Vrouemaand is ‘n maand om te vier
Dit is vrouemaand, ‘n maand waar Vrouwees gevier word en elke vorm denkbaar.
Ons het soveel om te gee en verwag so min in ruil daarvoor tog is daar soveel vroue wat nogsteeds wegkruip agter vier mure van verwaarlosing. Vrouens wat hulself heeltemal verloor het en niemand doen iets om hul daaruit te haal nie. Ons samelewing is gemaklik met die situasie terwyl die vrou sterf van binne. Wanneer daar dan iets gebeur skud ons die kop en wonder hoe is dit moontlik?
Is jy bewus van sulke vroue? Kan ons dit waag om uit te reik na die vroue wat werklik dit nodig het? Kan ons hoop dat Augustus ‘n maand van bevryding sal wees? ‘n Maand van nuwe denke waar ons opnuut weer die vrou raak sien. Die vrou heeltemal verdof agter nagemaakte tralies van sofistikasie en onvermoë.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.