Jongste aktiwiteit:

Gypsy

Die aand se lug was dun, en die gesellige klanke van stemme om die vuur was vertroostend. Die vuur het sy vlamme dans in die middel gedoen. Die hipnotiese uitwerking van die oranje tonge het my stip laat staar in die hart van die vuur. Dit was seker die visuele tinteling van my sintuie wat my die gewaarwording laat beleef het. Ek wil dans.
Die gevoel van vryheid het in my opgeborrel en met ʼn sug in die soel nag weerklink. Wat is hier aan die gang, dink ek amper half paniekbevange vir die eens bekende gevoel wat nou so onbekend na vore tree.
Die knippie in my hare voel skielik of dit my kopvel deurboor. Ek voel huiwerig voor ek dit los maak, vry van die martelende greep van kuisheid.
Die hitte van die vuur stoot eksoties teen my bors op tot teen my wange.
Die nag roep uit na my teenwoordigheid,” kom nou gypsy, voel die ritme”.
“Watse ritme”, dink ek?
Die vuur lyk teleurgesteld met my vraag? “Ken jy dit nie meer nie”?
“Wat”, vra ek?
Die reëls van elke uur van my bestaan hang swaar om my enkels.
Tog voel ek hoe my hart die ritme aangee, die eenvoudige ritme van die eerste dans. Ek voel die rooi warm blos op my wange, my hare in my nek.
“Ek onthou ja”! Die gewaarwording seker die naaste aan vryheid of was dit ekstase?
Ek hardloop terug na my onthou….ek trek my rooi rok aan, my lippe die kleur van gewaarwording.
Daar om die vuur met net die ritme van my hart en met my eie mooi, dans ek die dans wat ek so lank vergeet het…die dans van die gypsy vrou….
Sy dans verruklik vry in die gloed van vrouwees. Die natuurlike ritme om haar heupe. Die waarheid op haar lippe. Die vuur brand hoer, en sy warmte vertroostend om haar nuut gevonde spasie….sy dans.
Nog nooit was sy vir haarself so aanvaarbaar en so mooi soos daai aand…
Daardie aand toe sy haar gypsy dans gedoen het.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak