Die Sirkel is Voltooi
Die Sirkel is Voltooi
ek by Hom en Hy bý my
lángs my – Hy leer my loop
wankel-kleuter-treetjies
Hy gaan die pad vooruit
so veeg Sy Grootsheid oor my
ek by Hom en Hy lángs my
soos ek die bakens omloop
tienertraantjies
grootmensbaantjies
vrou word – ma word – groot word – oud word
so veeg Sy Wysheid oor my
ek by Hom en Hy ín my
tik-tik, tik-tik, so ritmies
genade wyster bloedrooi
soos die hartklop binne my
so veeg Sy Gees oor my
ek by Hom, Hy reik na my
die laaste opdraand – die laaste uur
ek lig my arms op na Hom
na waar my Maker vir my wag
en Hy dra my in Sy arms huis toe
© Barbara Smit – 18/07/2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2019 projek