Jongste aktiwiteit:

Gesin’s vreugde

Ons as gesin het sekere disse wat ons altyd saam geniet, en waarvan sekere resepte baie uniek is. Dit is waar dat ons finansies heel patykeer van die resepte gedikteer het, en wat soms in ‘n desperate en twyfelagtige poging begin het, dikwels deur genade in smulkos ontwikkel het. Neem nou maar die keer wat ons naby betaaldag een aand in die kombuis gekonfronteer word met die som totaal van ‘n halwe kool, een ui ,margarine en Kerriepoeier. By gesê daar was darem nog ‘n knypie rys ook, amper meer as die sout. Met kreatiewe dwang het ek, vroulief en kroos die aand soos konings geёet. Dit was in teendeel so lekker dat ons dit nou nog gereeld as aandete berei. Daar is ook ‘n ander dis wat net soos ons Kerrie-kool eendag uit nood gebore is, en wat al tot rusies by die pot gelei het, en in sy eenvoud by ons ‘n staatmaker geword het. Hierdie resep is ‘n familie geheim genaamd lym-pap, en kan aan belangstellende persone verkoop word. Waar hierdie disse vir ons as gesin en my, in spesifiek na aan die hart lê, is dat dit ons deur moeilike tye nader aanmekaar bring, en laat besef hoe dankbaar ons behoort te wees.

As mens ouer word, begin jy die gewoonte kry om in gedagte terug te dink aan hoe die lewe vroёer was. Jy dink aan dinge soos toe jy jou lewensmaat ontmoet het, of jou eerste werk na skool, en aan die lekker en swaar wat die lewe met almal van ons stap. En daar kom ek agter dat ek selfs van die swaarste tye van my lewe met ‘n tevrede glimlag en vreugde kan onthou. Maar hoe onthou ‘n mens die swaar so lekker? Is dit nie veronderstel om jou juis aan die hartseer en wroeging te herinner nie? Ek was om die minste te sê, verbaas omdat dit nou nie altyd vir trane sorg nie, en soms selfs as tye van groei in my lewe staan! Grys en lewelose kliprante van die lewe wat besproei deur trane, en bemes word met tyd, is in groen heuwels van herinneringe verander is. Daar besef ek net weer, dat ons nie ons altyd moet blindstaar teen dit wat voor ons lê nie, maar dalk moet konsentreer op die aftraande wat anderkant die bult lê, en ook die terugkyk en triomf in afwagting moet hou.

Die tye wat dit met ons gesin goed gegaan het, waar ons genoeg gehad het om saterdae te kon braai, is mos nie meer belangrik as die moeilike tye nie, in teendeel ons onthou juis eerder die moeilike tye as prominent in ons lewe. Hoekom is dit so? Wat is die rede? Dalk omdat die swaar tye ons die genot gee dat ons dit gemaak het. Ons is deur die drif, en anderkant uit. God is ook meer prominent in sulke tye. Ons is mos nou eenmaal net nader aan Hom as dit swaar gaan, en minder so as dit goed gaan. Die mees prominente uitloop van ons gesin se swaar tye lê juis daarin dat dit ons as gesin ook nader aanmekaar gebring het. Daardie geregte waarvan ek in die begin gepraat het, het juis hulle ontstaan gehad omdat my vrou en ek dit saam aangepak het, in die blinde vertroue dat God ons nooit alleen sal laat nie. Alles wat in hierdie lewe in die teenwoordigheid van die Gees van God aangepak word sal uitstaan as die geurigste van jou lewe, en dit sal ook die kosbaarste tye van jou lewe wees.

Om die klippe en dorings van die lewe te trotseer op jou eie, jy en jy alleen, moet verskriklik voel en dit moet die eensaamste plek wees wat bestaan, en slegs vergelykbaar met die dood. Genadiglik is dit vir niemand nodig om alleen daardeur te gaan nie, en jy hoef nooit alleen te staan nie. Ons as mense maak almal foute, en ons vergeet soms die swaar as dit goed gaan. Of die goed as dit swaar gaan. Maar as jy val, en op kyk, belowe ek jou sal jy ‘n God sien wat net wag dat jy Hom om hulp moet vra, gereed staan om jou op te tel na nuwe hoogtes. As Hy dit vir my doen, sal Hy ook vir jou!

©Vossie




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Coenraad Lid se profiel foto het verander