Jongste aktiwiteit:

Die mooi van Tafelberg…

Vêr bo die stad en sy geraas steek die mooiste berg uit,
die mooiste wat jy al gesien het wêreldwyd.
Met ‘n glimlag betower Tafelberg die besoeker dag na dag,
baie mense deel ook hulle mooiste herrineringe daar,
met vreugde, vrede, liefde en lag.

Ja, Tafelberg se betowering is so pragtig in ons land,
en hy los ‘n merk in elke besoeker se hart.
Want daar vergeet hulle die lewe se smart,
en so bou hul ‘n ewige band.

Met Tafelberg se skerp neus,
kan hy jou hart se diepste wonde genees.
Met ‘n wonderlike uitsig oor die see,
vang die mooi blou hemel ook jou oë,
en dit laat jou weer glo in genade van bo.

Die mooi van Tafelberg is die mooiste uitkyk in die lewe,
en daar kan jy weer moed kry om jou vyand te vergewe.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed