Oom en Tannies
Tannies het
vet hamme wat hang
op verkeerde plekke
bazaar sale vol.
Ompies het
raam bene wat
broeke laat gly
tot onder die boude.
Pa en Ma was
agterstevoor gemaak
ma sonder hamme
pa lekker dik.
een vrolik
die ander ń bietjie
grimmig
altwee een mens.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.