Titel: kkh
Deur Tearlach

hier naby
op kleinhoewes
boer daar nog mense
soms as die wind reg draai
hoor mens ‘n haan kraai
selfs die skape blêr
gaan jy nader
hoor jy ook
die kloek-kloek-haan
wat sy henne nader roep
na waar die saad geval het
wanneer dit baie warm is
kom skapies bymekaar
staan dig teen mekaar
so asof hul vir elkeen
skaduwee wil maak
soms lyk dit vir my
of hul so saam staan
om te keer dat hul
nie omval as hul slaap
of miskien is dit ingebore
veiligheid van die trop
hoe dit ook al is
dit roep my
terug na
die plaas
©Teárlach
Viooltjie
Ek het jou gedig baie geniet. Goeie werk.
Koos Elsum
Dankie vir die plaas gevoel…
Kan ek vra as jy skryf kom die vers breek automaties of moet jy daaraan werk om die geheel te bou? Titel is verlore op my wat is kkh?
Tearlach
Baie dankie Viooltjie.
Dankie vir jou opmerkings Koos, ek waardeer. Ja my gedigte kom maar alles outomaties dink ek. Wat dit betref lees ek maar min weer deur ‘n gedig – seker hoekom ek dikwels iets skryf wat nie sin maak nie. Die opskrif kkh se sleute is in die gedig : kloek – kloek – haan. ha ha