
Gestrand
Moeggehuil staar ek leeg
na wolke wat oor water sweef.
Weggevoer deur stormwinde
wat gister met seerkry deurweef.
Hulpelose trane storm verby
my laat my nog meer stry
en hunker na toe jy nog hier was.
En ek was bly.
Gebroke glas; ek steeds gestrand
aan die seerkrykant
van my hart wat huil oor gister,
en ek en jy op die sand.
Maar dood vra nie vra nie.
Verras as dit deur asem klief.
Bly ek dan alleen staan,
in die skaduwee van die asemdief.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.