Jongste aktiwiteit:

Diep ankers

Jy gooi jouself die diepwater in
en jy vra my dan,
om te swem, tot waar ek
in jou verdrink
en jou oë diamante word
wat my verblind

Maar ek het nie die kaart vir hierdie reis,
maar net die wind
en die wind bly waai
en jy bly my roep

Waar ek soms kom lê,
geanker soos skuite
in jou baai, lyf aan lyf,
leppellê inmekaar se getuie

Ek wil my hande om jou maan vou
en al die seevoëls terugstuur na jou,
na jou witborsduine, na jou soepelsag
branders wat my binne jou laat inkalwe
en dan spoel jy my weer uit oor jou kus

Vandaar sal ek swem
tot die diepste van jou abissaal;
waar ek jou stem wil hoor,
hoor soos die sirenes
wat hier binne my winde balk.

©Morné du Preez




4 Kommentare

  • Koos Elsum

    Ja en toe is ek in die HAT in om abissaal te verstaan, sonder sukses maar ek dink ek het hom. Een vraag is dit met opset dat jy die vers reëls wissel of is die struktuur reëlmaat nie vir jou bydraend tot ń gedig?

  • morne du preez

    Hi Koos, Abissaal=diep water/abyss ek verstaan nie heeltemal jou tweede vraag met i.v.m. die breek van vers reels, miskien as jy kan dit uitlig na wat jy bedoel sal ek jou kan antwoord, maar dankie ok vir die saamlees.

  • morne du preez

    Bedoel jy i.v.m bv kwintet, sestet en kwatryne? as wel so dan het ek geen spesifieke vaste vers vorm vir die gedig gekies nie, ek het net begin skryf en die gedig laat besluit (in n mate) soms voel ek 'n gedig of sekere gedigte kan al die begrippe of taalreëls verbreek om die stem van die gedig te beklemtoon, ek weet baie skrywers of digters sal nie met my stem nie maar wat is groei as 'n boom kan groei waar niemand sou dink hy kon nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed