Haar naam is Oktober
Sy kom een oggend skielik by my aan.
Haar aanraking is soos die wind, haar oë is soos die maan,
In haar hare is jakarandas, in haar stem is die reën.
Maar veels te gou draai sy om en gaan sy van my heen.
Nou moet ek maar hier, met trane vir haar wag,
Want eers weer oor ‘n jaar, kom terug sy met haar sonstraal lag.
©RholienNel2023
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.