Jongste aktiwiteit:

Omwenteling

Jy dryf saggies in jou eie donker rond
En raak stilletjies weg

stukkie vir stukkie
verloor jy jou self

Dag na dag
Vir ‘n leeftyd lank

Jy word ingesluk
Amper verorber

Vir ‘n oomblik, net voor jy groet,
Sekellag jy

Jy is ‘n vegter
Al lyk dit nie so nie

‘n oomblik se rus
En jys terug

Dag vir dag
Sit jy jouself aanmekaar

Stukkie vir stukkie
Verorber jy die donker

Toe jy vol staan
Het die maan in sy spore gestop
En elke liewe ster geroep
Sodat hulle jou kan bewonder
Al is dit net vir ‘n aand




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed