Diep ankers
Jy gooi jouself die diepwater in
en jy vra my dan,
om te swem, tot waar ek
in jou verdrink
en jou oë diamante word
wat my verblind
Maar ek het nie die kaart vir hierdie reis,
maar net die wind
en die wind bly waai
en jy bly my roep
Waar ek soms kom lê,
geanker soos skuite
in jou baai, lyf aan lyf,
leppellê inmekaar se getuie
Ek wil my hande om jou maan vou
en al die seevoëls terugstuur na jou,
na jou witborsduine, na jou soepelsag
branders wat my binne jou laat inkalwe
en dan spoel jy my weer uit oor jou kus
Vandaar sal ek swem
tot die diepste van jou abissaal;
waar ek jou stem wil hoor,
hoor soos die sirenes
wat hier binne my winde balk.
©Morné du Preez
4 Kommentare
-

Taai
Goed gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Ja en toe is ek in die HAT in om abissaal te verstaan, sonder sukses maar ek dink ek het hom. Een vraag is dit met opset dat jy die vers reëls wissel of is die struktuur reëlmaat nie vir jou bydraend tot ń gedig?