jy
as ek skryf
oor myself
en sommer net so
in die algemeen van jou…
jy wat die ink,
soos meswonde se bloed
uit my laat vloei,
die stol in my denke,
verwater,
asof jy opdam
in die kamers van my hart…
en dan jou plekkie vind,
waar jy daardie sagkol
se uitkoms vind,
reg in die middel,
uitgehou vir jou…
net vir jou
@Anton Kilian
4 Kommentare
-
Janetta-Helena Boonzaaier
Baie mooi jou oorstelpte gemoed en liefde beskryf Anton.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
wow.. dis sielsmooi!