Die Romantiek Is Geskaad
Die Romantiek Is Geskaad
Dit lyk so romanties maar sê nie veel
van die eie ek se gevoelslewe of gebrek
daaraan maar koelkop weet jy al bekoor
sterretjies die oog stuur hul vonkel geen
liefdesglans na benede synde dooie materie
en gevoelloos en op die volrond blink maan
so romanties lê oral mensespore rond
Die romantiek is geskaad en verlore
want hulle geheime is verklap en verlore
Maar jy waardeer die lyftaal se geite en giere
so aanloklik en oë se tersluikse waarderende
kyk wat nie ongesiens verbygaan nie—
Jy kan die liefde nie toedig aan maan en
sterreprag nie want hul betowering moes swig
voor koue wetenskap en tegniek se blootlê
van hul misterie, alles uitgesnuffel en uitgeblaker—
Maar steeds hou ons handjies en maak beloftes
onder die blink volmaan en glansryke sterrehemel—
Janetta – Helena [Babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
hoe mooi stel jy dit hier... Jy kan die liefde nie toedig aan maan en sterreprag nie want hul betowering moes swig voor koue wetenskap en tegniek se blootlê van hul misterie, alles uitgesnuffel en uitgeblaker— Maar steeds hou ons handjies en maak beloftes onder die blink volmaan en glansryke sterrehemel— MAAR Liefde kom mos van binne en het niks met wetenskap te doen nie...