bulkalf
oor die wêreld trek
daar ‘n donker wolk
‘n wolk van leuens
leuens wat verdeel
die swart bewussyn
se goue(swart) kalf
waarmee hul beweer
dat swart lewens tel
oral oor val kerke
daarby in en erken
skuldig soos beweer
buig selfs voor kalf
maak weereens soos
‘n Aäron van destyds
verontskuldig hulself
beweer die volk is sleg
hul grenslose messias
met ope arms en hande
alles maar net verdra
en sy eie wette maak
die Vader laat Hom nie
met goue(swart) afgode
vervang wat in die mens
woon om hom te lei nie
ons enigste Verlosser
wag ook op ons duine
om ons onder Sy hand
te trek en Hom te dien
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.