DAAR IS SEKERE INSIDENTE IN DIE LEWE WAT MY ALTYD SAL BYBLY. Hierdie is een van hulle. Daardie nag … (silwer)
daardie nag het ons hoopvol gewag
dat die helikopter ons oppik …
iemand het ons ligging verklik
op die buitewyke van die nag se glimlag
felblink ge-speldekussing die nag se prag
grootoog gewink die maan se blink
daardie nag het ons hoopvol gewag
dat die helikopter ons oppik
aswit drag die melkweg se sterrevrag
toe die vlek van die son die horison sink
my oë het bewoë deur my verkyker geblink
prentjie ’n nag wat wag in oormag
daardie nag het ons hoopvol gewag
dat die helikopter ons oppik …
——-ooo000ooo——-
(© Pieter Mostert)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Maart 2024 - OOP projek