Die lewe kom soos ‘n gedig(silwer)
Vir jou bitterbessie son,
het ek die ou-osse laat kom,
‘n kleiman voor by die stang laat sit
en grafsteensangers langs die pad laat sing,
vir die ouvolk was dit iets ongewoon
hierdie kleiman voor by die stang
en nóg bitterder die rooibessieson
wat skaam agter wit gordyne hang
hulle kon hulself erbarm
oor die ou-swartosse se balkery
en die kwetsende karwats
wat oor hul swartvelle kwets
langs die gryspad
het hulle die spieële tussen mekaar gebreek
elkeen met ‘n dolk dieper gesteek;-
nooit kon die son blinker bloei
as toe die rooibekpapegaai
in die soel koelte broei,
wyl iedere in loom
oor die kleiman bespiegel
swaar moes hulle dra
wyl hul met valkoë na die vlamme tuur
en die lewe uit hierdie ondier;
die kleiman, soos ‘n ouspook-spook in hul laaste uur
want die hande wou beelde skep,
fatsoen uit ‘n magiese verbeelding-
‘n vreemdeling wat strafs die donker in
soekend uit die lig kom delf
daar was sy pad in ‘n hiernamaals;
hou waak kinders van die nag,
die timmerman hammer ‘n kis
van denneboom en kiaat
Kierang-kierang
kort anderkant Jerusalem en die land vervloë
kom hy die kleimens aan-
jonk en in ravot blink hy soos ‘n nuwe pêrel
hulle het vir hom gegrom
hy wat deur hulle liefdesland beur
en met sy gepoetste woorde trompop;
sy woorde vlieg soos duifies tot by hul nooiens sé agte’deur
vir hul kinders bring hy die vlam;
span ‘n rooi-os onder die leisels,
lei die vaders tot by ‘n kloof
en laat die grafsteensangers hul loof.
“Maar as my hande jou sou verwag-
jy wat ongewoons ontwyk
en soos ‘n ster verskied,
mag ek tog ook van jou hoor?”
Hy spoel sy huldeblyk vanuit sy spie,
om soos ‘n vermoorde dood te bloei
met die hoop van herinnering,
en ‘n rooispikkelkoei…
©Morné du Preez
#voetnota.
‘n Ode selfs aan die drie digters waarvan ek reels en uitreksels/woorde in van hul gedigte getrek het:
1- N.P van wyk Louw-Raka.
2-Ingrid Jonker-Bitterbessie dagbreek.
3-A.G Visser-Die swart os en Toe die wêreld nog jonk was.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.