Jongste aktiwiteit:

Droomvanger

Ek vang jou ‘n pouveer vandag
onder donkergrys hemeltrane
waar ons agter baksteenmure
die ure verruil wyl ons,
ons name op die gekondenseerde ruit graveer

Ek vang jou ‘n droom vannag
waar ons al ‘n duisend jaar al was
en drimpelsag mekaar kerjakker
tot waar ons eindeloos in mikroskopiese oomblike ejakuleer

En as ek die melkweg was
en jy as jy my aurora was
soos wolf by die maan treur
hou ek vir jou die pou se veer

Al sou ons saam ‘n ster verskiet
en hergebore word
en ek ‘n koedoelam word
en jy ‘n boegoeboom, in ‘n droomvanger droom

Sal ons weer eendag as dit reën,
met ons warm asem
oor die koel koue ruit graveer…

©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed