handeling
handeling
die vergenoegdheid
met my dae se eendersheid
is plotseling beëindig
ongevraagd en abrup getermineer
jou amikale regverdiging
(onder die mom van ‘n gegrimeerde oplossing)
van jou aanmatigende uitwys
van wat ek skynbaar kortkom
natuurlik is dit jy wat aan my
nuutgevonde behoefte kan voorsien
vryemark-kapitalisme feilloos opgesom
met jou selfgegenereerde aanvraag
skree ek toe amper – kommunis
ag wat
kom ons kom ooreen
entrepreneurskap in optima forma
©VonVillon
foto: Robert Lynn Nelson
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.