
Die Muse
ure sloer ongekend
elke nag verby
maar woel vry
verdoesel in ons rus
dan skielik vergete
as die môre lig
die muse ure
is liggaamsvry
snork momente wat
raak aan die hart
sonder die gewone
dag gevolge
ek is vasgevang
in elke dag
as verwarring juig,
jy kom rustig
in die naglikse rus
wanneer vreemde sterre, wink
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.