Jongste aktiwiteit:

Desember 2021 – Metaforiese projek

Beste INKers

2021 is metafories op haar rug. Almal begin om stadig af te wen en daarom gaan die opdrag hierdie maand eerder in die kleine ook ‘n bydrae lewer tot beplande ontspanning.

Die projek is geheel oop en ontneem van alle voorskifte.
In welke afdeling jy ookal deelneem, is dit net jou verbeelding wat jou kan kortwiek.

Gebruik die geleentheid om daardie vers, storie, artikel of rubriek wat jy die hele jaar in die laai gebêre het met ons te deel.

Laat ek ook die geleentheid gebruik om elkeen ‘n besonderse kersseisoen toe te wens.
Ook aan die wat nie noodwendig Kersfees vier nie, wens ek ‘n heerlike tyd saam geliefdes en vriende toe.

Tot ons weer ontmoet in 2022, laat julle woorde in Afrikaans, lewe en vreugde bring.

Woordgroete
Projekbestuurder

Skryf in Afrikaans; dit is die gaafste ding wat jy vandag sal doen.
Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak