Jongste aktiwiteit:

Kleure

Ek verloor my-self in jou kleure
Jou prag straal moeiteloos om my

Ek vind my-self in jou donker seer
Jou swart hoeke waar skaduwees bly

Ek verblind my-self in die sterk lig
Jou moed gee my krag elkedag

Ek lag vir my-self met twee linker voete
Jou glimlag se bond kleure gee my ritme

Ek soek die beter man binne in my
Jou liefde se kleur versoek dit van my

Ek sien die toekoms sonder om te kyk
Jou dramatiese kleure wat my lei

Ek hoor jou hartklop tussen myne
Ons deel die betowerende kleur seine

Ek benodig jou kleur elke-dag rondom my
Die kleure van jou siel wat ‘n kleurblind man laat sien

© Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed