Jongste aktiwiteit:

Gelukkige vrouemaand vir elke vrou

Ons kultuur is lief om vrouwees in ‘n boks te sit. Ongeag die vernuwing bly die vrou se vermoëns verdoesel agter onkunde en stereotipe denke. Wanneer ek in ‘n kar klim, na jare se bestuur ondervinding en geen ongeluk rekord nie, moet ek nogsteeds hoor, “Ek hoop jy weet wat jy doen.” Of, “Ry stadig, jy is te naby.” Of, “Het jy jou bestuurslisensie by jou?”
My lewe vol bevele van: Doen so en maak so, asof ek niks weet nie. Dit dryf my soms tot raserny. Of wanneer ek my opinie gee oor ‘n onderwerp en uitgelag word met die woorde, “Jy weet niks, of verstaan niks nie.”
Met daardie denke wil hulle jou op jou plek hou en vertel vir jou jy is nie belangrik genoeg om enige opinie te hê nie. Jou woorde verdof agter die skans van – hulle weet beter. Die ergste is wanneer die vrou geminag word op werksvlak of by dinge soos stukkende karre. Skielik word sy ‘n teiken vir mense wat haar “onkunde” misbruik en te min betaal word en wil uitbuit. Op een stadium moes ek myself regverdig oor die tipe van salaris wat ek verlang het. Die man het my net R5000 per maand aangebied en gedink ek is niks meer werd nie. Toe ek noem dit is te min wou hy weet op grond waarvan dink ek, ek verdien R10 000 od selfs meer. Ek glo my CV en ondervinding wys presies wat ek kan doen, maar volgens hom het ek dit als opgemaak. Toe ek vra hoe hy verwag ek moet leef daarvan, met huur se kostes wat dit is en lewenskostes wat die hoogte in skiet word ek verseker dat ‘n plan gemaak sal kan word. ‘n Vae belofte wat ek weet nie sou gebeur het nie of waar ek myself sou moes verlaag om dinge te doen in ruil vir verblyf. Vandag moet ‘n vrou nogsteeds baklei vir haar waarde omdat soveel dink sy verdien eintlik niks nie.
In plaas van om te help sien hulle haar eerder aan as ‘n idioot. Dit is hierdie denke wat veroorsaak dat vrouens, nogsteeds in 2019 moet baklei vir ‘n plek in die son. ‘n Plek waar sy waardeer word vir wie sy is en wat sy kan offer.
Augustus maand is die kollig op vrouwees, juis om hierdie stereotipe hok te slaan. Om vir die wêreld te wys ons weet ook genoeg om nie te lig behandel te word nie. Ons is slim en raakvatters wat nie skroom om te doen wat gedoen moet word nie. Vrouens wat bereid is om ‘n hand uit te steek en te help waar nodig. ‘n Vrou met ‘n omgee hart, gevul met kompassie en visie. ‘n Go-getter wat nie bang is vir harde werk nie. So ‘n vrou moet geeer word vir wie sy is en wat sy kan bied sonder om afgekraak te word. ‘n Persoon met regte wat geregtig is vir haar eie besondere plek; een waarvoor sy nie omverskoning hoef te vra nie. Mag hierdie maand die maand wees vir nuwe denke, nuwe sienswyses, en ‘n nuwe begin. Gelukkige Vrouedag aan elke vrou.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed