL MASSERING
’n Uur later stap mev van der Westuisen uit met ’n glimlag en sê:
“Noem my gerus Rita, want ons gaan mekaar nog baie sien, vandat ons in Pretoria is, kon ek nog nie ’n geskikte plek kry waar ek en my man kan gaan vir mas-sering nie, maar ek keur jou honderd persent goed.” Jy kan sien sy was hier met ’n doel, om seker te kom maak dis nie ’n rooilig distrik nie.
“Ek gaan net gou by hom hoor wanneer hy tyd het, dan skakel ek julle reg so?”
“Enige tyd Rita, julle is welkom.” Elmey is amper lus en bars uit van die lag om-dat sy so uitgekyk word.
“Kom julle saam-saam?” Wil Flora weet.
“Nee genade mens, ek wil my massering geniet, nie ’n mansmens hê wat my aanjaag nie, Daan is veilig in jou hande, kry vir jou,” lag sy as sy uitstap.
Sy sluit haar dag af met ’n Refleksologie van juffrou Botha.
“Sommer Joyce, die juffrou klink te veel na skool.” Nooi Joyce uit.
“Nou dan is ek Elmey en my assistent Flora, lyk my om ’n familie atmosfeer te skep gaan nie moeilik wees nie.” Hulle stap die kamer binne en sy laat die dame gemaklik lê, voete effe van die bed af onder, bedek haar bene met ’n kombersie en vee haar voete met ’n warm waslap af, sy voel hoe die vrou ontspan met die hitte om haar voete en begin:
“Ek sien op jou kaart jy kry slegte hoofpyne, wel dit kan deur ’n hele paar organe veroor-saak word, so laat ons kyk.” Sy maak haarself gemaklik by die vrou se voete, neem geurige olie en begin. “Jy sal voel party punte is meer sensitief as ander, so sê assseblief as dit te seer is.”
Stadig begin sy van die een voet na die ander masseer, eers sag begin, delf dan effens dieper van bo by die tone, hak toe en om die voet, dadelik werk sy sagter as sy sien dis te pynlik. Sy vind in die middel van die voet is dit baie sensitiefste en besluit om eers af te sluit. Sy kyk op, sien tevrede haar klant is vas aan die slaap. Sy maak haar voete warm toe, sit sagte musiek aan en verlaat die kamer.
Dis ’n baie verbaasde vrou wat wakker skrik toe Elmey saggies aan haar voete raak. “Hoe voel jy nou?”
“Wonderlik mens, ek het sowaar aan die slaap geraak, nou is ek mos oor die tyd?”
“Nee wat, dis net ’n paar minute en dis die einde van die dag, onthou jy mag dalk ’n reaksie kry, so drink baie water, sit bietjie suurlemoensap by dit help om die gif-stowwe te verwyder.”
“Julle gaan my nog baie sien.” Sug sy behaaglik.
”Jy moet in elk geval nog die kurses voltooi as jy ruseltate wil sien, Flora help jou gou, een maal per week werk die beste.”
“Sien julle volgende week,” groet sy by die deur.
“Mme, jou boek is vol tot Vrydag en die hele volgende week!” Flora is so opgewonde.
“Kom ons drink ’n rooibos daarop, dis amper toemaak tyd.” Sy is nog doenig in die portaal toe hy opdaag.
“Jou lof word besing tot in die hoogtes, wat op aarde het jy met Johan aange-vang, ek hoop nie hy gaan nou ’n oorlas van homself maak nie”
Sy draai om met ’n gevoel van genoegdoening, sy het gehoop hy kom maak weer ’n draai maar sy sal dit nou kwalik erken. Sy geniet die rustige samesyn en voel hoe die dag se spannig uit haar lyf vloei. Heimelik hoop sy dit word ’n daaglikse instelling.
“Nou toe buurman jou glas is leeg, ek sal moet waai as ek nog betyds wil wees om Koei te gaan groet.” Saam stap hulle tot by die deur, sy draai na hom toe.
“Dankie vir jou ondersteuning vanoggend, ek waardeer dit baie, sien jou môre.” Hy stap saam tot by die kar, maak die deur oop, sy skuif in sit haar gordel aan en trek weg.
Sy kyk terug in haar tru spieël en sien hom staan, hande in die broeksakke kyk hy haar agterna. Sy wonder wat hy nou dink.
Roelf kom byna gereeld inloer en alhoewel sy dit nie sal erken nie, begin sy uit-sien na sy besoeke en die dag as hy nie opdaag nie, is dit ’n antiklimaks.
Einde van Mei klop haar boeke reeds, sy kan haar huur betaal, Flora se salaris, sy kan voorraad aankoop en kan selfs ’n flenter vir haarself hou.
ELMEY BESOEK KOEI
Junie is vol bespreek, sy sal haar draai moet ken. Flora sal verseker ’n Refelksologie kurses moet loop sodat sy kan registreer anders brand hulle vas, dink sy as sy kaalvoet in die tuin staan om haarself te herlaai.
Sy stap af na Koei toe, sy wend ’n gereelde pogings aan om aan haar te vat en met haar te praat. Sy is verbaas toe Koei nie reageer op haar roep nie, vir ’n wyle staan sy en kyk of sy iets vreemd kan merk, elke dan en wan lig die vers haar een poot net effe. Wat sou nou aangaan?
Sy maak die hek stadig oop, skuif versigtig in en loop al langs die heinig nader. Ag nee! Sy hak aan ’n stuk draad of yster vas en sukkel verbete om los te kom.
“Kabelo!” roep sy die jongman wat met die grondpad afloop.
“Jirre Mme, wat maak jy in daai mal ding se kraal? Ek roep liewer Daniël,” en hy skree soos net hulle kan.
Daniël kom mank, mank aangehardloop. “O nee, Mme wat maak jy?” Hy kom nader, toe hy aan die hek vat storm daai vers, mank mank maar met menig. Dadelik sien Elmey die fout, daar steek iets in Koei se poot.
“Voertsek donner, pasop Mme!” steier Daniël benoud, Kabelo loop roep Morena, hier is groot moelikgeit.” Kabelo vat kortpad en hardloop hy asof sewe duiwels agter hom aan is.
“Mme sit doodstil samblief, wat soek jy daar?” Morena kom, “wat het nou in die mal vers gevaar?”
Snaaks genoeg kom die vers tot by Elmey en staan doodstil, sy probeer kalm bly en praat saggies. “Haai Koei, daar laat val ek nou jou happie, vat makeer jou poot jong?” Koei staan beskermed oor Elmey en die kwyl drup langs haar af. Sy’t seker die beste tyd van ’n uur daar saam met Koei gesit en gesels, nie ’n idee hoe om los te kom nie en niemand mag naby kom om te help nie, dan storm die vers.
Roelf stop met skreeuende bande naby die kraal en agter hom die veearts, hy vat sowaar nie weer ’n kans nie, hy het sy les geleer met daai vers, maar wat op aarde soek die vroumens in die kraal. Sou die vers haar aangeval het?
“Sit doodstil Elmey!” waarsku Roelf, wat op aarde soek jy in die kraal, het jy op jou kop geval man.”
“Wat soek Eben hier?” Vra sy benoud.
“Hoe dink jy moet ons jou daar uitkry?”
“Julle maak haar nie seer nie, verstaan!” Waarsku sy.
“Jy ken my Elmey,” antwoord Eben die veearts. “Laat ek haar net kalm kry.” Hy’s dik van die lag en is lus en neem ’n foto. Hy mik en die pyltjie tref voor sy iets kan sê.
Paar minute later sak die vers net langs Elmey neer, sy omhels die dier en troos haar asof dit haar kind is.
“Kom laat ek sien wat hier aangaan, dis net ’n paar minute voor daai kalmeer-middel uit gewerk is.” Roelf maak die hek oop. Versigtig tel hy haar op, hy hou hiervan, dink hy. Trek die stuk yster wat skuins deur haar bloes steek uit. Hou haar onnodig styf vas. “Dankie tog jy’t nie seer gekry nie, wat besiel jou jong?”
“Ek was nie in gevaar nie soos jy kan sien, dis julle wat so ’n bohaai maak.”
“En hoe moes ons jou uitkry? Wat as Koei besluit het om jou te trap?” Vra hy kwaai.
“Sy sou nie,” sê sy selfverseker.
Hy maak die hek stewig toe, net betyds, die vers begin stadig bykom en staan wankekrig op.
“Sorry ounooi,” stap sy nader.
“Kom hier mens en los haar uit, wat het jy in elk geval daar gemaak?”
“Daar’s iets aan haar poot, laat Eben kyk hy is nou hier.”
Eben gaan in, koei is nog bietjie dronk, hy tel haar poot op en haal ’n witpen-doring uit, sy gee net een sprong en arm Eben is onderstebo.
“Sien, ek het julle gesê!” Roelf hou haar steeds styf vas, keer haar om nader te gaan en sy wens hy hou nog ’n rukkie. Sy hou hiervan dink sy, wanneer kom daar weer so ’n geleentheid?
“Hoeveel skuld ek jou?” Vra Elmey.
“Niks, want in al my jare as veearts het ek nog nooit gesien ’n wilde afrikaner haar eienaar so oppas nie, die prentjie is betaling genoeg,” lag hy.
“Jy kan nou maar los, ek’s veilig en Koei is toe,” lag sy. As sy, sy sonwarmlyf wegstoot. Sy arms is so sterk en sy ril effe van lekker. Hy vat dit verkeerd op en vra bekommerd.
“Shame, het jy groot geskrik?” Hy kry net ’n glimlag.
VV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.