Two step tussen Mielies
Two step tussen Mielies
Hy kyk op na die skroeiende son.
Hy sou alles besproei as hy kon.
Hy loop en skop na die grond.
Hy het als hier in belê elke pond.
Hy loer soos die stof verby waai.
Hy weet dit was geen tyd om te saai.
Hy en sy bakkie dreun die bult uit.
Hy weet sy staan reg met ontbyt.
Hy en sy gaan sit stil oorkant mekaar.
Hy soek antwoorde soos hul staar.
Hy steek sy hande uit na haar.
Hy weet net sy kan hom bedaar.
Met oë toe vra hul onse Vader.
Met oë toe vra hul die groot Berader.
Stil huil hy sonder ‘n traan.
Stil troos sy die ou boere veteraan.
Die dag loop soos dit moet.
Die son brand die grond verwoed.
Die aand beweeg nader.
Die boer op sy knieë, asseblief Vader.
Sy oë nog toe hoor hy ‘n gedreun.
Sy neus vertel hom hier kom reën.
Sy oë slaan terug na die lug.
Hy draai al om im die rondte.
Hy weet goed begeer is ‘n sonde.
Hy kom tot stilstand met sy oë oos.
Hy sien sy staan glimlagend en bloos.
Hy ontmoet haar halfpad.
Hy gryp haar in die medium grote mielie stad.
Tussen die weer se gedreun.
Tussen al die harde murg en been.
Tussen die als, is ‘n boer en sy vrou.
Tussen drome waar hul vas klou.
Daar waar water strome loop.
Daar waar water blydskap koop.
Daar sal jy ‘n boer en sy vrou kry.
Daar waar hul two step tussen ‘n klam landery.
© Regardt Belo
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.