Jongste aktiwiteit:

DIE WIEL DRAAI HFSTK 23

HOOFSTUK 23

Die week voordat die saak teen Willem Roets voorkom kry Hans n dagvaarding om as getuie in die hof te verskyn. Hy moet gaan getuig hoe hy gesien het hoe word Lang spruit aan die brand gesteek die aand. Ook Bernard word gedagvaar om te getuig oor die toestand wat Ramatsi op die plaas aangekom het en van Ramatsi se bekentenis teenoor hom oor die brande.
Die dag toe die saak die eerste keer voorkom is die hofsaal gepak van belangstellendes. Veral onder die boere is daar baie belangstelling want Roets is nie baie gewild onder die boeregemeenskap nie. Daar was nog maar altyd vermoedens oor die eerste twee brande op die plase om hom maar is die vermoedens nooit hardop gesê nie.
Toe die staatsaanklaer die klagstaat lees hoor Marietjie dat hy ook van die brand op Boskop aangekla word. Die staatsaanklaer, n ervare man, se verweer is dat daar nou getuienis vorendag gekom het wat heeltemal n nuwe lig op die saak werp en die saak dus weer geopen is.
Die eerste getuie is die ondersoekbeampte waarna die forensiese deskundiges aan die beurt kom. Hans is net na hulle en moet hy getuig hoe hy die aand gesien het hoe word Langspruit aan die brand gesteek.
Toe Willem sy van hoor is dit of daar n klokkie by hom lui en toe gaan die lig vir hom op. Dit is natuurlik Dirk Struwig se se seun. Toe hy dit vir sy verdedegingspan noem verander hulle hulle strategie. Hulle probeer Hans afmaak as n leuenaar wat nou die geleentheid sien om weerwraak te neem. Hulle probeer hard om sy getuienis aan flarde te skeur maar Jannie de Beer se getuienis gee egter die deurslag toe hy getuig dat Hans sy aandag dadelik daarop gevestig het en dat hy ook die tweede persoon gesien het toe hy die brand stig.
Willem steur hom eers nie daaraan toe hy Bernard onder die belangstellendes opmerk nie maar toe Bernard in die getuiebank ingeroep word is dit of n slang hom gepik het.
Hy sit en luister hoe Bernard getuig van Ramatsi se toestand en sy bekentenis. Na Bernard se getuienis is sy eerste voorneme om Bernard nog dieselfde aand van die plaas af weg te jaag. Die staatsaanklaer was egter so iets te wagte en steek hy n stokkie voor Willem se voorneme deur n hofbevel te kry dat Willem dit nie mag doen nie. As hy dit wel sou doen sal dit as viktimisering van n staatsgetuie beskou word en kan hy daarvoor aangekla word.
Dit word n lang week in die hof en Willem se regspan, van die beste, probeer alles in hulle vermoë om elke getuie se getuienis aan flarde te skeur. Die kruisverhoor van Ramatsi en sy twee trawante veral, duur lank want hulle probeer bewys dar Ramatsi dit uit weerwraak gedoen het omdat hy aangerand is deur van sy mede werkers en hy nou wil voorgee dat hy deur Willem en sy seuns aangerand is. Willem se verweer is dat Ramatsi wil weerwraak neem omdat hy hom laat gaan het as gevolg van diefstal. Sy seuns getuig saam met hom dat hulle by was toe hulle pa Ramatsi laat gaan het. Die staatsaankler vang hulle egter n paar keer uit op weersprekende getuienis.
Die staat sluit sy saak die Vrydag af met n vertoë van die staatsaanklaer om Willem Roets op al drie die sake skuldig te bevind en ook skuldig te vind op n klag van aanranding op Ramatsi.
Die Maandagoggend toe die regter met sy uitspraak begin is die hofsaal gepak. Die saak het deur die week groot dekking in die koerante gehad en vertrap die joernaliste mekaar vir n sitplek. Marietjie is alleen in die hof, Bernard kon nie kom nie en Hans werk. Elsabe bly by die huis omdat haar swangerskap al so ver heen is.
In sy opsomming vind die regter dat Willem Roets en sy seuns onbetroubare getuies was. Hy kan geen rede sien waarom hy nie Ramatsi se getuienis kan aanvaar nie en aanvaar hy Ramatsi se getuienis in sy geheel.
Tot Marietjie se groot vreugde word Willem Roets op al die aanklagte skuldig bevind maar word vonnis oplegging uitgestel om die verdedeging kans te gee vir n pledooi ter versagting voor hy n vonnis vel. Na die pleidooi van die verdedeging teen versagting die Donderdag hou die regter die Vrydag oop vir vonnis oplegging.
Willem Roets word n swaar boete opgelê en n vyf jaar gevangenis straf, opgeskort vir vyf jaar, opgelê. Reg tot appèl word geweier omdat die regter voel daar is niks om te hersien in sy vonnis nie.
Marietjie se eerste stop na die hofsaak is by Johan van Eeden. Sy sit skaars toe sy Johan vertel van Willem Roets se skuldig bevinding en wat is die kanse dat hulle nou n siviele eis teen Willem Roets kan instel. Johan stuur haar weg met die versoek dat daar n vergadering tussen hom en al die lede van die trust moet wees om te besluit oor die strategie wat gevolg moet word. Sy kan nie n eis op haar eie instel nie, die trust moet daaroor besluit.
Hulle kry eers twee dae later die kans om almal in die prokureur se kantoor bymekaar te kom en is daar n jonger man saam met Johan teenwoordig. Hy stel die man voor as Gert van Eeden, sy seun: “Gert gaan die saak behartig, hy is meer die man daarvoor want sy kennis is varser as myne en is twee koppe beter as een”.
Gert val sommer ook dadelik met die deur in die huis: “Mense dat julle n eis kan instel vir skadevergoeding is nie n probleem nie. Ons moet egter hierdie prentjie in sy geheel sien. Dat Phillip du Plessis n eis gaan instel is verseker. Ek ken sy prokureur en hulle is klaar besig met die opstel van die eis. Die eienaar van die tweede plaas wat hy afgebrand het sal gewis ook n eis instel. Ek probeer hulle juis nou opspoor om hulle van die saak te verwittig”.
Gert bly n oomblikkie stil terwyl een van die meisies vir hulle tee inbring en gaan dan aan: ”Siviele sake kan duur raak en word die sake in Bloemfontein in die hooggeregs hof aangehoor. As die eise teen Willem Roets gaan slaag gaan dit hom breek, hy is nie finansieël so sterk dat hy dit kan oorleef nie. My voorstel is dus om aan te gaan met die eis maar dat ons die opsie van n skikking buite die hof oophou. Dit kan baie onkostes aan beide kante spaar as ons dit kan regkry om n skikking buite die hof af te dwing”.
Dit is toe hulle by die huis kom wat Willem Roets vir hulle sit en wag. Hy wil nie eers inkom nie want hy is baie haastig hy gaan sommer sy sê nou sê en klaar kry.
Hy val ook sommer dadelik met die deur in die huis: “Bernard ek kan jou dienste nie meer langer bekostig nie. Een van my seuns sal hier kom oorneem en ek gee jou vier en twintig uur om die huis te ontruim. Hier is jou tjek vir jou salaris tot die einde van die maand toe….Jy moes my nie onderdeur gekruip het deur teen my te getuig nie. Willem Roets laat nie met hom speel nie en laat hom ook nie onderkruip nie”.
Dit is of Marietjie rooi sien en voor sy haarself kan keer is sy in Willem se keelgat af: “Luister Willem jy is die laaste een wat van onderkruip kan praat. Jy wat drie plase afgebrand het om die regmatige eienaars finansieël te breek om hulle plase te bekom”
Sy skep n oomblik asem en tree Bernard tussenbeide: “Stadig my vrou, dit maak in elk geval nie saak nie, ek wil ook nie meer vir hom werk nie. Ek het ook my eer en my trots en ons sal sy plaas binne vier en twitig uur ontruim”.
Willem klim in sy bakkie en slaan die deur toe maar kry Marietjie haar laaste hou in: “Hierdie is nie die laaste sien nie Willem. Jy ken my maar sleg. Ek belowe jou ons sal terugkom Boskop toe”.
Willem se laaste woord toe hy wegtrek is: “Ag foei tog en wat kan jy miskien doen. Gaan kombuis toe waar jou soort hoort en begin pak laat julle kan padgee”.
Marietjie is nou eers woedend en draai na Bernard toe: “Bliksem niemand beledig my so en kom daarmee weg nie. Bernard ek glo nie hy besef al wie ek werklik is nie. Die dag as dinge tot finaliteit gedryf word sal ek hom sê wie ek werklik is. Jy moet sorg dat jou kamera daardie dag reg is. Daardie foto wil ek agter die kombuisdeur gaan ophang om vlieë en brommers weg te jaag”.
Dit vat hulle nie lank om te pak nie, die meubels hoort by die huis, en het hulle laatmiddag alles agterop Bernard se bakkie. Die hartseer huisbediende help hulle pak en is dit toe Bernard haar geld vir haar gee wat sy n bom laat bars toe sy sê dat sy Marietjie alleen wil sien. Bernard gaan gooi vir oulaas n draai by die melkery wat al aan die gang is en dit is toe ou Maria die bom laat bars.
“Noi Marietjie, een van die ander werksmense se dogter is pregnant van baas Willem. Hy het klein Sophie gerape toe sy my die dag hier gehelp om die vloere te vryf. Jy en baas Bernard was by die honeymoon”.
Maria bly n oomblikkie stil en dan vertel sy: “Ek was gou na my huis toe en was dit toe ek terugkom wat ek hom gevang het met Sophie maar ek was te laat, hy was klaar met haar. Sy het weggehardloop en baas Willem het gesê ek moet my bek hou anders jaag hy my en Jafta weg”.
Vir Marietjie is dit of n weerligstraal haar tref en is haar eerste vraag waar Sophie nou is. Maria antwoord haar dat sy nog by haar ouers is. Marietjie se laaste woorde aan Maria is: “Ek is een van die dae terug en dan is dit ons plaas. Dan sal ons hierdie huis in n spoghuis omskep. Sorg jy net vir my dat Sophie nie verdwyn nie. Ek gaan haar nodig kry vorentoe om teen Willem te getuig. Ek gaan vir eers niks sê nie Maria maar ek gaan julle nodig kry vorentoe as ek Willem Roets aanvat ”.
Maria haat Willem Roets met n diepe haat. In haar het Marietjie n bondgenoot soos min want Maria kon nooit oor die dinge wat destyds op Boskop gebeur het kom nie.
Op Bethlehem stop hulle om die dag se verwikkelinge met Hans en Elsabe te deel. Hans is gelukkig by die huis toe hulle daar kom en vra Elsabe dat huller maar eers daar moet kom bly. Bernard wil egter niks weet nie: “Ek kan dit nie doen nie, ek het n vrou om voor te sorg en more oggend is ons vroeg in die pad Senekal toe. My pa sal wel vir my werk hê want hy karring hoeka ek moet Senekal toe kom want hy het my nodig daar. Ek sal hom vir die paar maande gaan help tot ons kan teruggaan Boskop toe”.
Dit is toe Marietjie hulle skok met wat Maria haar meegedeel het. Hans is die eerste een wat tot verhaal kom: “Hel, hy kan aangekla word vir verkragting en onder die ontugwet. Ek dink ons moet dadelik polisie toe gaan”.
Marietjie keer hom: “Wag Hans nie nou nie. Gee kans, dit kan dalk die hamer word waarmee ons die laaste spyker in Willem Roets se doodkis mee dryf”.
Die nag slaap hulle by Hans en Elsabe en is hulle vroeg oggend in die pad Senekal toe.
Bernard se ouers is heel verras om hulle te sien en toe hulle hoor wat gebeur het en wat nou vorentoe gaan gebeur is Andries Vosloo se eerste woorde aan Bernard: “Ek kan doen met n paar maande se hulp hier in die besighede. Dit gaan my en jou ma sommer die kans gee om bietjie op vakansie te gaan en dan is die hele huis tot julle beskikking. Julle kom in elk geval hier bly tot die dinge van Boskop afgehandel is en julle kan terug gaan”.
Daardie aand skryf Marietjie in haar dagboek: “Liewe .dagboek. sjoe dinge het vinnig gebeur die laaste tyd. Ons is gister deur Willem Roets weggejaag onder die voorwendsel dat hy Bernard nie meer kan bekostig nie. Dagboek die noodlot het gister n lelike wapen in my hande gestop. Een van die swart meisies het swanger geraak nadat hy haar in die huis verkrag het terwyl ons op vakansie was. Dagboek ek gaan lelik wees soos hy lelik was toe hy Boskop afgebrand het. As hy weier om ons eis buite die hof te skik gaan hierdie die laaste spyker in sy doodkis wees. Dan gaan ek hom ook vertel wie ek werklik is. Ek wil hê dat hy moet weet dat dit Marietjie Struwig, wat hy gister soos n hond weggejaag het, se weerwraak is. Dagboek daardie dag gaan n soete dag wees”.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed