Jongste aktiwiteit:

Haar naam was Joy

.Haar hare was swart soos die nag. Giet swart en mooi vir my. Ek onthou haar naels. Lank en gewoonlik rooi. Kleure het deel uitgemaak van die misterie van haar bestaan.
Niemand het gewoonlik met haar gepraat nie, behalwe my Ma. Sy was vriendelik met die nagvrou. Hulle het mekaar in die vaal strate van die vaal dorpie raak geloop en Yvonne het uitgestaan soos ʼn uitspattige blerts verf teen ʼn afgedopte muur. Van onder af het ek haar dopgehou. My klein dogtertjie oë het die kleur aan haar gesig op geslurp en bekyk soos mens kyk na ʼn olieverf skildery in baie ryk mense se huise. Die kleure was diep en helder, omlyn met dik swart strepe en afgerond met spieëlblink lipstick wat geplak is op haar ronde mond.
Uitdagend en vreesloos. Soos om in die woestyn op ʼn dapper klipblom af te kom…hoe kan jy hier groei….
My ma in teenstelling met Joy was goed gekamoefleer sodat sy wegsmelt teen die agtergrond van die vaal geit. Tog het hulle woorde mekaar gevind en kon hulle in mekaar se oë kyk terwyl hulle kletsend praat oor blomme in die tuin en beet vlekke op wit hemde.
Sy het alleen gebly. Nie ver van ons nie. In ʼn skakel huisie wat dieselfde lyk as al die ander in die straat. So ironies dat sy moes insmelt.
Sy moes afgekyk het eendag toe ek haar so van onder af dophou, want sy het af gebuk en saggies in my oor gefluister dat ek nooit moet vergeet dat ʼn vrou se lipstick altyd by haar naels se kleur moet pas. My kind sintuie het haar rasper stem gehoor en haar hare geruik. Haar swaar soet reuk op my tong geproe… terwyl sy ʼn vrouwees geheim met my gedeel het.
Daar tussen die wapperende wasgoed van die vaal strate en die doodgewone huisvrouens het ek begin droom van spatsels kleur….net soos my ma




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed