daar
onder die maan in die weste
en die sonsopkoms in die ooste
lê my duin stil en so rustig
tog is daar ‘n onrus
wat dreig om
kop te wys
selfs die
meeue voel dit aan
onrustig fladder hul vlug
ver oor die see se rug hang daar mis
wat dreig om oor die see aan te sweef
daar tussen alles speel die wit perdjies geil
die resies nog glad nie begin, net voorspel
daar waar mossels losbreek van die rif
waar daar beweging is in die golwe
daar swem skole harders
want daar hang swerms
seevoëls wat duikend
vreet en dobberend
sit en rus op die
wiegende
see
dié see
wat skommelend
wag op die
wind
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.