Ek sit…
Ek sit en kyk na jou.
Jou skaduwee wat aan my siel bly klou.
Ek sit en luister na jou lag.
Jou smile fluister saam die aandlug se prag.
Ek sit en proe jou nek.
Jou soet vel maak my crazy-gek.
Ek sit en hoor jou hartklop.
Jou ritme laat die ure stop.
Ek sit en staar na jou oë.
Jou groen-blou see wat my weg spoel.
Ek sit en probeer my hartklop beheer.
Jou als is wat ek elke aand begeer.
Ek sit en voel hoe my siel rond ruk.
Jou kyk eet my op stuk vir stuk.
Ek sit en probeer onthou.
Ek sit en wonder wat was die rede.
Jou besluit om met te hou.
Jou keuse om my lief te hê, gee my storms vrede.
© Regardt Belo
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.