droë daeraad
soveel dae soveel wind
stofstrepe waai oor droogte
reënwolke terg die blou horison
veraf dreuning kom oor berge aan
maar dit is asof alles net wil vergaan
geen hoop meer vir plant en dier
as skepper nie reën wil stuur
môre is nog ‘n dag vol seën
dalk bring dit ook reën
daeraad se belofte
verf oranje strepe
oor droë lande
waar stoppels
biggel in trane
onsigbare
dou
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.