Jongste aktiwiteit:

Die uitpraat van Gatiep Dumas

Jirre, djy’t my lankal mos ge-ve’giet. Seke’ omlat ek so sondig suip of dalkies omlat ek nie wil luiste’ hoe djy met dowe ore onse sonnige mense beluiste’ nie. Maa’ vandag gaan ek teen dié dowigheid-in complain en oor injustices rebél. Al is dit nou maa’ net om die klip op my bors so ‘n asempie-intrek te try shift. Al mind djy nie vi’ my se hartklop nie sal djy meskien’n tiny bit ve’staan, want die magistrate hie’ voo’ my skryf as witness as ek dalk teen die hêl-toe-gaan-eendag moet appeal…

(Jirre, somme’so tussen-in: Hoekom lyk die meneer dan so wornout, washedout op veertig hu? Djy wil nie my sê nie? Ôraait. Ek ken mos van djou se stiltes want praat praat djy mos nie maklik met my nie. Maa’ lyk my mos hy’t sy eie worrys so distance van ons se rokerige bedompige krotte af. Meskien lewe hy maa’ ewe rokerig en bedompig in sy eige daaglikse besig bly met die lewe as djy my sou vra.)

Anyway, êk wiet mos djy sal nie mee’ onthou toe ek vi’ Willempie uit ve’drinking gaan haal het nie. Dit was, om djou mind te refresh, toe hy pe’ ongeluk in Seur de Waal se wate’blommetjiedam ingegly het.Ôraait, êk wiet! Dit was mos maa’ net vi’ ‘n eie boetie wat homself o’rie stink en die rook van ons konkas en onse armoede en gesukkel wou drown. Maa’ anyway, ek was kaia na die gestoei om hom uit die wate’rankgoete los te kry. En vandag sit hy nogal as ‘n pe’fesse’ of hoogbenaamde in sy eige university! Slim geworre ja! Maa’ ek wil nie oo’ Willempie comment nie. Have so ‘n bietjie mercy met my en bear me out…

Ai, toggie Grootseur, die klip oppie bors van my kom al van lank se tye af. O’rie lelike ding wat djy lyk my toeka se tyd vergeet gestaat en maak het. As djy wil onthou onthou dan dóér onne’ in die leegtetjie in die pop’lierbos. Dis mos dáár waa’ die klip my ‘n hygbors kom staat en val het! Ja, Jirre ek kan verstaat dat djy ook graag die ding sou wou vergiet het want ek het dit self ook hard getry doen. Maar hoe groter ek geworre het, hoe duidelikke’ het die vergeetgoete beginne raak as ek gaan kooi. Late’ my somme’ in die skaduwee kom skrikmaak en nóg late’ somme’ so in die ope sonlig in! En toe kom klou die anne’ gedagte daa’aan vas en dit is die reason waarom ek giste’…

Nee wag, Pa-goed het vanslewe al geseg mens moet wake-up loop wanneer jy jou bors wil skoonmaak want mens loop alte easy jouself in ‘n slander vas wat geld kos wat ons nooit-ooit sal kan hê nie. En al is Pa gedooi nog voo’ êkke êk was, onthou ek hom uit hulle se trouportret asof ek hom helemal goed geken het en nou verlang ek somme’ na hom én oorle Ma-goed…

Ek het mos never ooit getroud gekom’ie. Dis oo’ die pop’lierbos se ding wat my selfweesjare dermekaa’ kom krap het; my grown-upjare geshuffle het soos ‘n deck of cards voor ‘n poker game. Só is ek skoon uit my childwood ge-ve’neek deur oompie Willempie van Ma-goed se kant. En hy self kon ôk mos nooit tot troue kom nie. En sy singleblyery is nie oor sy geboddery met my nie. Dis oor sy skeefgeid van sy geboorte af het ek die grootmense so agter hulle se hand-vo’rie-mond hoo’ skinne’ …En Boeta wat ek destyds uit die waters uit geredde het is nogal na hom vernoem!

Jirre, êk kan rêrig nie sê hoe dit gekom het dat ek vir oompie Willempie met die O’kapi gelem het nie. Ek kan truly nie eens weet of ‘it êkke was nie. Maa’ as geseg is dat dit ek was omlat my finge’prints oppie O’kapie in sy rug was, dan stry ek nie met kannie-onthou-nie. Dan hét ek hom gelêm, maar met redes…

Dankie Jirre dat ek kon beklaag. En dankie dat ek nou sonne’ die klip wat my asma gedruk het kan asem kry. Nie omlat oompie Willem dood is nie en ôk nie omlat die menee’ by die hof my witness sal wies nie en ôk nie omlat my O’kapi skee’meslemmetjie ske’p was nie, Jirre, maa’ omlat djy die klip nou afgehaal het en nou self so liggies soos die aandwindjie in my se bors kom sitmaak het. En ek geloof nou first time lat ek in die oorvol tjoekies uiteindelik sal regkry om my se klipharde kliphart se deur op ‘n skrefie oop te kan maak…




8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed