By my is jou somerskaal
Soos ‘n kaalboom wat die winde cocktease
eksperimenteer jy met jou pseudosciencelyf
en hoop jy kan my winters verdryf,
maar my hart is ‘n sneeukombers
en ek het verwoud
met splinteroë in ‘n kaggelvuur
nonchalant;
jou oë is die vuur wat tuur
ek hoor die stilte skree
in ‘n stad wat ontwaak
waar jou woorde in ‘n stripshow wil ontklee,
maar my hart is ‘n sneeukombers
tog betoog jy kil,
rower in ‘n naak somer vol brandende lywe;
my Ray-bans is my anti-viral,
want my hart is ‘n sneeukombers
en jou goudgeelgeplakteson
teen ‘n blou verlate sfeer
bly steeds alleen artikuleer,
want my hart is ‘n sneeukombers
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.