gebind
gebind
I want to be with someone, who dreams of doing everything in life, and nothing on a rainy Sunday afternoon – Atticus
as ek besef,
met ‘n traan begryp,
dat ek jou sien
weerkaats binne my,
jou lag wat saggies kwyn,
myne met trekkende skyn…
jou vat so sag,
myne in dringende nood…
jou baklei so teer
en ek so hard geveer…
voel ons tog dieselfde in ons sien
van dit wat diep om ons harte riem…
stap ons ‘n pad
agterom die donker maan
hand aan hand…
met onlosmakende band
©Anton Kilian
5 Kommentare
-

Anze
ek ditto vir tannie Babs.. dis pragtig en gevoelvol gepen Anton
-

Kiekies
Anton hierdie een is puik!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Janetta-Helena Boonzaaier
Voel ons tog dieselfde in ons sien, is tog so belangrik! Mooi geskrywe, maar onthou 'n sagte antwoord keer die grimmigheid af, hard geveer is nie 'n opsie!