Jongste aktiwiteit:

Net ek en my gedagtes

Oral om my lê Karoo vlaktes wyd,
en dit maak my hart so opgewonde,
dis dolleeg maar tog so mooi,
want hier kan my ek my gedagtes weggee.
Iewers hoor ek ‘n voëltjie fluit-fluit,
hard werkende diertjies daai,
nessies altyd mooi opgetooi.

En ek glo nie ek sal die plek ooit kan laat gaan,
want die Bo-Karoo het lankal reeds my hart.
ek sal heeldag net in die middel van die Karoo kan staan,
vergeet van die lewe se smart.
Want wanneer ek op die gras sit,
en alles is stil om my,
net voëltjies wat fluit,
kan ek my gedagtes laat gaan,
en al die lelik uit smyt.

Maar te vergeefs het ek vroeër,
my gedagtes leeg gemaak,
want terwyl ek nou vanaand hier in my bed lê,
en probeer slaap,
dink ek aan alles van almal,
ek dink aan almal en aan alles,
dan is dit net ek en my gedagtes.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed